Page 2 of 2

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Thu Jun 04, 2015 11:13 am
by Reinart21
Dankie Andre,

Jy het jou ou ratkas gehou... Ek gaan die autobox gebruik, nou wonder ek of ek self hom gaan moet lig 40 mm...

Ma as ek reg verstaan, die cross member of brace loop onder die transfer case, is dit hom wat jy gelig het met 40mm?

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Thu Jun 04, 2015 2:04 pm
by mosteran
Ja oorspronklike ratkas, dis reg het n spacer tussen die cross member en ratkas gesit.

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Thu Jun 04, 2015 2:19 pm
by Reinart21
mosteran wrote:Ja oorspronklike ratkas, dis reg het n spacer tussen die cross member en ratkas gesit.
Is ek reg as ek aan neem jou transfer case het dan ook met 40 mm gelig? Want dit is tog hy wat op die brace/cross member lê

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Thu Jun 04, 2015 2:23 pm
by mosteran
dis reg :thumbup:

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Thu Jun 04, 2015 3:58 pm
by swartvark
Hy lyk baie mooi Andre. :thumbup: :thumbup:

Reinart, Ek het al sedert 2010 'n KZTE radiator met 16" electric fan. Ek nog geen probleem met overheating gehad in duine ry of stadig 4x4 nie. Ek het nog nie gesleep nie.

Ek het ook standaard ratkas met Fana se bellhousing en dit hou nog mooi.
Ek het nog net eenkeer 'n bakkie met autobox gery en was verbaas oor sy min krag, maar dit kan natuurlik agv ander faktore ook wees.

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Thu Jun 04, 2015 4:21 pm
by The Legend
Andre is dit jou bakkie wat te koop is op Gumtree?

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Thu Jun 04, 2015 4:29 pm
by Reinart21
Hi Tiaan,

Dankie vir die terugvoer. Man ek hoop nie dit is my geval soos jy sê verbasend hoe min krag hy gaan hê nie, dit sal dam onnodig en hartseer wees. Die gebruik van die standaard ratkas is nou maar glad nie, vorrige eienaar het gevra hy soek die ratkas terug, plus sy 5de is mooi in sy kannon in. Die lexus autobox kry ek nou saam die enjin, sovêr vat hy eerste prys oordat hy dan byvoorbaad beskikbaar is en my nie geld gaan kos om hom te kry nie. Die motor is die 1UZ VVTI met 5 spoed ratkas, standaard of OEM ECU. Prewired van Lextreme.

Hopelik die klein bietjie ekstra wat ek gaan kry weens die VVTI sal hy dal off set met die autobox... Maar dit is dalk veel tewense.

Al wat my nou pla is om engine mounts te kry... Ek is bietjie bang vir self maak want van yster werk en swys, kyk laat ons eder nie daar gaan nie...

Die adapter tussen die autobox en transfer case, gaan ek een van lextreme se kontakte probeer, klink my hy doen baie goeie werk en het al baie soortgelyke adapters gemaak...

Ek weet nie, ek hoor graag wat sê die manne wat dit al gedoen het...

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Fri Jun 05, 2015 8:05 am
by mosteran
Reinart koop jou engine mounts by Allan Venter.

:lol: Dawie, ja dit is.
Ek toets so bietjie die mark en daarom ook die rede hoekom ek hom nie eers hier adverteer.
Die prys is hoog maar die manne wat al self te doen gehad het met so ombouing sal verstaan.
Ek het baie vertroue in my bakkie en glo die regte persoon met dieselfde liefde vir die sport en spesifiek die SFA
sal dit dalk oorweeg om soveel te betaal.
anders kan hy maar onder my dak bly :smile:

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Mon Jul 06, 2015 10:03 am
by mosteran
Gou die naweek my olie filter geskuif,
Myne het te naby aan chassis gesit en nou kan ek sommer weer terug gaan na oorsponklike grote soos GUD voorstel.
20150704_174358.jpg
20150704_171351.jpg
20150704_171338.jpg

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Wed Jul 22, 2015 8:14 am
by mosteran
Nog so bietjie tyd spandeer aan die hilux.
My voorste propshaft was te kort nadat ek die drivetrain gelig het. het hom nou langer gemaak.
20150622_174801.jpg
met die toets van my langer propshaft het my petrol pomp gegroet. nou het ek n fris pomp bestel by http://www.fuelperformance.co.za , ken iemand die plek?
255LPH%20KIT-500x500.jpg
Ook so bietjie wheel arch mooi afgerond met rubber map
20150702_170401.jpg

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Wed Jul 22, 2015 9:17 am
by Haboob
Baie NICE Andre...

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Wed Jul 22, 2015 9:27 am
by LouisZ
Watse bar pomp is daai Andre? Wat was die koste?

Daai arch lyk nou goed man.

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Wed Jul 22, 2015 3:50 pm
by mosteran
Hy was R995

Design: Intank
Flow: 255LPH
Minimum Voltage: 12V
Operating Pressure: 15-100 PSI - final fuel pressure set by regulator

Warranty: LIFETIME

Dimensions:

4 3/4" Long from inlet tip to outlet tip
3 1/8" Long for the metal case
1 5/8" Wide for the metal case
Inlet width: 5/16" (341/ 342), 7/8" (340), 3/4" (343)
Outlet width: 5/16"

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Thu Jul 23, 2015 8:43 am
by Mars
Baie goeie diens by Fuelperformance gekry. Kan hulle enige tyd aanbeveel!

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Thu Jul 23, 2015 3:34 pm
by Reinart21
Middag Andre, jy het vroeër op die thread genoem jy wil hom af vatkaap toe om sy ECU reg gemap te kry? Watter ECU gebruik jy huidiglik?

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Thu Jul 23, 2015 3:44 pm
by mosteran
Hi Reinart

Ek het dictator op my lexus

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Fri Jul 24, 2015 9:44 pm
by wim
Ek het my lexus conversion so vier jaar terug gedeon op my Hilux met die 22r engine.Met bietjie hulp van Allen oor die foon het ek alles self gedoen , oorspronklike ratkas gebruik met KZTE radiator en n elektriese fan uit n Mercedes bens uit. Karavaan gesleep wat ek nie kon glo hoe lekker sleep hy nie n 4x4 roete op n plaas uitgertap en gebou met hom en die werel al plat gery met hom . Geen oorverhitting probleme nie ek moes die sentre bearing al laat vervang het en dan het ek nog net die starter oor gedoen en hy het een keer n rotor gebreek wat ek by ons lokale Toyota agentskap gekry het en toe vervang het en toe doen ek sommer die cam belt ook.Ek het vrede gemaak met die brandstof gebruik (4KM/L in die dorp en 7km/l oop pad) en geniet die trokkie terdee.Ry hom partykeer hard as ek die lokale windgatte met hulle Polos en ander padpuisies gou n les kleer maar ry oor die algemeen rustug. Maak net vrede met die branstof verbruik en dis n awesome trokkie . As die ouens vir my se hy is seker swaar op petrol dan se ek nee hy kan dit nie vinneger gebruik as wat ek dit kan ingooi nie.

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Mon Jul 27, 2015 10:11 am
by mosteran
Dis is dam so wimpie, die genot oorheers by verre die brandstof verbruik.
Op die stadium loop myne so 5.5km/l, maar ek ry nog agter die klank aan.
Die ou wat die dictator management opgesit het laai n default map op, glo as ek hom laat dyno sal ek beter brandstof kry en sekerlik bietjie meer poeiers.
Het jy Dyno uitslae Wimpie?

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Fri Nov 27, 2015 11:32 am
by mosteran
Voel ek moet so slag meedeel wat aangaan rondom my ombouing.

My oorspronklike gearbox het toe gegroet en het besluit om KZTE gearbox te kry.
Was dit nou nie n laaaang uigerekte storie nie. As iemand ooit te doen kry met COUNTRY WIDE ENGINE AND GEARBOX in VANDERBIYLPARK (eienaar Lourens Coetzee) bly ver weg.
Hom gebel vir n kwotasie, hom betaal nadat hy gese het hyt stock op die KZTE gearbox.
Tot my spyt. Het toe nooit KZTE gearbox en ekt omtrend 30+ dae gesukkel om my geld terug te kry. moes tot met prokureur dreig.
Soja kry toe n ander gearbox en belsuit om maar alle bearings en seels te vervang.

Moes toe ook my Bellhousing verander agv die bolt pattern wat verskil tussen die W series en R series gearboxe.
Bel toe vir Fana Van Zyl AKA conversion man, anytime se hy, stuur net jou ou bellhousing terug betaal R1000 en ek stuur vir jou n nuwe bellhousing wat op die KZTE box pas. :frustrated:
In my lewe sal ek nie weer met daai man besigheid doen nie. Hy het my bellhousing ontvang op 30/10/2015. het my nogal die oggend gebel en gese hyt hom gekry en sal oor 2 tot 3 dae my nuwe een terug stuur.
Dis nou al 27/11/2015 en nog niks bellhousing van fana, elke keer as ek bel (en hom in die hande kry) is sy woorde net "ek stuur nou vir jou die tracking nommer, die bellhousing le hier en is klaar"

Vir my is die ombouing glad nie so erg nie, maar die besighede daar buite maak n mens op. ek is nou al besig om alternatief te soek want of ek ooit n bellhousing van fana gaan sien betwyfel ek sterk.
Recon KZTE.jpg

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Fri Nov 27, 2015 1:38 pm
by PJC
Nice rig!! I also went the Lexus rout. I was very pleased with the power and performance.

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Fri Nov 27, 2015 2:47 pm
by swartvark
Soos voorheen genoem het ek baie goeie diens en kwaliteit produk by Gilo Engineering gekry. :thumbup:
20150720_103349.jpg
11223903_1015660555153294_8687823642883558651_n.jpg

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Fri Nov 27, 2015 2:52 pm
by mosteran
Ek het nou gou my Flywheel met clutch mooi gemeet en vir gilo gestuur.
Hulle moet net seker maak my flywheel/clutch setup pas in hulle bellhousing.
Wil nie graag ander flywheel en clutch koop nie.
201511271349.pdf
(452.97 KiB) Downloaded 274 times

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Fri Nov 27, 2015 3:06 pm
by swartvark
As ek jy was het ek een van die manne wat in Fana se area woon gevra om jou ou Bellhousing en geld persoonlik by hom te gaan optel :aggresive: en vir jou terug te stuur.

Dan bestel jy jou parte by die profesionele mense van Gilo en verkoop jou ou bellhousing ens op die Forum. :thumbup:

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Fri Nov 27, 2015 3:11 pm
by mosteran
Net toe ek nou begin spook om ander planne te maak bel Fana my.
Hy stuur nou my Bellhousing. het tracking nommer gekry.
Sal nou maar kyk hoe lyk die bellhousing as hy hier aankom.

Het ook met Janine by Gilo gepraat, syt al klaar meer moeite vir my gedoen in 30min se tyd as wat Fana in 30 dae gedoen het.
Moet se ek sal nooit weer Fana ondersteun of aan iemand verwys. Gilo as voorbeeld se diens is tops en soos tiaan se fotos wys kan n man sommer sien dis beter kwaliteit.

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Fri Nov 27, 2015 3:15 pm
by swartvark
mosteran wrote:Ek het nou gou my Flywheel met clutch mooi gemeet en vir gilo gestuur.
Hulle moet net seker maak my flywheel/clutch setup pas in hulle bellhousing.
Wil nie graag ander flywheel en clutch koop nie.
201511271349.pdf
In my geval het dit nie gepas nie..........ek moes die "Fana Flywheel" laat kleiner sny en balanseer.... en 'n 2.7 vvti clutch kit koop.

Ek weet dat ons hieroor gepraat het, maar ek noem dit sommer op die Forum, sodat ander wat dit lees ook ingelig word. ;-)

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Fri Nov 27, 2015 3:22 pm
by swartvark
mosteran wrote:Net toe ek nou begin spook om ander planne te maak bel Fana my.
Hy stuur nou my Bellhousing. het tracking nommer gekry.
Sal nou maar kyk hoe lyk die bellhousing as hy hier aankom.

Het ook met Janine by Gilo gepraat, syt al klaar meer moeite vir my gedoen in 30min se tyd as wat Fana in 30 dae gedoen het.
Moet se ek sal nooit weer Fana ondersteun of aan iemand verwys. Gilo as voorbeeld se diens is tops en soos tiaan se fotos wys kan n man sommer sien dis beter kwaliteit.

:laugh2: :laugh2: Hy het seker hier gelees dat ons sleg praat van hom!!!


Hier is my ou Fana Bellhousing, dit het nie ordentlik opgeLine nie en daartoe gelei dat my gearbox se input shaft skeef afgeloop het. Ek het my hele ratkas laat recon. Die masjienmerke wat julle sien is wat ek gemaak het om te kyk hoe ver van rond af sy bellhousing is.. :crazy:
11745450_1015661288486554_7531650188805223652_n.jpg
Nee wat ....Gilo s'n is duidelik beter.
20150720_103349.jpg

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Fri Nov 27, 2015 3:25 pm
by mosteran
Ja Janine se hulle bellhousing se binne maat is 315mm en Fana flywheel is 317mm.
Sy het wel gese hulle kan kyk om hulle bellhousing bietjie uit te masjien om plek te maak vir fana flywheel.
Ek moet se ek hou meer van die fana flywheel wat bietjie swaarder is. het al klip gery en hy loop lekker op idle met genoeg torque. my pa het ook selfde bakkie gehad met kleiner flywheel en clutch, geref soos n maar vark (of sal ek se swartvark :tease: ) maar nie so lekker low down torque gehad nie.

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Fri Nov 27, 2015 3:57 pm
by swartvark
mosteran wrote:Ja Janine se hulle bellhousing se binne maat is 315mm en Fana flywheel is 317mm.
Sy het wel gese hulle kan kyk om hulle bellhousing bietjie uit te masjien om plek te maak vir fana flywheel.
Ek moet se ek hou meer van die fana flywheel wat bietjie swaarder is. het al klip gery en hy loop lekker op idle met genoeg torque. my pa het ook selfde bakkie gehad met kleiner flywheel en clutch, geref soos n maar vark (of sal ek se swartvark :tease: ) maar nie so lekker low down torque gehad nie.


Kom ons kyk maar of jy daai Fana bellhousing kry, dit gaan die vinnigste, goedkoopste, maklikste oplossing wees. :thumbup:


O'jaaaa.....ou Swartvark limiter nou baie lekker. :twisted:

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Tue Dec 22, 2015 7:52 am
by mosteran
Het my nuwe gearbox laasnaweek bietjie gaan toets in Port Nolloth se duine.
Ongelukkig nie fotos in die duine geneem nie, het te veel ge op en af :cooldude:
die oukie loop nou lekker...... :dance1:
20151219_075545.jpg
20151219_075530.jpg
20151219_075519.jpg

Re: Nog n Lexus in n SFA

Posted: Wed Dec 23, 2015 10:59 am
by Mars
Lekker man!