To rubberize or not?? Help asb
- grobbepj
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1049
- Joined: Tue May 14, 2013 10:39 am
- Town: Alberton
- Vehicle: Hilux legend 35 4x4 3.0kzte D/C
- Real Name: Pieter
To rubberize or not?? Help asb
Nou dat die bakkie reeds in stukke staan het ek nou sommer lus om die bak ook te laat rubberise want hy het al paar lelike krappe op.
Het bietjie begin rondsoek en klink of Rhino linings se 5mm die beter opsie is. Is daar ander opsies??
Maar toe hoor ek van die mense se ek gaan dom wees om te rubberise want die bak roes onder die coating meer as om dit net te los soos dit as (dalk net ook oor te spray). Wat is die manne wat dit al gedoen het of nie wil doen nie se opinie. Gaan ek net geld mors en dit erger maak of is dit die moeite werd?
Ek laai nou nie juis elke dag bakstene op die bakkie nie so dink nie liner sal so vinnig lelik raak nie.
Any pros and cons will be appreciated.
Dankie

-
- Monster Truck
- Posts: 5268
- Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: '02 'Lux KZ
- Real Name: Thabo
- Club VHF Licence: x223
- Location: Garsfontein
- Contact:
Re: To rubberize or not?? Help asb
Laat spuit die bak!
In 1983/4 was my Pa een van die eerste ouens in die land wat poliuretaan bakkie voerings gedoen het.
As die bak ordentlik skoon en droog is voor dit gespuit word is daar feitlik geen manier dat dit onder die rubber kan roes nie - daai goed klou vreeslik. Sou die bak deur roes, sal dit eerder van onder af kan gebeur.
Goed skuif ook dan nie so maklik rond as jy ry nie en dit help baie vir stof en waterdigting.

'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!
If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!
A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.

