Page 1 of 1

Langebaan omgewing akkomodasie

Posted: Mon Jul 26, 2010 3:28 pm
by Frederick
Ek moet 'n troue bywoon in Langebaan. Kan enige iemand vir ons akkomodasie aanbeveel in/om Langebaan. Verkieslik B&B, ek wil nie graag dan kamp nie.Die datums is 21-26Desember 2010
Baie dankie

Re: Langebaan omgewing akkomodasie

Posted: Mon Jul 26, 2010 5:00 pm
by dalkill
Dus 'n beitjie laat Frederick.
Baie van die goeie plekke sal seker al uitbespreek wees - die kamplekke ook.
Praat maar met Piet. Dus mos sy wereld daai.
Of Irishman... iemand onlangs van hom gehoor?

Re: Langebaan omgewing akkomodasie

Posted: Tue Jul 27, 2010 11:11 pm
by pietpetoors
Jong ja, meeste plekke is vol daai tyd, tussen kersfees en nuwe jaar is die dorp propvol.

Hoeveel mense is julle, het jy klein kindertjies met woelige hande en het jy diere wat saamkom?
Waar gaan die troue wees?
Is jy 'n party animal wat op tafels dans of is jy die rustige tiepe?

Re: Langebaan omgewing akkomodasie

Posted: Wed Jul 28, 2010 1:32 pm
by Frederick
Dis sal net ek en die vrou wees. Ons is maar so woelig soos wat jong getroudes kan wees......
Troue is in Langebaan

Re: Langebaan omgewing akkomodasie

Posted: Wed Jul 28, 2010 9:27 pm
by pietpetoors
mmm ja, dan gaan my huis vir jou bietjie duur uitwerk want ek verhuur die hele huis en nie per persoon nie.
Wat ek bedoel het met waar, is by watter plek, kan 'n verskil maak of ek vir jou akkommodasie soek in die Mykonos kant van die dorp of die Ou kant van die dorp

Re: Langebaan omgewing akkomodasie

Posted: Thu Jul 29, 2010 8:32 am
by Frederick
Krisis nee ek weet nie. Baie mense bly by Washklip?

Re: Langebaan omgewing akkomodasie

Posted: Thu Jul 29, 2010 9:51 am
by pietpetoors
Frederick, die meeste mense wat ek hier ken verhuur 'n hele huis of woonstel uit.
Jy kan vir Zizi bel, sy doen apparte eenhede, 0823790277
of bel ook vir Ilanza, sy se hulle is al redelik vol. Sy doen ook net heel eenhede, maar sy het 'n 2 slaapkamer woonstel wat haar kleinste is. Kry haar by 071-880-5361

As iemand jou meer as R1,400 per dag wil vra, praat met my want dan kan ek eerder my huis aan jou verhuur.

Re: Langebaan omgewing akkomodasie

Posted: Thu Jul 29, 2010 9:52 am
by pietpetoors
O ja, en as jy nie met daai regkom nie kan jy by
http://www.bokkom.co.za/langebaan/accommodation/" onclick="window.open(this.href);return false; gaan kyk en op die lys af almal bel.

Re: Langebaan omgewing akkomodasie

Posted: Thu Jul 29, 2010 9:58 am
by Frederick
Vreeslik dankie vir al jou moeite. Wardeer dit en glo ek sal regkom.