Radio Vervang Hilux D4D 2009

Here we discuss Hiluxes in general. Your view of the Hilux. For other general discussions please see "open Discussions" under the "Around the Campfire" heading.
Post Reply
D4D2009
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 10
Joined: Mon Apr 24, 2017 11:50 am
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux Double Cab 3.0 D4D
Real Name: Awee

Radio Vervang Hilux D4D 2009

Post by D4D2009 »

Goeie dag manne,

Soos per my eerste inleiding het ek my eerste Hilux gekoop waarvoor ek baie dankbaar is.

Eerste en omtrent enigste ding wat my pla van die lux is die radio. Omdat ek baie van musiek hou en dit meestal digitaal saam met my ronddra is die radio nie regtig geskik vir die doel. Ek het eerlikwaar op die forum gaan soke maar al die informasie wat ek kon kry het terug dateer na 2013, so hopelik is daar bietjie iets nuuts op die mark of beter informasie beskikbaar.

Daar moet sekerlik manne wees wat die tipe goed gedoen het, waar het julle gegaan, watter opsies is beskikbaar en hoe betroubaar is dit?

Enige hulp sal regtig baie waardeer word.

Groete
User avatar
Rigger
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 188
Joined: Mon Dec 07, 2015 1:03 pm
Town: George
Vehicle: Toyota Hilux 3.0 S/C 4x4
Real Name: Martiens

Re: Radio Vervang Hilux D4D 2009

Post by Rigger »

Ek het vir my Hilux, 2011 model pre-facelift so het die selfde dash in as joune by Toyota 'n radio gekoop wat staight fit is. Hy het aux en usb. Nie bluetooth nie maar was dadelik 'n groot upgrade van die een wat hy uit gekom het. En hy was maar R1000 direk by handelaars
D4D2009
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 10
Joined: Mon Apr 24, 2017 11:50 am
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux Double Cab 3.0 D4D
Real Name: Awee

Re: Radio Vervang Hilux D4D 2009

Post by D4D2009 »

Rigger, baie dankie. Ek het gister met 'n handelaar gepraat en hy het my reguit verwys na manne wat radios insit af in die pad, hy het nie baie lus geklink om my te help. Ek het wel die manne geskakel en hulle was baie hulpvaardig en het my 3 opsies aangebied, die eerste twee moet hulle blykbaar 'n plaat insit om die gaping op te maak want die nuwe radio vat nie die hele spasie, en die laaste (duurste opsie) vat die volle spasie op. Dit sluit ook dan alles in van Bluetooth, Aux, USB asook DVD speler wat volgens my totaal en al onprakties is, ek meen wie gaan nou 120-130 ry en 'n DVD op die dashbord kyk. Ek verstaan dit is nie vir jou maar vir res van mense in kar, maar dink dit sal my irriteer en my konsentrasie aftrek wanneer ek bestuur. Miskien moet ek ander handelaars ook probeer. Waar is jy gelee as ek mag vra? Dankie vir jou info, waardeer


Sent from my iPhone using Tapatalk
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: Radio Vervang Hilux D4D 2009

Post by Mars »

Het jy al hierdie gelees? viewtopic.php?f=94&t=30925
Dit is baie maklik. En nee mens kyk mos nie DVD as jy ry nie. Ook nie TV nie. Maar jy het soveel ander opsies om musiek te speel soos van memory kaard af, Memory stick af en direk van jou foon deur BT. Gaan kyk gerus na die eenhede by stopshop. http://www.stopshop.co.za
D4D2009
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 10
Joined: Mon Apr 24, 2017 11:50 am
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux Double Cab 3.0 D4D
Real Name: Awee

Re: Radio Vervang Hilux D4D 2009

Post by D4D2009 »

@Mars - Ek het dit defenitief gelees en moet sê ek het GLAD nie die geduld om so iets aan te pak, soos in glad nie!! Dit is maar 'n slegte punt van my. Behalwe die geduld is my kennis met die soort goed ook maar min so ek los dit liewer vir die wat ken. Ek het wel die Stopshop item uit gekyk en moet sê dit lyk goed en die pryse is ook goed, maar hoe is die kwaliteit?

Iemand het spesifiek toe Stopshop bespreek was op die forum kommentaar gelewer dat hulle liewer vir die groot name soos JVC, Pioneer en Kenwood sal gaan. Loop joune nog mooi?
User avatar
Rigger
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 188
Joined: Mon Dec 07, 2015 1:03 pm
Town: George
Vehicle: Toyota Hilux 3.0 S/C 4x4
Real Name: Martiens

Re: Radio Vervang Hilux D4D 2009

Post by Rigger »

Ek bly in Oudtshoorn en het die radio by Oudtshoorn Toyota gekoop
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: Radio Vervang Hilux D4D 2009

Post by Mars »

Vir die prys is die Stopshop eenheid uitstekend. Dit is werklik verbasend hoeveel funksies hulle daar ingebou het. Myne werk tot vandag toe nog 100% en ek gebruik hom elke dag. Ek weet een ou het probleme gehad met die skerm wat ophou werk het - die funksie om te kan druk op die skerm om keuses te maak, maar die ouens het wel 'n ondersteunings netwerk en kan na bewering die goed regmaak. Mens weet ook nie wat gebeur het met die ding voor die probleem ontstaan het nie. Daar is 'n funksie wat die kinders kan speletjies speel maar ek het dit net eenvoudig nie toegelaat nie. Ek moes eenkeer bel oor 'n verstelling (wat ek self uitgestel het toe ek gekarring het waar dit nie jeuk nie) en die outjie aan die ander kant was duidelik kundig en kon my dadelik en presies help. Dis jammer jy is so vêr want dit is werklik 'n paar minute om in te sit as jy nie die kamera wil insit nie. Met die kamera is daar so bietjie meer werk by betrokke.

