Page 1 of 1

Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Wed Mar 11, 2009 1:41 pm
by ROOIWYN
Die man ry elke nou en dan die kortpad van die werk af terug huis toe. Laas Vrydag het hy hom so bietjie misgis met die ekstra reënwater in die poeletjie!

Bel my 17:50 want "hy sit bietjie vas" :wth: , nie gedink sy vrou is ernstig toe sy sê hy't die bakkie verdrink nie! :crazy:

Image

Geen winch op ROOIWYN nie, twee sleeptoue aanmekaar, 1ste laestrek met locker agter, teen die modderkleiwal uit en daar kom die duikboot, sonder om die lux eers te laat hop, spring of gly!!!!!!!!!!!! :o: :o:

Ongelooflike krag wat die "lui" 22r enjin het so laag onder!!!!!!!! :P

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Wed Mar 11, 2009 1:53 pm
by JohanM
Pragtig!!!! Is dit nie darem Lekker om so `n duikboot uit te sleep nie!! Welgedaan Marius!!! :clap: :clap: :clap: :clap:

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Wed Mar 11, 2009 3:58 pm
by Gertc
Hy sal nie gou weer daai kortpad na n goeie bui reen vat nie.

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Wed Mar 11, 2009 5:33 pm
by bosjakkals
Wat so !!

Lyk amper soos n albino baber :)

CJ

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Wed Mar 11, 2009 5:54 pm
by CasKru
Gertc wrote:Hy sal nie gou weer daai kortpad na n goeie bui reen vat nie.
Ek dink daai bakkie gaat ook nie gou weer loop nie... as ek so moet raai sal ek sê hy het so bietjie water gedrink. Hopelik vir sy part het hom nie weer try start nie

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Wed Mar 11, 2009 6:20 pm
by ROOIWYN
:wth: Cassie,
Dit was my tweede vraag aan hom en sy antwoord: 'Ek't gekyk of hy wil start na hy gevrek het, maar daar was net een ligte klop geluid'!!!!!!!!
Eerste vraag was of die pad die enigste een is? Dis een van twee dinge wat ek vermy as ek kan, water en modder!

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Wed Mar 11, 2009 8:13 pm
by CasKru
ROOIWYN wrote::wth: Cassie,
Dit was my tweede vraag aan hom en sy antwoord: 'Ek't gekyk of hy wil start na hy gevrek het, maar daar was net een ligte klop geluid'!!!!!!!!
Eerste vraag was of die pad die enigste een is? Dis een van twee dinge wat ek vermy as ek kan, water en modder!
Ek dink sy vrou het ook so ligte klop geluid teen sy kop gemaak :twisted:

Ek dink hulle roep dit skoolgeld :wink:

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Thu Mar 12, 2009 7:54 am
by dalkill
bosjakkals wrote:Wat so !!

Lyk amper soos n albino baber :)

CJ
nee man, dis mos nou 'n klap in die gesig vir alle babers.
shame, ek voel maar vir die ou.
water in die enjin, dis maar groot geld daai om reg te maak.

nee wat, water ry ek maar ver om. soeveel stories van mense wat wegspoel want die water lyk nie so diep nie.

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Thu Mar 12, 2009 9:02 am
by Knersus
Ek hoor die gesels in daai bakkie..."Ek het jou mos gese jy kan nie hier F#$&@##n deur ry nie. Kyk nou wat het jy van jou slim gat geit...Jy wil mos dink jy kan ooral deur F$%#@........Wel ek neem nie die ou kwalik nie, hy het maar net 'n oordeels fout begaan :oops: Ek hoop maar hy het sy les geleer. Waar het jy anyway gesien 'n Izuzu kan swem :D:

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Thu Mar 12, 2009 5:30 pm
by Bfreesani
Is daai bakkie diesel of petrol? Diesel wat hy weer probeer start het en so dowwe geluid gemaak het, is hydraulic lock :problem: .... 9 uit tien keer is dit gebuigde konrods.

Weet nie wat kos daai wa se spares nie, maar dit is nie goedkoop oefening nie. Voel vir die man, en a snorkel kon dit alles verhoed het. Dit gesê, myne is nog steeds nie op nie :?

