Page 1 of 1

Selfsorg Verblryf in Weskus 1 -4 Maart

Posted: Wed Dec 30, 2015 4:18 pm
by Mossienel
Miskien is daar iemand hier op die forum wat my dalk help. My skoon suster en die Engels man kom die Einde Feb Suid Afrika. Ons beoog om hulle bietjie weskus toe te vat vir 'n paar dae. Ons gaan 5 volwassenes en twee kinder onder 4jaar oud wees. Die plekke waarna ons kyk is Langebaan, Paternoster, Jacobsbaai of daai area. Weet iemand dalk van 'n plek waar ons die see kan sien en almal onder eendak kan bly, kuier en braai.

Ons het gekyk op lekkerslaap en ander website maar die meeste van die plekke vat net 4 mense en die groter plekke is vol bespreek.

Enige hulp sal waardeer word.

Re: Selfsorg Verblryf in Weskus 1 -4 Maart

Posted: Wed Dec 30, 2015 5:52 pm
by ChrisF
Paternoster het n KLOMP huur plekke !!!!

http://www.stayinpaternoster.co.za/



Ons het so paar weke terug die area deurgery.

Langebaan .... ek onthou dit as n kusdorpie en hou nie van die moderne komersiele vakansie bestemming nie .... maar ja, dit bied beslis meer vir die familie wat kinders het.


Paternoster het my beslis beïndruk.

Re: Selfsorg Verblryf in Weskus 1 -4 Maart

Posted: Thu Dec 31, 2015 8:40 am
by pietpetoors
Kyk ook na Swartriet net buite Jacobsbaai.
Is weg van die dorp en reg langs die see.

http://www.swartriet.com/

Re: Selfsorg Verblryf in Weskus 1 -4 Maart

Posted: Sun Jan 03, 2016 9:37 am
by Niel
Kyk ook na Jacobsbaai. Ek weet daar is huise te huur.

Re: Selfsorg Verblryf in Weskus 1 -4 Maart

Posted: Sun Jan 03, 2016 10:11 am
by Tenk
Halo Mossienel, as jy Jacobsbaai inkom en jy ry reguit na die baai toe kry jy n mooi dubelverdieping huis op linkerkant wat oor baai uitkyk en steve se restaurant aan die oorkant. Die plek het onder twee groot dubele kamers met ensuite bo is ses bedens met twee aparte kamers die plek kan 14 mense akomodeer. Daar is n binne braai bo waar julle lekker sal kuier met een van die beste uitsigte in Jacobsbaai, en onder is ook n baie lekker binne braai, so weer maak nie saak nie jy is altyd uitgesort daar. Die plek word baie mooi skoon gehou en het alles wat jy nodig mag he dstv.bedegoed ens. Ek het hulle kontak besonderhede verloor, die eienaar is n vet van jhb (JJ Kroon), maar jy kan kontak maak op lekkerslaap die plek se naam is "die kroon". Hoop jy kom reg, sal die plek hoogs aanbeveel vir enige iemand. Moet hom net nie paasnaweek ook vat nie, ek wil graag dan gaan, God wil.

Re: Selfsorg Verblryf in Weskus 1 -4 Maart

Posted: Tue Jan 05, 2016 10:06 pm
by Mossienel
Dankie vir die trugvoer. Ons het 'n lekker huis in Paternoster gekry.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Selfsorg Verblryf in Weskus 1 -4 Maart

Posted: Sun Jan 10, 2016 2:53 pm
by ChrisF
Geniet :)