Page 1 of 1

Verlenging van voorste rempype

Posted: Tue Nov 13, 2012 8:42 pm
by The Legend
Na my suspensie upgrade wil ek my voorste rubber rempype langer maak.Met hoeveel moet ek hulle langer maak sonder om te lank te wees? Ek het gedink aan 150 mm langer.
Wat stel julle voor?

Re: Verlenging van voorste rempype

Posted: Tue Nov 13, 2012 9:37 pm
by Blaps
Dawie jy moet versigtig wees vir te lank anders skuur dit dalk erens. Ek het n stuk van my 13mm tuinslang gevat en met hom gemeet tot ek weer so min of meer die "natural kink" gekry het. Presies hoeveel langer kan ek nie onthou nie maar dit wat die hydraulic shop vir my gemaak het werk baie goed.

Re: Verlenging van voorste rempype

Posted: Wed Nov 14, 2012 12:35 am
by Mud Dog
Dawie, 100mm langer behoort in die haak te wees. Stem saam, pas op om hulle nie te lank te maak nie. ;-)

Re: Verlenging van voorste rempype

Posted: Wed Nov 14, 2012 6:59 am
by CasKru
Dawie... en terwyl jy nou besig is, kry sommer vir braided hose, dit sal 'n positiewe impak op jou briek vermoeë hê

Re: Verlenging van voorste rempype

Posted: Wed Nov 14, 2012 7:58 am
by The Legend
CasKru wrote:Dawie... en terwyl jy nou besig is, kry sommer vir braided hose, dit sal 'n positiewe impak op jou briek vermoeë hê
Thanx Cassie ,Sal so maak

Re: Verlenging van voorste rempype

Posted: Wed Nov 14, 2012 9:09 am
by The Legend
[quote="CasKru"]Dawie... en terwyl jy nou besig is, kry sommer vir braided hose, dit sal 'n positiewe impak op jou briek vermoeë hê[/quote]
Cassie,Hoekom het baided hoses n positiewe impak op jou briek vermoee?

Re: Verlenging van voorste rempype

Posted: Wed Nov 14, 2012 9:13 am
by CasKru
Die rubber pypies kan so bietjie "bulge" onder druk. M.a.w. al die druk word nie na die briek silinder toe verplaas nie en verloor met die pypie wat bietjie mee gee. Met die braided sleeve oor die pypies kan die pypies nie so mee gee nie

Re: Verlenging van voorste rempype

Posted: Wed Nov 14, 2012 9:53 am
by The Legend
CasKru wrote:Die rubber pypies kan so bietjie "bulge" onder druk. M.a.w. al die druk word nie na die briek silinder toe verplaas nie en verloor met die pypie wat bietjie mee gee. Met die braided sleeve oor die pypies kan die pypies nie so mee gee nie
Thanx , Maak sin :thumbup:

Re: Verlenging van voorste rempype

Posted: Wed Nov 14, 2012 11:39 am
by Stef
Dawie,

Myne is in & om 500mm; die linker een is die langer een vd twee agv die axle move. Sal vanaand gou meet as jy wil.

Re: Verlenging van voorste rempype

Posted: Wed Nov 14, 2012 12:49 pm
by The Legend
Stef wrote:Dawie,

Myne is in & om 500mm; die linker een is die langer een vd twee agv die axle move. Sal vanaand gou meet as jy wil.
Sal waardeer as jy dit vir my sal meet :thumbup:

Re: Verlenging van voorste rempype

Posted: Wed Nov 14, 2012 9:11 pm
by The Legend
Die ouens inJohanesburg vra my R320.00 per kant vir braide rem pype.Is hulle so duur of word ek gerook.Dit is nou op n lengte van 550 mm.

Re: Verlenging van voorste rempype

Posted: Wed Nov 14, 2012 9:43 pm
by CasKru
'n Stainless steel braided set (2 voor een agter) kos gewoonlik so R1000 of bietjie meer. So daai klink glad nie sleg nie