Nuwe Hilux Bakwerk

Here we discuss Hiluxes in general. Your view of the Hilux. For other general discussions please see "open Discussions" under the "Around the Campfire" heading.
Post Reply
JIMBOS
Newbie
Posts: 2
Joined: Wed Dec 19, 2012 6:35 pm
Town: Postmasburg
Vehicle: Hilux 4x4 XtraCab
Real Name: Jim

Nuwe Hilux Bakwerk

Post by JIMBOS »

Ek ry en besit verskeie Toyotas. Die voertuie se betroubaarheid en gehardheid saam met die goeie diens wat ek nog al die jare plaaslik kry is van die vernaamste redes waarom ek blindelings `n Hilux Fan is.
My nuwe bakkie, 2011 XtraCab 4x4 (nou 35000km), se bak breek in sy ---- in. Toyota laat weet liewer vir my dit is omdat ek nie geakrediteerde tralies gekoop het nie. Van der Linde Toyota het egter uit hul eie aangebied om die probleem te herstel indien ek my tralies aanpas. Dit het ek intussen gedoen en ek sal nou op die belofte staatmaak vroeg in 2013.
Die punt is dat daar `n paar bakkies rondhardloop met dieselfde probleem, sommiges sonder tralies. Die sogenaamde tralies wat Toyota akkrediteur is nie die naam tralies werd nie. Ek sal graag wil sien wat 'n goeie bokram met hulle sal doen.
My ongelukkigheid is die groter teleurstelling in die gehalte van die bakwerk en ekstra's wat Toyota aanbied.
User avatar
JJBotes
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1301
Joined: Tue Jan 04, 2011 7:19 pm
Town: Witbank
Vehicle: KZ-TE
Real Name: JJ

Re: Nuwe Hilux Bakwerk

Post by JJBotes »

Hi Jim en Welkom.

Ek sal jou nie kan raad gee nie, maar ek hoop hulle sort jou goed uit. Hou ons maar op hoogte.
:thumbup:
ROOFER
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1007
Joined: Sun May 23, 2010 10:03 pm
Town: grassy park cape town
Vehicle: 99 s/c hilux 4x4 2.7i long range tank & dual battery; 2003 nissan x-TRAIL (4X4)
Real Name: charl

Re: Nuwe Hilux Bakwerk

Post by ROOFER »

welkom Jim !hoe lyk dit vir my hulle wil jou die "run-a-round"gee ek se :stop: :stop: ken julle vir "HELLO PETER" dit steek somer gou n stokkie voor dinge. voor spoed!!!
User avatar
Rebel 4x4
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1655
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:28 pm
Town: Port Elizabeth
Vehicle: 2020 Toyota Fortuner GD-6 4x4 Auto
Real Name: Thomas
Location: Port Elizabeth

Re: Nuwe Hilux Bakwerk

Post by Rebel 4x4 »

Die nuwe Ford Ranger het presies dieselfde probleem. Dit raak nou n algemene probleem met die mense wat die tralies opsit. Die rede vir die kraak in die bak is dat die tralies die bakwerk "twist". Ekt dit self met my eie oe gesien. Om die probleem te voorkom, sit hulle extra versterkings agter in die hoeke en voor in die hoeke van die bakwerk. Met vele sukses.

Nou vra jy hoekom gebeur dit nie met ouer bakkies nie. Die antwoord is as jy kyk nan die bakwerk van die ouer bakkie met die nuwes, die nuwes is baie ronder as die ouer bakkies wat meer vierkantiger bak het by die hoeke....
Sent from my iPhone
Image
Image
doppies
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 137
Joined: Sun Oct 02, 2011 11:39 pm
Town: keetmanshoop
Vehicle: toyota , land rover
Real Name: willem
Club VHF Licence: no
Location: Keetmanshoop

Re: Nuwe Hilux Bakwerk

Post by doppies »

Ek is daarvan nie so seker nie, enige bak, chassis moet kan twist. Is dit nie dalk dat stewige tralies die twist teewerk en spanning op die bakwerk veroorsaak nie ? Wat betref ou bakkies, ek reken hulle is beter gebou met sterker materiaal.
JIMBOS
Newbie
Posts: 2
Joined: Wed Dec 19, 2012 6:35 pm
Town: Postmasburg
Vehicle: Hilux 4x4 XtraCab
Real Name: Jim

Re: Nuwe Hilux Bakwerk

Post by JIMBOS »

Die kwaliteit van die tralies is definitief nie onder verdenking nie, Gresse Sweiswerke bou al jare lank suksevol tralies en die NoordKaap is vervuil van sy produkte. Gewoonlik is die eerste verweer dat jy sonder jou hekkie ry en dit het ek ook nie gedoen. Ek dink juis die probleem is by die 'twist': wanneer jy die bak van die kant trek, beweeg alles behalwe die bakpaneel wat agter die cab is. Hier is 'n ontwerp probleem.
Al hierdie herstelplanne gaan dalk die huidige probleem oplos en dan maar die spanning verplaas sodat wanneer die bakkie uit waarborg is die onderstel of iets anders my in die steek kan laat.
User avatar
Polarbear2008
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Sat Feb 28, 2009 1:43 pm
Town: Cape Town
Vehicle: 01 Hilux Kz-te 4x4 Raider d/c
Real Name: Theunis
Club VHF Licence: X49
Location: Durbanville, Cape Town

Re: Nuwe Hilux Bakwerk

Post by Polarbear2008 »

Klink vir my amper na die issues wat die Landy ouens met dakrakke het. Defenders (omdat hulle van alu gemaak word) beweeg op die staal chassis (flex) en as jy n te stewige dakrak op n defender sit, dan kan dit die bakwerk by die dakrak se mountings skeur!
01 Hilux 3.0L KZ-TE 4x4 Raider d/c
GME Gx300 29meg & Vertex VX2200 VHF radio
Mikem load springs with greasable shackles and polybushes
Monroe Gas Magnum shocks
Kumho Road Venture AT - 30x9.5x15
National Luna Dual battery system
Frontrunner roofrack with s/steel table
Twin rear high lift jack points
Hilux4x4club sticker! ('nuf said!)
Echo3 4x4 offroad trailer with NL 74 Litre Fridge/Freezer
Dual loadbox slides
Wishlist:
Alu canopy
Warn Winch
Unlimited Fuel & Travel Budget!
Post Reply

Return to “General Hilux Discussions”