Page 1 of 1

Cederberg Trip report, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Thu Sep 05, 2013 10:36 am
by Hoppy
We are planning a trip through the Cederberberg

You can join us for;
1. The weekend (2 sleepovers) +-400km
2. The long weekend (4 Sleepovers) +-600km

We are busy with route planning, depending on the number of vehicles that will join for two days only.

Re: Cederberg trip, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Thu Sep 05, 2013 10:59 am
by Hilux 1
Hi Alan,

is this a camping trip or chalet staying or sleep in van? and more or less costs??

Re: Cederberg trip, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Thu Sep 05, 2013 11:09 am
by Tokkie
Hierdie lekker dinge gebeur altyd as ek nie by die huis is nie :frustrated: :frustrated:

Re: Cederberg trip, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Thu Sep 05, 2013 1:07 pm
by Hoppy
We tent camp, but if there is people that needs chalets, we can alter the route accordingly.

We are doing a "tag along" trip, everyone for himself, will post the camping/chalet fees as soon as it's finalised

Re: Cederberg trip, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Thu Sep 05, 2013 8:41 pm
by Jaans
Loos like fun but a little far for a long weekend for me. You must enjoy.

Re: Cederberg trip, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Thu Sep 05, 2013 9:27 pm
by GI Jane
Yip Johannes, b-u-t, it may be worth the drive. The most amazing place to be for a long weekend..

Re: Cederberg trip, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Fri Sep 06, 2013 8:21 am
by Hilux 1
hi Alan,

kan ek jou bietjie laat huiswerk doen, bietjie loer watse roetes etc gedoen kan word met chalets wat nog beskikbaar is ook, moet ons finansies bietjie loer. maar sal great wees om te kan gaan. tent gaan nie so lekker werk vir ons met opslaan afslaan vir een aand nie, het nie n quick pitch nie. werk nog aan so iets aan skaf.

Dankie vir jou moeite alreeds

Re: Cederberg trip, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Fri Sep 06, 2013 8:24 am
by Tarquin
sounds like fun, pitty that i'm going hunting.
next time :thumbup:

Re: Cederberg trip, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Fri Sep 06, 2013 12:08 pm
by GI Jane
Hoppy sounds great. If I can't make it up to the Orange River because of work and other constraints, will definitely join you for the long weekend. Tokkie's wife, will probably join me.... Sorry Tokkie know you would like Amy and I to make it up to the river, but this is a great alternative... :celebrate: :celebrate: :celebrate:

Re: Cederberg trip, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Tue Sep 10, 2013 9:25 am
by GI Jane
Calling Mr Hoppy.....Okay so what are the plans for the cederberg weekend? with it being a long weekend, think it is going to be booked up at most places....... or are we going to pitch camp on the side of the road???

Re: Cederberg trip, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Tue Sep 10, 2013 10:55 am
by Hilux 1
not gonna make it no more

Re: Cederberg trip, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Tue Sep 24, 2013 10:29 pm
by Hoppy
Met die sneeu op die berge en n minder gunstige voorspelling het ek besluit ek het nog genoeg hout by die huis en ek gaan nie die kamp ding doen nie.
My vrou gee nie so maklik n naweek op nie en begin toe bel, na een en n halwe dag gee sy toe wel op, ek sien toe die klomp hout en daai paar bottels gaan nie so lang gesig balanseer nie en ek kom toe op n site af genaamd "lekker slaap", n paar mails en n effens gekweste kredietkaart later is ons oppad Cederberge toe.
_MG_6077 (Small).JPG
_MG_6077 (Small).JPG (64.26 KiB) Viewed 3538 times
en gou kom ons toe agter dat tent kamp nie n goeie idee sou wees nie
_MG_6084 (Small).JPG
_MG_6084 (Small).JPG (62 KiB) Viewed 3538 times
Die wereld was nat, koud, verspoel en baie mooi, die Hilux moes hom regmaak vir n nat, modder naweek.
IMG_6270 (Small).JPG
IMG_6270 (Small).JPG (64.65 KiB) Viewed 3538 times
Die huisie in Citrusdal was net reg vir twee, nog in die sestigs geklee, kompleet met tapeseries van n dogterkie wat bid en n oom en tannie op die land, oregon plafonne en een meter dik mure.
_MG_6126 (Small).JPG
_MG_6126 (Small).JPG (41.75 KiB) Viewed 3538 times
...maar dit was warm en droog en die stoof het gewerk al was daar eers geen pot of pan nie.