Daardie single DIN eenheid met die plaat om gaan nie mooi lyk nie. Altans nie in my opinie nie. Vir die prys van 'n JVC kan ek twee koop.
User avatar
Cinco
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 111
Joined: Mon May 21, 2012 4:56 pm
Town: Marloth Park
Vehicle: Hilux Vigo
Real Name: Ian
Club VHF Licence: HC243
Location: Mpumalanga

Re: Radio Vervang Hilux D4D 2009

Post by Cinco »

Don't forget this: http://www.4x4direct.co.za/mp3-players/ ... verso.html


Sent from my iPhone using Tapatalk
Wishing my life away till the next trip!
User avatar
Cinco
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 111
Joined: Mon May 21, 2012 4:56 pm
Town: Marloth Park
Vehicle: Hilux Vigo
Real Name: Ian
Club VHF Licence: HC243
Location: Mpumalanga

Re: Radio Vervang Hilux D4D 2009

Post by Cinco »

Don't forget this: http://www.4x4direct.co.za/mp3-players/ ... verso.html


Sent from my iPhone using Tapatalk
Wishing my life away till the next trip!
D4D2009
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 10
Joined: Mon Apr 24, 2017 11:50 am
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux Double Cab 3.0 D4D
Real Name: Awee

Radio Vervang Hilux D4D 2009

Post by D4D2009 »

Baie dankie vir almal se insette en veral vir jou Mars vir al die info. Dit is ook jou laaste pos wat my laat besluit het om vir 'n unit te gaan wat die volle spasie opvat. Ek het maar gister 'n Pioneer laat installeer by 'n local radio plek, hulle doen al Toyota se werk se fakmanskap was regtig goed gewees. Die radio doen alles en nog meer as wat ons benodig, ook met die opsie om 'n kamera by te sit later vir om en by R1000. Die radio self het my R5000 gekos (Gefit). Ons het sommer al klaar gister baie genot uit hom gekry met die musiek wat ons gesluister het en wow, die standaard speaker speel nou sommer lekker hard!!!!! Volgende is die besluit om vir seat covers te gaan of vinyl sitplekke.......moeilike een


Sent from my iPhone using Tapatalk
D4D2009
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 10
Joined: Mon Apr 24, 2017 11:50 am
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux Double Cab 3.0 D4D
Real Name: Awee

Re: Radio Vervang Hilux D4D 2009

Post by D4D2009 »

[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201704 ... afafad.jpg[/IMG] Hier is 'n foto van hom, baie swak foto, gisteraand geneem toe ek gery het so baie donker


Sent from my iPhone using Tapatalk
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: Radio Vervang Hilux D4D 2009

Post by Mars »

Goeie keuse. Jy sal nie spyt wees nie en jy is baie welkom. Een ander ding wat ek kan sê is dat ek nie weet hoe ek soveel jare geparkeer het sonder die kamera nie. Die klein agter venster gekombineer met 'n canopy maak dit maar 'n raai, raai en voel, voel besigheid. Dit is ook nogal opmerkilk hoeveel van hulle ry rond met 'n "vlekkie" op die agter bumper.

Mens sweet op die viniel. Ek sal gaan vir die "canvas" as ek jy was.
D4D2009
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 10
Joined: Mon Apr 24, 2017 11:50 am
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux Double Cab 3.0 D4D
Real Name: Awee

Re: Radio Vervang Hilux D4D 2009

Post by D4D2009 »

@Mars - Jy slaan die spyker op die kop. Nadat ek nou met die bakkie gery het die naweek en so paar keer moes agteruit trek naby aan goed kan ek bevestig dat my bakkie einde van die week 'n kamera sal inkry. Soos jy sê die kombinasie van die klein venster en canopy maak dit amper onmoontlik om te sien waar jy ry.

Ek het ook reeds besluit op die canvas materiaal sitplek covers, ek het maar die viniel gelos.

Dan wil ek ook net bevestig of jy sal weet, wanneer my bakkie se deure oop is en jy begin te ry, bly dit oop, jy moet fisies die "toe" knoppie druk vir deure om te sluit. Is dit reg so of moet die deure automaties sluit? Ek is maar net bietjie bekommerd oor dit want partykeer vergeet mens maar om dit te sluit dan kan dit maar bietjie gevaarlik raak (D4D 2009 Model).
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: Radio Vervang Hilux D4D 2009

Post by Mars »

Daar is 'n verstelling wat mens kan maak sodat die deure outomaties sluit. Dit gebeur sodra jy 20 of 30km/h ry as ek reg onthou. Daar is 'n proses wat beskryf word in die boekie en ek het dit al reggekry om van die funksies te verander maar jy moet die instruksies presies volg. En dit gaan waarskynlik bietjie geduld en 'n probeerslag of wat vat om dit reg te kry. Dit is eintlik nie so moeilik nie.
D4D2009
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 10
Joined: Mon Apr 24, 2017 11:50 am
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux Double Cab 3.0 D4D
Real Name: Awee

Re: Radio Vervang Hilux D4D 2009

Post by D4D2009 »

Baie dankie Mars, ek sal bietjie die boekie gaan opswot!!
Post Reply

Return to “General Hilux Discussions”