Ek het al baie van Berakah gehoor, maar dis eerste keer wat ek self Saterdag die 18 de Julie Berakah kom ry het, saam met ‘n Jeepie en ‘n Pajero.
Met die aankomslag ontvang die mense van Berakah jou baie vriendelik met ‘n koppie koffie en ‘n glimlag. :D
Die roete is baie tegnies van aard met waterkruisings, log bridges, klipperige gedeeltes en steil en baie steil op en afdraandes.
Die eerste gedeelte het escape routes (chicken runs) en is nogal lekker uitdagend. 8 ) 8 )
Die tweede (opsionele) gedeelte is egter baie uitdagend en nie ‘n plek vir die skrikkerige of bang persone nie. Daar is nie omdraaiplek nie en jy moet low range in jou voertuig he om die deel van die roete te doen. Daar is een scary baie steil afdraande genaamd “The Mine Shaft” en hy het nie hierdie naam sonder rede nie. Ek weet nie wat sy gradient is nie maar ek reken dis 30 grade plus. Ek sou nie sommer ‘n newbie op hierdie gedeelte neem nie want jy moet jou voertuig mooi in toom kan hou anders hardloop hy weg met jou en jy kan baie skade kry. Jou bande en remme word ook tot op die uiterste getoets.
Ek moet se dat die roete word goed onderhou en gevaarlike gedeeltes het growwe beton op om traction te verseker. Bystand is beskikbaar van die plaashuis af en hulle maak ook voorsiening vir recovery en algemene ondersteuning.
Van al die roetes wat ek al gery het, tel Berakah onder die mees uitdagendstes asook een van die mooistes, want die uitsigte bo vanaf die berg is pragtig.
Braaiplekke, piekniekplekke en kampeerplekke word voorsien om die buitelugervaring ‘n lekker een te maak.
Hierdie roete moet sekerlik tel onder die bestes in SA.
Hiermee so paar foto’s……
Berakah 18 Julie 2009
-
- Monster Truck
- Posts: 2075
- Joined: Sat Jan 19, 2008 4:23 pm
- Town: Springs
- Vehicle: Hilux 2700i
- Real Name: Johan
- Club VHF Licence: HC262
- Location: Selection Park
Re: Berakah 18 Julie 2009
Dit is vir my ook n baie lekker trail.
2004 Hilux 2700i 4x4 Legend 35
Cowley branch and freeflow,long range tank,dual battery system,home made front and rear bumpers.
Cowley branch and freeflow,long range tank,dual battery system,home made front and rear bumpers.
- 2.8 d/cab SFA
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1407
- Joined: Sun Oct 05, 2008 10:08 am
- Town: Boksburg
- Vehicle: Yamaha R1
- Real Name: John
- Location: Boksburg
Re: Berakah 18 Julie 2009
nice pix, I enjoyed the trail alot, but you are right when you say not for someone that does not know his lux well.
Some places can cause damge to the sides if you take the wrong line.
Some places can cause damge to the sides if you take the wrong line.
John
Real Trucks Don't Have Sparkplugs!
Real Trucks Don't Have Sparkplugs!
- Joshua
- Low Range 4WD
- Posts: 180
- Joined: Tue Aug 12, 2008 9:43 am
- Town: Brakpan
- Vehicle: Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4
- Real Name: Christo
- Location: Brakpan
- Contact:
Re: Berakah 18 Julie 2009
Dadz Toy BFI wrote:Caleb is one Lekker Looking Lux Christo
Thanx Rich, with 115 kw/380 Nm on tap and OME suspension,
it drives like a dream as well. Really a blessing from above