Diesel Filter

Discuss anything here as long as it is clean. Having a hard time with your Skoonma, tell us about it here, or discuss the Rugby. Whatever you feel like talking about.
Post Reply
Dorslandtrekker
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 80
Joined: Mon Jun 14, 2010 11:48 am
Town: Pretoria
Vehicle: Isuzu 280 D/C 4x4 Warn winch, Snorkel, Camel suspension, Duel Battery, AHA Camper, Solar Panel, VHF/29 Mhz Radio, Maluti Rims, Hankook 30x9.5x15, Ekstra brandstof 50 Liter, Moeilikheid ..... Niks.
Real Name: Frik
Club VHF Licence: X 70
Location: Mountainview

Diesel Filter

Post by Dorslandtrekker »

Met al my travels deur Afrika vind ek dat die diesel geweldig vuil is. Botswana is die grootste probleem, veral by die kleiner dorpies.

My Isuzu het 'n "watertrap" en direk daarna die gewone skroef diesel filter. Ek vind dat ek gereeld die watertrap moet skoon maak wat ± 20 mm sand en ander gemors in het. Die sand kom ook in die pompie se kleppe en dan pomp hy glad nie. Dit is 'n probleem wanneer jy die filter ruil. Die bakkie se tenk en vulpyp en prop is dig en die sand kom nie van buite nie.

Die vraag is nou kan ek 'n gewone "inline" filter voor die watertrap installeer om die meeste van die sand op te vang, 'n tipe van 'n pre-filter of wat jy dit ook al noem? Ek het by my naaste Midas navraag gedoen oor so 'n "Inline diesel filter" maar hulle reken jy kry nie so 'n filter vir diesel nie, slegs vir petrol. Sal die petrol filter die ding doen of gaan hy verstop met die dikker viscosity van diesel? Ek het 'n ander filter in een van die plaaslike tydskrifte gesien wat net die ding is maar ek glo dit kos meer as wat die Isuzu werd is.

Wat sê julle slim manne? :beg: :beg: :beg:
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Diesel Filter

Post by ChrisF »

Soek bietjie vir posts oor "UDF filters".

Dit kom NA die eerste filter, en het dan BAIE kleiner gaatjies om alles te keer.

Persoonlik verkies ek n eenheid wat jy by Donaldson kan kry - doen presies dieselfde, maar ek kan plaaslik parte kry. Met die UDF moet ek die goed bestel ... Maar jy bly daar bo, so dis nie vir jou n probleem nie.


My bakkie is nou 1 jaar oud, en my handelaar wil nie saam speel nie .... so ek sal nog so bietjie wag voor ek sulke goed doen.
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Diesel Filter

Post by OOOOMS »

Weet iemand watse filters gebruik die plaas boere op hulle trekkers?

Hoekom kan mens dit nie gebruik nie?
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Diesel Filter

Post by ChrisF »

Mark gesels met die mense by Donaldson.

BAIE opsies !!
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Diesel Filter

Post by OOOOMS »

ChrisF wrote:Mark gesels met die mense by Donaldson.

BAIE opsies !!
Dankie Chris, maak so :thumbup:
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: Diesel Filter

Post by Traveler »

Na wat ek vandag gesien het sal ek nie eens 'n LandRover aanbeveel om 'n UDF op te sit nie. Die filter medium lyk soos nat toiletpapier wat vir 'n week in water gele het.

Natuurlik het dit gelei tot R104k skade met injectors en dieselpomp sat.

Ek is nou nog meer tevrede met my Racor setup.

Ek gaan volgende week na Filter Flow se fabriek toe, ek sal bietjie vir jou uitvind Mark.
Image
Image

Know what you don't know.
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Diesel Filter

Post by OOOOMS »

Traveler wrote:Na wat ek vandag gesien het sal ek nie eens 'n LandRover aanbeveel om 'n UDF op te sit nie. Die filter medium lyk soos nat toiletpapier wat vir 'n week in water gele het.

Natuurlik het dit gelei tot R104k skade met injectors en dieselpomp sat.

Ek is nou nog meer tevrede met my Racor setup.

Ek gaan volgende week na Filter Flow se fabriek toe, ek sal bietjie vir jou uitvind Mark.
Eina op watse voertuig was dit? Dog UDF was veronderstel om topps te wees..... :o:
Dorslandtrekker
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 80
Joined: Mon Jun 14, 2010 11:48 am
Town: Pretoria
Vehicle: Isuzu 280 D/C 4x4 Warn winch, Snorkel, Camel suspension, Duel Battery, AHA Camper, Solar Panel, VHF/29 Mhz Radio, Maluti Rims, Hankook 30x9.5x15, Ekstra brandstof 50 Liter, Moeilikheid ..... Niks.
Real Name: Frik
Club VHF Licence: X 70
Location: Mountainview

Re: Diesel Filter

Post by Dorslandtrekker »

:thumbup: :thumbup: Ek het net die regte ding gekry by PTF Filters in Gezina. Inline diesel fiter met 'n siffie, ± 150 mm lank x 50/60 mm deursnee, deurskynend en pas op 3 verskillende grote pype waar jy net 'n klamp nodig het om vas te maak. Dit het geen invloed op die vloei van diesel nie. Hulle het ongelukig nie voorraad gehad nie maar vir my bestel. Behoort Dinsdag/Woensdag daar te wees. Die filter se prys, ............ 'n hele R60,00.

Sodra ek dit gekry het plaas ek die part nommers en ander info op dié draad. Moet net nie vra vir foto`s nie, ek het te vroeg uit die skool gegaan en kry net nie die goed gelaai op die forum nie.
:yahoo: :yahoo:
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Diesel Filter

Post by OOOOMS »

Stuur dan die pic na my: mark @ hilux 4 x 4 . co . za
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: Diesel Filter

Post by Traveler »

Uitstekend Frik. Ek sal graag wil sien.

Mark, die filter is uitstekend, maar die papier like nie van water nie.

Dis op 'n 8cyl 13liter diesel engine.
Image
Image

Know what you don't know.
Joseph Rakauoane
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 64
Joined: Tue Jul 01, 2008 4:29 pm
Town: Maseru
Vehicle: Toyota Hilux
Real Name: Joseph Rakauoane

Re: Diesel Filter

Post by Joseph Rakauoane »

Can anyone please tranlate for me the above topic. I do not know Afrikans.
Dorslandtrekker
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 80
Joined: Mon Jun 14, 2010 11:48 am
Town: Pretoria
Vehicle: Isuzu 280 D/C 4x4 Warn winch, Snorkel, Camel suspension, Duel Battery, AHA Camper, Solar Panel, VHF/29 Mhz Radio, Maluti Rims, Hankook 30x9.5x15, Ekstra brandstof 50 Liter, Moeilikheid ..... Niks.
Real Name: Frik
Club VHF Licence: X 70
Location: Mountainview

Re: Diesel Filter

Post by Dorslandtrekker »

Ek maak so Mark.
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Diesel Filter

Post by OOOOMS »

Joseph Rakauoane wrote:Can anyone please tranlate for me the above topic. I do not know Afrikans.
Subject: Topic
Afrikaans = Diesel Filter
English = Diesel Filter
:lol: :lol: :lol: just kidding... :tease:
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Diesel Filter

Post by OOOOMS »

Joseph: here is the link again:
http://translate.google.com/support/?hl=en" onclick="window.open(this.href);return false;
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Diesel Filter

Post by OOOOMS »

OOOOMS wrote:Stuur dan die pic na my: mark @ hilux 4 x 4 . co . za
Pics al geneem?
User avatar
FUDGES
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 651
Joined: Mon Mar 15, 2010 3:31 pm
Town: Kempton Park
Vehicle: D4D 3.0l
Real Name: A.J.

Re: Diesel Filter

Post by FUDGES »

Traveler wrote:Uitstekend Frik. Ek sal graag wil sien.

Mark, die filter is uitstekend, maar die papier like nie van water nie.

Dis op 'n 8cyl 13liter diesel engine.

H jy moet dalk net seker maak oor die een my UDF filter is n water block wat water heeltemal stop om deur te gaan. Dit het al met my gebeur waar ek n nuwe element moes in sit voor ek verder kon ry.
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: Diesel Filter

Post by Traveler »

AJ,
Die watertrap deel van die filter het gewerk. Die papier (filter medium) het katastrofies misluk.
Ek het jou PM gestuur om uit te brei.
Image
Image

Know what you don't know.
Dorslandtrekker
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 80
Joined: Mon Jun 14, 2010 11:48 am
Town: Pretoria
Vehicle: Isuzu 280 D/C 4x4 Warn winch, Snorkel, Camel suspension, Duel Battery, AHA Camper, Solar Panel, VHF/29 Mhz Radio, Maluti Rims, Hankook 30x9.5x15, Ekstra brandstof 50 Liter, Moeilikheid ..... Niks.
Real Name: Frik
Club VHF Licence: X 70
Location: Mountainview

Re: Diesel Filter

Post by Dorslandtrekker »

Mark, aflewering is eers Dinsdag/Woensdag. Sal more middag gaan kyk of dit gearriveer het. Sal dan foto`s neem en aanstuur.
Post Reply

Return to “Open Discussion”