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Thu Mar 12, 2009 5:43 pm
by CasKru
Bfreesani wrote:Is daai bakkie diesel of petrol? Diesel wat hy weer probeer start het en so dowwe geluid gemaak het, is hydraulic lock :problem: .... 9 uit tien keer is dit gebuigde konrods.

Weet nie wat kos daai wa se spares nie, maar dit is nie goedkoop oefening nie. Voel vir die man, en a snorkel kon dit alles verhoed het. Dit gesê, myne is nog steeds nie op nie :?
En met 'n vriend van my gebeur laas jaar met die Swazi Reg Raid :(

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Thu Mar 12, 2009 6:18 pm
by Mud Dog
Hy't nogal redelik ver deurgekom, ..... (vir 'n Isuzu :mrgreen: ). Lyk my as hy nog traction gehad het, kon hy dit wel gemaak het. Miskein het hy 'n bietjie te veel afgeslack en to borrel die water heeltemaal op in die enjin bay.
Wat dink julle?

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Fri Mar 13, 2009 6:32 am
by CasKru
Mud Dog wrote:Hy't nogal redelik ver deurgekom, ..... (vir 'n Isuzu :mrgreen: ). Lyk my as hy nog traction gehad het, kon hy dit wel gemaak het. Miskein het hy 'n bietjie te veel afgeslack en to borrel die water heeltemaal op in die enjin bay.
Wat dink julle?
DAlk te vinnig?!

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Fri Mar 13, 2009 6:38 am
by Gertc
Dis n' Isjoesjoe kannie tevinnig gewees het nie

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Fri Mar 13, 2009 6:41 am
by CasKru
Gertc wrote:Dis n' Isjoesjoe kannie tevinnig gewees het nie
Ook weer waar. Probably 'n sideshaft af gedraai toe hy in die water in ry :twisted:

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Fri Mar 13, 2009 6:42 am
by 3RZ
Party mense verstaan nog nie, 'n boot het ook 'n stuurwiel maar dit het nie wiele nie en het 'n ding wat lyk soos 'n waaier agter. 'n bakkie het ook 'n stuurwiel maar het vier wiele en het nie die ding wat lyk soos 'n waaier agter nie en sy kajuit is gewoontlik toe.

Bote word op die water gebruik bakkies op die land, bakkies maak nie goeie bote nie en bote maak nie goeie bakkies nie.

Gebruik die regte greedskap vir die regte job.

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Fri Mar 13, 2009 6:47 am
by CasKru
3RZ wrote:Party mense verstaan nog nie, 'n boot het ook 'n stuurwiel maar dit het nie wiele nie en het 'n ding wat lyk soos 'n waaier agter. 'n bakkie het ook 'n stuurwiel maar het vier wiele en het nie die ding wat lyk soos 'n waaier agter nie en sy kajuit is gewoontlik toe.

Bote word op die water gebruik bakkies op die land, bakkies maak nie goeie bote nie en bote maak nie goeie bakkies nie.

Gebruik die regte greedskap vir die regte job.
'n Bakkie het dalk nie 'n waaier agter nie maar het een voor met 'n onboard motor :twisted: :twisted: Ek is een van daai brigade wat water deur is wat so halfpad teen die windscreen op stoot.. :shock: :shock: :roll: :roll: Maar nou na die EFI conversion sal ek moet versigtiger wees want ek weet nie of die pype vanaf die snorkel so mooi seël as wat hulle moet nie.

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Fri Mar 13, 2009 6:50 am
by JohanM
Ag gee die man tog `n blaaskans!!!! Dit was sy enigste manier wat hy kon dink hy is nou in Botswana se Moremi reservaat met al die diep water kruisings...... :twisted: :twisted: :twisted:

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Fri Mar 13, 2009 6:51 am
by CasKru
JohanM wrote:Ag gee die man tog `n blaaskans!!!! Dit was sy enigste manier wat hy kon dink hy is nou in Botswana se Moremi reservaat met al die diep water kruisings...... :twisted: :twisted: :twisted:
Kom ons sê maar net iets of iemand was Bot en dit was nie swana nie :twisted: :twisted:

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Fri Mar 13, 2009 8:04 am
by dalkill
3RZ wrote:Party mense verstaan nog nie, 'n boot het ook 'n stuurwiel maar dit het nie wiele nie en het 'n ding wat lyk soos 'n waaier agter. 'n bakkie het ook 'n stuurwiel maar het vier wiele en het nie die ding wat lyk soos 'n waaier agter nie en sy kajuit is gewoontlik toe.

