Suntank solar system

Discuss anything here as long as it is clean. Having a hard time with your Skoonma, tell us about it here, or discuss the Rugby. Whatever you feel like talking about.
Post Reply
User avatar
The Legend
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3558
Joined: Sun Jul 04, 2010 6:53 am
Town: Kempton Park
Vehicle: 1994 2.2 4y 4x4 D/C Toyota Hi-Lux
Real Name: Dawie
Club VHF Licence: X93-

Suntank solar system

Post by The Legend »

Ouens,

Ek soek julle advies.Met eskom krag tariewe wat net bly styg oorweeg ek dit om vir my n suntank solar system te laat insit.

Al wat ek wil weet is dit die moeite werd ,of moet ek dit los?
“A BAD DAYS FISHING IS BETTER THAN A GOOD DAYS WORK”

“Do what you do so well, that the people that see you do it, will want to see you do it again,and will bring others to see you do it”
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Suntank solar system

Post by OOOOMS »

Belis die moeite werd, met die ZA klimaat werk dit :thumbup: My pa het begin die jaar een laat installeer en is nog nie 'n dag jammer nie :mrgreen:
User avatar
smokintyres
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 329
Joined: Mon Jul 05, 2010 10:18 am
Town: Windhoek
Vehicle: Hilux 4.0 V6, relatively standard; for now...
Real Name: Gernot

Re: Suntank solar system

Post by smokintyres »

Mark, was dit 'n Suntank of 'n ander brand gewees? Want ek is nie tevrede met die Suntank se kwaliteit nie. Sou ierder vir 'n Solarhart,Solsquare of Kwikot gaan. Die Suntank brand vinnig stukkend van die son. Myne is nou bietjie meer as 3 jaar oud en lyk nie meer te goed nie. Die 'efficiency' is ook laer as die van die ander eenes. Dit doen die werk, water is warm, maar op kou dae sukkel dit bietjie. Kostes speel natuurlik 'n groot rol, maar selfs die deurste system sal binnekort (soos die krag duurder raak) binne 3 tot 4 Jaar betaal wees. En die goeie eenes hou maklik 15 jaar en langer.
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Suntank solar system

Post by OOOOMS »

Gernot, ek weet nie watse maak hulle ingesit het nie maar kan uitvind :thumbup: Die ding word rook warm, selfs in die winter !
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Suntank solar system

Post by ChrisF »

los .... wel vir ONS is dit NIE die geld werd nie


Daar is n paar goed wat bepaal OF dit vir JOU gaan werk:

- wanneer bad julle ? beste besparings as julle laat middag vroeg aand bad (ons bad in die oggend, teen daai tyd het die stelsel reeds merkbaar energie verloor)

- hoeveel mense is julle in die huis ? (2 mense DRUK die 150 liter eenhede, verkiesliek minimum 200 liter vir 2 mense, n beslis 300 liter as julle drie is. - tensy julle tussen elke bad n uur of wat se son het om die silinder weer te verhit)
- het jy n dak wat Noord kyk, waar jy die paneel kan plaas ? (bietjie meer wes as jy meer verhitting in die middag soek, bietjie meer oos as jy die verhitting vroer in die oggend soek, praat nou van tot 40 grade na n kant. en ons praat nou van STERRE noord, nie magnetiese noord nie, gemiddeld so 20 grade verskil... as jou installeerder nie die basics ken nie kry n ander een ....)
- op n somer dag word die water tot 90 grade in n solar stelsel - genoeg om brandwonde te veroorsaak !!!! Daar bestaan "post mixing valves" - dit meng koue water met die warm water om n maksimum temperatuur te verseker, die goed se verstellings is n NAGMERRIE !!!!!
- AS jy een van die stelsels gebruik wat ln Eskom rebate kry - deel van die transaksie is n timer. EN dit MOET so gestel word dat die elektriese element AF is gedurende "spits tye" ....
- party firmas doen n Retrofit - hul konnekteer n solar paneel aan jou bestaande geyser .... ek het al n paar van die gesien wat in nagmerries ontaard ....


die nuwe mode gier is "heat pumps". Dink aan n omgekeerde aircon eenheid - in plaas van lug koud maak, maak dit water warm. Dit gebruik omtrent n DERDE van die krag wat n normale geyser gebruik. Daar is nog nie so baie hiervan in SA nie, alhoewel AL die verspreider nou hiervan op hul katalogus het.



PERSOONLIK - ons gebruik net n timer wat gestel is vir ons tye wat ons warm water gebruik. Goedkoop, en ons al duisende gespaar in die 10 jaar wat ons dit gebruik.


