3L D4D brandstof verbruik

Post Reply
Baby Cruiser
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 68
Joined: Sun Oct 12, 2014 8:35 pm
Town: Swellendam
Vehicle: 2005 3.0 D4D D/C
Real Name: Helgaard

3L D4D brandstof verbruik

Post by Baby Cruiser »

:wave:
Hallo almal. Ek hoop iemand kan help of sê na wie ek kan gaan vir die regte raad. In kort.
2005 3L D4D 4x4 DC. Aan gekoop met 260 000 km en staan nou op 363 000 km.
Haar brandstof gebruik was nog altyd 8.2 tot 8.4 km/l. Dis nou in die dorp en op lang pad teen spoed van 120 km/h of selfs effens beter teen 130-140 km/h. Effens waarder as wat mens verwag en wat ek gereeld by ander manne verneem.
Toe laasweek ry ek twee tenke diesel in een week uit. Eerste tenk gee 10.1 km/l en die tweede 9.8 km/l.
Al wat ek anders gedoen het was om soveel moontlik die spoedbeheer (speed controle) te gebruik.
Agente sê ek ry met 'n swaar voet.
My pelle sê spoedbeheer moet hom swaarder maak.
Diesel man op die dorp sê , vervang 'suction control valve ' en ' injectors'. Ek vra toe wat sal die simtome sal wees. Enjin wat deurmekaar loop asof hy mis , ' derate' , rook en enjin revolusies wat op en af gaan sonder om pedaal te trap. Ou Wit Hings het glad nie sulke neukerye nie.
Op spoed beheer het hy , voel dit vir my , meer krag as enig iets anders. Sy enjin het ook sommer so 'n annerste soort brom op hom as hy die bulte vat.
Ek moet ook sê vir sy model is die spoed beheer ' after market' , weet nie watter soort nie.
Nou wil ek graag weet. Sal iemand vir my sagte ware op ecu kan laai of kan chip om dieselfde ' performance ' met voet pedaal te kan kry ?
Vandag gehoor van ' pedal box' en allerhande dinge.
As daar 'n kans is dat ek iets gaan opneuk los ek als liewer net so.
Enige raad sal waardeer word. :oops:
User avatar
JohanW
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 477
Joined: Sat Nov 17, 2012 9:56 pm
Town: Strand
Vehicle: 2014 Land Cruiser 76 V8
Real Name: Johan

Re: 3L D4D brandstof verbruik

Post by JohanW »

Marius, jy vra nou 'n klompie vra gelyk en probeer verduidelik terselfdertyd en dit maak dinge nogal deurmekaar.
So jou vra is dus soos volg:
1. Kan cruise control beter brandstof verbruik lewer?
2. Kan my aftermarket cruise control vir my beter verbruik en krag gee?
3. Moet ek enigsins aan my enjin krap as ek geen van die dieselman se simptome het nie?
4. Kan ek die ecu laat reprogram?
5. Kan ek 'n chip insit om vir my dieselfde kraglewering te gee as met my aftermarket cruise control?
6. Watter chip kan ons aanbeveel?

Laat weet as bogenoemde reg klink.
Baby Cruiser
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 68
Joined: Sun Oct 12, 2014 8:35 pm
Town: Swellendam
Vehicle: 2005 3.0 D4D D/C
Real Name: Helgaard

Re: 3L D4D brandstof verbruik

Post by Baby Cruiser »

Dankie Johan.

