Page 1 of 1

Moz inligting Morrungulo

Posted: Mon Mar 10, 2014 10:32 am
by Frederick
Hi
My vriende ry vir 'n visvang trippie op Morrungulo toe more aand vir 'n week. Weet enige iemand hoe die paaie lyk met die vloede saam? Hulle wil Maputo mis ry en Magude oor ry. Hulle ry met 2 bakkies waarvan een die boot sleep.
Het iemand onlangse inligting?

Re: Moz inligting Morrungulo

Posted: Mon Mar 10, 2014 3:04 pm
by Paul Grobler.
Middag Frederick

Ek sal dit nie aanraai nie die pad is hel sleg en daardie deel het baie reen gehad het ouens wat draad span daar en hulle sukkel om in en uit tekom

Hoop dit help

Re: Moz inligting Morrungulo

Posted: Mon Mar 10, 2014 3:27 pm
by Oetie
As dit nat is soos nou gaan daai grond pad baie sleg wees. Hul sal moet deur Maputo ry.

My kommer sal die vlakte wees suid van Xai-Xai. Ek is nie seker of die Chinese padbouers se gehalte al gestyg het nie.

Re: Moz inligting Morrungulo

Posted: Mon Mar 10, 2014 10:09 pm
by Paul Grobler.
Die EN 1 is nog oop noord en hulle is besig om aan die pad tewerk. Weet nie wat gaan die water doen wat die weer voorspelling voorspel nie want al die riviere is vol as die groot water wat hulle se Val is daar moeilikheid

Re: Moz inligting Morrungulo

Posted: Tue Mar 11, 2014 7:13 am
by Thabogrobler
Op news24 is daar 'n berig oor 'n vloed waarskuwing in Mosambiek. As al die riviere afkom en daar is 'n orkaan op see, hoeveel vis gaan hulle vang?

Re: Moz inligting Morrungulo

Posted: Tue Mar 11, 2014 10:29 am
by Frederick
Die idee van gaan visvang is soms lekkerder as die visvang. Die lodge se blykbaar daar kom tans mooi GT's en Cuta's uit.
Hul ry Maputo om. Baie dankie vir almal