- Pote
- LR 4WD Full Lockers
- Posts: 687
- Joined: Thu Jun 30, 2011 12:13 pm
- Town: Hartbeespoort
- Vehicle: Fortuner D4d 4x4 & VW Passat
- Real Name: Johan
- Club VHF Licence: X228
Re: To rubberize or not?? Help asb
Ek pesoonlik dink om die lining op te sit is 'n goeie ding.
Let wel ek het ook al gehoor van mense wat se dat die bak onder die lining roes. Wat ek self al ondervind het is dat hier boo in die hoeveld dit nie 'n probleem is nie maar wel by die kus.
Maak oof net seker dat as jy die luning opsit dat hulle omtrend al die verf van die bak afhaal ander kom die lining los en dit is ook waar jou probleme begin..
Let wel ek het ook al gehoor van mense wat se dat die bak onder die lining roes. Wat ek self al ondervind het is dat hier boo in die hoeveld dit nie 'n probleem is nie maar wel by die kus.
Maak oof net seker dat as jy die luning opsit dat hulle omtrend al die verf van die bak afhaal ander kom die lining los en dit is ook waar jou probleme begin..
-
- Monster Truck
- Posts: 5268
- Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: '02 'Lux KZ
- Real Name: Thabo
- Club VHF Licence: x223
- Location: Garsfontein
- Contact:
Re: To rubberize or not?? Help asb
Nee, hulle moet juis NIE die verf afhaal NIE!!!!
Soos genoem, my Pa is deur die hele oefening en oor die lang termyn is die bakke wat nog hul oorspronklike verf ophet bae beter daaraan toe!
Soos genoem, my Pa is deur die hele oefening en oor die lang termyn is die bakke wat nog hul oorspronklike verf ophet bae beter daaraan toe!
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!
If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!
A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!
A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
- grobbepj
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1049
- Joined: Tue May 14, 2013 10:39 am
- Town: Alberton
- Vehicle: Hilux legend 35 4x4 3.0kzte D/C
- Real Name: Pieter
Re: To rubberize or not?? Help asb
ekt nou met rhino lining gesels en hul haal glad nie verf af nie. inteendeel hul gaan wag totdat die bak eers klaar oorgesprui is voor hulle die lining doen. DIt is blykbaar nou n ander proses wat soos n gom werk wat aan die verf bind en jy behou die beskerming van die verfwerk onder die lining...Thabogrobler wrote:Nee, hulle moet juis NIE die verf afhaal NIE!!!!
Soos genoem, my Pa is deur die hele oefening en oor die lang termyn is die bakke wat nog hul oorspronklike verf ophet bae beter daaraan toe!
ek moet net voor dinsdag volgende week besluit mar dit lyk sover of dit die moeite werd is. Dit is eerlikwaar ook goedkoper as wat ek gedink het dit gaan wees.
- pietdevs
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 253
- Joined: Fri Feb 11, 2011 12:29 pm
- Town: Mosselbay
- Vehicle: Toyota Land Cruiser Troopy
- Real Name: Pieter
- Location: Mosselbay
- Contact:
Re: To rubberize or not?? Help asb
Ek woon in Mosselbaai en ek haal elke jaar roesknoppe onder my Rhino lining uit - ek sal dit nooit weer op 'n bakkie by die kus sit nie maar wel die tipe epoxy coating wat hulle op die weskus doen. Die epoxy hanteer al die visbedryf se bakkies sonder roes - die Rhino het ook die knoppe onder geroes op die weskus dis hoekom hulle na die epoxy toe verander het.
-
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 424
- Joined: Mon Jul 08, 2013 10:25 pm
- Town: Klerksdorp
- Vehicle: 1995 SFA
- Real Name: Jaco
Re: To rubberize or not?? Help asb
Wat van rubber lining? Dit lyk amper soos conveyer belt wat gebruik word. Lekker dik!! My buurman se Vigo het dit op.
-
- Monster Truck
- Posts: 5268
- Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: '02 'Lux KZ
- Real Name: Thabo
- Club VHF Licence: x223
- Location: Garsfontein
- Contact:
Re: To rubberize or not?? Help asb
Pieter, julle ouens in vakansie dorpe tel nie!
Verstaan ek reg as ek se die roes is onder die bak?
Jaco,
Daai aanplak rubber is goed en wel, maar sover ek weet kan dit nie goed soos petrol of diesel so lekker hanteer nie. Dit word so snotterige affere.
Verstaan ek reg as ek se die roes is onder die bak?
Jaco,
Daai aanplak rubber is goed en wel, maar sover ek weet kan dit nie goed soos petrol of diesel so lekker hanteer nie. Dit word so snotterige affere.
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!
If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!
A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!
A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
-
- Monster Truck
- Posts: 5268
- Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: '02 'Lux KZ
- Real Name: Thabo
- Club VHF Licence: x223
- Location: Garsfontein
- Contact:
Re: To rubberize or not?? Help asb
O ja, Pieter,
Vertel ons asb meer van daai epoksie?
Vertel ons asb meer van daai epoksie?
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!
If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!
A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!
A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
- grobbepj
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1049
- Joined: Tue May 14, 2013 10:39 am
- Town: Alberton
- Vehicle: Hilux legend 35 4x4 3.0kzte D/C
- Real Name: Pieter
Re: To rubberize or not?? Help asb
+1....Thabogrobler wrote:O ja, Pieter,
Vertel ons asb meer van daai epoksie?
- pietdevs
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 253
- Joined: Fri Feb 11, 2011 12:29 pm
- Town: Mosselbay
- Vehicle: Toyota Land Cruiser Troopy
- Real Name: Pieter
- Location: Mosselbay
- Contact:
Re: To rubberize or not?? Help asb
Ek wag vir al die besonderhede van die vervaardiger van die epoxy - ek sal dit "post" sodra ek dit kry. Ek moes nou eers die manne op die weskus kontak vir die besonderhede. My bakkie met die Rhino lining roes veral onder die bokant van die bak waar die kappie op rus maw die raamwerk bo-op die bak. Ek het nou in Jan 4 groot knoppe daar uitgehaal. Ek moes die rubber aftrek, roes afskuur tot op blink metaal, MS primer, verf en toe weer die rubber opsit... Onder in die laaigedeelte is dit minder - ek kry so een knop per jaar daar....
- Masekind
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1235
- Joined: Mon Feb 18, 2013 11:41 am
- Town: Lichtenburg
- Vehicle: 2005 Hilux 4x4 v6, LR tank, ARB Bumper. (iJzer)
- Real Name: Drikus
- Location: Lichtenburg
Re: To rubberize or not?? Help asb
Ek stem hulle trek los as jy diesel op hulle mors waar die res net weer mooi blink as jy diesel mors lolThabogrobler wrote:Pieter, julle ouens in vakansie dorpe tel nie!
Verstaan ek reg as ek se die roes is onder die bak?
Jaco,
Daai aanplak rubber is goed en wel, maar sover ek weet kan dit nie goed soos petrol of diesel so lekker hanteer nie. Dit word so snotterige affere.
If you don’t build your dreams someone else will hire you to build there’s
- pietdevs
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 253
- Joined: Fri Feb 11, 2011 12:29 pm
- Town: Mosselbay
- Vehicle: Toyota Land Cruiser Troopy
- Real Name: Pieter
- Location: Mosselbay
- Contact:
Re: To rubberize or not?? Help asb
Die manne wat die epoxy lining opsit is ongelukkig in Hermanus en dit is nie 'n Franchise soos Rhino Linings nie. Ek glo julle manne in die ou Tvl sal iemand daarbo hê wat dit doen. Die lining is 'n baie sterk epoxy wat hulle opspuit tot 5mm dik en werk tot vir boumateriaal. Petrol, seewater ens doen niks aan die lining nie. Stene ens krap hom nie los soos met die Rhino lining nie en hy roes glad nie onder op die bak nie. Hermanus Auto Centre 028 312 3931 doen dit hier by ons. Dit is definitief al produk wat werklik werk by die see.... Probeer NuKote in Jhb - Carl White 076 366 7135
-
- Newbie
- Posts: 3
- Joined: Wed Aug 13, 2014 4:12 pm
- Town: Hermanus
- Vehicle: Colt C/C
- Real Name: Pieter
Re: To rubberize or not?? Help asb
Middag manne.
Pieter, dankie vir die advertensie,
Ek is die eienaar van Hermanus Auto Fitment centre (0283123931) en het vandag 'n oproep van 'n persoon oorsee gekry, ek dink sy naam is Jannie.
Ons rubberise al sedert 2005 bakkies, en het nog nie een "come back" gehad nie, die produk wat ek gebruik, is definitief die sterkste op die mark, ek gaan nie ander name noem en afkraak nie. Die behandeling vooraf speel ook 'n groot rol alvorens jy die produk opspuit.
Ek gee 'n 5 jaar waarborg, maar van my eerste bakkies lyk nog baie goed, met geen roes! Ek glo aan die regte dikte, nie soos ander besighede wat vir jou vertel 5mm, en as jy hom meet dan is dit 2mm dik nie. Ons afwerking is ook van hoogstaande gehalte en ek tel onder die top manne in die land wat Polyurethane spuit.
Groete