As speed control aan is ,is hy defnitief sterker en branstof verbruik beter .
Baie stories gehoor. Het enigeiemand vir my raad , ek wil graag iets probeer om brandstof verbruik net so laag te kry as ek met die pedaal ry , maar as ek 'n kans staan om iets op te voetter los ek hom netso
Baby Cruiser
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 68
Joined: Sun Oct 12, 2014 8:35 pm
Town: Swellendam
Vehicle: 2005 3.0 D4D D/C
Real Name: Helgaard

Re: 3L D4D brandstof verbruik

Post by Baby Cruiser »

Skuus Johan , jy verstaan my reg.
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: 3L D4D brandstof verbruik

Post by Haboob »

Gebruik hom met speed control, as hy so beter is.
Gewoonweg moer spoed beheer meer diesel gebruik.
Jy speel met die excelerator as jy daarmee bestuur.
Hou jou voet konstand in een plek, dan sal jy bietjie verloor op die opdraendes en bietjie vinniger op die afdraendes gaan. So sal jy jou beste konsumpsie kry.
Indien jy tevrede is met die spoed beheer konsumpsie is, moennie daarmee peuter nie.
Image
HABOOB means "Dust Storm"
Foksie
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 271
Joined: Sat Jul 10, 2010 2:34 am
Town: Centurion
Vehicle: Fortuner 4x4
Real Name: Frank

Re: 3L D4D brandstof verbruik

Post by Foksie »

Sjoe julle kry nie slegte verbruik nie ek sukkel om 7km/l te kry en dan ry ek mooi en hy het n dastek chip in
Baby Cruiser
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 68
Joined: Sun Oct 12, 2014 8:35 pm
Town: Swellendam
Vehicle: 2005 3.0 D4D D/C
Real Name: Helgaard

Re: 3L D4D brandstof verbruik

Post by Baby Cruiser »

Baie dankie vir julle kommentaar ; en jammer om te hoor daar is manne wat slegter af is as ek. Baie dankbaar dat myne nie ook so laag as 7 is nie.
Na ek van oggend navraag gedoen het by my plaaslike Toyota handellaar , was ek erg verras toe hulle my nooi om my voertuig in te neem sodat hulle 'n paar toetse kon doen. GRATIS.
Ek was op die kop 2 uur by hulle soos ons gereël het , 'n tyd wat vir my gerieflik was. Ek was nog besig om die manne daar te groet ,toe het die tegnikus al die rekenaar gekoppel. Ons het toe 'n draai gaan ry , met die rekenaar gekoppel en kon dus kyk wat gebeur wanneer.
Die speed control unit is nie 'n Toyota unit nie maar wel 'n Toyota aprooved unit. Volgens die tegnikus het Toyota , in 2005 , nog nie so iets beskikbaar gehad vir D4D nie. Hy vertel ook aan my hulle het net die een ingebou en ook vreeslik gesukkel om hom reg te programmeer.
Ons het uitgevind dat die railpressure heeltyd binne spesifikasie bly. So suction control valve OK.
Die injectors is ook heeltemal reg.
So waar lê die verskil ?
Terug by die agentskap. Bespreking van opgevangde data , tussen eienaar en tegnikus en myself.
Die speed control doen sy werk super goed en nie een van die twee het nog ooit van tevore so iets gesien nie.
Dan in die dorp sit ek teen te lae revolusies ratte oor. Rpm net bo 1000 in die hoeër rat , dit moet nog opgaan sodat dit nie veel onder 1800 , 1900 val vir die hoeër rat nie.
Dan waar speed control op 'n hoogte nou en dan 1 km per uur bo of onder spoed is , het my spoed gereeld met amper 10 km per uur oor gegaan en soms met 5 km per uur geval.
Voel my ek kan nie ry nie.
Sal beslis speed control meer gebruik waar ek kan.
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Re: 3L D4D brandstof verbruik

Post by Kagiso »

Dagsê manne
Die Prado is verlede week verkoop. Blessings vir sy nuwe eienaar. Omtrent die spoedbeheer .. op die V6 , 4.0 Prado het my brandstofverbruik BAIE opgegaan as ek die spoedbeheer gebruik. Die Prado kan nie betyds bietjie vetgee vir opdraende nie, nou val die spoed met 15 Kmh DAN spring die simpel ding sommer van 5e na 3e rat en teen 5 000 RPM hou hy dan 120 en selfs na mens oor die bult is hou hy dit nog 'n ent
Diet het my verbruik van 11,4 liter/100km na 16 tot 18 liter per 100
Ek neem aam jou 3,0 Diesel is handrat? .. Hy gaan nou baie meer brandstof in spoedbeheer gebruik.
Daai "cruise control" werk lekke doerrrr inni Karroo en Kalahari waar die vlaktes tennisbaan gelyk is.

