Page 1 of 1

Suspension

Posted: Tue Mar 06, 2018 10:46 am
by Dowe Koos
Dagse mense, ek weet daar is al baie gese oor watter suspensie is goed. Elke ou het maar sy voorkeure maar ook wat sy sak pas. Wat ek wil weet is hoe goed die Camil skokbrekers. Hulle kom uit met coils wat die bakkie dan 30mm voor lig en agter 40mm. Hulle se een jaar waarborg maar reken ek kan tussen 150000 tot 300000km uitkry op n stel. Wat se julle.

Re: Suspension

Posted: Tue Mar 06, 2018 6:24 pm
by The Legend
Camil is n baie skokbreker Hennie , ry net baie hard.

Re: Suspension

Posted: Tue Mar 06, 2018 7:37 pm
by Dowe Koos
Hallo Dawie.
Mikem gaan my R20000.00 kos.
Iromman kos my R27000.00.
OME kos my R30000.00.
Camil kos my R10000.00.
Die eerste drie sluit ook in Bladvere en Torsion bar.
Camil het net coils by wat gewone skokbrekers nie het nie, maar gee jou biejtie hoogte.
Nou sien ek dat Gabriel HDP ook coils het en gee blykbaar ook ekstra hoogte en dit is nou weer goedkoper as Camil.
Waar trek ek nou die lyn.

Re: Suspension

Posted: Tue Mar 06, 2018 7:55 pm
by louis fourie
Hallo Oom Hennie

Êrens op dje forum baaaaie lank terug was daar 'n bespreking dat die Camils die voorste onderste shock mounting breek.

Groete

Sent from my HUAWEI VNS-L31 using Tapatalk


Re: Suspension

Posted: Tue Mar 06, 2018 7:58 pm
by Dowe Koos
Dankie Louis, sal dan maar gaan vir die Gabriel HDP. Het goeie terugvoering gesien oor die HDP.

Re: Suspension

Posted: Wed Mar 07, 2018 5:58 am
by Bliksempie
Hennie,

Ek het nou weer 'n stel afgetrap met die HDP's. Darrell (Mikem) het 2016 Oktober my suspensie oorgedoen. Hy het die Mikem bladvere ingesit met gewone Safari's voor en die HDP's agter. 2017 Oktober was ek terug by hom, want iets het nie reg gevoel nie. Hy het daarna nog twee ekstra bladvere ingedruk agter om die nuwe Replacement Bumper, en Canopy se gewig te kon hanteer. Met daai besoek, het ons toe gesien die HDP's is verby klaar. Hulle het basies 'n jaar gehou, en het 'n massiewe flat spot gehad. Op die ou end van die dag het ek maar die pad gestap en 4 Bilsteins ingesit. Die voorste Safari's is nog heel goed, en ek het hulle vir Rodney belowe.

Alles voel klaar beter en meer as tevrede met die ry-gemak. Die Bilsteins is wêl duurder as ander shocks, maar dan moet daar in gedagte gehou word dat hulle diensbaar is, en elke 70k - 75k gediens kan word teen 'n minimale fooi.

Ek het op ander forums ook gelees van die Camil's. Baie nice shocks, en ek breek glad nie die naam af nie - Maar die algemene terugvoering van die ouens was die feit dat dit harder ry as ander bekende skokbrekers.

Dit is wêl 'n hap uit die beursie, maar met Darrell gaan jy nie sommer beter advies en goeie diens kry nie. Sy produk is tops en after service nog beter.

Re: Suspension

Posted: Wed Mar 07, 2018 6:11 am
by Dowe Koos
Dankie vir die inligting, Robbie. Die Bilstein is nie so duur nie. Dis die bladvere en die torsionbar wat baie kos. Ek sal maar weer met Darryl praat en kyk watter ander opsies is daar.

Re: Suspension

Posted: Wed Mar 07, 2018 8:04 am
by louis fourie
Ek het my suspensie by Darell gekoop. 4x Billsteins en die bladvere is vervang. Die torsion bars is nog standaard met my off-road bumper. Ek is nou al oor 'n 100 000km met dié stel. Die Billstein's is nou al een keer gediens so 2 jaar terug.

Hier is my kalender fototjie weerImage

Hy staan nog mooi gelykImage Link Broken

Sent from my HUAWEI VNS-L31 using Tapatalk

Re: Suspension

Posted: Mon Jun 18, 2018 7:15 pm
by kzteshooter
Dowe Koos wrote:Dagse mense, ek weet daar is al baie gese oor watter suspensie is goed. Elke ou het maar sy voorkeure maar ook wat sy sak pas. Wat ek wil weet is hoe goed die Camil skokbrekers. Hulle kom uit met coils wat die bakkie dan 30mm voor lig en agter 40mm. Hulle se een jaar waarborg maar reken ek kan tussen 150000 tot 300000km uitkry op n stel. Wat se julle.
Camils ry hard, het hulle in my bakkie ook, maar as mens die torsion bars bietjie afstel dan is hulle nie so bad nie. Die actual skokbreker van Camil hou nie lank nie. Het deur 2 stelle in 8 maande gegaan. Het op die ou end Monroes verander om saam met die camil coil te werk en dit werk soos n droom.


