Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Tell us about your recent trip. Please add some photographs.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Nouja mense, kom ons begin by die begin. Toe die meester storieverteller, Hennie van Baberton, sy storie gepost het oor hulle vakansie in Zambië, het ek geweet ek moet maar wag tot hy sy storie klaar vertel want ons storie sal maar vaal wees teenoor syne. Daarna raak ek toe so besig dat ek nou eers kans kry om ons storie te vertel.

Voor ek met die storie begin wil ek net eers verduidelik hoe ek en Edge bymekaar uitgekom het. Dit is nou al twee jaar wat ek die Malawi en Zambië vakansie probeer reël en elke keer gebeur daar dinge wat maak ons verhinder om dit te doen. Ek post toe maar die trip op die forum met die hoop om mense te kry wat sou belangstel om dit mee te maak. Daarna PM Edge my toe en vra dat ons bietjie moet gesels. Die situasie was dat Edge alreeds sy Namibië vakansie vir 2018 gereël en uitgesorteer het. Hy maak toe 'n deal met my dat as ek saam met hulle Namibië toe sou gaan, hy en Vivian ons volgende jaar Malawi en Zambië toe sou vergesel. Nouja, praat toe met my vroutjie en sy was game daarvoor. Ek laat weet Edge die deal is aan en so begin ons oor die selfoon en met emails en whattsap korrespondeer. Edge stuur my sy toerplan en sê as daar plekke is wat ek graag wil sien buiten die wat op sy toerplan is, moet ek hom net laat weet. Ek trek toe die kaart nader met sy toerplan en begin die roete volg. Hoe meer ek die roete volg, hoe opgewonder raak ek. Bel toe vir Edge en vra of hy die Van Zylpas vir my kan inwerk. Ek het al so baie van die Van Zylpas gehoor en ek wou dit so graag doen. Edge het dit vir my ingewerk. So gaan die korrespondensie voort vir 7 maande en ons beplan en begroot vir die trip. Tussenin kry ek soos julle weet, die bakkie reg met die daktent, die laaistelsel, die krag en paar ander dinge.

Die pret is dat ek met die korrespondensie kon begin agterkom watter soort persoon Edge is en sê vir my vroutjie, hierdie ou is 'n perfeksonis, alles is in detail uitgewerk. Ons sal maar moet leer om mekaar aan te pas.

Die 22ste Junie breek aan en die reëling is dat ons mekaar by Upington kry. Ons vertrek 9H00 uit Pretoria met die plan om 17H00 in Upington te wees. Om by Ben Schoeman hoofweg uit te kom, moet ons deur die stad ry. Dis die pad wat ons na Krugersdorp se kant toe vat, vanwaar ons na Ventersdorp toe moes gaan. Ons het nie in ag geneem dat dit ‘n Vrydag is nie en met allerhande verkeersopeenhoping het dit ons meer as 'n uur gevat net om deur die stad te kom.. So in plaas van om 17H00 in Upington aan te kom, sou ons eers 18H00 daar aankom. Maar wat kon ons doen, ons moes maar deurdruk. Oor die algemeen was die pad en verkeer nie sleg nie en ons het goed gery. Die probleem het egter begin toe ons by Kuruman aankom en ons ongeveer 20 km voor die dorp net 60 km per uur mag ry. Die tyd wat ons hier verloor het, het gemaak dat ons nog later by Upington sou kom. By Kathu was daar verdere oponthoud met padwerke. Ons kom toe net met donker by Olifantshoek aan en ek bel toe maar vir Edge dat ons daar gaan oorslaap. Ek het nog al die jare gehaat om in die donker te ry, des te meer vandat ek ouer is en bril dra.

23 Junie.
Vertrek vroegoggend uit Olifantshoek sodat ons Edge-hulle teen 8H00 op Upington kan kry. Nouja, een van die reëlings was dat Edge 'n tweede radio sou saambring om in my bakkie te sit sodat ons met mekaar op die trip kan praat. Edge kom egter agter dat daar 'n onderdeel kort wat nodig is om die lugdraad aan die radio te koppel en ons probeer om dit op Upington te kry.
Hulle hou dit ongelukkig nie daar aan nie en ons moes maar die pad daarsonder vat. Ons is via Haksteenpan na Rietfontein grenspos, waar ons vinnig sonder problem kon deurkom. By Aroab maak ons die tenk vol teen R12.30 'n liter. Ek het nie dadelik geregistreer dat daar nie 95 oktaan was nie en die joggie gooi toe 93 oktaan in. Toe ek dit opmerk was dit te laat en buitendien was daar nie 95 oktaan nie. Die grondpaaie in Namibië is oor die algemeen mooi, al is hulle lank. So halfpad tussen Aroab en Koes draai ons af op die D503 pad en na 'n ruk begin ons duinpaaie te ry. Eers toe ons by Kalahari Sand kampplek kom sê Edge vir my dat ons die Kalahari duine gery het. Ek het dit egter so geniet sonder dat ek geweet het dat ek die Kalahari duine ry.
Dit was die eerste kersie op die koek van die trip. Omdat daar niemand op die perseel was by wie ons kon betaal nie, slaan ons toe maar kamp op. So met die loop van die tyd gesels ons en Edge stel voor dat ons, in plaas van Gobabis toe te ry, deurdruk Windhoek toe om te kyk of ons die onderdeel vir die radio kan kry. Om die waarheid te sê, dink ek, waarvoor wil ons nou met ‘n radio sukkel, ek is buitendien doof en sal nie lekker oor die radio kan hoor. Maar wat, as dit vir Edge belangrik is, dan doen ons dit maar. Ek het egter duidelik tydens die trip agtergekom hoe noodsaaklik 'n radio op hierdie ver paaie in die uitgestrekte land is.
‘n Ander ding wat Edge ook al met ons vooraf korrespondensies uitdruklik gesê het, is dat hy graag vroegoggend wou vertrek. Hy noem dit toe weer daar by die kampplek waarop ek antwoord, agnee man, waarvoor wil mens nou so vroeg vertrek, ons is mos nou op vakansie en mens wil darem laat opstaan. Ek kom egter agter dat Edge ernstig is oor sy vroeg ry en besluit toe, wel, hy is die toerleier ek sal hom respekteer. So leer ons mekaar ken daardie eerste aand wat ons saam is. Dit het ons, Ek en Sonja, omtrent 45 minute gevat om ons kampplek uit te sorteer. Alles wat ons saam gery het het ons daardie aand vir die eerste keer gebruik. Die daktent, die laaistelsel, die krag ens. Dit was baie koud gewees en ons was dankbaar dat ons die elektriese kombers gehad het wat ek met die inverter in werking gestel het. Hoe heerlik het ons nie geslaap nie.

Hakskeenpan
1 Hakskeenpan.jpg
Pad na Koes
1.1 pad na Koes.jpg
1.2 pad na Koes.jpg
1.2 pad na Koes.jpg (32.95 KiB) Viewed 7570 times
Kalahari sandpaaie
2 Sandpad.jpg
2.1 Sandpad.jpg
2.2 Sandpad.jpg
Kalahari Sand kamplek
4 Sonja kook water vir koffie.jpg
5 Vivienne maak kos.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

24 Junie.
Daardie oggend staan ons vroeg op en ek is nou eenmaal 'n man wat sukkel om op te staan, so dit vat my omtrent 20 minute om wakker te word. So slaan ons die kamp af en dit vat ons omtrent uur en half. Onthou alles is vir ons nuut en ons weet nog nie eintlik hoe als werk nie. Ons moes maar met die verloop van die trip leer hoe om meer effektief op en af te slaan. Seweuur is ons toe darem reg vir die pad Windhoek toe. So is ons deur Gochas, Strampriet, Uhlenhorst en Rehoboth na Windhoek toe. Mooi grondpaaie oor die algemeen en net na Rehoboth is dit teer. In Windhoek wou Edge dat ons by Urbancamp oornag, maar dit was vol en ons besluit toe om Monteiro Lodge te probeer (R180 vir lodge en R140 vir kamp) wat ons gesien het voor ons in Windhoek ingekom het. Maak die tenk weer vol en werk tot my skok uit dat die bakkie 5,2 km per liter gebruik het van Aroab to Windhoek. Al wat ek toe kon dink, was dat daar paraffien by die petrol gegooi is wat ek by Aroab ingegooi het. Die bakkie het ook nogal geskud en nie veel krag gehad het nie. Met die wete dat Edge die volgende dag vroeg wou ry vir die radio onderdeel en die lang pad Tsumkwe toe, sê ek vir Sonja ons slaap in die lodge, sodat ons die volgende oggend minimaal hoef te doen met kamp afslaan. Dit het my ook die geleentheid gegee om paar verstelling aan die bakkie te doen wat alreeds die afgelope twee dae op die grondpaaie los gerattel het.