- tuff tralies
- Low Range 4WD
- Posts: 146
- Joined: Mon Oct 14, 2013 10:51 am
- Town: Heidelberg
- Vehicle: hilux
- Real Name: christoffel
Re: To rubberize or not?? Help asb
Ek stem saam met pieter ons doen ook rubberizing dis die beste ding om te doen ons doen ook die plastic linings maar is nie n goeie ding nie vat liewer n 3mm kos jou minder geld en is ewe sterk en as die produk goed is dan sal jy oor 10 jaar bakkie bond op sit en weer oor daai spray. As ek jy was sou ek by pieter doen klink of hy weer waarvan hy praat..... as hy al van 2005 is dan het hy al als geleer.
-
- Newbie
- Posts: 3
- Joined: Wed Aug 13, 2014 4:12 pm
- Town: Hermanus
- Vehicle: Colt C/C
- Real Name: Pieter
Re: To rubberize or not?? Help asb
Môre manne
Ek het probeer foto's laai, maar die site verstaan ek nie lekker nie, so as julle foto's soek kontak my direk by tel nr soos bo,

- jacques kotze
- Monster Truck
- Posts: 3616
- Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
- Town: Nelspruit
- Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
- Real Name: Jacques
- Contact:
Re: To rubberize or not?? Help asb
Ek is seker daar is goeie opsies om jou bakkie se bak te rubberize. My ervaring is dat dit help met beskerming maar. . .sodra jy die lining beskadig wat in baie gevalle gebeur en die bak word nat onder die beskadigde deel, of dit nou water of bloed is van n jag trip dan roes hy onder die lining.
My bakkies ry ek net so sonder linings en as ek hom verkoop dan rubberise/rubberline ek die bak en dan lyk hy soos nuut vir die volgende eienaar en ek kan enige roes wat moontlik kon voorkom vroegtydig behandel.
My bakkies ry ek net so sonder linings en as ek hom verkoop dan rubberise/rubberline ek die bak en dan lyk hy soos nuut vir die volgende eienaar en ek kan enige roes wat moontlik kon voorkom vroegtydig behandel.
-
- Newbie
- Posts: 3
- Joined: Wed Aug 13, 2014 4:12 pm
- Town: Hermanus
- Vehicle: Colt C/C
- Real Name: Pieter
Re: To rubberize or not?? Help asb
Jaques
Ek staam saam,
MAAR,
dis net sekere produkte wat dit doen, nie my Linings nie, soos ek voorheen genoem het, voorbereiding is 'n baie belangrike aspek, dis hoekom sekere linings "toelaat" dat daar water onder inkom. As ek moet oorvertel hoeveel linings ek al oorgedoen het van ander ouens moet ek lieg, sommige trek jy sommer soos papier af, (ek het video's daarvan).
As jy jou lining beskadig, lewer ek 'n gratis diens om dit te herstel op daai kolletjie.
My linings sal ook nie verder as daai stukkie lostrek om toe te laat dat water onder dit versprei en roes nie.
Groete manne!

- Pumba
- LR 4WD Full Lockers
- Posts: 500
- Joined: Wed Dec 24, 2008 1:40 pm
- Town: Durbanville
- Vehicle: Toyota Hilux 3.0 D4D 4x4
- Real Name: Kobus
- Club VHF Licence: HC112
Re: To rubberize or not?? Help asb
Baie interesante inligting manne :!:
Jesus was blunt: "No chance at all if you think you can pull it off by yourself. Every chance in the world if you let God do it." Mark 10:27(Message)