Bote word op die water gebruik bakkies op die land, bakkies maak nie goeie bote nie en bote maak nie goeie bakkies nie.

Gebruik die regte greedskap vir die regte job.
nou wat sê jy van die :D: :D: :D:

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Fri Mar 13, 2009 9:46 am
by Mud Dog
nou wat sê jy van die
:D: :D:

Clarkson se malheid!

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Fri Mar 13, 2009 9:59 am
by Gertc
Ek het daai episode gesien. het goed gewerk totdat die toyota probeer hero speel en iemand help het. het ge side cap as ek reg kan onthou.

maar ja toyota maak beter bote as Isjoesjoe's.

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Fri Mar 13, 2009 10:09 am
by Gertc
Ok voordat die mane my weer met klippe gooi soos laas. :wth:

Eina het nou nog letsels. :shifty:


Ek het maande trug voor gestel dat mens n water detection alarm in jou air cleaner sit. Iets wat n buzzer of liggie laat aangaan sodra jy vir watter rede ookal water in jou aircleaner sou kry.

Ek weet mos hoe is meeste mans gee hom genoeg aanmoediging en hy sal aanjaag net om die ander tewys hy kan. En ek is 100% seker daai duikboot het gedink hy sal nog eenkeer try voordat hy soos n aap lyk as hy iemand met n TOYOTA moet bel om hom te moet kom uit help. Hy het geweet hy sal nooit die einde van die storie hoor nie.

Wel 2 bladsye van n’ Isjoesjoe op n’ TOYOTA en dit is nog steeds nie verby nie. :lol: :oops: :lol: :oops: :lol:

SO JA NOU VRA EK WEER SAL N’ water detection device IN JOU AIRCLEANER NIE DALK N GOEIE IDEE WEES NIE? :idea:

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Fri Mar 13, 2009 10:25 am
by ROOIWYN
Jinne maar die man kry slae,
sy vrou is al lankal moeg vir uitdeel en hier hou dit nog aan :clap: !

Dit is 'n KB260 LWB 4x4 S/Cab en ek verneem na die tyd ook nie die eerste swem sessie wat skeef geloop het nie! Hy sê ook dat die Isjoesjoe amper reg is, na so 5l se water onder in die sump was, wil hy hom more weer klaar aanmekaar kry en probeer start. Ek moet sê ek hou duim vas vir sy part, ek glo as hy loop gaan hy hom vinnig probeer verkoop en 'n hilux aanskaf. :D:

Net so klein bekentenis; die einste Isjoesjoe moes Rooiwyn al eenkeer ook uit trek uit 'n gat waar sy pens opgehang was :oops:. So hy en die Isjoesjoe het maniere.

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Fri Mar 13, 2009 10:34 am
by Gertc
Net so klein bekentenis; die einste Isjoesjoe moes Rooiwyn al eenkeer ook uit trek uit 'n gat waar sy pens opgehang was :oops:. So hy en die Isjoesjoe het maniere.
Dankie Rooiwyn maar teveel inligting is ook nie goed nie.

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Fri Mar 13, 2009 11:38 am
by Mr_B
That pic brings back memories... I been there... done that...

On my 2nd 4x4 outing with my lux, at TakBok in Paarl, I completely misjudged the depth of an innocent looking pool of water... I ventured in slowly, then suddenly the front of the vehicle dissappeared under the water, to halfway up the bonnet... I of course, then tried to cross the water hole... unsuccessfully... the engine ingested water... hydraulic lock... my co-pilot and I sat in the vehicle, water logged seat and all... until the eventual recovery... fortunately on major damage was done(except to my ego :wink:)

B

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Fri Mar 13, 2009 12:33 pm
by CasKru
ROOIWYN wrote:Jinne maar die man kry slae,
sy vrou is al lankal moeg vir uitdeel en hier hou dit nog aan :clap: !

