Page 1 of 1

"Recovery" toerusting

Posted: Mon Jan 18, 2010 6:03 pm
by Suidwes1
Ek wil nie name of plekke noem nie, maar ek was betrokke in `n "recovery "van `n Lux wat verdrink het.

Ons het verkeie kere bande gebreek om die Lux te "recover".
Dit het ons almal daar geleer om ons toerusting wat baie duur kos, elke slag skoon te maak en na te gaan.
Ons vriend was in nood, maar ons bande ( 4x4 toue ) het net gebreek van die krag wat ons moes gebruik om hom te red.

Dus aan almal ( ek ingesluit ) kyk en kyk weer na ons toerusting. More is dit my beurt om ge"recover"te word.
Maar net iets wat ons weet, maar nie altyd aandag aan gee nie.

Re: "Recovery" toerusting

Posted: Mon Jan 18, 2010 6:32 pm
by OOOOMS
Nou wie sou dit wees?

Re: "Recovery" toerusting

Posted: Mon Jan 18, 2010 7:20 pm
by Bloues
Dankie Nico, ja dis sowaar wat jy se.........ek het 3 slings verloor omdat "maintanace" nie op hul gedoen word........

Mark, dit was Jan aka "man from atlantis".........of sommer "duikboot"

Nico, ek hoor darem Jan gaan ons nog vir ete uitneem vir ons vinnige "responce"........

Re: "Recovery" toerusting

Posted: Tue Jan 19, 2010 1:57 pm
by Suidwes1
Dankie Solly, hy skuld ons.
Gaan hy saam Saterdag?
As hy gaan, kan hy ons twee se vleis braai, net `n grappie Jan

Re: "Recovery" toerusting

Posted: Tue Jan 19, 2010 2:17 pm
by CasKru
Ja nee kyk. Mens is veronderstel om na elke keer wat jy die pull strap / snatch strap / rope / snatch rope gebruik hom deeglik te was. Dink so daar aan. As jy met skoene in duk sand loop en die sand kom binne in jou skoen dan hou jy nie aan loop nie, jy stop en haal die klippies etc uit want dit maak seer en irriteer jou en as jy dit lank genoeg los kan dit selfs blase veroorsaak.

Dieselfde met 'n tou... die sand korreltjies wat in die tou agterbly sny die vesels van die tou met wrywing en so doende verkort jy die lewensduur van jou toue.

Re: "Recovery" toerusting

Posted: Tue Jan 19, 2010 2:28 pm
by Suidwes1
Cassie dit is waar, maar jy ken mos ons mensdom, partykeer maak ons net vinnig skoon en kyk nie daarna nie.
Ja so leer ons almal

Re: "Recovery" toerusting

Posted: Tue Jan 19, 2010 2:34 pm
by CasKru
Suidwes1 wrote:Cassie dit is waar, maar jy ken mos ons mensdom, partykeer maak ons net vinnig skoon en kyk nie daarna nie.
Ja so leer ons almal
Hulle roep dit skoolgeld.. :wink:

Re: "Recovery" toerusting

Posted: Wed Jan 20, 2010 10:08 am
by Bloues
Ander geval nie skool geld ....maar duik skool geld ..... :clap: :clap:

Re: "Recovery" toerusting

Posted: Wed Jan 20, 2010 12:07 pm
by SKRIK NIKS
ja manne :wave:
so leer n mens!!
die mense wat dink n hilux kan swem :lol: :lol: