Page 1 of 1

RTT projek

Posted: Mon Jan 22, 2018 8:21 pm
by Dowe Koos
Naandsê mense.
Het hierdie projek al meer as jaar 'n terug begin maar nooit by dit uitgekom nie. Het nou besluit om dit nou klaar te maak.
Dit is die dop met sy raam wat ek die naweek klaar gemaak het.
a.jpg
Dit is as dit toe is.
b.jpg
Het weer die CAD program gebruik om die ontwerp te doen
Dit is die buitense deel van die tent.
RTT buite.jpg
Dit is die binneste deel van die tent.
RTT binne.jpg
Het vandag klomp plekke gebel waarna hulle gesê het dat hulle net massa vervaardiging doen. Kan my nie help nie.
Het net een plek gekry wat sê dat hulle my moontlik kan help. Moontlik as dit nie te ingewikkeld is nie.
As julle weet van enige tentmaker wat dit kan doen, laat weet my asb.
Groot dankie.

Re: RTT projek

Posted: Tue Jan 23, 2018 5:57 am
by Stef
Hi Koos,
Tentoria in Gezina , daar is ook n plek in Zambesi neffens Aldo str...camp-a-tent
In Klerksoord in Topaz park is n plek wat canvas doen ma hulle is effens vol fiemies om custom goed te doen.

Re: RTT projek

Posted: Tue Jan 23, 2018 7:20 am
by pieta.swanepoel
Hennie, is dit 'n enkelbed tent? Of is daar soliede basis wat dit groter gaan maak. Nie seker ek verstaan he dit gaan werk nie

Re: RTT projek

Posted: Tue Jan 23, 2018 7:24 am
by coetzer94
Daar is n plek tent, awning en canvas. Hulle sit op jou linker kant as jy net deur die duikweg gaan met Rachel de Beer str Pta noord toe.

Hulle het my laasjaar uitgehelp in die Desember periode, na n hele paar ander ouens vir my gese het ek kan maar gaan vlieg (camp-a-tent ingesluit)

https://goo.gl/maps/B3WptN32NNR2

Re: RTT projek

Posted: Tue Jan 23, 2018 7:30 am
by Stef
Die Ou v Camp a tent het my canvas canopy vir my reg gemaak, maar daai tyd al gese die canopies probeer hy van wegbly, sal repairs doen. Goed om te weet vd plek in RdB.

Re: RTT projek

Posted: Tue Jan 23, 2018 3:48 pm
by Dowe Koos
Dankie Stefan.
Dis juis hulle van Klerksoord wat se as dit nie ingewikkeld is nie sal hulle dit vir my maak.
Camp a tent sukkel ek vreeslik om in die hande te kry, ek kan die ou net tussen 8 en 9 die oggend kry. Gaan more uitry na hulle plek toe.
Tent-a-toria antwoord ook niie hulle foon nie. Sal more draai gaan maak daar.

Vain, kan jy net vir my aanduiding gee van hoe ver na die brug is hulle. Sal wil ook na hulle gaan more.

Hallo Pieta, dit is dubbelbed. Die basis is net so groot soos die dak van die canopy. Die basis (3mm dik) en die boonste
dop (1,5mm dik wat versterk is met tubing) is aluminium.

Re: RTT projek

Posted: Tue Jan 23, 2018 8:18 pm
by Stef
As ons vd selle plek praat dan is hulle n shop of 2 van summit 4x4 af. Hulle nogal netjiese werk gedoen op my vriend se awning wat hy self gebou het

Sent from my S30 using Tapatalk


Re: RTT projek

Posted: Tue Jan 23, 2018 8:25 pm
by Dowe Koos
Nee Stefan die plek wat ek van praat in Klerkoord is Custom Leisure Tech. Ek sal more vir Summit 4x4 bel. Groot dankie vir die help.

Re: RTT projek

Posted: Wed Jan 24, 2018 4:23 am
by The Legend
Koos kontak vir Chane Gerber by 0713629108 (Chaber Canvas) in Boksburg.Haar man Niel werk vir 4x4 Direct in Boksburg en hulle is ook lede van die forum. Jy kan gerus van haar gebruik maak.Haar werk is van hoogstaande gehalte

Re: RTT projek

Posted: Wed Jan 24, 2018 6:27 am
by Stef
Dowe Koos wrote: Tue Jan 23, 2018 8:25 pm Nee Stefan die plek wat ek van praat in Klerkoord is Custom Leisure Tech. Ek sal more vir Summit 4x4 bel. Groot dankie vir die help.
Die einste...Summit doen bumpers en sulke goed maar nie canvas sover ek weet nie; soos jy reguit by die hek in ry kry eers hulle werkswinkel op linkerhand en dan verder af in dieselfde blok (C) is CLT.

