Page 1 of 1

Kgalagadi toe, waarheen!?

Posted: Thu Jan 11, 2018 8:45 am
by FrancoisHilux2011
Hi almal!

Ek het einde laasjaar n 2011 Hilux DC gekoop (4x4), met 150 000km op. Hy het n baie lekker raksisteem in, en ek het hom onlangs na Secret Falls geneem hier naby die Paarl, waar ek woon! Soos n droom gery.

Ek wou nog altyd Kgalagadi toe, en gaan hierdie jaar nie meer n verskoning he nie. As ek 4 / 5 dae wil spandeer daar, enige voorstelle vir die beste kamp plekke?

Waardeer!

Re: Kgalagadi toe, waarheen!?

Posted: Thu Jan 11, 2018 8:46 am
by FrancoisHilux2011
Ek is nuut op die groep en sukkel om fotos op te laai, enige hulp?

Re: Kgalagadi toe, waarheen!?

Posted: Thu Jan 11, 2018 10:49 am
by Dowe Koos

Re: Kgalagadi toe, waarheen!?

Posted: Thu Jan 11, 2018 11:56 am
by Mud Dog
FrancoisHilux2011 wrote: Thu Jan 11, 2018 8:46 am Ek is nuut op die groep en sukkel om fotos op te laai, enige hulp?
Hi Francois, the pic first has to be resized to max 600 x 800 pixels (best is to copy the pic into a new folder and resize that one so that you don't modify / loose the original).

Once resized, you can post it by scrolling down (below the text box of the post you are preparing) to the "Attachments" button. Click on that and you will see an "Add files" button - click on it and it will bring up a mini "explorer" window where you can locate your resized image. Double click on the image (or click on it and then click on "Open") and the image will upload.

If you want to upload multiple images (there is a maximum of 8 at a time), select the images and click on "Open" - they will upload.

Once uploaded the images will appear at the bottom of your text in the post by default after submitting the post, but if you want to place them at different points in the body of your text, you would use the "Place inline" button that appears next to each image.

Give it a try. :winkx:

Re: Kgalagadi toe, waarheen!?

Posted: Thu Jan 11, 2018 2:55 pm
by ThysdJ
Welkom en geluk met jou Hilux.

Terug na die belangrike goed toe.. Kgalagadi?

Jy kan in enige van Kgalagadi se 3 hoofkampe bly, dis orals lekker, behalwe dat Tweerivieren bietjie soos 'n deurgangskamp voel, omdat dit die hoofingang van die park is en die kampplekke reg langs die pad is.

Ons verkies Nossob, en MataMata, dis meer afgesonder en die wildkyk in daardie areas is goed. Die wilderniskampe (Gharagap, Bitterpan) is ook uitstekend. Dis ver afgelee, jy moet lang duinepaadjies ry om daar uit te kom en daar is 'n beperkte hoeveelheid gaste (10) per nag toegelaat. Ons was al gelukkig genoeg om stoksielalleen in Gharagap te wees vir 2 dae. Wat n belewenis, om te weet mens is so ver van ander mense af net met die veld en wild rondom jou.

Die Botswana kant van die park is boskamp wereld, met on-omheinde kampplekke. Dis waar die vuilbaarde deur jou kamp kom stroll so teen skemer... Dit is 'n belewenis, ons was al 2 keer aan die Mabuasehube kant gewees en het al by meeste van die panne daar gekamp. Rooiputs en Polentswa is die wat naaste aan die SA kant is. Hierdie kampe moet jy deur Botswana se DWNP owerhede bespreek.. Sterkte.. :twisted:

Ons is in Februarie weer oppad Kgalagadi toe, 5 nagte in Nossob en 4 in Mata Mata. Sal kom terugvoering gee.

Die geheim is om vroegtydig te bespreek. Kampplekke is erg skaars so hou maar die SANPARKS website dop. Veral gedurende skoolvakansies en die gewilde toertye. :thumbup: :thumbup:

Re: Kgalagadi toe, waarheen!?

Posted: Thu Jan 11, 2018 3:57 pm
by FrancoisHilux2011
Baie dankie julle! Thys, baie dankie ook vir die info, ek gaan werk maak hiervan en sien uit na jou fotos as jy terug is! Daardie Botswana kant en Gharagap klink omtrent soos n belewenis! Hier is daai fotos van Secret Falls :thumbup: