Page 1 of 1

Matroosberg Sneeu 18 Augustus

Posted: Fri Aug 31, 2012 9:10 am
by boerbakkie
As jy kinders het en 'n 4x4 het is dit een van daai op jou "to do list". Verseker sien Matroosberg my elke jaar!

Re: Matroosberg Sneeu 18 Augustus

Posted: Fri Aug 31, 2012 9:12 am
by boerbakkie
Dit lyk baie koud, maar as dit mooi weer is en die wind waai nie dan is dit nogal lekker!

Re: Matroosberg Sneeu 18 Augustus

Posted: Fri Aug 31, 2012 9:13 am
by boerbakkie
Vars water!

Re: Matroosberg Sneeu 18 Augustus

Posted: Fri Aug 31, 2012 9:14 am
by boerbakkie
Ek dink nie mens besef hoe mooi dit is totdat jy nie self daar was nie.

Re: Matroosberg Sneeu 18 Augustus

Posted: Fri Aug 31, 2012 9:17 am
by boerbakkie
Een ding moet ek se!!!! Dit is nie 'n speelplek vir beginners nie! Daar is nie ruimte vir foutjies nie. Het maar 'n paar dom outjies gekry wat halfpad met hul Landies en Jeep omgedraai het. Pad baie glad en snotterig met ys modder en gladde rotse.

Re: Matroosberg Sneeu 18 Augustus

Posted: Fri Aug 31, 2012 9:19 am
by boerbakkie
My Hilux lyk nogal gelukkig so in die Sneeu! Nou kan ek verstaan hoekom in Eropa die mense nie lief is vir wit voertuie nie.

Re: Matroosberg Sneeu 18 Augustus

Posted: Fri Aug 31, 2012 9:25 am
by boerbakkie
Dit is nogal priceless om die twee dop te hou vir hul eerste keer in die sneeu!!!

Tamatiesous virrie mond! 'n Vienna virrie neus! Klippe virrie oe! en Fizzers virrie ore!

En was dit groot werk om die ding te bou!!!!!

Re: Matroosberg Sneeu 18 Augustus

Posted: Fri Aug 31, 2012 9:29 am
by boerbakkie
Dit het baie lank gevat om bo te kom. Daar was 'n stootskraper wat die pad opp gestoot het. Die sneeu was plekke so diep soos wat my bakkie se spieel hoog was.

Re: Matroosberg Sneeu 18 Augustus

Posted: Fri Aug 31, 2012 9:30 am
by Mud Dog
Janee, lyk asof die familie lekker pret gehad het!! :thumbup:

Re: Matroosberg Sneeu 18 Augustus

Posted: Fri Aug 31, 2012 9:34 am
by boerbakkie
Mud Dog wrote:Janee, lyk asof die familie lekker pret gehad het!! :thumbup:
Ek het beslis pret gehad! Mamma maar plek-plek lekker op haar seniwies....!! En glo my ek het dit gehoor......

Re: Matroosberg Sneeu 18 Augustus

Posted: Fri Aug 31, 2012 10:09 am
by Royco
Baie lekker Wilko :thumbup:
My gesin is ook baie lief om daar te gaan speel :thumbup: :thumbup: