Skooltas Projek

Here you can post information of charities and charities in need or any good ideas you have on helping charities.
Post Reply
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Skooltas Projek

Post by pietpetoors »

Dit is weer daai tyd van die jaar wat die kinders wat volgende jaar "groot skool" toe gaan moet tasse kry. Daar is baie van ons kinders wie se ouers nie tassie en skryfbehoeftes kan bekostig nie.
Lees hier onder hoe jy betrokke kan raak om hulle te help:
Image
Die grootste Kersgeskenk – belê in ʼn kind se toekoms

Deur Mariana Kriel

Tienduisende graad 0’s sien met groot afwagting uit om volgende jaar “groot skool” toe te gaan, terwyl duisende ouers nie weet waar hulle die geld gaan kry om te sorg dat hulle kinders die nodige skryfbehoeftes het vir die begin van hul skoolloopbaan nie.

Solidariteit Helpende Hand glo dat ʼn gebrek aan geld nie die rede moet wees waarom ʼn onskuldige graadeen sy of haar eerste skooljaar met ʼn agterstand moet begin nie. Daar is soveel struikelblokke wat ʼn kind uit ʼn behoeftige gesin moet oorkom – skryfbehoeftes en geleerdheid is nie veronderstel om een van hierdie struikelblokke te wees nie.

Aan die einde van 2007 het Solidariteit Helpende Hand vir die eerste keer die Skooltassieprojek geloods, nadat dit onder Helpende Hand se aandag gekom het dat duisende Afrikaanse gesinne nie die nodige skryfbehoeftes kan bekostig om vir hulle kinders op die eerste skooldag saam te stuur nie. Talle individue en Afrikaanse organisasies het hulle harte en beursies reeds vir hierdie projek oopgemaak. Helpende Hand kon in Januarie 2008 ongeveer 2 000 skooltassies, gevul met die nodige skryfbehoeftes, aan behoeftige Afrikaanse graadeens landswyd uitdeel.

Voor die projek nog behoorlik in 2008 kon afskop, het die aansoeke ingestroom van skole wat hulp benodig. Die aansoeke het meer as verdubbel, maar te danke aan al die Helpende Hand-ondersteuners kon Helpende Hand in Januarie 2009 die nodige skryfbehoeftes aan 4 000 Afrikaanse kindertjies voorsien. Sommige families het selfs in plaas daarvan om Kersgeskenke vir mekaar te koop, besluit om die waarde van die geskenke wat aangekoop sou word, aan die Skooltassieprojek te skenk.

In die huidige ekonomiese omstandighede verwag Helpende Hand dat die aansoeke vir 2010 kan verdriedubbel. Helpende Hand bly nogtans positief en glo dat voldoende ondersteuning van lede, die gemeenskap en ondersteuners ontvang sal word om aan die kindertjies die nodige skryfbehoeftes te voorsien.

Die grootste Kersgeskenk wat enige persoon vir ʼn kind kan gee, is ʼn toekoms. Deur die Skooltassieprojek te ondersteun, belê jy direk in die toekoms van ʼn kind.

Volgens die Verenigde Nasies se Kinderfonds is daar ʼn geweldige behoefte aan die basiese toerusting vir skoolkinders. Die eerste drie jaar van ʼn kind se skoolopleiding maak ʼn noemenswaardige verskil aan gesinsbeplanning, gesondheidsorg en ʼn gesin se inkomste.

ʼn Volledige skooltassie met skryfbehoeftes kos R200, maar enige bedrag is welkom.

Inhoud van ʼn tassie:
Witbordjie
Witbordmerker
Witborduitveër
HB-potlode
Inkleurpotlode
Skerpmaker
Skêr
Telraam
Pennesakkie/-blikke
Springtou
Boontjiesak
Liniaal
Uitveër
Inkleurboek
Uitdraaikryte/vetkryte
Gom

Hoe kan mense betrokke raak?

* SMS die woord “skooltassie” na 35960 en ʼn agent sal jou skakel. (R3 per SMS)
* Besoek die Helpende Hand-webblad by http://www.helpendehand.co.za .
* Doen ʼn direkte inbetaling in Helpende Hand se bankrekening: (verwysing: TASSIE)

Solidariteit Helpende Hand
Bank: ABSA
Tak: Centurion
Rekeningnommer: 407 225 0017
Takkode: 632 005

Met ʼn R200-bydrae vir ʼn skooltassie kan jy in die toekoms van ʼn kind belê. Vir meer inligting of om by Helpende Hand se Skooltassieprojek betrokke te raak, SMS die woord “tassie” na 35960, skakel die inbelsentrum by 0861 25 24 23, of besoek die Helpende Hand-webblad by http://www.helpendehand.co.za. Om by Helpende Hand aan te sluit, SMS die woord “hand” na 35960 en een van ons agente sal jou skakel.
(R3 per SMS. Hierdie geld dra nie tot die Skooltassieprojek by nie.)

Brief oor ʼn 7-jarige in nood

“ʼn Sewejarige seuntjie is deur sy ma op ʼn vliegtuig gesit met ʼn nota: ‘Jy is nou groot genoeg om by jou pa te gaan bly.’ Die klein boeta is deur sy ma verwaarloos.

Hy bly nou by sy ouma in Pretoria. Sy pa het op die oomblik kontrakwerk op Ogies en gaan waar daar werk is op die myne.

Die seuntjie was in ʼn skool in graad 1 hierdie jaar, maar het geen vordering getoon nie omdat hy in alle opsigte van kleintyd af verwaarloos was. Hy is ook op Ritalin. Die hoof van die skool waar hy tans is, het hom na ʼn spesiale skool verwys waar hy dan in 2010 sal begin.