Auob tussen Gochas en Stampriet
1 Auob tussen Gochas en Stampriet.jpg
2 Auob tussen Gochas en Stampriet.jpg
tussen Stampriet en Uhlenhorst
3 tussen Stampriet en Uhlenhorst.jpg
3 tussen Stampriet en Uhlenhorst.jpg (33.32 KiB) Viewed 7570 times
pad na Rehoboth
4 pad na Rehoboth.jpg
Windhoek
5 Windhoek.jpg
6 National Museum of Namibia.jpg
7 Sonja ontspan lekker by Monteiro Lodge.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

25 Junie.
Daardie oggend kon ons rustig opstaan en oppak aangesien die winkels eers agtuur oopmaak. By Cymot, wat soos ons Midas is, kry ons aanwysing waar ons die onderdeel kan kry. By die besigheid aangekom kry ons met ‘n bietjie van ‘n gesukkel die onderdeel. Nou kon ons in die pad val Gobabis toe. Alhoewel die hele pad geteer was, is dit maar 'n eentonige redelik reguit plat pad. By Gobabis maak ek weer die tenk vol en ook die twee jerrykanne. Ons koop ‘n paar kruideniersware en sorteer ook uiteindlik Sonja se foon uit wat op Namibië se netwerk kan werk. Toe was dit weer die lang pad na Tsumkwe via Epukiro, Gam tot by Makuri kampplek met 'n mooi groot kremetartboom.
Die koste was R140 pp plus R30 "conservation fee" pp vir ‘n baie primitiewe staanplek, sonder enige geriewe. Om van Gobabis via Tsumkwe na Grootfontein te ry is tydmors – niks interessants nie – dis 'n 500km grondpad. Ons het weer die elektries kombers gebruik wat te heerlik was.

Oppad na Gobabis
1 Oppad na Gobabis.jpg
1 Oppad na Gobabis.jpg (29.76 KiB) Viewed 7569 times
Gobabis
3 Gobabis.jpg
Pad na Tsumkwe
4 Pad na Tsumkwe.jpg
8 Pad na Tsumkwe.jpg
8 Pad na Tsumkwe.jpg (33.72 KiB) Viewed 7569 times
6 Pad na Tsumkwe.jpg
8 Pad na Tsumkwe.jpg
8 Pad na Tsumkwe.jpg (33.72 KiB) Viewed 7569 times
Makuri kampplek
Groot kremetartboom by Makuri.jpg
Besig om kos te maak.jpg
Attachments
7 Pad na Tsumkwe.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

26 Junie.
Met die afslaan van die kamp begin ons te leer wat die beste manier is om tyd te spaar. Steeds kon ons voor seweuur vertrek. Vandaar af is ons deur Grootfontein en Tsumeb deur na Onagani kamplek net buitekant die Ethosa NP. Op Tsumeb maak ek weer die tenk vol en koop paar benodighede by Cymot vir ons gasstofie wat nie lekker werk nie. Maar intusen is daar 'n lek op die gasbottel wat ons gebruik, waaraan ons niks kan doen tot die bottel leeg is. Van Tsumeb af, wou ons gou by Otsikotomeer stop om te kyk hoe dit lyk. Maar hulle vra R40 per persoon net om die meer te besoek, toe besluit ons om eerder na die Ganeismeer uit te ry wat op private grond is, en verniet was. Die meer is 130 meter diep en verskaf water aan die omgewing. Vandaar is ons na Onagani kamplek wat 'n baie mooi kamplek is teen R230 pp. Slaan maar die kamp op en dit gaan al hoe beter. Ek moes my watertenk leegmaak omdat dit nog van die skoonmaakmiddel ingehad het waarmee ek dit skoongemaak het toe ek die tenk gekoop het. Het net nie genoeg tyd gehad om dit in Pretoria leeg te maak nie. Die tenk is toe opgevul want die volgende paar dae sou daar nie vars water wees nie. Die aande was nie meer so koud nie omdat ons nou al hoog in die noorde is. Intussen tel ek oral waar ons ry en iewers stop, allerhande klippe op wat saam teruggaan huistoe. Ek vermoed dat Edge nie mal daaroor is dat ek alerwig stop om klippe op te tel nie, maar later meer hieroor.

Pad na Grootfontein
2 Pad na Grootfontein.jpg
4 Pad na Grootfontein.jpg
5 Pad na Grootfontein.jpg
6 Pad na Grootfontein.jpg
Ganeis meer
10 Ganeis meer.jpg
11 Ganeis meer.jpg
12 pomphuis.jpg
Onigani kampplek
13 Onigani kampplek.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29852
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Mud Dog »

:thumbup:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
User avatar
FIRSTGEER
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1536
Joined: Thu Sep 30, 2010 6:00 am
Town: King WilliamsTown
Vehicle: 2,5 D4D Singlr Cab 4X4 Full OME suspension. snorkel.GMA aftermarket bullbar.
Real Name: Tony Geer
Club VHF Licence: HC 109

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by FIRSTGEER »

Gooi hom Hennie.Laat ons verder hoor.
Image
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

27 Junie.
Die kamp afslaan gaan net al hoe beter, vat so 'n uur nou. Nou ry ons Ruacana toe en dit was die mees vervelige pad gewees want van Oshivelo na Ruacana is dit kort-kort 60 km zone wat my mal gemaak het. Ry nou net lekker dan kom die bordjie wat sê 80 km spoedbeperking en nie lank daarna 60. Dan ry jy so vir 'n ruk en dan kan jy 80 ry en na so 'n ruk 120. Net sodra jy lekker ry dan kom die bordjie weer met sy 60 en 80, en dan weer 80 en 120. So gaan dit aan tot by Ruacana. Alhowel ek nog nooit by Ondwanga en Oshikati was nie, weet ek net uit die vertellings dat dit groot militêre basisse was in daardie wêreld in die ou Suidwes. daar was ggen teken daarvan behalwe die lughawe by Ondwanga wat nog staan. Mens sou nooit kon dink dat die Grensoorlog plaasgevind het 25 jaar terug nie. Wat ek ook toe agtergekom het is dat die swart mense in daardie land geen wrok het teenoor die blankes van wat daar gebeur het nie. Almal is vriendelik en behulpsaam. Laat jou welkom voel. Uit hulle eie uiy praat hulle mooi Afrikaans met jou. In elke geval, Ondwanga en Oshikati is in 'n baie moerasagtige wêreld geleë maar dit was baie droog toe ons daar was. Een van my hoogtepunt sou wees om die Ruacana valle te sien in sy volle glorie. Ek was maar teleurgestel vir een ou enkele stroompie wat daar geval het. So, ons het maar net in die verkeerde tyd daar gekom, Namibië beleef toe maar een van sy droogste jare. Intersante stories wat Edge vir ons vertel het van Ruacana gedurende die Grensoorlog. Daar by die afkeerwal wat die water deur die tonnel lei staan ons ook in Angola sonder dat ons deur die doeane gegaan het.
Maak die tenk weer vol en natuurlik het ek nog nie die petrol gebruik wat in die jerrykanne was nie. Slaap by oor by RuacanaEha Camp teen R140 pp. Maar 'n klein vaal ou dorpie, hoofsaaklik vir die werknemers van NamPower.

Vervelige pad met sy spoedbeperking
1 padtekens.jpg
2 padtekens.jpg
3 padtekens.jpg
4 padtekens.jpg
4.1 padtekens.jpg
4.2 padtekens.jpg
5 padtekens.jpg
6 padtekens.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Nog vervelige pad met sy spoedbeperking
7 padtekens.jpg
8 padtekens.jpg
9 padtekens.jpg
10 padtekens.jpg
11 padtekens.jpg
12 padtekens.jpg
13 padtekens.jpg
14 padtekens.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

En nog vervelige pad met sy spoedbeperking
16 padtekens.jpg
17 padtekens.jpg
19 padtekens.jpg
Tussen Ondangwa en Oshikati Moeras
20 Tussen Ondangwa en Oshikati Moeras.jpg
21 Tussen Ondangwa en Oshikati Moeras.jpg
22 Tussen Ondangwa en Oshikati Moeras.jpg
23 Tussen Ondangwa en Oshikati Moeras.jpg
Kenuene rivier dam
24 Kenuene rivier dam.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Die veronderstelde Ruacana valle
25 Kenuene valle.jpg
Edge verduidelik vir Sonja van die baie water in die verlede
26 Edge verduidelik Sonja baie water in die verlede.jpg
Tonnel wat hidro kragstasie water verskaf
27 Tonnel wat hidro kragstasie water verskaf.jpg
In Angola sonder paspoort
28 in angola sonder paspoort.jpg
29 in angola sonder paspoort.jpg
Hippo pools
30 Hippo pools.jpg
RuacanaEha kampplek
31 Eha kampplek.jpg
32 Eha kampplek.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

28 Junie.
Teen hierdie tyd kon ek en Sonja die kamp afslaan in 45 minute. So ons raak net al hoe beter. Van Ruacana na Epupa valle is een van die mooiste wêrelddeel waar ons deurgery het. So het ons dan in meeste van die tyd al langs die Kunenerivier gery. Mens wil eintlik nie glo hoe die Himbas in hierdie geharde wêreld kan lewe nie. Bietjie navorsing wys dat die Himbas die mees onderdrukte volk in die moderne Namibië is. Daar is omtrent net 50000 van hulle oor in Namibië, dus maar 'n klein groepie. Dis die Boesmans en dan die Himbas wat maar tweede viool speel in hulle land. Hulle het baie intersante kuluur en leefwyse. Maar nou ja, alhoewel dit 'n mooi wêreld is, is hierdie pad tussen Ruacana en Epupa valle van die swakste wat ons in Namibië teegekom het. Dit het gelyk of hulle maar laaste in die ry staan as dit kom by instanhou van paaie. Ons kom toe by Epupa aan en eerste ding was maar om kampplek te kry. Eerste een was die gemeenskap kampeerplek wat nog nie reg was om besoekers te ontvang nie, tweede een was volgeboek en die derde een was ons gelukkig om die laaste staanplek te kry. Het gou ons staanplek geannekseer en alles uitgesorteer wat dringend aandag nodig gehad het. Dit is hier waar Sonja my toe vra, waar is die jerrykan. My bliksem sê ek toe, want dit is juis die twee kanne wat moet maak dat ons by Terra Cafema moet uitkom. Eers moet ek kyk of ek net iewerse petrol kan kry om die tenk weer vol te kan maak buiten die een kan wat ek nog het. So, iewers op hierdie pad het ek nou die jerrykan verloor. Kon dit nie glo nie want vir vyf dae het ons paaie gery wat erg gerattel het en die jerrykanne het nie uitgekom nie. Nouja, dit kos my toe R400 vir 20 liter se brandstof. Wat kon ek doen. Daarna het ons die koppie bokant die Epupavalle uitgeklim om ' pragtige uitsig te kan hê oor die hele breedte van die valle. Dit was nou nie so asemrowend gewees a.g.v. die droogte maar dit was my tweede kersie op die koek. Die vallei waarin die Epupavalle was met al sy valle oor die afgronde en die mangetti palmbome op die agtergrond versprei is, was een van die mooiste plekke wat ek in Namibië gesien het. Terug by die kamplek, slaan ons gou die daktent op en doen ander nodige goed om reg te maak vir die aand. Waarna ek toe my eenkeer in twee jaar se swem by die swembad gaan afkoel het met 'n lekker bier in die hand, ook maar iets wat ek nie gereeld doen nie. Daardie aand besluit ek en Edge dat ons die Terra Cafema gaan los aangesien ek nie seker was hoe vêr ek sal kom met my bakkie se brandstof.
Die koste vir die kamplek by Omarunga Lodge was R280 pp.

paaie tussen Ruacana en Epupa
1 paaie tussen Ruacana en Epupa.jpg
1 paaie tussen Ruacana en Epupa.jpg (31.84 KiB) Viewed 7504 times
2 paaie tussen R en E.jpg
3  paaie tussen R en E.jpg
4  paaie tussen R en E.jpg
5  paaie tussen R en E.jpg
6 paaie tussen R en E.jpg
7 paaie tussen R en E.jpg
8 paaie tussen R en E.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Nog paaie tussen Ruacana en Epupa
9 paaie tussen R en E.jpg
10 paaie tussen R en E.jpg
11 paaie tussen R en E.jpg
12 paaie tussen R en E.jpg
13 paaie tussen R en E.jpg
Landskappe tussen Ruacaba en Epupa
14 Landskappe tussen Ruacaba en Epupa.jpg
paaie tussen Ruacana en Epupa
15.jpg
Dorsland Trekkers monument
16 Dorsland Trekkers monument.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Landskappe tussen Ruacana en Epupa
17.jpg
18.jpg
Epupa valle
19 Epupa valle.jpg
20.jpg
21.jpg
22.jpg
Epupa kamplek
23 Epupa kamplek.jpg
Sonondergang by Epupa kamplek
24.jpg
24.jpg (29.48 KiB) Viewed 7502 times
Last edited by Dowe Koos on Tue Oct 02, 2018 9:31 pm, edited 1 time in total.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
JohanM
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4047
Joined: Tue Aug 14, 2007 8:33 pm
Town: Meyerton
Vehicle: Prado 120 4.0 V6
Real Name: Johan
Club VHF Licence: HC126
Location: Gauteng
Contact:

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by JohanM »

Baie lekker Hennie. Lyk asof julle baie lekker gery het. Interesant om te lees van die jerrykan wat jy verloor het. Ek het ook amper a jerry kan verloor op die prado se dak. die knip het gebreek en toe ek 300 km later kyk toe le hulle skuins in die bracket soos hulle geskuif en geskud het. Nie te min ek moes hulle van daar binne in ry omdat die bracket nie meer hulle kon vashou nie.
Johan Marais
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Ja Johan, was een van my lekkerste trip gewees. Jerrykan storie sal weer opkom op die einde.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

29 Junie.
Nouja, vroeg op en kamp afslaan, is ons nou reg vir die dag, 'n lang dag. Gaan die Van Zyl Pas doen. Pragtige wêreld, anders as die vorige dag se trip wat ons langs die Kunenerevier gedoen het. By Okongwati draai ons heeltemal wes en was die wêreld nie besaai met klippe en klippe en klippe en sand en nogmaals met klippe. Al wat ek moes doen, is om Nesquick en melk te drink en dan het ek sommer my melkskommel gekry. Wat 'n geskuddery was dit nie. Daar tussen Etengwa en Otjitanda is daar ook 'n pas wat nie naam het nie wat ons eintlik voorberei het vir die van Zyl pas. Daar het ek die bakkie seergemaak deur oor twee groot klippe te ry waarna ek nie kon beweeg nie Die "step board" opgefrommel, met 'n gesukkel om daardie twee klippe bietjie geskuif, kon ek toe daar uit manufeer met Edge se hulp. Daarna het ons lekker gery tot waar ons op 'n hoogte gekom het waar mens dan so uitkyk oor die Marienfluss (in Duits beteken dit Marie se rivier) se vlakte.

Nouja, voor ons verder gaan, Ek het al so baie gehoor van die van Zyl pas en die stories wat daarrondom gaan. Dan vra ek myself af, wat kan so erg wees. Sover het ons dan goed gery en dit kan seker nie nog erger wees nie. Haha. Nou kom ons by die deel waar ons moet afgaan en juis so 'n maand voor ons trip het 'n Landcruiser daar afgedonder. Okay, ek lei aan hoogtevrees wat ek so onder beheer kon bring al vir jare. Nou staan ons so op hierdie hoogte waar ons moet afgaan en ek dog eers by myself, miskien moet Edge maar die bakkie afvat. Maar nee, ek het mos vir Edge gevra dat hy die van Zyl pas moet inwerk, so ek moet hom ry. Daar is natuurlik nie 'n manier dat mens op sy eie daar gaan afry nie. So onder Edge se leiding kom ek toe af en heeltyd sê Edge, moenie brieke gebruik nie, gebruik die donkierat Ek is daar af waar ek so ses of sewe keer die bakkie laat stol het maar nooit het ek die brieke gebruik nie. Toe ek daar onder by 'n klein gelykte kom was my senuwees klaar, ek rook toe sommer twee sigarette agtermekaar net om rustiger te raak. Daarna wys ek toe vir Edge hoe om af te kom. Moet bysê dat Edge so gaaf was om my voor te laat ry want hy wou hê ek moet die trip geniet deur voor te ry. Dis juis by hierdie onbekende pas vooraf wat ek ook so voor ry dat ek 'n skrik weg het met 'n hoogte wat skielik skerp draai. Nouja, daardie laaste stuk af na die Marienfluss was so klipperig dat mens nie daar kan affree nie. Onder in die vallei stop ek en rook toe nog drie sigarette so agtermekaar net om my senuwee te kan kalmeer. Soos hulle in Engels sê, "that was most scary moment in my life". Maar as ek so terugkyk, dit was lekker. Ek het dit gedoen.

Die Marienfluss is ook 'n storie op sy eie. Die stink[laatpad is een van die ergste wat ek al gery het. Ek sê mos altyd, moenie 'n nuwe pad maak nie, spaar die natuur. Maar hier sien jy sommer tien paaie langsmekaar soos die mense dit maak om die sinkplaatpad te kan vermy. Nouja, hoe hard ek probeer, ek kon later nie nie meer dit uithou nie en begin somme 'n nuwe pad te maak. So kom ons toe uit by Kunenerivier se Gemeenskap kampeer terrein. Nie 'n eersteklas kampplek nie maar dis oraait om daar te oornag vir een aand. Doen maar gewoonlik die nodige goed en die weer was ook lekker warm. Ons is darem hoog bo in die noorde. Dit is ook waar Edge begin kla oor sy klas wat nie lekker is nie maar ons kan maar aangaan. Die koste vir die kampplek was R100 pp.
Sonopkoms net buite Epupa
1.jpg
Die pas wat nie 'n naam het nie waar ek oor die klippe gery het
2.jpg
3.jpg
Op pad na van Zylspas
4.jpg
Uitkykpunt wat oor die Marienfluss uitkyk.
5.jpg
Die berugte van Zylspas - Ha ha
6.jpg
7.jpg
8.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Die berugte van Zylspas
9.jpg
10.jpg
11.jpg
12.jpg
13.jpg
Die Marienfluss
14.jpg
15.jpg
16.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Die Marienfluss
17.jpg
18.jpg
Kunenerivier Gemeenskap kampterrein
19.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

30 Junie.
Weer 'n stuk van Marienfluss so tussen die Hartsmansberge is ons toe deur na die vlaktes waar al hierdie dromme is wat so gekleurd is, die Rooi drom, die Blou drom, die Oranje drom en die Groen drom. Van daaraf ry ons toe af al so langs die grens van die Skedelkuspark. Ook van die mooiste landskappe in Namibië is daar te vinde. So kom ons toe by Marble kampplek aand en weereens verstaan ek hoekom Edge so graag wil hê dat ons vroeg moet ry. Weer was ons gelukkig om die laaste staanplek te kry. Doen maar die nodige ding om ons self in te rig vir die nag. Koste vir die nag was R100 pp. Lekker warm weer gehad. Ook het Edge genoem dat hy graag 'n spesifieke roete wil ry die volgende dag om 'n kortpad te kan ry en sodoende dan paar uur spaar om by die volgende dag se kampplek by Opuwo te kan kom.
Marienfluss oppad na die hartsmanberge
1.jpg
2.jpg
3.jpg
4.jpg
5.jpg
Deur die Hartsmansberge op ander vlaktes wat se naam ek nie kan kry nie
waar al die gekleurfe dromme is.
6.jpg
7.jpg
8.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

vervolg
9.1.jpg
9.jpg
10.jpg
11.jpg
12.jpg
12.jpg (23.17 KiB) Viewed 7413 times
13.jpg
14.1.jpg
14.1.jpg (20.31 KiB) Viewed 7413 times
14.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Al langs die inlandse Skedelkuspark af suide se kant toe
15.jpg
16.jpg
17.jpg
19.jpg
19.jpg (27.25 KiB) Viewed 7412 times
20.jpg
Op pad na Marblekamp
21.jpg
Marblekamp
22.jpg
23.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Haboob »

Baie mooi Hennie. Lyk asof julle lekker trippie gehad het. Om te lees daarvan, mis jy die Stof, wind en ratel in Namibie.
Kannie wag vir die volgende episode. Leef my in die toer in...
Image
HABOOB means "Dust Storm"
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

1 Julie
Weg is ons van Marble kampplek na Otjihaa en in plaas van op die groot pad te bly het ons afgedraai heeltemal in die oostelike rigting waar Etanga min of meer lê. Ons het by een punt doodgeloop en moes so vir paar kilometer terug ry voor ons weer op die regte pad is na Etanga. Daar het ons so mooi deur 'n klein pas gery wat onbekend is. Hierdie kortpad het ons 2 ure gespaar op pad na Opuwo. Redelike besige dorpie toe ons daar aankom. Maak sommer die tenk vol en doen so paar inkopies. Het ook sommer die een gasbottel volgemaak en paar skroewe en Superglue gekoop vir my daktent. Van al die gerattel het twee van my skroewe al die vorige dag losgekom. Kon net tydelike plan gemaak tot ons by dorp kan kom wat hierdie goed verkoop en dit was by Opuwo. Kamp oor op Opuwo County Lodge, mooi kampplek. Eerste kampplek met lekker grasperk. Doen die nodige goed vir die aand. Kampgelde was R170 pp.
Op die onbekende pas wat oms deurgery het om daardie tweeuur te spaar.
1.jpg
2.jpg
4.jpg
5.jpg
6.jpg
7.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Oppad na Opuwa
8.1.jpg
8.2.jpg
8.2.jpg (34.07 KiB) Viewed 7373 times
8.3.jpg
Opuwa
8.4.jpg
Opuwa kampplek
9.jpg
10.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

2 Julie
Kamp afslaan vinnig gedoen, raak nou boffin, ek en Sonja. met die op en afslaan. Vat die pad na Puros via Kaoko Otavi. Hier was die paaie regtig sleg, die tweede een wat maar min aandag kry van die regering. Kry ook oral die Himbas gehuggies. Arm en verafgeleë. So twee derdes tussen Kaoko Otavi en Okandjombo kruis mens die Hourisibrivier. Dan draai mens af suid in die rivierbedding. Wie wil nou in die rivierbedding ry maar wragtig van die mooiste plekke wat mens kan sien is juis in die rivierbedding. En so ry ons aan en aan en dit hou net nie op nie, hierdie pragtig natuur tonele. In die agtermiddag daar in die vêrte sien mens hierdie stofstorm aanmekaar en dan wonder mens wat gaan aan. Julle sal dit nie glo nie maar hierdie stofstorm word veroorsaak deur al die voertuie wat afjaag Puros toe om die beste kampplek te kan kry. Nouja, Puros is nou juis nie 'n idiale kampplek nie, winderig en stowwerig maar is okay vir net om te kan oornag. Jy sien net hoe mense in en uit die bos kom op verskeie plekke. Nou is ek nuuskierig om te gaan kyk wat is hierdie bosse nou eintlik, ablusieblokke binne-in hierdie bosse. Hier het die wind heerlik deur die nag gewaai maar dit was hanteerbaar. Kampgelde was R100 pp.
Slegte pad na Puros
1 Slegte pad na Puros.jpg
2 Slegte pad na Puros.jpg
3 Slegte pad na Puros.jpg
3Slegte pad na Puros.jpg
4  Slegte pad na Puros.jpg
5 Slegte pad na Puros.jpg
6 Slegte pad na Puros.jpg
7 Slegte pad na Puros.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

vervolg
8 Slegte pad na Puros.jpg
9 Slegte pad na Puros.jpg
10 Slegte pad na Puros.jpg
11 Slegte pad na Puros.jpg
12 Slegte pad na Puros.jpg
13 Slegte pad na Puros.jpg
14 Slegte pad na Puros.jpg
15 Slegte pad na Puros.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Hourasib rivierbedding
16 Hourasib rivierbedding.jpg
17 Hourasib rivierbedding.jpg
18 Hourasib rivierbedding.jpg
19 Hourasib rivierbedding.jpg
20 Hourasib rivierbedding.jpg
21 Hourasib rivierbedding.jpg
22 Hourasib rivierbedding.jpg
23 Hourasib rivierbedding.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

vervolg
24 Hourasib rivierbedding.jpg
25 Hourasib rivierbedding.jpg
26 Hourasib rivierbedding.jpg
27 Hourasib rivierbedding.jpg
28 Hourasib rivierbedding.jpg
29 Hourasib rivierbedding.jpg
30 Hourasib rivierbedding.jpg
31 Hourasib rivierbedding.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

vervolg
32 Hourasib rivierbedding.jpg
33 Hourasib rivierbedding.jpg
Puroskamp
34.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

3 Julie
Kamp afslaan en die pad vat soos altyd. Ons gaan toe oor die Ganiesvlakte na die
Huaribrivier om weer die bedding te ry waarna ons deur die poort ry om in die Ganamubrivier te kom en verder daar deur die bedding te ry. Gaan oor Sesfontein na Qowarib Gemeenskap kamp. Koste was R100 pp. Edge het weer gekla oor sy bakkie se klas. Ons besluit maar dat ons dalk moet deurgaan Swakop toe om na hierdie probleem te kyk. In die middel van die nag maak Sonja my wakker om te gaan kyk of alles nog reg is met hierdie erge windstorm. Gaan maar uit en kyk dat al die penne nog goed in is en dat daar nie ander losgoed is wat gebêre moet word. Edge het ook deur die nag sy bakkie ingedraai in die wind in sodat die wind oor sy bakkie kan waai.
Ganies vlaktes
001Ganies vlaktes.jpg
001Ganies vlaktes.jpg (28.25 KiB) Viewed 7309 times
002Ganies vlaktes2.jpg
003.0Ganies vlaktes3.jpg
003.0Ganies vlaktes3.jpg (31.22 KiB) Viewed 7309 times
Stofstorm oppad na Huaribrivier
003.1Stofstorm oppad na Huaribrivier.jpg
003.1Stofstorm oppad na Huaribrivier.jpg (13.39 KiB) Viewed 7309 times
Trop gemsbokke in die Huaribrivier
003.2Trop gemsbokke in die Huaribrivier.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

vervolg
Huaribrivierbedding
004Huaribrivier2.jpg
004Huaribrivier2.jpg (32.38 KiB) Viewed 7306 times
006Huaribrivier4.jpg
007Huaribrivier5.jpg
008Huaribrivier.jpg
Poort na Ganamubrivierbedding
009Poort na Ganamubrivierbedding.jpg
Ganamubrivierbedding
010Ganamubrivierbedding.jpg
011Ganamubrivierbedding2.jpg
012Ganamubrivierbedding3.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

vervolg
Sesfonteinfort
013Sesfonteinfort.jpg
Pad na Qowarib Gemeenskap kamp
014Pad na Qowarib Gemeenskap kamp.jpg
Qowarib Gemeenskap kamp
015Qowarib Gemeenskap kamp.jpg
016Qowarib Gemeenskap kamp2.jpg
017Qowarib Gemeenskap kamp3.jpg
018Qowarib Gemeenskap kamp4.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

4 Julie
Word wakker met hierdie vreeslike wind wat nog steeds waai. Wat 'n stryd was dit nie om die daktent af te slaan nie. Nadat die tent op sy plek is in die boks sien ek die papwiel. Spaarwiel uit en ruil die bande met hierdie vreeslike wind wat so waai. Stop by Palmwag oor om petrol in te gooi en loer so op die sementblad onder Edge se bakkie om te kyk of ek iets fout kan sien. Enigste afleiding wat ek kon maak is dat die daar 'n solenoid is wat vassit in die briekvloeistof se pyplyn. Was ook nie 100% seker nie. So net uit Palmwag oppad Swakop toe, stop ek en Edge en praat oor die ding dat as ons op Swakop is gaan on verseker nie weer opry om ons roete klaar te ry nie. Ons moet eerder Kamanjab toe gaan wat 'n bietjie van 'n ompad is maar tenminste is ons nog noord van die plekke waar ons graag wil gaan. Draai toe maar om en gaan Kamanjab toe. Redelik vroeg daar aangekom, kry die enigste motorherstelwerk plek wat groot area bedien in daardie wêreld. Ja hulle kan ons help maar die parte wat van Otjiwarongo afkom sal eers vroeg die volgende oggend daar wees. Ek het toe sommer my spaarwiel laat regmaak en wou toe sommer die een gasbottel wat so gelek het opvul maar die ou wys my toe dat dit nie moontlik is nie omrede die valve gelek het waar mens die bottel moet opvul. Doen so paar inkopies en maak sommer die tenk weer vol. Gaan toe na Oppikoppie kampterrein so op die hoogte van die dorp. So het ons maar die res van die dag daar gespandeer en dit maar lekker rustig gevat. Pragtige kampplek, elke staanplek het sy eie lapa met elektrisiteit en was geriewe. Ablusieblokke gerieflik naby en pragtig. Koste was R150 pp.
Zebras langs die pad
001.jpg
Oppad na Kamanjab
002.jpg
003.jpg
004.jpg
005.jpg
006.jpg
Oppikoppie kampterrein
007.jpg
008.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Sorry mense dat ek laat is met die plasing van die res van die trip. Bietjie probleme opgetel met my rekenaar.

5 Julie
Dit was nou vir my en Sonja 'n lekker bonus om so laat te kan opstaan. Edge en Vivian was al vroeg weg daar sodat hulle vroeg aan die bakkie kan werk. So het ek en Sonja dit baie rustig gevat om ons dinge te doen. Ons is toe so 11H00 daar weg na Edge hulle toe. Die bakkie was eers om en by 11H45 reg en ons is toe net na twaalf uit Kamanjab uit. Omdat ons so laat weg daar is het ons maar so bietjie die voet in die hoek gesit om die verlore tyd in te haal. Edge wou graag dat ons die Ugabrivierbedding doen. Ons het so na drie daar aangekom en sommer dadelik in die rivierbedding ingegaan maar na so omternt 5 kilos loop ons toe dood in modderasie wat ons weet ons gaan ons gat sien. Na oordenkinge, beluit ons toe maar om die Ugab te los en Uis toe te gaan waar ons sal oornag. Nou oppad Uis toe is dit weer ek en my klippe, laat weet vir Edge, ek stop gou vir die klippe maar kon hoor hy is nie gelukkig daarmee nie. Sê toe vir hom hy moet maar aanry, ons sal hom by die kampplek op Uis kry. Stop toe by die een stalletjies wat klippe verkoop. Hier kom hierdie Himbavrou en ek vra toe vir haar nadat ek vir my klippe uitgekies het, hoeveel wil sy hê. Maar natuurlik verstaan sy nie Afrikaans of Engels nie. Hoe onderhandel mens nou as ons mekaar nie verstaan nie. Gelukkig kom daar toe 'n ander vrou wat Engels kan praat en ek vra haar toe hoeveel wil die Himbavrou hê vir die klippe wat ek gekies het. In my kop werk ek toe klaar uit dat dit omtrent R100 na R150 werd is, aangesien ek by voor Opuwo ook gekoop het met billike prys sonder dat ek ondergehandel het. Hier sê die Engelse dame vir my dat die Himbavrou R400 soek vir die klippe, Sê toe vir haar nee, ek is bereid om R100 te betaal. Nee, sy soek R400, so na heen en geweer pratery, sê ek vir haar sy kan maar die klippe hou, ek sal by ander stalletjie gaan probeer vir beter as dit, gee haar die klippe terug en loop toe na die bakkie toe. Net voor ek wou inklim kom die Himbavrou en sê R100 is reg. Nouja, ek gee haar toe maar R150. Ons ry toe maar verder en by die T-aansluiting waar ons moet afdraai Uis toe staan jierdie twee manne met hulle klippe. Hulle het regtig hard probeer om aan ons van die klippe te verkoop, regtig mooi klippe. Verduidelik aan hulle dat ek reeds klomp gekoop het en dat ek nie nog kan koop nie. Kom ek stel dit so, as ek daar in Namibië ingaan met 'n leë sleepwa, sal ek daar uitry met vol sleepwa. Ek moet heeltyd myself keer om nie mal te gaan nie. Kry toe vir Edge-hulle in Uis by Uis Brandberg Rest Camp teen R150 pp. Mooi kampplek. Soos altyd doen ons maar dinge vir die aand .

Oppad na Brandberg
001 oppad na Brandberg.jpg
002 oppad na Brandberg.jpg
002 oppad na Brandberg.jpg (29.11 KiB) Viewed 7173 times
003 oppad na Brandberg.jpg
003 oppad na Brandberg.jpg (31.73 KiB) Viewed 7173 times
004 oppad na Brandberg.jpg
004 oppad na Brandberg.jpg (32.32 KiB) Viewed 7173 times
Brandberg
005 Brandberg.jpg
005 Brandberg.jpg (28.4 KiB) Viewed 7173 times
Ugab rievierbedding
006 Ugab rievierbedding.jpg
007 Ugab rievierbedding.jpg
008 Ugab rievierbedding.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

009 Ugab rievierbedding.jpg
Uis kampplek
010 Uis kampplek.jpg
011 Uis kampplek.jpg
Sonsondergand by Brandberg
012 Sonsondergand by Brandberg.jpg
(33.94 KiB) Not downloaded yet
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

6 Julie.
Volgende oggend maar altyd dieselfde storie, tent afslaan, oppak en vroeg ry. Ry die Omerururivierbed, die eerste twee derdes is nou regtig pragtig maar die laaste derde was dit baie droog en waar mens ookal ry is dit net stof. Op 'n staduim gaan mens weg van die rivierbedding waar mens dan later oor die droë damwla ry. Net daarna draai mens af na die westekant toe oppad na Hentiesbaai. By die grootpad tussen die Skedelkuspark en Swakop draai ons toe op noord se kant toe na Namibië se eie Dooie See. Omtrent so 70/80 kilometer draai mens weer in na die binneland se kant toe. Daardie stukpad so ongeveer 30 kilometer is nou 'n stuk rowwe pad wat mens nou laat wonder of dit nou regtig die moeite werd is om die Dooie See te wil sien maar ons druk nou maar deur. Daar aangekom, uitgeklim om lyf bietjie uit te rek na die rowwe ry, stap ons nou af na die Dooie See. Nie baie groot nie, so omtrent kwart van 'n rugbyveld, in 'n druppel vorm. Lê ook so half in 'n gat so omtrent 15 meter diep. Nou staan ek daar en wonder hoe dapper moet ek nou wees om in te wil gaan. Water ysig koud en dit was winderig ook. Mens kan nogal lekker koud kry as jy met nat lyf in die wind staan. Ek wik en weeg nog, moet ek of nie toe Sonja vir my sê "once in a lifetime". Dis waar, ons ry so vêr, vir wat. Daar trek ek toe maar my klere uit en net in my PT broek gaan ek baie stadig in. Nouja, die water was donders koud. My omtrent 5 minute gevat voordat ek besluit, nou sak ek vinnig in en bly daar onder tot ek gewoon is aan die koue water. Maar net so vinnig wat ek afsak, net so vinnig skiet ek uit daai water soos 'n prop. Wat 'n gevoel was dit nou nie, die uitskiet. Nou lekker nat, sak ek maar stadig af en bly daar so 'n rukkie in die yskoue water. Nou een ding wat ek moet sê, ek kon nog nooit in my hele lewe op die water dryf nie, ek sink net. Wat 'n gevoel was dit nie toe ek stadig agteroor lê en begin drywe. Maak nie saak wat jy doen nie, jy sink net eenvoudig nie. Dit was nou vir my 'n ervaring gewees om te kon drywe op die water. Ander intersante ding gebeur ook nou hier. Nadat ek my afgedroog het, klere aangetrek en uit die gat kom, kom Edge na my toe en sê hoe lyk hierdie klip vir jou en hoe lyk daardie een vir jou. Nouja, van daardie dag tot met die einde van die trip, help Edge my om klippe op te tel. Weer met die rowwe stuk pad terug na die grootpad waar ons toe afdraai Swakop toe. Swakop is ook nie meer die ou Swakop wat ek geken het nie behalwe dat die ou deel van die dorp nog mooi is. Doen so paar inkopies, koop pizzas vir aandetes, eet lekker roomys en ek koop blykbaar die laaste twee appelsnchapps in Namibië want dit word nie meer gemaak nie Loop bietjie rond in die dorp ens, ens. .Kamp oor by Alte Brucke Resort teen R150 pppn vir twee aande, pragtige ablusieblokke - elke staanplek het sy eie. Hoe het ek nou nie die stort geniet nie want nêrens was daar 'n koel luggie wat deurgetrek het nie. Ek is nou maar vol nonsens as dit kom by nat word en koel luggie.

Oppad na die Omerururivier
001 Oppad na die omerururivier.jpg
die Omerururivierbedding
002 die omerururivierbedding.jpg
003 die omerururivierbedding.jpg
004 die omerururivierbedding.jpg
004 die omerururivierbedding.jpg (32.95 KiB) Viewed 7171 times
005 die omerururivierbedding.jpg
006 die omerururivierbedding.jpg
007 die omerururivierbedding.jpg
008 die omerururivierbedding.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

die Omerururivierbedding
009 die omerururivierbedding.jpg
010 die omerururivierbedding.jpg
011 kom uit die omerururivierbedding.jpg
die Omerururivier damwal
012 die omerururivier damwal.jpg
012 die omerururivier damwal.jpg (33.7 KiB) Viewed 7170 times
Oppad na die grootpad van Skedelkuspark
013 oppad na die grootpad van Skedelkuspark.jpg
013 oppad na die grootpad van Skedelkuspark.jpg (22.5 KiB) Viewed 7170 times
Oppad na die Dooie See
014 oppad na die Dooie see.jpg
014 oppad na die Dooie see.jpg (24.6 KiB) Viewed 7170 times
015 oppad na die Dooie see.jpg
016 oppad na die Dooie see.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Oppad na die Dooie See
017 oppad na die Dooie see.jpg
017 oppad na die Dooie see.jpg (23.27 KiB) Viewed 7169 times
Die Dooie See
018 Dooie See.jpg
019 Dooie See.jpg
020 Dooie See.jpg
021 Dooie See.jpg
022 Dooie See.jpg
Alte brucke Resort
023 Alte brucke Resort.jpg
Alte brucke Resort se lekker ablusie
024 Alte brucke Resort se lekker ablusie.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
Whisky
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 195
Joined: Mon Aug 17, 2009 10:17 am
Town: Durbanville
Vehicle: 2009 Toyota Hilux DC 3.0 D -4D 4X4
Real Name: Ben
Club VHF Licence: HC 136

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Whisky »

Lekker lees ek nou aan die toer. Dankie Dowe Koos, nou wag ek vir die laaste deel. Ek ken vir Edge, sy toere is almal presies uitgewerk :D: . Het al baie tips by hom gekry.

Groete
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Hallo Ben, van tips praat dink ek persoonlik daar is min mense wat saam met Edge kan gesels. Net sy camper spreek boekdele.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

7 Julie
Hierdie oggend het ons besonder vroeg opgestaan want 'n lank dag lê voor vir ons want ons gaan die Khanrivierbedding doen. So sewentig kilometer na Windhoek se kant is daar 'n stasie met die naam Trekkopje. Daar draai ons af suid na die Khanrivier se kant toe, pragtige roete. Skaars was ons in die rivierbedding, kry ons hierdie hindernis wat Edge die "chute" noem. Soos julle al weet teen hierdie tyd kan ek klippe nie uitlos nie. As mens op 'n trip gaan is jou voertuig swaar gelaai en soos die dae aanstap raak jou voertuig soort van ligter soos mens die goed gebruik wat jy ingepak het. Maar in my geval word dit net weer swaarder soos ek klippe inpak. Nou juis by hierdie "chute" sien ek 'n intersante klip, so pienkerig, so groot soos 'n menskop. Nou staan ek daar en wik en weeg of ek hierdie groot klip moet vat of nie. Intussen dra Edge ook klippe aan wat ek moet besluit, wil ek dit hê of nie. Ek kan maar net nie mooi of intersante klippe weerstaan nie. Dog by myself, ek moet nou nie die bakkie gaan staan en oorlaai nie. Net voor ek inklim om hierdie "chute" aan te pak, besluit ek tog maar om hierdie groot pienk klip op te laai.Wil amper sê dit het langer gevat om daar deur te kom as by die Van Zylspas, niks "scary maar tricky". Mens kan dit seker vinniger doen maar dan gaan jy jou voertuig lelik seermaak. Uiteindlik is ons daar deur en die res van die rivierbedding is asemrowend. Die Khanrivier loop later in die Swakoprivier maar net 'n entjie na dit by Goanikontes is ons daar uit na die Maanlanskap en Welwischia vlaktes. Eintlik maar 'n vervelige pad want daar is niks nie en baie sinkplaatpad. By die Welwischia vlaktes lê hierdie besonderde plante die wêreld vol. Vandaar is ons toe weer terug Swakop toe. Het ook gaan uiteet by The Tug restaurant, ek persoonlik dink nie veel van die kos nie alhoewel dit intersant was om in die brug van hierdie Danie Hugo sleepboot te eet. Daardie aand bespreek Edge en ek oor die volgende dag se trip onder andere die Spreethoogtepas. Blykbaar een van die steilste pas in Namibië. Vir my klink dit na 'n lekker uitdaging.

Sonsopkoms op pad na Klipkopje
001 Sonsopkoms op pad na Klipkopje.jpg
(23.94 KiB) Not downloaded yet
Afdraai van Klipkopje na Khanrivierbedding
002 Afdraai van Klipkopje na Khanrivierbedding.jpg
Oppad na Khanrivierbedding
002 Oppad na Khanrivierbedding.jpg
002.1 Oppad na Khanrivierbedding.jpg
002.2 Oppad na Khanrivierbedding.jpg
Die Chute
003 Die Chute.jpg
004 Die Chute.jpg
005 Die Chute.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

vervolg
Die Chute
006 Die Chute.jpg
007 Die Chute.jpg
Khanrivierbedding
008 Khanrivierbedding.jpg
009 Khanrivierbedding.jpg
009.1 Khanrivierbedding.jpg
010 Khanrivierbedding.jpg
011 Khanrivierbedding.jpg
011.1 Khanrivierbedding.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Khanrivierbedding
011.2 Khanrivierbedding.jpg
012 Khanrivierbedding.jpg
013 Khanrivierbedding.jpg
014 Khanrivierbedding.jpg
015 Khanrivierbedding.jpg
016 Khanrivierbedding.jpg
017 Khanrivierbedding.jpg
018 Khanrivierbedding.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Khanrivierbedding
019 Khanrivierbedding.jpg
020 Khanrivierbedding.jpg
021 Khanrivierbedding.jpg
022 Khanrivierbedding.jpg
022.1 Khanrivierbedding.jpg
022.2 Khanrivierbedding.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

vervolg
Maanlandskap
022.3 Maanlandskap.jpg
022.3 Maanlandskap.jpg (32.65 KiB) Viewed 7040 times
Welwitchiavlaktes
024 Welwitchia.jpg
Welwitchia
023 Welwitchia.jpg
025 Welwitchia.jpg
026 Welwitchia.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

8 Julie
Ontwetend staan ons op en pak op dat hierdie die langste dag gaan wees van ons hele toer. Van Swakop, is ons na Bluttkoppe en Rock Arch, dan verder deur die Ganabvlaktes na die Khomas hooglande waar die Naukluft canyon is. Hier draai ons toe af na Henno Martin gedenkteken wat 'n besonderde man was wat saam met sy vriend vir twee en 'n half jaar in die canyon gebly het sodat hulle nie na die interneringskamp geneem kan word nie gedurende die Tweede Wêreld Oorlog. Vir my was dit nog 'n kersie op die koek. Juis daar naby hoor Edge by ander mense dat die pad na Solitaire baie sleg is en besluit toe om 'n ompad te vat. Vandaar is ons toe oor die Gamsbergpas via Isabis na die Spreethoogtepas kampplek. Hoe later hoe kwater, net na ons oor die Gamsbergpas is begin dit donker raak. Soos julle al weet, ek hou nie daarvan om in die donker te ry nie. Iewers by Isabis laat weet Edge oor die radio, hy het 'n papwiel. Sorteer dit gou uit maar die son begin stadig wegraak daar agter die berge. Edge ry toe redelik vinnig vooruit om solank te kyk of hy vir ons staanplek kan kry by Spreethoogte. Ek sit toe die bakkie se ligte aan en so met die ry kom ek agter maar die bakkie se ligte is maar powere. Wil net bysê dat vir die eerste keer in 'n lang tyd dat ek in die donkerte moet ry waar daar geen lig is nie. Die ligte was rêrig so swak dat ek maar die res van die pad teen dertig kilometer per uur aankruie. Ons kom toe daar by Namibgrens kampplek en ek sê vir Edge oor die radio, kom ons kamp hier, maar nee, hy is toe al klaar by Spreethoogte kampplek en ek moet kom. Nou kruie ek maar aan en kom toe op hierdie hoogte aan waar die Spreethoogtepas begin. Net daar skop ek vas en besluit om nie verder te ry nie met my swak oë en swak ligte van die bakkie. Op die einde moes Edge maar toe terugkom na my toe om die bakkie af te vat na die kampplek met die pas af. Eerlikwaar, ek sou dit nie kon doen nie. Een ding weet ek, as ek weer by die huis is, moet ek vir my ordentlike ligte kry en sommer ook spotligte. Nouja, dis na agt, dis koud en die wind waai. Slaan die tent op en terwyl Sonja kos maak, doen ek so paar goedtjies, onder andere moet ek hierdie groot pienk klip net op 'n beter plek sit. Dit het by die watertenk se uitlaatpyp met die klep gelê en ek was bang dat die klip met die rond rollery die klep kan beskadig. Haal die klip uit en sit dit daar neer by die ablusieblok se stoep neer. Raak toe besig met ander dinge, was op na ete en ons is toe vroeg in die bed.

So paar fotos by Bluttkoppe en die Arch
001 So paar fotos by Bluttkoppe en die Arch.jpg
002 So paar fotos by Bluttkoppe en die Arch.jpg
003 So paar fotos by Bluttkoppe en die Arch.jpg
004 So paar fotos by Bluttkoppe en die Arch.jpg
005 So paar fotos by Bluttkoppe en die Arch.jpg
006 So paar fotos by Bluttkoppe en die Arch.jpg
007 So paar fotos by Bluttkoppe en die Arch.jpg
008 So paar fotos by Bluttkoppe en die Arch.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

vervolg
009 So paar fotos by Bluttkoppe en die Arch.jpg
010 So paar fotos by Bluttkoppe en die Arch.jpg
011 So paar fotos by Bluttkoppe en die Arch.jpg
012 So paar fotos by Bluttkoppe en die Arch.jpg
013 So paar fotos by Bluttkoppe en die Arch.jpg
014 So paar fotos by Bluttkoppe en die Arch.jpg
015 So paar fotos by Bluttkoppe en die Arch.jpg
016 So paar fotos by Bluttkoppe en die Arch.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Ganasvlaktes
017 Ganasvlaktes.jpg
018 Ganasvlaktes.jpg
Kuiseb canyon
019.1 Kuiseb canyon.jpg
019.2 Kuiseb canyon.jpg
020 Kuiseb canyon.jpg
021 Kuiseb canyon.jpg
023 Kuiseb canyon.jpg
024 Kuiseb canyon.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Oppad na Spreethoogte, Namibiê se eie Tafelberg, deel van die Gamsberg
025 Oppad na Spreethoogte, Namibiê se eie Tafelberg, deel van die Gamsberg.jpg
Oppad na Spreethoogte
026 Oppad na Spreethoogte.jpg
027 Oppad na Spreethoogte.jpg
Spreethoogtekampplek
028 Spreethoogtekampplek.jpg
029 Spreethoogtekampplek.jpg
030 Spreethoogtekampplek.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29852
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Mud Dog »

Baie mooi fotos en verslag Hennie! :thumbup:

The mountains and huge rock outcrops in that area have always been an absolute fascination for me. Sandstone, limestone, quartz, granite and basalt in massive layers tipped onto their sides after having formed over millennia. One cannot help but wonder at the massive forces involved in creating such an intricate geology. Despite the barrenness, the place has an unrivalled beauty of it's own.

Jammer oor die Engels, maar my Afrikaanse woordeskat bring my net nie deur nie. :D:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Hallo Andy, jy is verskoon. Ek sê altyd Namibië is 'n land van verskeie kontraste, dis hoekom ek so klippe optel op my trips. Sal later fotos opsit van die klippe.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29852
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Mud Dog »

:thumbup:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

9 Julie
Sonja maak my wakker met die volgende woorde, “liefie liefie, ons het verslaap”. In ‘n rekord tyd tent afslaan, koffie drink, oppak en wegpak, twintig minute later is ons reg om te ry. Ons het op Swakop bespreek dat ons die Spreethoogtpas sal opry en afry. Ons het so ‘n derde van onder van die pas gekamp en ek het maar vir Edge beduie dat ons dit moet uitlos omdat ons verslaap het. Ry maar die laaste stuk van die pas af wat nie so vressjaend was soos die stuk van die vorige nag nie. Weer n lang pad na die volgende punt toe. Stop gou by Solitaire vir hulle lekker eetgoed, sommer vir ontbyt. Deur Maltahohe, Helmeringhausen en Bethanie. Pragtige wêreld en paaie is mooi. By Bethanie draai ons af na Alte Kalkofen Kampplek. Betaal ons rekening vir R150 pp en gaan na die Shack City kampplek. Laat my dink aan die ou Kimberley se delwers se kampplekke. Mens kry daardie gevoel. Maar wat ‘n klip paradys en ek het dit so geniet soos ou Edge maar heerlik help met klippe optel en dis toe die gedagte my tref. Ek het my pienk klip by Spreethoogte kampplek vergeet. Ek het toe oral gekyk of ek dit nie dalk ingepak het nie. Hoe af was ek nie dat ek een van my mooiste klip kon vergeet het daar by Spreethoogte kampplek. Nouja ek kan nie 300 kilometer terugry net om my klip te kry nie. Ek vra toe vir Vivianne of sy nie dalk hulle nommer het nie sodat ek hulle kan vra om dit later vir my te koerier. Sy het die nommer maar sal eers dit moet soek. Hier op Alte Kalkofen moes ek myself net keer met die klippe optellery.Ons besoek toe Kalkenoven se Lithoparuim – flippen intersant. Lithops is ook bekend as die “flowering stones” en bees kloutjies of baba boudjies in Afrikaans.

10 Julie
Van hier af is ons nou op die laaste skof van ons drie weke lange toer. Af deur Huns na Witputz waar ons nou om die agterkant van die Visrivier Canyon ry na Rosh Pinah. Kort voor die Sendelingsdrift grenspos, draai ons toe weer af na die oostekant toe waar ons toe so al langs die Oranje rivier ry. By Gamkabrivier wat in die Oranjerivier invloei wat natuurlik droog was, ry ons daarin om die rivierbedding te doen. Was maar 'n kort stukkie. Daar uit weer noordwaarts tot by die pad wat tussen Ais Ais en Grunau is, draai ons af na Grunau se kant toe waar ons laaste aand in Namibië gaan slaap. Dink dit was ook R150 pp vir die kampplek daar.