PS - as deel van my dagtaak was ek al betrokke met die installering van meer as 200 eenhede in die laaste 2 jaar .....

daar IS n mark vir die items. maar vir meeste mense is dit net n PYN. Jy MOET n paar doelbewuste besluite neem om die beste uit die stelsel te kry .....
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Suntank solar system

Post by OOOOMS »

Dankie vir die insette Chris, na watse kostes kan mens kyk op die modelle en hoe werk die rebate?
User avatar
Royco
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1149
Joined: Sun Apr 12, 2009 7:50 pm
Town: Stellenbosch
Vehicle: '09 D4D 3.0 Raider 4x4 D/Cab
Real Name: Roy
Club VHF Licence: X88

Re: Suntank solar system

Post by Royco »

Dankie Chris! :thumbup:
Dis wat ek altyd gedink het, maar nie die feite geweet nie. As jy dit feite kan noem.
Jy't dit mooi opgesom. :thumbup:
Image Image Image Image
User avatar
KOBUSL
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2044
Joined: Sat Jul 19, 2008 2:12 pm
Town: WOLSELEY
Vehicle: '96 HILUX 2.8 HILUX DC 3i BMW 540 RANCHERO UTE 4 Li
Real Name: KOBUS

Re: Suntank solar system

Post by KOBUSL »

Lollie wrote:Ouens,

Ek soek julle advies.Met eskom krag tariewe wat net bly styg oorweeg ek dit om vir my n suntank solar system te laat insit.

Al wat ek wil weet is dit die moeite werd ,of moet ek dit los?
Dawie, ons het in Maart 'n hoedruk sisteem van 150 l ingesit. As jy 'n Kwikhot silinder het kan jy laat retrofit, maw hulle verander jou "ou" silinder en kom sit net die paneel en die pypwerke op. Daar is ander silinders wat ook geskik is vir omskakeling, die kontrakteur sal weet, maar maak seker by die vervaardiger. Hierdie opsie is dus goedkoper, die nuwe silinder sit omtrent R 2k by die prys. Ek sou dit aanbeveel as jou huidige silinder ouerig is. Verder glo ek dis beter om 'n doelgemaakte ( solar ) silinder in te sit. Volgens my oplesings werk die buise die beste.

Die hoedruk stelsel het 'n pompie wat die water sirkuleer, maar jy kan dit met 'n klein sonpaneel laat dryf. ( Ons is mos juis met sonkrag besig, is ons nie ? ) Die ouens wat by my ingesit het, het die heel kleinste battery gebruik ( 12 V 4ah ), en alhoewel die water op bewolkte dae warm word, laai die sonpaneel die battery nie genoeg om die pompie te dryf nie. En met die baie reen en gevolglik die baie bewolkte dae hierdie jaar, hou die battery net 'n dag en 'n nag. Ek het die battery opgegradeer en 'n klein laaiertjie sorg dat hy vol bly as dit lank bewolk is.

Sover is die verskil in kraggebruik minimaal, maar ek sal dit oor 'n langer periode monitor. Die hoofrede is egter nie om krag te spaar nie, ( dis 'n bonus ) maar om warm water te he as Eskom nie kan voorsien nie, soos jy tereg vra. Die ander rede is dat ek besig is om my huis op sonkrag te sit , en dan is 'n warmwatersilinder wat krag trek, 'n doodskoot. Maw, die sonkragsiteemgan baie meer $$$$$ kos. Oor die algemeen is ons baie tevrede met die skuif.
Word te vinnig oud en te stadig wys.
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Suntank solar system

Post by ChrisF »

Mark ek sal by die werk moet kyk vir die details.

PM my jul epos adresse, dan kan ek die details aanstuur.


PS - ons is ingenieurs betrokke met projekte, en raak slegs hier by betrokke wanneer ons kliente die ekstra diens benodig. Dus het ek geen affiliasie aan enige brand nie, slegs skoolgeld betaal met harde sweet op sites ...... maar ek kry darem nou gereeld eposse van verskeie verskaffers, sal dit met graagte aanstuur.
chopper

Re: Suntank solar system

Post by chopper »

TASOL Solar verskaf en installeer ook goeie waarde-vir-geld stelsels, hulle gebruik (somtyds) Kwikot produkte in hulle stelsels
Ek verkies om 'n hittepomp te installeer vs die sonpaneel-stelsel; 'n hittepomp kan 'n besparing van tot 74% op 'n warmwaterstelsel bewerkstellig - en dit is meer duursaam en gebruikersvriendelik itv installasie, voorkoms ens
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Suntank solar system

Post by OOOOMS »

ChrisF wrote:Mark ek sal by die werk moet kyk vir die details.

