Page 1 of 1

3UZ With 5 speed auto box

Posted: Fri Dec 09, 2016 9:14 am
by Willem van Schalkwyk
Hallo Almal,

Kan enige iemand vir my n duimsuig gee oor wat die instelasie koste sal wees vir n 3UZ in n 2.7?

Ek oorweeg die sterk, maar wil eers die nommers optel.

BAAAAIIEEEE Dankie!! :thumbup:

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Sun Dec 11, 2016 11:31 am
by Agteros
Ek het so tyd gelede 'n kwotasie gekry vir R82000 vir 'n 1 UZ VVTi. Die 3UZ sou so R8000 duurder uitgewerk het. Dink nie dit gaan baie anders vir die 2.7 as vir die 4Y uitwerk nie.

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Mon Dec 12, 2016 5:19 pm
by Knuppel
R82k is daylight robery just for a conversion including engine!

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Tue Dec 13, 2016 9:54 am
by Willem van Schalkwyk
The 3UZ and box plus management system is about R20500.

Ek soek net so plus minus a prys vir instellasie.

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Tue Dec 13, 2016 3:57 pm
by mosteran
Willem ek het n 1UZFE in n SFA gedruk en dit het my so R45000 gekos.
Het alles self gedoen. goedkoop koop is duur koop.
Maak seker jy laat doen dit by die regte persoon of jy gaan lang trane huil.
Maar as alles reg is gaan jy n baie lekker bakkie besit.

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Wed Dec 14, 2016 9:06 am
by Willem van Schalkwyk
Dankie Andre,

Die motors word oral vir die prys geadverteer.
Ek het ook n prys by Lextreme gekry wat "volgens ek weet" n betroubare plek is..

Maar jy laat my nou wonder :shock2:

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Thu Dec 15, 2016 7:44 am
by mosteran
Ek seker daarvan daars paar plekke wat goeie engines verkoop soos lextreme, V8solid ens.
Maar ek sal meer klem le op die installasie.
voorspoed met die beplanning en ombouing.

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Thu Dec 15, 2016 9:43 am
by LouisZ
Gaan liewers vir die nuwe 1UZ. Makliker om in te sit. Die 3UZ is baie wyd. Daar gaan baie goed geskuif moet word.

Ek stel voor 'n body lift van 30mm gaan die fitment ook makliker maak.

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Thu Dec 15, 2016 10:13 am
by Willem van Schalkwyk
Dankie Almal :thumbup:

Die 3UZ het meer woema as die 1uz en lextreme verskaf blykbaar nie meer die 1uz nie.
Daar moet nog baie water in die see voor die ombouing gebeur.

Geniet die naweek en as jy op die pad ry, ry maar vir die ander ou ook! Die mense raak mos mal die tyd van die jaar!

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Thu Dec 15, 2016 11:04 am
by LouisZ
Vra vir die 1UZ-FE VVti, nuwer genearasie.

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Thu Dec 15, 2016 11:29 am
by mcw
Bel vir Derrick in Kyasand

V8 Solid

hulle doen nog al 3 Lexus motors

Martin

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Thu Dec 15, 2016 4:05 pm
by Knuppel
LouisZ wrote:Gaan liewers vir die nuwe 1UZ. Makliker om in te sit. Die 3UZ is baie wyd. Daar gaan baie goed geskuif moet word.
.
Daar is geen verskill in die wydte nie!

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Thu Dec 15, 2016 6:23 pm
by LouisZ
Non 1UZ Lexus measure +/- 620mm head to head.

3UZ Lexus Measure +/- 680mm head to head.

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Fri Dec 16, 2016 6:27 am
by Knuppel
http://www.lextreme.com/3uzblock.html" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Fri Dec 16, 2016 9:08 am
by LouisZ
Ja ek weet van die parte kan uitgeruil word maar die feit bly staan dat die 3UZ wyer is as die ou 1UZ.

Ek is lank besig met die omruil van die 1UZ na die 3UZ, Dit is nie 'n direk uitruil nie. Die bakkie het 'n 1UZ ingehad, sou dit dan nie net uit trek en insit gewees het nie?

Ek skuif die Stuurbox, verander die steering shaft ens. Verander die olie filter pickup en nog 'n paar ander dinge. Extreme het my gewaarsku.

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Fri Dec 16, 2016 1:29 pm
by Knuppel
Dus as ek n 3uz will ruil met my 1uz vvti dan behoort ek geen probleem te he nie?
Is die wydte probleem net met die non vvti?

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Fri Dec 16, 2016 3:17 pm
by LouisZ
AS jy die 3UZ ingebou het sal die ou 1UZ en nuwer 1UZ vvti makliker pas. Ek doen dit omgekeerd, vanaf ou 1UZ na 3UZ.

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Mon Dec 19, 2016 11:11 am
by Willem van Schalkwyk
Louis,

As ek mag vra, wat sal jy vir so ombouing vra na die 3UZ?

Dus nou as die 3uz verskaf word..

Dankie vir die raad!

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Tue Dec 20, 2016 11:21 am
by LouisZ
Willem ek doen die ene om ondervinding te kry. Ek sit al op die projek waar ek seker so 1uur in 'n aand tyd spandeer op die oomblik. Did nou te se as daar tyd is. Ek log al 392 ure op hom. Beste van alles die bakkie het die ou 1UZ ingehad. Sou vining wees maar toe nou nie.

Ek stel voor praat met Hoppy. Hy sal jou 'n prys aanduiding kan gee op die radiator,fans, mountings ens. Of as jy tegnies is pak dit aan self, dis goed as jy dit ook doen, jy weet wat aangaan.

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Tue Dec 20, 2016 12:55 pm
by Mr_B
I drove one of Allan's latest 1UZ conversions about a month ago, a Ford Ranger... all I can say is...

blikskottel daai ding is lekker!

:drool: :drool: :drool: :drool:

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Tue Dec 20, 2016 2:32 pm
by Willem van Schalkwyk
Baie dankie vir ou raad Louis!!

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Tue Dec 20, 2016 2:36 pm
by Willem van Schalkwyk
Jou raad Sorry :shock2:

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Tue Dec 20, 2016 3:20 pm
by LouisZ
:thumbup:

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Fri Jan 13, 2017 3:02 pm
by Willem van Schalkwyk
Volgende vraag :twisted:

Wat dink julle sal ek vir n 2.7 gearbox, motor met TRD superchager en 5de injector plus fuel management vir 5de injector kan vra :siffler:

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Wed Mar 29, 2017 12:11 pm
by Willem van Schalkwyk
Ok so na n bietjie navorsing en kop krap is dit seker tyd om n besluit te neem.
Ek kyk so daarna...... As ek dit self doen gaan dit nooit klaar kom nie en swambo sal my seker los. :surrender:

Ek kyk na iemand om die hele conversion te doen van begin tot einde. dit moet professioneel gedoen wees met iemand wat sy naam op die werk sal sit.
Ek besluit nog oor die 5 spoed auto box of die 6 spoed auto tip tronic.

Enige aanbevelingds wie dit vir my in die kaap sal kan doen?

BAAAAIIIEEEE Dankie!

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Thu Jun 15, 2017 5:46 pm
by 3UZ-BLOUES
Hi Willem,

Om jou te kwoteer: "Ek besluit nog oor die 5 spoed auto box of die 6 spoed auto tip tronic."

Het jy dit toe al gedoen? Waaop het jy besluit? Is jy tevrede daarmee?

Re: 3UZ With 5 speed auto box

Posted: Tue Jun 20, 2017 7:42 am
by Willem van Schalkwyk
Hi Hannes,

Ek het niemand gekry in die kaap wat die instelasie kan doen nie.
Ek is besig om navorsing te doen oor die insit van die motor.
Lexstreme het my laat weet dat hulle die 6 spoed tip-tronic uitgesort het en die boks werk goed. (nog nie self gesien nie)
Ek vat dit maar stadig want ek moet nog die geldjies iewers bymekaar skraap. :oops: