HONDERDE duisende hektaar en miljoene dollar se wild was in September die slagoffers van ’n verswelgende brand in die Etosha Nasionale Park.
Wildlewe met ’n geldwaarde van meer as N$18 miljoen het óf vrekgebrand óf versmoor, terwyl meer as 300 000 hektaar as verskroeide aarde agtergelaat is.
Die blaam vir die enorme skade in Namibië se wêreldberoemde toerismebate, is na bewering aan menslike nalatigheid te wyte.
Die produksie van houtskool op die plaas Sukses, suid van die Etosha Nasionale Park, dra moontlik die skuld vir ’n brand waarin meer as meer as 130 wilde diere, waaronder 11 olifante, 60 kameelperde, 25 swart renosters, 5 wit renosters, 30 koedoes en 3 leeus omgekom het.
Die Minister van die Omgewing en Toerisme (MET), me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het intussen op ’n mediakonferensie beweringe weerlê van ongeskraapte en onvoldoende brandpaaie en brandbestrydingstoerusting sowel as voorbrande wat verkeerd gemaak is.
“Die brandpaaie was skoongeskraap. Danksy die finansiële ondersteuning van die Millenniumuitdaagkorporasie het ons voldoende brandbestrydingstoerusting.”
Volgens Nandi-Ndaitwah was die windspoed tydens die brand in ’n stadium tot 56 knope wat die digte rookwolk, wat oor ’n afstand van 2 kilometer gestrek het, vererger het.
“Die rook het die diere se sig en ontsnapping bemoeilik, wat hulle totaal verward gelaat het.”
Op ’n vraag of Etosha-personeel en ook lede van die Oshivelo weermagskool wat met die brandbestryding gemoeid was, voldoende opgeleiding het, het Nandi- Ndaitwah bloot beklemtoon dat die Ministerie van Verdediging ’n strategiese vennoot in reaksie op noodsituasies is.
Sy het wel erken dat die MET ’n personeeltekort het, maar dat ’n nuwe struktuur wat volgende jaar in werking tree, bykomende personeel sal verseker.
Nandi-Ndaitwah het intussen op ’n mediakonferensie in Windhoek verskeie maatreëls aangekondig vir die toekomstige hantering van veldbrande.
Dit sluit in die implementering van ’n beheerde brandprogram, die versterking en verbetering van veldpersoneel se kapasiteit om groot brande oor groot gebiede te blus sowel as die verbetering en opgradering van brandbestrydingstoerusting.
Volgens haar is die maatreëls reeds in werking gestel. Sy het ook ’n beroep op die publiek sowel as houtskoolprodusente gedoen om voorkomende maatreëls in te stel om die hoë voorkoms van veldbrande in die land te verminder en te verhoed.
Die brand het op die plaas Sukses, suid van die Park uitgebreek, waarna dit oor ’n aantal naburige plase waaronder Streben, Lyn, Mara en Vrede beweeg het.
Ten spyte van gesamentlike pogings deur MET-personeel en lede van die Oshivelo weermagskool het die vlamme se verwoesting in die park vier dae geduur voordat dit op 25 September finaal geblus is.
Die verskroeide gebied dek die deel suid en oos van die Halaliruskamp tot by die Kalkheuwelwatergat.
http://www.republikein.com.na/politiek- ... 136100.php" onclick="window.open(this.href);return false;
Etosha Ramp - September 2011
- Niel
- Moderator
- Posts: 7372
- Joined: Sun Jul 15, 2007 10:07 pm
- Town: Cape Town
- Vehicle: 2014, DC, D4D 3.0, 4x4
- Real Name: Niel
- Location: Bellville
- Contact:
Re: Etosha Ramp - September 2011
Ai dis jammer. Hoop die diere is terug in die area teen jun 2012.
- arnize2
- LR 4WD Full Lockers
- Posts: 743
- Joined: Tue Mar 30, 2010 12:47 pm
- Town: Wellington
- Vehicle: 2008 Toyota Hilux 3.0 D4D D/C 4X4
- Real Name: Arno
- Location: Malmesbury
Re: Etosha Ramp - September 2011
Dit is verskriklik. Ek het al lankal so iets verwag van die houtskool makery.
Re: Etosha Ramp - September 2011
Dit is wat gebeur as jy diere in kampe gooi......
-
- Newbie
- Posts: 6
- Joined: Sun Aug 15, 2010 6:40 pm
- Town: Bethlehem
- Vehicle: Hilux 3.0 D4D DC 4x4
- Real Name: Johnnie
Re: Etosha Ramp - September 2011
Dis baie jammer. Ons hoop goeie reën bring effe verligting. Ongelukkig word diere (veral die renosters!) nie in 1 seisoen vervang nie.
- Thunder02
- Moderator
- Posts: 8033
- Joined: Fri Nov 26, 2010 7:53 pm
- Town: East Rand
- Vehicle: IFS Hilux
- Real Name: Neil
- Club VHF Licence: HC105
- Location: 4x4 Direct Boksburg
- Contact:
Re: Etosha Ramp - September 2011
can't agree moreOOOOMS wrote:Dit is wat gebeur as jy diere in kampe gooi......
Not all those who wander are lost!
Scout motto:be prepared....
www.4x4direct.co.za
Email: boksburg@4x4direct.co.za
IFS is like a swambo, soft, sexy and expensive!
Scout motto:be prepared....
www.4x4direct.co.za
Email: boksburg@4x4direct.co.za
IFS is like a swambo, soft, sexy and expensive!