PM my jul epos adresse, dan kan ek die details aanstuur.


PS - ons is ingenieurs betrokke met projekte, en raak slegs hier by betrokke wanneer ons kliente die ekstra diens benodig. Dus het ek geen affiliasie aan enige brand nie, slegs skoolgeld betaal met harde sweet op sites ...... maar ek kry darem nou gereeld eposse van verskeie verskaffers, sal dit met graagte aanstuur.
Dankie Chris, mark at hilux 4 x 4 . co . za
User avatar
The Legend
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3558
Joined: Sun Jul 04, 2010 6:53 am
Town: Kempton Park
Vehicle: 1994 2.2 4y 4x4 D/C Toyota Hi-Lux
Real Name: Dawie
Club VHF Licence: X93-

Re: Suntank solar system

Post by The Legend »

smokintyres wrote:Mark, was dit 'n Suntank of 'n ander brand gewees? Want ek is nie tevrede met die Suntank se kwaliteit nie. Sou ierder vir 'n Solarhart,Solsquare of Kwikot gaan. Die Suntank brand vinnig stukkend van die son. Myne is nou bietjie meer as 3 jaar oud en lyk nie meer te goed nie. Die 'efficiency' is ook laer as die van die ander eenes. Dit doen die werk, water is warm, maar op kou dae sukkel dit bietjie. Kostes speel natuurlik 'n groot rol, maar selfs die deurste system sal binnekort (soos die krag duurder raak) binne 3 tot 4 Jaar betaal wees. En die goeie eenes hou maklik 15 jaar en langer.
Suntank het n waarborg van 10 jaar
“A BAD DAYS FISHING IS BETTER THAN A GOOD DAYS WORK”

“Do what you do so well, that the people that see you do it, will want to see you do it again,and will bring others to see you do it”
User avatar
blom
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1014
Joined: Mon May 12, 2008 11:44 am
Town: Landrovia
Vehicle: xj jeep & SERIES 3 & Isuzu KB 300 Dtec DC
Real Name: Blom
Location: Landrovia
Contact:

Re: Suntank solar system

Post by blom »

Mark as chris die info vir jou stuur laai dit asb man
ek sit nou rustig die storie en lees en dan will jylle "agter die skerms" begin :mrgreen:
hernubare energie si GREEN dude goii lat ons kan lees !! :twisted:
Grensvegter van LANDROVIA
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Suntank solar system

Post by OOOOMS »

blom wrote:Mark as chris die info vir jou stuur laai dit asb man
ek sit nou rustig die storie en lees en dan will jylle "agter die skerms" begin :mrgreen:
hernubare energie si GREEN dude goii lat ons kan lees !! :twisted:
:thumbup: Maak so :thumbup:

Van Dawie ontvang:
Pricelist
Solar pricelist.pdf
(28.31 KiB) Downloaded 104 times
loan application gess green march 2012.pdf
(127.86 KiB) Downloaded 78 times
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Suntank solar system

Post by ChrisF »

Mark epos gestuur. :)
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Suntank solar system

Post by ChrisF »

okay manne, so bietjie tegniese inligting om julle te help om n ingeligte besluit te maak:

plat plate vs buise
buise IS meer effektief as plat plate. Die buise is SO effektief dat die water in die geyser begin kook, dan ontkoppel die manne n buis of twee. Maar dan is daar ook bewyse dat die buise makliker breek as die plat plate (uit die 100+ buis installasies waarby ons betrokke was het nog nie een gebreek nie).
Plate plate is meer algemeen bekend. Bloot uit n estetiese oogpunt verkies ek plat plate, al is al die tegniese inligting ten gunste van die buise.

direkte vs indirekte stelsels
in n direkte stelsel vloei die water direk deur die paneel. Goedkoper en eenvoudige stelsel. MAAR die wat kan vries in die panele .....
indirekte stelsel gebruik n tipe antifreeze fluid in die paneel/buise. Dit vloei dan deur n hitte ruillaar binne in die geyser om die geyser te verhit.


split vs close coupled
ons ken almal daai aaklige gemors waar die geyser buite die dak bo-op die paneel gemonteer is, dit is n close coupled stelsel.
split beteken die panele/buise is buite en die geyser binne die dak ruim.
die tweede opsie is baie meer esteties aanvaarbaar, MAAR nou begin die sports met die water vloei ....

konveksie vs pomp
met die close coupled stelsels word konveksie gebruik om die water te "pomp" in die stelsel. Soos die water warm word in die paneel styg die warm water natuurlik (konveksie), die stygende water vorseer die koue water om weer onder by die paneel in te gaan.
Met die split stelsels werk die konveksie slegs as dit moontlik is om die paneel "laag" op die dak te monteer, EN die geyser "hoog" binne in die dak ruim - dus is die geyser steeds hoër as die paneel. MAAR weens die lang pyp lengtes werk konveksie nie so goed in die stelsels nie.
Dus word meganiese pompe gebruik in (meeste) split stelsels. Hier praat ons van omtrent n 30W pompie, en dit pomp slegs wanneer die water in die paneel meer as 8 grade hoër is as die water in die geyser (om te verseker dat die geyser NIE hitte verloor deur die paneel nie)


Noord
ek het reeds verwys na die feit dat panele na SOLAR noord moet kyk vir optimum effektiwieteit. Solar noord vs magnetiese noord verskil met 15 tot 25 grade deur SA. Neem MAGNETIESE Noord en kyk 20 grade OOS, nou is jy naby aan SOLAR noord.


Tilt
Dan is daar ook die hoek met betrekking tot die grond, tilt. Ons wil mos juis hê die plaat moet NA die son KYK, dus help dit nie as hy plat op sy rug lê nie. Vir maksimum rendement is dit tilt dieselfde as die "angle of latitude" (Kaap 33 grade, Johannes burg 26 grade, Pretora 25grade). MAAR nou weet ons mos ook die son lê laag in die winter .... Vir "optimum" ekketiwieteit reg deur die jaar kan die paneel geïnstalleer word teen n hoek van "latitude PLUS 10 grade.


Kapasiteit
In my eerste post het ek verwys na die GROOT probleem met solar stelsels - KAPASITEIT.

Ons wil son energie gebruik om die water warm te maak, maar omdat ons eers later by die huis kom gebruik ons meestal ons geysers NA son-onder. Die ENIGSTE manier om dit te laat WERK, is om GROOT geysers te hê !! (maar nou raak die ding DUUR)




Kan ek dus opsom - die beste stelsel is "useless" as die installeerder aanjaag ..... en DIT is ons grootste uitdaging - die industrie is vervuil van "fly by nights" ......


nou ja, nou is my twee vingers moeg getik, en ek moet gaan werk. sien julle later
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Suntank solar system

Post by OOOOMS »

Dankie Chris vir jou insette :thumbup:
User avatar
The Legend
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3558
Joined: Sun Jul 04, 2010 6:53 am
Town: Kempton Park
Vehicle: 1994 2.2 4y 4x4 D/C Toyota Hi-Lux
Real Name: Dawie
Club VHF Licence: X93-

Re: Suntank solar system

Post by The Legend »

Ek het juis warm water vroeg in die more nodig-so dan gaan die stelsel my nie help nie. :evil:
“A BAD DAYS FISHING IS BETTER THAN A GOOD DAYS WORK”

“Do what you do so well, that the people that see you do it, will want to see you do it again,and will bring others to see you do it”
User avatar
KOBUSL
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2044
Joined: Sat Jul 19, 2008 2:12 pm
Town: WOLSELEY
Vehicle: '96 HILUX 2.8 HILUX DC 3i BMW 540 RANCHERO UTE 4 Li
Real Name: KOBUS

Re: Suntank solar system

Post by KOBUSL »

Dawie, ons gebruik ook die meeste warm water vroeg oggend. Die stelsel het ook 'n timer wat gestel is om so vir 'n uur die element aan te skakel om die geyser op temperatuur te bring. Sover werk dit goed.

Ons het die hoek waarteen die buise le gestel vir optimale son in die winter. Die somer sorg vir homself. En wat Chris se van installeerders is BAIE BELANGRIK.
Jy moet hom met meer erns kies as jou skoonseun.

Verder hoop ek julle het genoeg son in die noorde om by die geyser uit te kom. lol.
Word te vinnig oud en te stadig wys.
User avatar
The Legend
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3558
Joined: Sun Jul 04, 2010 6:53 am
Town: Kempton Park
Vehicle: 1994 2.2 4y 4x4 D/C Toyota Hi-Lux
Real Name: Dawie
Club VHF Licence: X93-

Re: Suntank solar system

Post by The Legend »

Thanx Kobus

Maar aan die einde van die dag wil ek weet of daar n noemins waardige vermindering in my krag rekening gaan wees met die solar tank stelselm
“A BAD DAYS FISHING IS BETTER THAN A GOOD DAYS WORK”

“Do what you do so well, that the people that see you do it, will want to see you do it again,and will bring others to see you do it”
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Suntank solar system

Post by ChrisF »

Lollie as jy warm water soek in die oggend, met n bietjie warm water in die aand vir die skottelgoed .... nee wat, gaan nie veel spaar nie.

