Page 1 of 1

Sand bestuur

Posted: Thu Feb 09, 2012 10:16 pm
by gideondb
Raad asb. ons gaan in April Mosambiek toe. 13km sandpad vanaf teer. my voertuig se bande het nog ongeveer 20,000km loopvlak oor. Moet ek liewer nuwe bande aanskaf met beter loopvlak of is 'n gladder band beter vir sand bestuur?

Re: Sand bestuur

Posted: Thu Feb 09, 2012 10:28 pm
by Mud Dog
Deon, ek dink nie die loopvlak gaan baie verskil maak op sand nie. As die side-walls van die bande nog goed is, sou ek hulle hou .... onthou jy gaan baie kilos ry met afgeblaasde bande en daai side-walls gaan heelwat flexing moet verdeur. As hulle klaar bietjie ge-perish is en daar enige tekens van kraake in die rubber is, dan is dit beter om hulle te vervang. ;-)

Re: Sand bestuur

Posted: Thu Feb 09, 2012 11:16 pm
by OOOOMS
gideondb wrote:Raad asb. ons gaan in April Mosambiek toe. 13km sandpad vanaf teer. my voertuig se bande het nog ongeveer 20,000km loopvlak oor. Moet ek liewer nuwe bande aanskaf met beter loopvlak of is 'n gladder band beter vir sand bestuur?
Waar gaan julle Ponta?

Re: Sand bestuur

Posted: Fri Feb 10, 2012 5:27 am
by gideondb
Morrumbene...... Noorde

Re: Sand bestuur

Posted: Fri Feb 10, 2012 6:23 am
by OOOOMS
gideondb wrote:Morrumbene...... Noorde
Met 20 000km thread ongeveer oor dink ek persoonlik jy sal reg wees :thumbup:

Re: Sand bestuur

Posted: Fri Feb 10, 2012 6:31 am
by CasKru
Ek persoonlik dink hoe glader 'n band hoe beter op sagte sand want jou bande gaan minder maklik grou

Re: Sand bestuur

Posted: Fri Feb 10, 2012 6:55 am
by ThysdJ
Deon, die hoeveelheid loopvlak gaan nie 'n invloed he nie. ten minste nie so dat jy dit sal agterkom nie. Solank die loopvlak se toestand van so 'n aard is dat hulle veilig is om die langpad mee aan te durf, sou ek hulle ook gebruik het. Jou grootste bekommernis behoort egter papwiele te wees, nie sandbestuur nie.

Pas banddruk aan om by die omstandighede te pas en jy behoort okay te wees. :thumbup: :thumbup:

Re: Sand bestuur

Posted: Fri Feb 10, 2012 3:17 pm
by andrevt
se groete daar hierdie was nou in sept by inhasorro
_MG_8447 (Small).JPG

Re: Sand bestuur

Posted: Fri Feb 10, 2012 7:50 pm
by gideondb
baie dankie.... sal so maak

Re: Sand bestuur

Posted: Fri Feb 10, 2012 7:55 pm
by Thunder02
andrevt wrote:se groete daar hierdie was nou in sept by inhasorro
_MG_8447 (Small).JPG
What a nice looking group of fellows :thumbup: