Page 1 of 1

Bietjie Leeu loop gaan doen

Posted: Wed Oct 09, 2013 10:40 pm
by Taljaag
Ek en vrou het n bietjie saam met die Leeus gaan loop by Morezon Ranch in Vrede.Baie lekker gewees.Sal dit weer gaan doen.

Re: Bietjie Leeu loop gaan doen

Posted: Thu Oct 10, 2013 8:27 am
by Agteros
Lekker man lekker! :lol:

Nee, self sal ek dit nie doen nie. Eendag is eendag dan pyn daai perd met die skerp tande se linkerkn*ter en hy vreet jou daar en dan op. Amper met Andre v Dyk van die Jagtersvereniging gebeur toe hy 'n artikel vir die tydskrif by 'n leeuplaas naby Krugersdorp gaan doen het. Dit was ook "mak" leeus.

Re: Bietjie Leeu loop gaan doen

Posted: Thu Oct 10, 2013 8:57 am
by grobbepj
Agteros wrote:Lekker man lekker! :lol:

Nee, self sal ek dit nie doen nie. Eendag is eendag dan pyn daai perd met die skerp tande se linkerkn*ter en hy vreet jou daar en dan op. Amper met Andre v Dyk van die Jagtersvereniging gebeur toe hy 'n artikel vir die tydskrif by 'n leeuplaas naby Krugersdorp gaan doen het. Dit was ook "mak" leeus.
Kyk jy som my sentiment baie mooi op... Net wat ek gedink het toe ek sit sien. Maar seker n great experience.

Re: Bietjie Leeu loop gaan doen

Posted: Thu Oct 10, 2013 10:48 am
by GI Jane
Ja daai leeus lyk mak maar dis nog altyd n wilde dier, n mens weet nooit. Maar nogtans n wonderlike ervaring om so naby aan daai wonderlike katte te wees. Was laas jaar by Kamanjab in Namibia waar hulle n paar mak cheetah's het. Maar was baie versigtig om hulle. Geen vinnige bewegings... :laugh2: :laugh2: :laugh2:

Re: Bietjie Leeu loop gaan doen

Posted: Sun Oct 13, 2013 2:58 pm
by Donkey
Kraap in die leeu se ... met baaie kort stokkies :shock2: