CHIPPED SRX & D4D vrae (HELP!)

Here we discuss Hiluxes in general. Your view of the Hilux. For other general discussions please see "open Discussions" under the "Around the Campfire" heading.
Post Reply
Bogaards
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 27
Joined: Tue May 25, 2010 10:38 am
Town: Honeydew
Vehicle: VW Polo 1.9 Tdi
Real Name: Henk
Location: JHB

CHIPPED SRX & D4D vrae (HELP!)

Post by Bogaards »

Goeiedag almal

Ek kyk so bietjie rond vir 'n goeie 2de handse 4x4.

Ek wil graag 'n Toyota (betroubaarheid). Die Toyotas is egter duurder as die res. Ek sou graag die 3l D4D wil he, maar a.g.v. die hoe prys kyk ek ook na die 2.5 SRX.

Het gewonder, wat kos dit om hom te laat Chip? Wat behels dit alles? Hoe vergelyk dit dan met die 3l? Watse gevolge het dit op die leeftyd van die voertuig? (ek sal 'n voertuig wil koop met 45 000 km op en dan ry tot op so 300 000km)

Enige kommentaar is welkom.
User avatar
CHOMPFS
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 38
Joined: Thu Jul 08, 2010 12:37 pm
Town: BLOEMFONTEIN
Vehicle: HILUX DC 1996 MET N 7MGE ENGINE OME SUSSPENSION CANOPY VAN TYD TOT TYD
Real Name: CORRIE

Re: CHIPPED SRX & D4D vrae (HELP!)

Post by CHOMPFS »

Henk
Die belangrikste as n ou chip is dat jy dit by die regte ouens laat doen Steves auto clinic diesel sal die beste roep wees volgens my . Die belangrikste op enige turbo diesel is egt (exhaust gas temp) Hoe laer jy dit kan kry hoe langer gaan jou engine hou . Sac het ook n intercooler wat hulle insit wat jou egt nog laer maak , omdat jou intake lug ook koeler is , is daar ook beter verbranding .
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: CHIPPED SRX & D4D vrae (HELP!)

Post by OOOOMS »

Chip by Dastek kos so R3300.00 Plug and play sisteem en dit sluit dan 'n dyno in. Met 45000km oppi klok sal Toyota nie jou waarborg ondersteun nie. Maar daar is way's and means om daar om te kom.

Met my chip het ek 29kw by gekry. Nou loop sy lekker. :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Toyotas is nie duurder as ander 4x4's op die mark nie, jy moet appels met appels vergelyk!
User avatar
Rampie
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 174
Joined: Sun Jan 06, 2008 8:10 pm
Town: Klerksdorp
Vehicle: '10 Pajero Sport
Real Name: Andre

Re: CHIPPED SRX & D4D vrae (HELP!)

Post by Rampie »

Ek was meer as tevrede met die 2.5 nadat SAC hom intercooler opgesit, gechip en behoorlik ingestel het.
Bogaards
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 27
Joined: Tue May 25, 2010 10:38 am
Town: Honeydew
Vehicle: VW Polo 1.9 Tdi
Real Name: Henk
Location: JHB

Re: CHIPPED SRX & D4D vrae (HELP!)

Post by Bogaards »

Dankie

Kan julle dalk vir my se hoe beinvloed die chip en intercooler die leeftyd van die engin?

Hoeveel krag (kW) en wringkrag (Nm) kry mens na die modifikasie?
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: CHIPPED SRX & D4D vrae (HELP!)

Post by OOOOMS »

Met my chip het ek 29kw by gekry
Dis wat ek by gekry het. Dit hang seker af van die kondiesie van die motor. Die D4D kom standaard uit in USA spec uit met intercooler, so ek glo nie jy dit sal iets beinvloed nie. MaaK net seker dat jou 'boost' op jou turbo nie op gedraai word nie!
Post Reply

Return to “General Hilux Discussions”