Page 1 of 1

Is Daktent n MOET??

Posted: Tue Feb 22, 2011 11:16 am
by Christiaankirsten
Ek beplan n trippie na Botswana in 2012 o/a na Caprivi en Okovango.Alhoewel ek al Namibie plat gery het met my 1999 3.0 L Hilux sal dit die eerste keer wees dat ek Botswana gaan besoek met hom.

Paar jaar gelede het ek maar besluit op n 3x3m "canvass dome-tent" en gelukkig is die op-en -afslaan op die stadium al bemeester!!
Ek verstaan baie manne se dat dele van Botswana baie meer 'wild' is as ons ander buurlande, en dus wil ek graag by julle weet of dit enigsins "slim" sal wees om met n grond tent te gaan kamp as bv met n daktent(as n ou dink aan leeus, olifante, en hienas...)

Ek sal ook enige ander info baie waardeer....budget kamp terreine, lekker roetes, en ander interressante plekke...

baie dankie!
cheers

Re: Is Daktent n MOET??

Posted: Tue Feb 22, 2011 11:46 am
by Jaco Versfeld
Hi Christiaan,

Ek het 'n daktent, en dit werk lekker vir sy doel - wanneer jy overland, en elke dag 'n nuwe kamp opslaan. As jy meer as een dag oorslaap by dieselfde kampplek, is die daktent frustrerend. Jy moet hom elke keer opslaan voordat jy kan ry.

Ons het ook in Puros 'n interessante uitdaging gehad. Die tent was so halfpad opgeslaan, toe ons begin kos maak. Net toe dit lekker skemer is, kom twee olifante doodluiters deur die kamp aangestap. Ons is almal in die bakkie in, maar kon nie wegry nie...

Ons was laasjaar in Mabuasehube, met grondtente. Moet se, dit voel bietjie veiliger daarbo in 'n daktent, maar ek dink nie dit is werklik veiliger nie. 'n Goeie dome tent van kanvas is voldoende.

My vrou het aangedring op 'n daktent toe ons Kaokoveld toe is. Ek geniet die tent baie, maar 'n dome tent is regtig voldoende.
Christiaankirsten wrote:Ek beplan n trippie na Botswana in 2012 o/a na Caprivi en Okovango.Alhoewel ek al Namibie plat gery het met my 1999 3.0 L Hilux sal dit die eerste keer wees dat ek Botswana gaan besoek met hom.

Paar jaar gelede het ek maar besluit op n 3x3m "canvass dome-tent" en gelukkig is die op-en -afslaan op die stadium al bemeester!!
Ek verstaan baie manne se dat dele van Botswana baie meer 'wild' is as ons ander buurlande, en dus wil ek graag by julle weet of dit enigsins "slim" sal wees om met n grond tent te gaan kamp as bv met n daktent(as n ou dink aan leeus, olifante, en hienas...)

Ek sal ook enige ander info baie waardeer....budget kamp terreine, lekker roetes, en ander interressante plekke...

baie dankie!
cheers

Re: Is Daktent n MOET??

Posted: Tue Feb 22, 2011 11:48 am
by arnize2
Soos met alles is daar seker hier ook maar die twee kampe. Ek het nog nooit in n daktent geslaap nie en sal ook nooit. NOUTEVREES :oops: So het ons al oral met ons grondtent getoer, Chobe, Mana Pools, Angola, Ens. Die goue reel is om nie in die nag rond te loop indien jy in n onbeskermde gebied kamp nie, veral nie uit n daktent nie. :evil: My seun het hom al disnis geval toe sy voet gegly het op die natgedoude trappie van sy daktent. Elke ou se persoonlike voorkeur.

Re: Is Daktent n MOET??

Posted: Tue Feb 22, 2011 11:49 am
by george
Ek het self 'n daktent en geniet hom stukkend :twisted:
maar ek dink nie hy is meer veilig as 'n grond tent nie.
As 'n ding jou wil vang gaan hy jou op die grond of op die dak kom haal

Re: Is Daktent n MOET??

Posted: Tue Feb 22, 2011 12:21 pm
by OOOOMS
Daktent is 'n 'nice to have', maar bygese ek voel veiliger daar bo :!:

Daar is wel sekere kamp plekke / area's in Botswana waar hulle net daktente aanbeveel.

Vir ons is dit meer 'n gerief van spasie. Daktent en matras / kussings en beddegoed als daarin. Hoe nie te sukkel met matras en beddegoed oppak nie. My vrou en ek slaan die tent op in onder 2 minute. (...probeer dit met 'n rond tent?)

Re: Is Daktent n MOET??

Posted: Tue Feb 22, 2011 12:57 pm
by Hoppy
My vrou is gogga verskrik, sy hou van die daktent.

Ek vat n bietjie wyn so nou en dan, ek verkies die gewone tent, veral as jy skielik in die aand moet uit en jy onthou nie mooi waar jy gaan le het nie. :naah:

Re: Is Daktent n MOET??

Posted: Tue Feb 22, 2011 2:08 pm
by Hi-Hilux
Ek het ook al gewonder of ek nie my geld gemors het op die dak tent nie. Dis lekker, gemaklink ens, maar met 2 seuns wat nie op een plek kan rustig wees nie, werk dit nie. Jy slaan nou kamp op en netnou moet daar weer gery word want daar moet ''iets'' gesien word. Nee n grond tent werk in daai opsig vir my goed!

Re: Is Daktent n MOET??

Posted: Tue Feb 22, 2011 8:15 pm
by Family_Dog
Hoppy wrote:
Ek vat n bietjie wyn so nou en dan, ek verkies die gewone tent, veral as jy skielik in die aand moet uit en jy onthou nie mooi waar jy gaan le het nie. :naah:

Dit is seker hoekom jou naam "Hoppy" is... :laugh2: :laugh2:
A-Happy-Bunny-In-A-Vest-Leaping-With-Hoppy-Easter-Text.jpg
A-Happy-Bunny-In-A-Vest-Leaping-With-Hoppy-Easter-Text.jpg (48.43 KiB) Viewed 6242 times

-F_D

Re: Is Daktent n MOET??

Posted: Wed Feb 23, 2011 9:45 am
by Witblits
Toe ons moes besluit, het SWAMBO opgeklim, ingeloer en voet neergesit - onder geen omstandighede slaap sy in so 'n ding nie. So, Oztent se RV5 is aangekoop. So omtrent 30 sekondes Mark, ok dan moet die stretchers en slaapsakke nog inkom. Op die dakrak versamel die herstel- en herwintoerustinghouers stof. Nog nooit gebruik nie...nee wag...eenkeer van daai silver goed uitgehaal om 'n gat in een van die wasbakke by 'n Epupa kampplek reg te maak.