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Suspension

Posted: Mon Jun 18, 2018 7:16 pm
by kzteshooter
Dowe Koos wrote:Dagse mense, ek weet daar is al baie gese oor watter suspensie is goed. Elke ou het maar sy voorkeure maar ook wat sy sak pas. Wat ek wil weet is hoe goed die Camil skokbrekers. Hulle kom uit met coils wat die bakkie dan 30mm voor lig en agter 40mm. Hulle se een jaar waarborg maar reken ek kan tussen 150000 tot 300000km uitkry op n stel. Wat se julle.
Ek het n Supa Quick winkel en in my ondervinding kry mens selde meer as 80000km uit n stel skokbrekers. Veral as jy grondpad ry.


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Suspension

Posted: Wed Jun 20, 2018 2:24 pm
by ThysdJ
My ondervinding met Camils is dat hulle baie hard ry. Hulle gee die lift en alles, maar dis n baie harde rit.

Dan, as jou vere reeds begin le, veral jou torsions voor, is daardie coils rondom die Camils nie genoeg om daarvoor te kompenseer terwyl jy ry nie. Dit gee wel stance (looks) as hy stil staan, maar op rowwe terrein bottom die voorvere maklik uit.

My 2c..

Re: Suspension

Posted: Wed Jun 20, 2018 4:01 pm
by Thunder02
Dowe Koos wrote: Wed Mar 07, 2018 6:11 am Dankie vir die inligting, Robbie. Die Bilstein is nie so duur nie. Dis die bladvere en die torsionbar wat baie kos. Ek sal maar weer met Darryl praat en kyk watter ander opsies is daar.
Hennie, let me chat with Darrel and see what we can sort out.
I've being running on his setup for a long while now and could not be happier. :thumbup:

Re: Suspension

Posted: Wed Jun 20, 2018 4:12 pm
by Thunder02
Darrel will give you a call.

Re: Suspension

Posted: Wed Jun 20, 2018 6:12 pm
by Dowe Koos
Dankie Neil, waardeer dit. Sal wag vir sy oproep.

Re: Suspension

Posted: Thu Jun 21, 2018 8:47 am
by Thunder02
Dowe Koos wrote: Wed Jun 20, 2018 6:12 pm Dankie Neil, waardeer dit. Sal wag vir sy oproep.
:thumbup:

Re: Suspension

Posted: Wed Oct 10, 2018 1:42 pm
by Schoemies
Goeie dag

Ek het heelwat op die forums gelees oor skokbrekers en daar is nou twee tipes wat my oog gevang het, maar ek het geen ondervinding van die twee. Dis Bilstein en Koni. Het enige iemand ondervinding van die twee? Ek het 'n 2002 hilux met OME shocks wat vervang moet word, maar OME is redelik rof met die prys deesdae(was nie so duur toe ek hule destyds gekoop het). Ek ry redelik grondpad maar nie eintlik rowwe 4x4 terein. Die Bilstein se kwotasie is redelik billik teen R 7000 vir al 4 skokbrekers.
Hoe vergelyk die Bilstein en Koni se vermoe met die van die OME wat ek ken?
Enige raad en of ondervinding in die verband sal waardeer word.
Groete

Re: Suspension

Posted: Wed Oct 10, 2018 5:09 pm
by louis fourie
Bilstein kan gediens word. Ek het dit al een keer laat doen en die koste was R3000 vir 4 shocks.

Jy sal nie beter diens kry as wat Darell van Mikem jou kan gee nie.

Sent from my HUAWEI VNS-L31 using Tapatalk


Re: Suspension

Posted: Wed Oct 10, 2018 7:03 pm
by Mud Dog
Al drie is goeie shocks (OME, Koni, Bilstein) en dis waar wat Louis sê oor die diensbaarheid van Bilstein. Vir die man wat baie teer ry is die diensbaarheid miskien nie so gewigtig nie maar in jou geval wat baie grondpad ry is dit 'n goeie opsie. :winkx:

Re: Suspension

Posted: Thu Oct 11, 2018 10:41 pm
by Thabogrobler
My Kz het Camils voor ingehad - en hy het BAIE hard gery.

EK hou van my BIlsteins(Vrou se LR kom standaard met hulle uit). Ja, dit kan gediens word, Darryl se bende vra tans R850 elk.

Ek is tand in die mark vir shokke vir die LR maar sukkel a 'n klompie dae om 'n kwotasie uit Darryl se span te kry....