11 Julie
Gewone roetine in die oggend, val in die pad, ry deur Karasburg, Aramsvlei na die Nakop grenspos en vandaar terug na Upington. Groet Edge en Vivienne daar, waar ons toe Vryburg se kant toe gaan en ook daar oorgeslaap het in 'n lodge.

12 Julie
Die stuk huistoe van Vryburg het goed verloop en hoe lekker was dit nie om weer by die huis te wees nie


OPSOMMING
Algemeen.
Namibië is ‘n ongelooflike land, wyd uitgestrek met verskeie kontrasse. Hier ry mens myle ver om by plekke te kom. Het eergister gelees dat dit nou lekker gereën het daar en ek sou nou wat wou gee om die plekke te sien wat nou groen gaan uitslaan. Volgende trip sal dan wees om Kadoum en die Caprivi te doen, dan het ek die hele Namibië gesien.Namibië se mense het my beindruk met hulle vriendelikheid en behulpsaamheid. Wat intersant was dat die meeste swartmense met wie jy wil praat vir inligting dadelik met jou mooi Afrikaans praat.

Bakkie se Canopy met alles daarin.
Alhoewel ek drie jaar aan my canopy gewerk het met alles daarin, is dit die eerste keer wat dit volledig uitgerig was vir ‘n trip. Hoe ek dit gevisualiseer het, hoe die canopy moet werk, het gewerk maar eerlikwaar, dit is nie haalbaar nie. My yskas se laaistelsel werk vir my maar nie vir Sonja nie. Elke keer moet ek uithaal wat sy wil hê en klomp kere moet sy eers wag voor ek daar uitkom. Dis maklik om dit wat sy wil hê eers uit te haal voor die tent opgeslaan word. Dis lastig om dit te doen as die tent op is. So die laaistelsel gaan uitkom en gaan gesak word op die vloer waar dit makliker sal wees om dit te kry wat mens wil hê. Tent opgeslaan of afgeslaan. My recovery kit het spesiale plek gehad waar hulle gestoor was maar nie eenkeer het ons dit nodig gehad nie, so alles gaan uit daar en in die trommels heelagter in die laaistelsel in. My laaistelsel het goed gewerk soos ek dit wou hê. Die tasse met die klere was op die boonste laai wat nie 'n probleem was nie, maar uit die canopy, in die tent, so heen en weer raak maar lastig. So my recovery gedeelte gaan nou my klerekas word. Slaan die tent op, gaan in en zip af die seil en siedaar, ons klerekas maklik bereikbaar. So ek gaan nou rakke daar insit vir ons klere. Die tasse in en uit, is uit. Kombuisgedeelte het goed gewerk soos ek dit wou hê. My elektriese stelsel het ook goed gewerk soos ek dit wou hê.

My bakkie.
Ek is so tevrede met my bakkie, regte ou kanniedood. Wat meer kan ek sê. Gemiddelde brandstofverbruik was 7.6 km per liter en ek is heel tevrede daarmee.

Edge en Vivienne
Soos dit maar oral so is, ontmoet nuwe mense, voel voel mekaar en hoe later hoe kwater, gaan dit beter of slegter. In Edge en Vivienne se geval, Regtig aangename mense, sal weer enige tyd saam met hulle op 'n trip gaan. Groot waardering vir Edge is dat hy my altyd voor laat ry asof ek nuut is en die wêreld eerste moet verken. Ook al die besprekinge in die aande vir wat ons die volgende dag wil doen asook as daar veranderinge is in die toerplan. Een ding kan ek julle mense vertel, Edge ken van overlanding. Enige raad wat hy gee of voorstel op die forum, dit is al beproef. Vat dit maar gerus. Dan sy kamper - net een woord, AMAZING. Dit het alles, "you name it" 12 volt, 220 volt en gas. Eenvoudig om op en af te slaan, 3 minute maks. Die dag wat ek aftree, sal ek ook so 'n soortgelyke kamper wil hê. So nog nege jaar.

Edge, weereens vir die lekker vakansie. Ons het dit regtig geniet. Tot volgende jaar vir die Malawi en Zambië.

Edge, enigiets wil jy wil vertel of byvoeg, jy is welkom.

FLUIT FLUIT EN DIE STORIE IS UIT.

Uitsig vanaf Spreethoogte kampplek
The attachment 001 Uitsig vanaf Spreethoogte kampplek.jpg is no longer available
Oppad na Maltahohe
The attachment 002 Oppad na Maltahohe.jpg is no longer available
Alte Kalkofen
003 Alte Kalkofen.jpg
006 Alte Kalkofen.jpg
Alte Kalkofen Shack City
004 Alte Kalkofen Shack City.jpg
005 Alte Kalkofen Shack City.jpg
Oppad na Huns
007 Oppad na Huns.jpg
008 Oppad na Huns.jpg
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018 Die Einde

Post by Dowe Koos »

Langs die Oranjerivier
009 Langs die Oranjerivier.jpg
010 Langs die Oranjerivier.jpg
Gamkabrivierbedding
011 Gamkabrivierbedding.jpg
Oppad na Grunau via Ais Ais
012 Oppad na Grunau via Ais Ais.jpg
Oppad huistoe vanaf Grunau
013 Oppad huistoe vanaf Grunau.jpg
DIE EINDE
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29852
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Mud Dog »

Dankie vir die voledige verslag en lekker fotos, Hennie! Namibie sal vir my altyd 'n wonder wêreld bly. Ek wou nog minstens een keer terug soontoe met die vrou, maar dit lyk deesdae meer en meer dat dit nie gaan gebeur weens haar mediese toestand. So verslae soos joune beteken vir my dat ek weer Namibie deur iemand anders se oe kan erleef. :thumbup: :thumbup:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Plesier Andy, is bly jy geniet dit.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Oja, ek het vergeet om by te voeg,
1) Daardie pienk klip was toe al die tyd in die bakkie. Toe ek by die huis kom en uitgepak het, kry ek dit toe in die bakkie. Ek was seker maar moeg gewees daardie aand op Spreethoogte dat ek nie kon onthou dat ek dit wel terug gesit het in die bakkie.
2) Ek neem nogal baie videos op al my trips. So ook in Namibië. By die huis gaan ek deur my videos van die trip tussen Ruacana en Epupa waar ek my jerrykan verloor het. Al die videos wys dat alhoewel die paaie sleg was, ek nêrens gebokspring het wat kon maak dat ek die jerrtkan kon verloor. Enigste ding wat ek kan aandink is dat dit gesteel was by Ruacana se kampplek. Die volgende oggend toe ons vroeg gery het van Ruacana was dit nog donker en ek kon moontlik dit mis gekyk het dat die jerrykan weg is. Maar net 'n vermoede.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
Whisky
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 195
Joined: Mon Aug 17, 2009 10:17 am
Town: Durbanville
Vehicle: 2009 Toyota Hilux DC 3.0 D -4D 4X4
Real Name: Ben
Club VHF Licence: HC 136

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Whisky »

Dankie Hennie baie lekker saam met jou getoer.
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1053
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Dowe Koos »

Regso Ben, ie bly jy het dit geniet.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: Stof, wind en ratel in Namibië Junie/Julie 2018

Post by Haboob »

Baie goeie verslag Hennie. Kannie sien hoekom jy gedink het dat dit nie goed sou wees nie. Lekker samm getoer en die hele trippe weer oor gedoen, sonder die stof en rattles.

"Edge, enigiets wil jy wil vertel of byvoeg, jy is welkom".

Hennie, het net een voutjie gekry waar jy van Zyl's Pas beskryf het.

"So onder Edge se leiding kom ek toe af en heeltyd sê Edge, moenie brieke gebruik nie, gebruik die donkierat Ek is daar af waar ek so ses of sewe keer die bakkie laat stol het maar nooit het ek die brieke gebruik nie."

Jy bedoel seker, "Moennie die ''CLUTCH' intrap nie en gebruik die 'BRIEKE' saam met die 'DONKIERAT' om jou spoed op die steil afdrand te verminder?

Julle was goeie toermaats en was altyd by om pad te bou, pap wiele reg te maak, Tools te verskaf, of te help met rigtings, kaarte, probleme en benodighede om die kamp. Julle het nie laat mens wag of vra, indien daar probleem was. Plesier gewees om saam met julle te gery het. Volgende keer, praat bietjie oor die "Iluminaty - the holders of the light".
Image
HABOOB means "Dust Storm"
Post Reply

Return to “Trip Reports”