Intussen versorg sy ouma ʼn bejaarde man (waar sy die oom se huis skoonmaak, kos maak, klere was, bad, ens.) en hulle woon by die oom in sy woonstel. Maar vir kos is daar nie geld. Die dame wat die ouma so dan en wan besoek het, het aan my genoem dat die ouma in die laaste drie maande 11 kg verloor het en nou net 49 kg weeg. Die rede – omdat sy die bietjie kos wat sy het, vir haar kleinseun hou.”
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
User avatar
0000DS
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1527
Joined: Sat Aug 22, 2009 6:35 pm
Town: Roodekrans
Vehicle: Tuna, 4X4, Longrange Fuel tank, BF's AT, Intergrated bumber, Roofrack, Awning, Air suspension,winch
Real Name: Danelle

Re: Skooltas Projek

Post by 0000DS »

Het 'n tassie geborg en ingeskryf vir die nuusbrief :thumbup:
Image
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Skooltas Projek

Post by pietpetoors »

The Hilux4x4.co.za Club decided to sponsor 5 Book Cases for the children.
Some of us already sponsored tassies and I would like to encourage others to do the same.
I received an email from helpende hand 2 days ago where they said
Ons sal befondsing vir spesifiek die Skooltassies baie waardeer aangesien die aanvraag weereens baie groter is as waaraan daar voldoen kan word.
Helpende Hand groete
Vena Strauss
vena@helpendehand.co.za
It is only R200 and you can make a huge difference. You cannot even take your wife/husband out for lunch with R200.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
User avatar
0000DS
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1527
Joined: Sat Aug 22, 2009 6:35 pm
Town: Roodekrans
Vehicle: Tuna, 4X4, Longrange Fuel tank, BF's AT, Intergrated bumber, Roofrack, Awning, Air suspension,winch
Real Name: Danelle

Re: Skooltas Projek

Post by 0000DS »

It is only R200 and you can make a huge difference. You cannot even take your wife/husband out for lunch with R200.
I agree.... I bought Kiara's NUSERY SCHOOL goodies on Tuesday, and the bill came to more than R200-00. I think the 0000's will sponser another little school bag. :thumbup:
Image
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Skooltas Projek

Post by pietpetoors »

Hier is uittreksels uit Helpende Hand se nuurbeif watek vanoggend gekry het:
Altesaam 4 000 tassies met skryfbehoeftes is vroeg vanjaar by 70 behoeftige Afrikaanse skole landswyd uitgedeel. Die Skooltassieprojek, wat nou drie jaar oud is, het reeds ʼn daadwerklike bydrae tot die opheffing van bykans 10 000 behoeftige graadeens gemaak.
Dankie aan elke donateur en veral aan Rapport, die mediavennoot van die projek. Julle bydraes gee hoop aan behoeftige Afrikaanse graadeens.
Kort nadat ek by Helpende Hand begin werk het, het ek vir Riaan* die eerste keer in ʼn informele nedersetting in die Kaap ontmoet. Dit was pas na groot oorstromings op die Kaapse Vlakte. Riaan se ouers se stukkende karavaan was saam met al hulle aardse besittings of weggespoel, of deurnat. Die klere wat aan hom geskenk is, was nat en vol modder.

Helpende Hand het besluit om hulp aan die kinders te verleen deur middel van ʼn reënjassieprojek. Mooi, kleurvolle reënjassies en stewels is aan elke kind gegee sodat hulle droog kon bly terwyl Helpende Hand-personeel hulle nat klere laat was het. Ek onthou nog so goed Riaan se verbaasde gesiggie toe hy sy helder reënjassie sien. Riaan, wat toe vier was, het vir sy ma gekyk en gesê, “Mamma, dit is mooi.”

Helpende Hand help graag mense wat die potensiaal het om uit hulle omstandighede op te staan. Anders as baie van die ander inwoners van informele nedersettings, is Riaan se ouers bereid om te werk – hulle werk as motorwagte. Riaan leef nogtans in baie bedenklike toestande. Wanneer sy ouers ander mense se motors gaan oppas, moet hy dikwels alleen speel. Anders as ander kinders van sy ouderdom, weet hy wat ʼn klimraam of ʼn swaai is nie. Sy speelhuisies is vullisdromme en hy en sy maatjies speel tussen die opslaantoilette wegkruipertjie. Helpende Hand het ingegryp en die gesin se stukkende karavaan vervang met ʼn netjiese Wendy-huis met drie vertrekke wat minstens droog en ʼn bietjie veiliger is.

Riaan het hierdie jaar met ʼn Helpende Hand-skooltassie skool toe gegaan. Hy is nou in graad R. Dit is moeilik om sy opgewondenheid en blink ogies toe hy sy tassie gekry het, te beskryf. Wat vir ander graadeens vanselfsprekend is, is vir hom ʼn luukse. Riaan het nog enorme struikelblokke om te oorkom voordat hy deur die armoedesirkel kan breek, maar minstens is hy in ʼn goeie skool en, met sy tassie in die hand, is hy opgewonde oor skoolgaan. Vir die eerste keer in sy jong lewe ervaar hy toekomshoop. Wie weet: dalk kan Helpende Hand Riaan eendag nog met ʼn beurs help om by Sol-Tech te studeer.
http://www.helpendehand.co.za
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: Skooltas Projek

Post by BenHur »

:thumbup: :thumbup:
Post Reply

Return to “Community Responsibility”