Koop n "geyser timer", dit pas direk in jou DB bord. My buurman is n sparky en ek kry myne by hom vir net oor die R300, het nou al n paar ingesit by pelle.


My geyser gaan 4:00 aan. Teen 5:00 het ek lekker warm water, en 30 minute later kan my vrou ook bad. nog 30 minute later site die timer af en daar is genoeg warm water vir skottelgoed ens. Teen 16:00 sit die timer weer aan vir n uur of wat, dan is daar meer as genoeg warm water vir die aand se gebruik.


Omdat ons naweek planne meer onveerspelbaar is, word die timer vir drie langer gleuwe aan gelos op Saterdae en Sondae.


Op die oomblik is ons Warm water elektriese rekening not oor die R250 per maand. Al spaar ek 100% op my warm water deel van die elektriese rekening gaan dit my BAIE JARE vat om daai solar af te betaal ... dan praat ek nie eens van die rente op daai duur stelsel nie ...


EK SE WEER - dit als af van die familie en WANNEER julle warm water soek. Drie mense, 300 liter tenk, en bad in die aand en daai solar kan BAIE geld spaar. Kleiner familie en oggend warm water ... nee wat ....
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5269
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: Suntank solar system

Post by Thabogrobler »

Die is mos so in my kraal!

Ek het 'n loodgieter besigheid en wat gese word hierbo is baie waar.

Die grootste probleem is die ouens wat die goed installeer - of eerder insit en koppel. Meeste het nie 'n idee wat hulle doen nie - plumbing gewys en nog minder van solar.

Het ek self 'n Solar geyser? NEE!!!

Dan is die vraag waarom nie?

1. Dis 'n reuse kapitale uitleg
2. Meer ekonomies, soos hierbo genoem, is 'n timer. Ek hou van die Geyserwise reeks, bloot omdat dit maklik installeer en 'n vertoon paneel in die huis het vanwaar jy jou verstellings kan doen en ook sien wat aangaan in jou geyser.
3. Geyer isolasie - die meeste vervaardigers dik erg aan as hulle die dikte van hul produk se isolasie beskryf. Koop 'n goeie(hoe dikker hoe beter) Geyser kombersie. Hier hou ek van Pioneer plastics se produk - so 100mm dik met 'n foelie lagie op!
4. Pyp isolasie - lekker dik aicon lagging van Metraclark.

Geyser kombersie en pyp lagging spaar jou amper 30% van jou geyser se krag verbruik. Plus so rondom R200/maand/geyser met 'n timer.

Verder, sit eerder 'n 150L geyser in as 'n 200L - kleiner volume water om warm te maak en te hou! As my berekening reg is, is daar so 25% verskil tussen 'n 150 en 200 om warm te maak/hou!
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
User avatar
krazy_kameleon
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1063
Joined: Mon Apr 26, 2010 9:42 am
Town: Fourways
Vehicle: 1993 Hilux D/C 4X4 2.4 22R (fuel injection in the pipeline)
Real Name: Rick
Location: Fourways, Gauteng

Re: Suntank solar system

Post by krazy_kameleon »

Sorry guys my Afrikaans is not great and I think you covered the direct and indirect systems above.

I have had a solar geyser now for nearly 3 years.
we could only afford a 150l at the time which is a bit of a problem but you have to make do
we have a direct system and it has frozen 4 times now since we installed. Last year it even burst the copper piping when it froze.
so far this year of the 2 times it has frozen it has not burst any pipes.

If I did it again I would definitely have borrowed the extra cash for a 300l and I would have gone for a glycol indirect system

hope this helps
User avatar
krazy_kameleon
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1063
Joined: Mon Apr 26, 2010 9:42 am
Town: Fourways
Vehicle: 1993 Hilux D/C 4X4 2.4 22R (fuel injection in the pipeline)
Real Name: Rick
Location: Fourways, Gauteng

Re: Suntank solar system

Post by krazy_kameleon »

oh, and my electricity bill almost halved.
we did become more power conscious so I don't give all the credit to the geyser but it did help with setting the standard for the family to live by
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Suntank solar system

Post by OOOOMS »

Well, now that I have better info on the subject, tx all :thumbup: I've ut the idea on ice :wink2:
Post Reply

Return to “Open Discussion”