Dit is 'n KB260 LWB 4x4 S/Cab en ek verneem na die tyd ook nie die eerste swem sessie wat skeef geloop het nie! Hy sê ook dat die Isjoesjoe amper reg is, na so 5l se water onder in die sump was, wil hy hom more weer klaar aanmekaar kry en probeer start. Ek moet sê ek hou duim vas vir sy part, ek glo as hy loop gaan hy hom vinnig probeer verkoop en 'n hilux aanskaf. :D:

Net so klein bekentenis; die einste Isjoesjoe moes Rooiwyn al eenkeer ook uit trek uit 'n gat waar sy pens opgehang was :oops:. So hy en die Isjoesjoe het maniere.
Hoop maar hy kry hom reg want dit issie nice om te hoor 'n engine het watter gekry nie, maak nie saak die maak nie.

Hoe sê hulle ook? As jy nog nie vas gesit het nie, het jy nog nie hard genoeg probeer nie :) Die ding met 'n Hilux moet mens net so vreeslik hard probeer om die ding te laat vassit! :)

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Sat Mar 14, 2009 10:59 am
by Mud Dog
SO JA NOU VRA EK WEER SAL N’ water detection device IN JOU AIRCLEANER NIE DALK N GOEIE IDEE WEES NIE?
Ja Gert, ek sou dink dis eintlik 'n goie idee', en saamgeheg aan die buzzer kan jy ook 'n engine cut-off installeer, net ingeval jy nee vinnig genoeg reageer nie weens die bier in die hand. :D:

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Sat Mar 14, 2009 4:25 pm
by Bfreesani
Mud Dog wrote:
SO JA NOU VRA EK WEER SAL N’ water detection device IN JOU AIRCLEANER NIE DALK N GOEIE IDEE WEES NIE?
Ja Gert, ek sou dink dis eintlik 'n goie idee', en saamgeheg aan die buzzer kan jy ook 'n engine cut-off installeer, net ingeval jy nee vinnig genoeg reageer nie weens die bier in die hand. :D:

Die probleem is dat die motor teen a tempo can so 45 liter per elke 5 sekondes in trek, die momentum van die engine gaan die water nog steeds in trek tensy jy a klep in sit wat toe klap voor die water daar kan kom. Dit kan half ook lekker werk as immobilisering toestel wat lug toevoer afsny na die motor tot die eienaar dit so wil hê..

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Sat Mar 14, 2009 5:46 pm
by Mud Dog
I'm sure it would be possible David, but then it starts getting a bit complicated. I also wonder if the motor would still manage to ingest water with a cut-out switch sensor (or just open contacts) at the bottom of the Donalson. It would still take a fair amount of water to fill the Donalson and then still get up to the carb. :think:

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Mon Mar 16, 2009 6:45 am
by CasKru
Ek sou sê die switch is 'n goeie idee. Hy gaat dalk nie keer dat jy water in die engine kry nie maar hy gaan verseker keer dat jy weer die engine probeer start want dit is gewoonlik met die restart waar mens goed buig en breek. Met die intrek slag vrek die motor net en kan 9 uit die 10 keer net van die water gedrain word (en al die ander vloeistowwe) , met die hand gecrank word (met die sparkplugs uit) sodat al die water kan uitkom, die olie weer gevul word en daar gaat jy.

So as mens 'n cutout switch het met 'n extra bright LED in die intrumnet panel wat mens waarsku dat hy gevrek het weens water ingestion, gaat dit mens net bietjie tyd en moeite kos om weer aan die gang te kom en nie duisende rande nie. m2cw

Re: Isjoesjoe Duikboot!

Posted: Mon Mar 16, 2009 9:05 am
by dalkill
CasKru wrote:Ek sou sê die switch is 'n goeie idee. Hy gaat dalk nie keer dat jy water in die engine kry nie maar hy gaan verseker keer dat jy weer die engine probeer start want dit is gewoonlik met die restart waar mens goed buig en breek. Met die intrek slag vrek die motor net en kan 9 uit die 10 keer net van die water gedrain word (en al die ander vloeistowwe) , met die hand gecrank word (met die sparkplugs uit) sodat al die water kan uitkom, die olie weer gevul word en daar gaat jy.

So as mens 'n cutout switch het met 'n extra bright LED in die intrumnet panel wat mens waarsku dat hy gevrek het weens water ingestion, gaat dit mens net bietjie tyd en moeite kos om weer aan die gang te kom en nie duisende rande nie. m2cw
Ek is maar bly ek is hier op die forum. Ek leer elkedag iets nuuts, wat my eendag hopeluk baie trane sal spaar. Ek sou definitief probreer het om weer die enjin te start, sou ek so vasgevang word in 'n klein dammetjie