7m-ge misfiring probleem en vrek swaar op sous

Here we discuss Hiluxes in general. Your view of the Hilux. For other general discussions please see "open Discussions" under the "Around the Campfire" heading.
Post Reply
richardo1
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 77
Joined: Tue May 14, 2013 5:42 pm
Town: krugersdorp
Vehicle: 1988 SFA 4x4
Real Name: richard

7m-ge misfiring probleem en vrek swaar op sous

Post by richardo1 »

Hi daar :wave:

Ek sit tans met 'n probleem op my trok

Daar is 'n 7m-ge en hy mis verskriklik ek dink dit is dalk overfueling maar ek kort 'n flow metre om die air flow te toets

As daar enigeiemand is wat so gaaf sal wees om te help dit sal rerig baie waardeer word

Of as julle enige raad het ? Valve timing is gecheck, plug drade getoets, coil getoets ander plugs net die igniter is nie getoets nie

Baie baie dankie :thumbup: :thumbup: :thumbup:
Bulletjie-3
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 837
Joined: Sat Oct 16, 2010 11:00 pm
Town: Centurion
Vehicle: Hilux Raider SFA met 7M-GE engine
Real Name: Everdt

Re: 7m-ge misfiring probleem en vrek swaar op sous

Post by Bulletjie-3 »

Richard, vertel n bietjie meer -
was die 7M voorheen reg gewees?
het jy iets intussen gedoen?
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: 7m-ge misfiring probleem en vrek swaar op sous

Post by Mars »

Hoe meer inligting jy gee hoe makliker is dit om te help. Wat se engine management het jy daar op? Het hy dalk sy mapping verloor as dit "after market" is?
Gaan die sensors en hulle drade na. Goed soos die water temperatuur sender, crankshaft position sensor, Inlaat lug temperatuur/Mass Air Flow sender en idle control valve na. Kyk of die drade van al die goed heel, skoon is en mooi kontak maak. Maak ook die throttle body en idle control valve skoon as dit vuil is. Pasop om dit nie te beskadig nie. Gaan ook enige vakuum pypies ens. na en kyk vir barsies.

Ek vermoed een van jou sensors gee vir die ecu vals inligting wat hom deurmekaar maak. Die IAT/MAF of engine temperatuur sensor is die mees waarskynlike sondebokke.
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: 7m-ge misfiring probleem en vrek swaar op sous

Post by Kaspaas »

Soos Mars en Everdt sê:

- ECU?
- Het jy n airflow regulator in?
- Wat is swaar vir jou? 4 of 7km/L
- Is dit 'n Supra of Cressida 7M?
- ens....
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
richardo1
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 77
Joined: Tue May 14, 2013 5:42 pm
Town: krugersdorp
Vehicle: 1988 SFA 4x4
Real Name: richard

Re: 7m-ge misfiring probleem en vrek swaar op sous

Post by richardo1 »

Hi Manne

Die motor het nog sy standaard management in met die mass air flow meter ... Ek vermoed dat dit dalk dit kan wees wat foutief kan wees...

Ek sal net I ander air flow moet opsit en toets maar die res van die goed is alles okay. Die motor mis net wanneer dit opgerev word dan het hy so spatter dan rev die motor verby dit

Dankie vir julle hulp manne waardeer :thumbup:
Jacques T
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 89
Joined: Sun Sep 18, 2011 4:29 pm
Town: Centurion
Vehicle: SFA Hilux
Real Name: Jacques

Re: 7m-ge misfiring probleem en vrek swaar op sous

Post by Jacques T »

Ek het onlangs 'n cressida vir 'n donor vehicle gekoop. Die cressida missfire ook. Na ek van die air intake pype meter vas gemaak het, is dit baie beter, maar ek vermoed dat daar ook vacuum pypies stukkend kan wees. Ek gaan binnekort met die oorplanting begin en sal foto's laai.
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: 7m-ge misfiring probleem en vrek swaar op sous

Post by Kaspaas »

Richard, myne loop ook nog op sy oorspronklike ECU.

Waar is jou air flow meter gemonteer?
Want indien dit nie op 'n stil plek is nie, bedoelende nie op die enjin nie, gaan die vebrasie van die enjin die Air flow meter uitgooi.
Wat veroorsaak dat hy mis.

Soos Jacques ook sê, dit kan iets kleins soos 'n vakuum pypie ook wees.

Hou ons op hoogte!
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
richardo1
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 77
Joined: Tue May 14, 2013 5:42 pm
Town: krugersdorp
Vehicle: 1988 SFA 4x4
Real Name: richard

Re: 7m-ge misfiring probleem en vrek swaar op sous

Post by richardo1 »

Hi kerels

Ek vermoed die air flow meter het dalk biekie verdrink na 'n 4x4 sessie en hy gewas was ?

Ek gaan heel moontlik maar dicktator opsit ek verstaan die performance is baie beter wat jy uit hom uit haal sal maar sien

Dankie manne
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: 7m-ge misfiring probleem en vrek swaar op sous

Post by Mars »

Laat ons weet wat gebeur. Dit is altyd goed om te leer.

Sterkte
Bulletjie-3
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 837
Joined: Sat Oct 16, 2010 11:00 pm
Town: Centurion
Vehicle: Hilux Raider SFA met 7M-GE engine
Real Name: Everdt

Re: 7m-ge misfiring probleem en vrek swaar op sous

Post by Bulletjie-3 »

Jy gaan spyt wees, die oorspronklike ECU bly die beste performance en petrolverbruik.
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: 7m-ge misfiring probleem en vrek swaar op sous

Post by Kaspaas »

Bulletjie-3 wrote:Jy gaan spyt wees, die oorspronklike ECU bly die beste performance en petrolverbruik.

Stem 100% saam met Everdt, dis die geheim van die 7M.
Oorspronklike ECU = beter petrol verbruik, beskerm jou enjin en meer betroubaar.
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
Jacques T
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 89
Joined: Sun Sep 18, 2011 4:29 pm
Town: Centurion
Vehicle: SFA Hilux
Real Name: Jacques

Re: 7m-ge misfiring probleem en vrek swaar op sous

Post by Jacques T »

richardo1 wrote:Hi kerels

Ek vermoed die air flow meter het dalk biekie verdrink na 'n 4x4 sessie en hy gewas was ?

Ek gaan heel moontlik maar dicktator opsit ek verstaan die performance is baie beter wat jy uit hom uit haal sal maar sien

Dankie manne
Ek verstaan van 'n handelaar dat die GLI6 cressida se aitflow meter presies dieselfde as die 7m s'n is. (in teendeel, meeste airflowmeters met 7 pins is glo dieselfde, selfs sommige BMW airflowmeters kan werk)
richardo1
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 77
Joined: Tue May 14, 2013 5:42 pm
Town: krugersdorp
Vehicle: 1988 SFA 4x4
Real Name: richard

Re: 7m-ge misfiring probleem en vrek swaar op sous

Post by richardo1 »

Ek sal eerder by toyota wil hou, en die management is goedkoper as 'n nuwe air flow meter
Post Reply

Return to “General Hilux Discussions”