Re: RTT projek

Posted: Wed Jan 24, 2018 9:53 am
by coetzer94
Dowe Koos wrote: Tue Jan 23, 2018 3:48 pm Dankie Stefan.
Dis juis hulle van Klerksoord wat se as dit nie ingewikkeld is nie sal hulle dit vir my maak.
Camp a tent sukkel ek vreeslik om in die hande te kry, ek kan die ou net tussen 8 en 9 die oggend kry. Gaan more uitry na hulle plek toe.
Tent-a-toria antwoord ook niie hulle foon nie. Sal more draai gaan maak daar.

Vain, kan jy net vir my aanduiding gee van hoe ver na die brug is hulle. Sal wil ook na hulle gaan more.

Hallo Pieta, dit is dubbelbed. Die basis is net so groot soos die dak van die canopy. Die basis (3mm dik) en die boonste
dop (1,5mm dik wat versterk is met tubing) is aluminium.
In my post is n link vir n google maps location, jy sal sien jy moet die eerste links vat en dan terug sirkel

Re: RTT projek

Posted: Wed Jan 24, 2018 1:23 pm
by Dowe Koos
Dankie Pieta, het hom.

Re: RTT projek

Posted: Fri Mar 02, 2018 6:36 am
by Dowe Koos
Daar is dit. Blue Hole Trading in Benoni gaan die tent vir my maak vir R16000. Sal seker oor n week ďie bak na hulle toe vat en dit vat so vier weke vir hulle om die tent te maak. So iewers einde Maart, begin April sal dit klaar wees.

Re: RTT projek

Posted: Fri Mar 30, 2018 11:32 am
by Dowe Koos
Na die probleme met die ouens wat die sweiswerk gedoen het, het ek my bak Woensdag ingegee. Volgens die dame sal ek einde April my RTT kry. Sal fotos opsit sodra ek dit kry. Groete.

Re: RTT projek

Posted: Fri Mar 30, 2018 3:18 pm
by The Legend
Dowe Koos wrote: Fri Mar 30, 2018 11:32 am Na die probleme met die ouens wat die sweiswerk gedoen het, het ek my bak Woensdag ingegee. Volgens die dame sal ek einde April my RTT kry. Sal fotos opsit sodra ek dit kry. Groete.
Wie is die dame by wie jy dit laat doen Hennie?

Re: RTT projek

Posted: Sat Mar 31, 2018 11:50 pm
by Dowe Koos
Hallo Dawie. Dit is Lientjie by Blue Hole Trading. Haar nommer is 0113954306.

Re: RTT projek

Posted: Sun Apr 29, 2018 3:52 pm
by Dowe Koos
Gaan hierdie week my RTT kry, kan nie wag nie.
Sal fotos opsit sodra ek dit kry.

Re: RTT projek

Posted: Mon Apr 30, 2018 12:40 am
by Mud Dog
Ons wag in spanning om te sien hoe dit lyk. :D:

Re: RTT projek

Posted: Wed May 09, 2018 4:24 pm
by Dowe Koos
Dagsê mense.
Hier is 'n voorsmakie vir julle. Dit is hoe vêr hulle gekom het.
Die dame het gesê dat die tent volgende week Vrydag defnitief klaar sal wees.
Dit is hoe dit gaan lyk wanneer mens in die veld is waar daar nie ablusieblokke is nie, wanneer dit rêrig koud is of as dit baie reen.
A10.jpg
A11.jpg
A12.jpg
Dis die afdak wat oor my canopy se kombuis gedeelte gaan oorhang.
Het later nog planne om daar uit te brei, maar dis vir later.
A13.jpg
Binnekant
A14.jpg
Waar daar ablusieblokke is of in heerlike weer, haal mens dan die kamertjie uit.
A15.jpg
A16.jpg
Sal volgende Vrydag nog wys as dit klaar is.

Re: RTT projek

Posted: Sun May 13, 2018 4:30 pm
by louis fourie
Dit lyk bakgat Oom Hennie

Sent from my HUAWEI VNS-L31 using Tapatalk


Re: RTT projek

Posted: Sun May 13, 2018 6:02 pm
by Dowe Koos
Dankie Louis, sal sien ons ons dit Vrydag kry, hoe die finale produk gaan lyk.

Re: RTT projek

Posted: Sun Jun 10, 2018 9:11 pm
by Dowe Koos
Het Vrydag toe my RTT gekry
D1.jpg
D2.jpg
D3.jpg
D4.jpg
Ek was te besig om dinge te doen aan die bakkie dat ek nie nog fotos geneem het nie.
Sal later meer neem en opsit.