Re: Cederberg trip, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Tue Sep 24, 2013 10:58 pm
by Hoppy
Die volgende dag het ons bietjie in-gele en die dorp aangedurf, al wat plaas-volk is was daar en die sap van die druif het muldelik gevloei. "You musn't push" is van alle kante gehoor, hulle se mos daai vier letter woord is nie n vloek-woord in die Kaap nie, dis n werk-woord.
En toe besluit ons om grondpad langs agter die dam om, Clanwilliam toe en Vredendal toe te ry, die damme wat oorloop te kyk, vir vriende te kuier en weer agter die berg om terug te kom na die huisie waar die dogterkie steeds bid en die oom en tannie nog kyk hoekom die goed op die land nie groei nie.
Dag twee het dag drie geword, die weer het mooi gedraai en ons is na die Biedow-valei toe waar my vrou in haar element was en my shares het weer n punt of twee geklim.
IMG_6198 (Small).JPG
IMG_6198 (Small).JPG (137.04 KiB) Viewed 3535 times

Van daar, Wupperthal toe, waar die tyd bietjie stil gaan staan het, so eeu of wat terug, die sendeling het darem hier sy werk beter gedoen of die wynlorrie het nooit so ver gekom nie. Daai skoenfabriek lyk deurmakaarder as my werkswinkel in Desember, ek het toe maar nie vir my nuwe vellies daar gekoop nie, ek glo nie hulle sou twee van dieselfde grootte of kleur kon opspoor nie.
IMG_6217 (Small).JPG
IMG_6217 (Small).JPG (80.93 KiB) Viewed 3535 times
_MG_6227 (Small).JPG
_MG_6227 (Small).JPG (64.84 KiB) Viewed 3535 times
Van daar met die pas op, en n waarskuwing vir Landrovers
IMG_6240 (Small).JPG
IMG_6240 (Small).JPG (63.36 KiB) Viewed 3535 times
Ek het nie daar of die die hele naweek een keer 4x4 gebruik nie, enige voertuig met redelikke grondvry hoogte sal die trippie kan doen.
My gunsteling was die berge, klippe en rotsformasies, ek wil nog so 20 keer terug gaan
IMG_6254 (Small).JPG
IMG_6254 (Small).JPG (74.34 KiB) Viewed 3535 times
IMG_6262 (Small).JPG
IMG_6262 (Small).JPG (103.55 KiB) Viewed 3535 times
IMG_6267 (Small).JPG
IMG_6267 (Small).JPG (97.52 KiB) Viewed 3535 times

Re: Cederberg Trip report, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Tue Sep 24, 2013 11:18 pm
by Hoppy
Die laaste nag het ons ons laaste vleis gebraai, ek het my boek van my nuwe kamera probeer klaar lees sodat ek biekie beter fotos kan post.
Die volgende oggend moes ons maar die dogterkie los om in vrede te bid, oppak en n lekker roete terug ry, en n paar snappies vat vir oulaas;
IMG_6201 (Small).JPG
IMG_6201 (Small).JPG (96.82 KiB) Viewed 3532 times
IMG_6200 (Small).JPG
IMG_6200 (Small).JPG (77.67 KiB) Viewed 3532 times
IMG_6206 (Small).JPG
IMG_6206 (Small).JPG (76.83 KiB) Viewed 3532 times
IMG_6308 (Small).JPG
IMG_6308 (Small).JPG (79.44 KiB) Viewed 3532 times
_MG_6105 (Small).JPG
_MG_6105 (Small).JPG (70.54 KiB) Viewed 3532 times
Ons het net een ding weer besef, jy het baie naweke nodig om die Cederberge te sien en dis naby genoeg van die Kaap af vir n gewone naweek, so hou julle tenks vol.

Re: Cederberg Trip report, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Wed Sep 25, 2013 4:58 am
by The Legend
Baie mooi foto,s Allan.Ja-nee julle is gelukkig om die mooi wereld so naby julle te he.
Het julle julle vas gery teen n vol rivier of het julle spesiaal soontoe gery?

Re: Cederberg Trip report, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Wed Sep 25, 2013 7:16 am
by Thunder02
Beautiful part of the world :thumbup:
Great pics :clap:

Re: Cederberg Trip report, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Wed Sep 25, 2013 7:34 am
by GI Jane
Allan bly jy en Suz het so n lekker naweek gehad.... Kan nie wag om al julle foto's te sien. Dankie vir die report.. en foto's

Re: Cederberg Trip report, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Wed Sep 25, 2013 7:49 am
by Family_Dog
Very nice, Mr. Hoppy! Those pics are a lot more colourful than the yellow acid-filled Mine Dumps in my part of the world. ;)


-F_D

Re: Cederberg Trip report, 20-24 Sept 2013 (long weekend)

Posted: Wed Sep 25, 2013 8:07 am
by CasKru
O... ê... ê.... jaloers raak ek nou. Jis dit is darem maar mooi wereld daai. Thanks vir die fodies