Page 1 of 1

Nog ñ KZ suspenie lig

Posted: Mon Jun 22, 2015 11:30 am
by Bakkieman
Hi almal

Ek het my KZ gekry en ek is mal oor hom. Sal fotos plaas so gou ek kan. Hy is nog redelik standaard, maar soos alles wat ek besit, moet hy nou bietjie mee gekrap word.
Ek wil begin deur die suspensie n bietjie op te lig. Nie te veel nie, maar net genoeg vir daai ekstra bietjie wat ek dalk sal nodig he.

Ek weet die voorwerp is al baie bespreek, maar ek is iemand wat als self wil doen. So wat ek wil weet is die volgende:
Hoefveel hoër kan ek hom veilig lig sodat ek nie aan my "drive train" hoef te peuter nie?
Watter komponente word als verander/gestel? (Kan ek net my tortion bars voor opstel en langer shackles agter insit)
Is dit n MOET dat ek dan ander skokbrekers moet insit?

Ek het toegang tot ingeneurswerke, en hulle kan amper enigiets vir my maak wat ek wil.

Julle advies sal regtig wardeer word