Vvti Lexus ombouing in ñ Kz-Te 4x4 vrae.

Post questions, advice and pictures of Engine conversions here
Post Reply
User avatar
J.C Avis
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 113
Joined: Thu Feb 03, 2011 3:47 pm
Town: Otjiwarongo
Vehicle: 2002 Toyota Hilux D/c 4x4 3.0 KZ-D-4D. Suspencion lift,160 liter spare tank. Navigator spots. Double battery system. Tour 'trallies'. Spare wheel carrier. Roof rack. Canopy.
Real Name: Japie
Location: Namibië

Vvti Lexus ombouing in ñ Kz-Te 4x4 vrae.

Post by J.C Avis »

Hallo daar
Ek het in kontak gekom met Pers kers,Alex. Hy het my redelik ingelig wat gedoen en verkry moet word vir so ñ ombouing.
My vraag is,het iemand al so ñ vvti in sy Kz met nog die manuel box in? Brandstof verbruik? Enige breke? Behalwe dat ek die oorspronklike tipe kan gebruik,wat beveel jul aan,dat mens meer grasie het vir afkoeling in ons warm Namibie? Is die autobox beter,dit die geld werd vir al die veranderige as jy auto insit? Die kz loop 2500revs op 120km/h met sy manuelbox. Wat kan ek vra vir die Kz engin wat geen olie gebruik nie en tip top is met sac op. Hy het 220 000 km gedoen. Geen top probleme gehad nie en het onlangs turbo vervang.
Waar kan ek soek om meer te weet oor die vvti engin,info? Wil meer uitvind oor parte beskikbaarheid en kraglewering.
Sal ñ fuelpump pas in die kz se tank?
J.C Avis
User avatar
KOBUSL
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2044
Joined: Sat Jul 19, 2008 2:12 pm
Town: WOLSELEY
Vehicle: '96 HILUX 2.8 HILUX DC 3i BMW 540 RANCHERO UTE 4 Li
Real Name: KOBUS

Re: Vvti Lexus ombouing in ñ Kz-Te 4x4 vrae.

Post by KOBUSL »

Hallo Japie, Hier op die webwerf is baie inligting oor die ombouiing wat jy wil doen. As ek reg lees is die masjien en ratkas ( outomaties ) die goedkoopste van die lot, daarna begin die dollars vloei. Wat egter baie belangrik is , is om die elektronika en beheerstelsels baie aandag te gee, anders gaan jy op die pad sit. As jy die handrat roete wil loop moet jy sorg dat die nodige "adapter plate" en vliegwiel, ens van een van die professionele mense af kom. En maak jou reg vir niks minder as R 50 k nie. Van kraglewering praat hulle van hier rondom 180 kw en lyk my by die 300 torkse. Brandstofverbruik is enigiets van 3 km/l as dit maar swaar gaan tot soveel soos 7-8 km/l as jy agter in die stoet ry en jou voet lig is. Wat jy inboet op sous wen jy op krag, dis maar oral iets van gee en neem. Op hierdie webwerf is ook lyste met parte en nommers, maar as jy nie regkom nie, vra en iemand sal jou antwoord. Maar daar is niks wat op die ou end nie die moeite en pyn werd is nie, veral die klank........................
Word te vinnig oud en te stadig wys.
User avatar
J.C Avis
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 113
Joined: Thu Feb 03, 2011 3:47 pm
Town: Otjiwarongo
Vehicle: 2002 Toyota Hilux D/c 4x4 3.0 KZ-D-4D. Suspencion lift,160 liter spare tank. Navigator spots. Double battery system. Tour 'trallies'. Spare wheel carrier. Roof rack. Canopy.
Real Name: Japie
Location: Namibië

Re: Vvti Lexus ombouing in ñ Kz-Te 4x4 vrae.

Post by J.C Avis »

Alex ,'Pers kers',is besig om vir my n lys op te stel die naweek en dan begin die soektog. Hy het al van die ombuings gedoen,n paar van hul lyk my,maar ek wil graag hoor wie het so n vvti in n kz 4x4. Alex hul doen groot gedeeltes van die ombuing soos die wiring o.a.
J.C Avis
PERS KERS
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 127
Joined: Mon Jun 15, 2009 11:56 pm
Town: Pretoria
Vehicle: HILUX,CRUISER,FORTUNER
Real Name: ALEX

Re: Vvti Lexus ombouing in ñ Kz-Te 4x4 vrae.

Post by PERS KERS »

Japie ja , die vvti funksie is n probleem om hom reg te maak werk anders as Toyota rekenaar, ek het nog nie n kzte bakkie raak geloop wat gelukkig is met n vvti met n ander rekenaar as Toyota sin nie , net n eenvoudige voorbeeld is die throttle by wire. Jou lys van benodighede

2.7 se kompleet tenk
Kzte se verkoeler
Visco van Mercedes W124 met waaier
n Klein waaier op air condensor
BMW of Toyota 4.0 V6 aircleaner
Sump wat agter sit om jou voor diff vry te spring
Fuel regulator want die vvti std se petrol pomp het een in die tenk
Flywheel,clutch kit en bellhousing van af Fana hy gee ook die crank bearing vir jou saam
Gebruik die 4.0 hilux se rubber enjin mounts of Land Cruiser sin
Exhaust vanaf elke bank 50mm in in een pyp wat dan 63 mm tot agter
Olie verkoeler julle wereld is warm ek sal selfs jou aircon gebruik om olie of die water af te koel op n warm dag op duine.
Nuwe cambelt, tensioner idler pulleys
Indien jy LS 400 se brake booster en master kan kry sit hom in, ek het al gehoor die manne sit n Land Cruiser 4500 sin in , kan goed werk as hy pas, anders as jy n import diff agter het kry Prado 90 of 120 se disk remme agter dit pas glo op die import diff ek glo met n bietjie veranderinge is enige iets moontlik.
Olie ruil elke 5000 km tot met 15000km omrede jy weet nie hoelank daai enjin op die skip of in n scrapyard gele het nie.
Vervang al die vacuum pype indien hulle hard is gebruik sommer silikon
En dan het jy n bakkie 100% Petrol verbruik is maar hoe jy die regter voet gebruik. As iemand iets wil by voeg welkom. groete
Post Reply

Return to “Engine conversions (Lexus/7M-GE/3RZ-FE etc)”