Fortuner 4x4 newbie

You can ask your Fortuner related questions here. Also feel free to show us the modifications you did on your vehicle.
Post Reply
Tsa
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 146
Joined: Wed Dec 01, 2010 1:29 pm
Town: Durbanville
Vehicle: 2010 Toyota Fortuner 4x4
Real Name: Richard

Fortuner 4x4 newbie

Post by Tsa »

Hi manne

Wel soos julle dalk al gesien het is my KZ weg en is ek nou deel van die Tuna fleet. :)
Sover geniet ek die bestuurs gemak baie, maar weet ek gaan die KZ se bak mis, maar nou ja, you win some you loose some.

Ek is 'n baie groen op die 4x4 vlak, en weet ek gaan beslis 'n beginner 4x4 kursus moet deurmaak. Sal my oe oophou as Thys weer ene aanbied.

My vraag is meer tov die gebruik van die H -HL - LL op die Fortuner.

Indien ek weet ek gaan vir x km (kom ons se 50km) grondpad ry, is dit beter om die voertuig in HL te sit op die grondpad en dan weer terug in H as teer?
Op watter spoed kan dit gedoen word of moet jy stop en in neutraal wees om van H na HL en terug te gaan?

Watter spoed kan mens in HL maks ry? Ek sal nie meer as 80km/h wil ry op grondpad nie.

Ekt gesien as jy HL of LL dan engage hy automaties die Centre DL, maar wanneer gebruik mens die Rear DL?

Sover ek verstaan is die VSC altyd aan, tensy jy dit afsit deur die knoppie te druk (tydelik) of die knoppie in te hou (permanent tot volgende engine restart). My VSC OFF kom saam met die res van die liggies aan met ignition aan, en gaan dan na n paar sekondes saam met die res af. So die feit dat VSC OFF nie aan bly nie neem ek aan hy is ON, as dit sin maak :)

Jammer vir al die stupid vrae, maar hoop iemand kan my dalk net 'n pointer gee met hierdie.

Dankie! :dance1:
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Fortuner 4x4 newbie

Post by ThysdJ »

Tsa wrote:Hi manne

Wel soos julle dalk al gesien het is my KZ weg en is ek nou deel van die Tuna fleet. :)
Sover geniet ek die bestuurs gemak baie, maar weet ek gaan die KZ se bak mis, maar nou ja, you win some you loose some.

Ek is 'n baie groen op die 4x4 vlak, en weet ek gaan beslis 'n beginner 4x4 kursus moet deurmaak. Sal my oe oophou as Thys weer ene aanbied.
Een van die dae Richard.. sal jou laat weet.


My vraag is meer tov die gebruik van die H -HL - LL op die Fortuner.

Indien ek weet ek gaan vir x km (kom ons se 50km) grondpad ry, is dit beter om die voertuig in HL te sit op die grondpad en dan weer terug in H as teer?
Jou Tuna is voltyds 4x4. Die HL (High Range Lock) sluit die center diff wat 50/50 kragverspreiding verseker tussen voor en agteraste. Gebruik dit op grondpaaie, nie op die teer nie..

Op watter spoed kan dit gedoen word of moet jy stop en in neutraal wees om van H na HL en terug te gaan?
Verkieslik nie wanneer die enjin trek nie. Jy hoef nie stil te staan nie, maar ek sou nie daai lever heen en weer druk terwyl die voertuig beweeg nie.

Watter spoed kan mens in HL maks ry? Ek sal nie meer as 80km/h wil ry op grondpad nie.
Dieselfde spoed as wat jy in H ry, maar soos jy se, nie te vinnig op grondpaaie nie. Pas bestuurstyl aan by padomstandighede.

Ekt gesien as jy HL of LL dan engage hy automaties die Centre DL, maar wanneer gebruik mens die Rear DL?
Rear D/L gebruik jy wanneer jy in ongelyke terrein ry waar 1 of meer van die wiele kan traksie verloor (oplig).

Sover ek verstaan is die VSC altyd aan, tensy jy dit afsit deur die knoppie te druk (tydelik) of die knoppie in te hou (permanent tot volgende engine restart). My VSC OFF kom saam met die res van die liggies aan met ignition aan, en gaan dan na n paar sekondes saam met die res af. So die feit dat VSC OFF nie aan bly nie neem ek aan hy is ON, as dit sin maak :)
VSC is 'n elektroniese funksie wat inskop wanneer die voertuig se sentrale rekenaar wielglip/wieltol registreer. Dit help om die voertuig onder beheer te hou. Mens sit VSC af wanneer jy dit wil override as jy ruwe trails ens ry waar jy die kar wil laat doodruk en/of waar jy wieltol nodig het. Dit is veral 'n hassle in Atlantis duine waar jy oor baie ongelyke terrien (spore van ander voertuie) probeer momentum opbou om 'n duin uit te ry. Die goed briek die kar en jy kom nie op spoed nie.

Jammer vir al die stupid vrae, maar hoop iemand kan my dalk net 'n pointer gee met hierdie.

Dankie! :dance1:
Richard
My antwoorde in rooi... :thumbup: :thumbup:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: Fortuner 4x4 newbie

Post by jacques kotze »

As jy grondpad ry kan jy hom maar in H(High range) los, die Tuna is permanent 4x4, hy kan dus nie in 2 x 4 ry soos die Hilux nie. As jy modder of sand ry dan kan jy hom in HL(High Lock) sit, dan is die centre dif ge lock. DWS die voordiff en die agterdiff loop presies dieslefde spoed, wat gewoonlik gearbox wind up sal veroorsaak as jy op harde grond of teer ry(moet dit eerder nie doen nie) As jy oor klippe of rowwe terrrein wil ry en beheer oor jou voertuig wil he wat enjin remming aanbeterf, dan sit jy hom in LL(Low Lock) eers dan sal jy die agterste difflock ook kan aasnit, die ageterste difflock werk soos meeste ander 4x4's, net as hy in Low range is, as jy die difflock aan los en jy wissel van LL na HL of na H toe, dan sal die difflock vanseld afsit. Die difflock se liggie sal flikker totdat jy die knoppie weer afgesit het.
Hoop jy verstaan wat ek probeer verduidelik.
Tsa
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 146
Joined: Wed Dec 01, 2010 1:29 pm
Town: Durbanville
Vehicle: 2010 Toyota Fortuner 4x4
Real Name: Richard

Re: Fortuner 4x4 newbie

Post by Tsa »

Hi Thys/Jacques

Dankie vir die volledige en vinnige antwoorde op die vrae. Klink darem in meeste gevalle was my gevoel reg en reeds die regte idee ingedagte gehad.
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: Fortuner 4x4 newbie

Post by jacques kotze »

:thumbup: :thumbup: :thumbup:
User avatar
andrevt
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1465
Joined: Mon Jul 20, 2009 2:37 pm
Town: sasolburg
Vehicle: raider d4d
Real Name: andre

Re: Fortuner 4x4 newbie

Post by andrevt »

welkom van ons in die vrystaat
ImageImageImageImageImageImage


Toyota Hilux 3.0 D4D 4x4
Post Reply

Return to “Toyota Fortuner 4x4 Forum”