Page 1 of 1

Hilux 2.5D dc 4x2 (106kw)

Posted: Wed Feb 21, 2018 7:38 am
by acampher
Hi guys,

I am new to the 4x2 / 4x4 scene, so pretty much a novice in all departments.

Would be great if anyone can give me some advice / tips as to the bakkie that I have bought. Either good or bad would be great!
Can't seem to find a lot of information on it, so would be great if anyone with some experience can shed some insight.

I bought a 2013 Toyota Hilux DC 2.5D Raider (106 kw and 343 nm torque)... Apparently it's got the Fortuner 2.5D motor in.

Any advice (good or bad), do's and don't or anything to look out for would be great!

Thanks!

Re: Hilux 2.5D dc 4x2 (106kw)

Posted: Wed Feb 21, 2018 7:46 am
by pieta.swanepoel
Ek het hierdie raak gelees:
http://www.carmag.co.za/driving_impress ... ouble-cab/

Myne is gewone 75kW bakkie

Re: Hilux 2.5D dc 4x2 (106kw)

Posted: Wed Feb 21, 2018 7:52 am
by acampher
Baie dankie, waardeer dit.

Dit help!

pieta.swanepoel wrote: Wed Feb 21, 2018 7:46 am Ek het hierdie raak gelees:
http://www.carmag.co.za/driving_impress ... ouble-cab/

Myne is gewone 75kW bakkie

Re: Hilux 2.5D dc 4x2 (106kw)

Posted: Wed Feb 21, 2018 8:33 am
by Mars
Jammer om vir jou die slegte nuus moet gee Andre maar jy het nou 'n groot fout gemaak.

As jy eers die bakkie het kan jy nie weer van hom ontslae raak nie. In die eerste plek kan jy hom nie op ry nie so moet nie eers probeer nie. As jy eers 'n Hilux gery het dan is dit in jou bloed en jy kan nie sommer daarvan genees nie. As jy hom so 'n ruk gery het gaan jy hom ook nie wil verkoop nie so die beste raad wat ek kan gee is maak maar vrede daarmee en geniet hom. :D: :D:

Re: Hilux 2.5D dc 4x2 (106kw)

Posted: Wed Feb 21, 2018 8:41 am
by acampher
@mars Ek het my polse begin kou met jou eerste stelling!

Baie dankie, ek moet bieg, ek geniet die bakkie baie. Paar manne met 3.0 D4D's het nie veel goed te sê van die 2.5D nie, maar ek kry goeie verbuik (gemiddeld 12.5 km/l) en die bakkie ry baie lekker... meer as genoeg krag.

So ek is maar net opsoek na ''do's and dont's'' met hierdie spesifieke bakkie.

So far, so good!



Mars wrote: Wed Feb 21, 2018 8:33 am Jammer om vir jou die slegte nuus moet gee Andre maar jy het nou 'n groot fout gemaak.

As jy eers die bakkie het kan jy nie weer van hom ontslae raak nie. In die eerste plek kan jy hom nie op ry nie so moet nie eers probeer nie. As jy eers 'n Hilux gery het dan is dit in jou bloed en jy kan nie sommer daarvan genees nie. As jy hom so 'n ruk gery het gaan jy hom ook nie wil verkoop nie so die beste raad wat ek kan gee is maak maar vrede daarmee en geniet hom. :D: :D:

Re: Hilux 2.5D dc 4x2 (106kw)

Posted: Wed Feb 21, 2018 9:26 am
by Mars
Jammer Andre maar ek kon myself nie help nie.

Daar is maar min goed wat jy nie moet doen nie.

Ek maak altyd seker dat as ek die bakkie hard of vinnig gery het, dat ek hom eers laat luier sodat die turbo kan afkoel. Ek het dit nou al vir die laaste 308 000 kilos gedoen en die turbo is nog 100%. Mens moet veral let op die situasie waar jy op spoed op die snelweg was en dan aftrek by 'n ultra city om diesel te kry, dat jy hom nie dan dadelik afsit nie.


Ek kan regtig nie aan enige spesifieke ander goed dink nie.

Moets/Miskien.

1. Ek sou die diesel filter elke 10 000 kilometers vervang selfs al sê Toyota anders.
2. Ek sou oorweeg om 'n tweede dieselfilter wat kleiner deeltjies filtreer saam met die Toyota filter te installeer alhoewel
ek moet sê dat ek 200 000 kilometer gery het met die oorspronklike inspuiters en dat net een op daardie stadium
uit spesifikasie was. Dit was met ongeveer 50/50 500 dpm diesel en 50 dpm diesel.
3. Ek sou vroeg belê in goeie sitplek oortreksels want die bakkies hou lank.

Re: Hilux 2.5D dc 4x2 (106kw)

Posted: Wed Feb 21, 2018 2:34 pm
by Family_Dog
Andre, don't believe a word these okes are saying - they are all biased towards Hilux! :cooldude:


-F_D

Re: Hilux 2.5D dc 4x2 (106kw)

Posted: Wed Feb 21, 2018 3:27 pm
by dalkill
I never knew Toyota has this secret almost 3.0 level performance 2.5 engine.
But why on earth not put it in the hilux 4x4 .. the mind boggles

Re: Hilux 2.5D dc 4x2 (106kw)

Posted: Thu Feb 22, 2018 6:41 am
by Mars
Daar sien jy nou die voordeel op die brandstof verbruik. Vir amper presies dieselfde werkverrigting as die 3lt kry jy daardie goeie brandstof verbruik.

Ek het 'n gemiddeld van 9.6 km/lt oor die laaste 308000km gekry. Oor dieselfde afstand sal jy 7443 liter minder diesel gebruik as wat ek het. 24640 liter teenoor die 32083 liter wat ek gebruik het. Teen die diesel prys hier by ons op die oomblik 'n besparing van ongeveer R97 000-00!!!!!

As ek werk op R13/lt dan het ek in vandag se geld al meer as R417 000 uitgery. Ek weet dit is 'n totale oorvereenvoudiging maar nogtans!

Re: Hilux 2.5D dc 4x2 (106kw)

Posted: Thu Feb 22, 2018 8:40 am
by acampher
Mars, dis ongelooflik!

Ek moet bieg, ek was skepties toe die verkoopspersoon vir my sê ''jy gaan nie spyt wees nie... en hierdie bakkies is skaars''... Nou besef ek!

Dankie vir al die raad.

Ek dink egter as die 2.5D (106kw) in 4x4 gekom het, sou die 3.0D nie so gewild gewees het nie.

Re: Hilux 2.5D dc 4x2 (106kw)

Posted: Fri Feb 23, 2018 7:09 am
by pieta.swanepoel
Maar as jy die 75kW ene het dan verstaan jy hoekom almal die 3l gekoop het

Re: Hilux 2.5D dc 4x2 (106kw)

Posted: Tue Apr 17, 2018 2:21 pm
by 4x4 Junkie
Wil jy nou meer. Daar leer ek nou ook sommer iets. Ek het nie geweet dat die Hilux 2.5D in 75kw en 106kw enjins uitgekom het nie. 2.5D 75KW het wel in 4x4 uitgekom in SRX, maar die 2.5D Raider is kosmeties 'n mooier bakkie as die SRX.

Sal interresant wees om te weet of die 2.5D 106kw dieselfde enijn is as die 75kw, maar net 'n turbo aanjaer bygekry het?