Ek het nou weer oorgeslaan na NISSAN PATROL, die 4,2 Diesel, met turbo ,, en ek kry so 8 km / liter op die lang pad voor hy reggestel was so 7,1 km / liter
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5266
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: 3L D4D brandstof verbruik

Post by Thabogrobler »

Ek dink jou probleem is 'n mate van driver error.

Daai ratte oorsit net oor 1000rpm is wat jou brandstof eet. Ry bietjie die trok tussen 2 en 3000rpm, dus sit oor naby 3000rpm.

As die turbo nie draai nie(onder 2000rpm) gebruik jy nie die 'voordeel' van die turbo nie. Ook kan dit jou EGT's te hoog laat loop - lae rpm en diep ingetrapte petrol laat die egt's deur die dak skiet en kort voor lank blom die enjin en jy verstaan nie want jy het altyd 'mooi' gery.
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
User avatar
JohanW
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 477
Joined: Sat Nov 17, 2012 9:56 pm
Town: Strand
Vehicle: 2014 Land Cruiser 76 V8
Real Name: Johan

Re: 3L D4D brandstof verbruik

Post by JohanW »

Thabogrobler wrote:Ek dink jou probleem is 'n mate van driver error.

Daai ratte oorsit net oor 1000rpm is wat jou brandstof eet. Ry bietjie die trok tussen 2 en 3000rpm, dus sit oor naby 3000rpm.

As die turbo nie draai nie(onder 2000rpm) gebruik jy nie die 'voordeel' van die turbo nie. Ook kan dit jou EGT's te hoog laat loop - lae rpm en diep ingetrapte petrol laat die egt's deur die dak skiet en kort voor lank blom die enjin en jy verstaan nie want jy het altyd 'mooi' gery.
Thabo, jy praat nou vanaf 'n KZ se oogpunt af. Een van die groot voordele van die d4d is dat sy turbo reeds vanaf ~1200rpm max druk van 1.25 bar gee. Die kz gee eers sy maks (unmodified) druk van 0.8bar vanaf 1900-2200 rpm.

Jou teorie is egter nie verkeerd nie, jou rpm zone is wel. Die d4d is besonders gelukkig vanaf 1500-2500rpm. :thumbup:
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5266
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: 3L D4D brandstof verbruik

Post by Thabogrobler »

JohanW wrote:
Thabogrobler wrote:Ek dink jou probleem is 'n mate van driver error.

Daai ratte oorsit net oor 1000rpm is wat jou brandstof eet. Ry bietjie die trok tussen 2 en 3000rpm, dus sit oor naby 3000rpm.

As die turbo nie draai nie(onder 2000rpm) gebruik jy nie die 'voordeel' van die turbo nie. Ook kan dit jou EGT's te hoog laat loop - lae rpm en diep ingetrapte petrol laat die egt's deur die dak skiet en kort voor lank blom die enjin en jy verstaan nie want jy het altyd 'mooi' gery.
Thabo, jy praat nou vanaf 'n KZ se oogpunt af. Een van die groot voordele van die d4d is dat sy turbo reeds vanaf ~1200rpm max druk van 1.25 bar gee. Die kz gee eers sy maks (unmodified) druk van 0.8bar vanaf 1900-2200 rpm.

Jou teorie is egter nie verkeerd nie, jou rpm zone is wel. Die d4d is besonders gelukkig vanaf 1500-2500rpm. :thumbup:
:surrender: :surrender: :surrender: So leer ons maar!!
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
Post Reply

Return to “General House Keeping”