Verskillende Voertuie

Here we discuss Hiluxes in general. Your view of the Hilux. For other general discussions please see "open Discussions" under the "Around the Campfire" heading.
Post Reply
Nico Van Zyl
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 10
Joined: Mon Nov 24, 2008 1:56 pm
Town: Richards Bay
Vehicle: 1990 Hilux D/Cab 2.4 4x4
Real Name: Nico

Verskillende Voertuie

Post by Nico Van Zyl »

Ek het n neef wat ook nou vir hom n 4X4 voertuig wil kry. Vir een of ander rede wil hy nie n Hilux he nie (iets met sy opvoeding te doen), so nou kyk hy na n paar ander voertuie. Ek het gese ek sal bietjie hier by die ouens hulle opinies kry oor van die ander voertuie want ek is seker julle het baie kennis oor 4X4 voertuie in die algemeen!

Hy kyk na van die volgende voertuie en ieder en elk se opinie op enige voertuig se brandstof verbruik, betroubaarheid, beskikbaarheid van parte en wat nog als sal baie waardeur word:

1) Jeep Grand Cherokee / Cherokee 2.5TD/3.1TDi/4.0 ('96-'00)
2) Nissan 3.0 V6 ('96 - '02)
3) Mitsubishi Colt 3.0 V6 ('97 - '01)
4) Isuzu 3.2 V6 ('99 - '02)

Dan as daar natuurlik ander voorstelle is sal ek dit ok graag wil hoor!

Daar is nog n ander vraag wat ek ok het, met die Fortuner, wat is die verskil in brandstof verbruik tussen die 3.0 D4D en die 4.0 V6?

Sal graag almal se kommentaar wil hoor.
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: Verskillende Voertuie

Post by ToyX4 »

Nico, laat hy bietjie op www.4x4community.co.za gaan lees, op die voertuie forums.

Hier gaan die ouens mos maar net se hy moet n Hilux koop.

So BTW, jou neef is dan maar swak opgevoed, as hy nie eers n Hilux wil ry nie. :twisted: :twisted:

Ek het net een ding te se oor die kortlys wat jy hierbo gegee het - KOOP N SFA HILUX :!:
ImageImage
Image
User avatar
Jaws
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 536
Joined: Fri Dec 14, 2007 11:41 am
Town: Sharonlea
Vehicle: 2009 D4D 4x4
Real Name: Herman

Re: Verskillende Voertuie

Post by Jaws »

Nico Van Zyl wrote:
1) Jeep Grand Cherokee / Cherokee 2.5TD/3.1TDi/4.0 ('96-'00) - Kan hulle nou baie goedkoop kry maar al kry jy hom verniet bly weg!!
2) Nissan 3.0 V6 ('96 - '02) - Geen eerste handse ondervinding nie
3) Mitsubishi Colt 3.0 V6 ('97 - '01) - Sterk enjin, hou van petrol soos enige V6 , exhaust manifolds kraak op hulle maar maklik om te herstel
4) Isuzu 3.2 V6 ('99 - '02) - Baie sterk maar hou extra baie van die petrol

.
:thumbup:
Zandyl
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 316
Joined: Tue Apr 15, 2008 9:32 pm
Town: Mokopane
Vehicle: Hilux 2.7i 4x4 DC
Real Name: Jaco

Re: Verskillende Voertuie

Post by Zandyl »

2) Nissan 3.0 V6 ('96 - '02) - Geen eerste handse ondervinding nie
Calling on Dadz toy for comments
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: Verskillende Voertuie

Post by BenHur »

Stay away from option 1 or 4

2 and 3 would be a better compromise. Else 'n Ford/Mazda may not be a totally too bad option.
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Verskillende Voertuie

Post by ThysdJ »

Wat presies wil hy met die 4x4 doen? Dalk sal 'n RAV4 of 'n Hyundai Tucson ook aan sy behoeftes voldoen? :twisted: :twisted: :twisted:

Ek sou eerder 'n Land Rover aanbeveel as enige van die op die lysie. Met 'n Land Rover WEET jy ten minste jy gaan probleme kry en is jy voorbereid daarop... :shock: :twisted: :twisted:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
jakeslouw
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 71
Joined: Fri Dec 19, 2008 2:13 pm
Town: Brits
Vehicle: Land Rover
Real Name: Jakes

Re: Verskillende Voertuie

Post by jakeslouw »

Ek stem saam met Kaspaas: 'n baie beperkte lys.

Nissan V6 (97-02): gebaseer op die ou D21 chassis (1989-1996), en was bloot net 'n body upgrade. Enjin bly maar die VG30. Baie opgraderings moontlikhede op die enjin, afhangend van geld (vir upgrades en petrol), en enjin sal 300,000+ km doen as dit net gereeld gediens is.
Chassis is sterk, en die drivetrain is dieselfde as die 1991-1996 Nissans:
H233B: 4-pinion, 4.625:1 (rear), somtyds LSD, somtyds ook 'n Gearmax vacuum diffloc
R180A: 4-pinion, 4.625:1 (front) : IFS
Xfer case op die ratkas (nie divorced soos die Safari, Tracker, ens)

Voorste torsion bars is stelbaar, maar soos met alle torsions, raak dit die rygerief. Die stuurkomponente is redelik swak, maar daar is opgraderings wat goedkoop en sterk is: Massey Ferguson ball joints, plus rose joints op die draglink ens. Gaan kyk gerus op die Nissan forum en doen 'n search daar: lidmaatskap is nie verplig nie.
Die prop-shaft centre-bearing hou so 75,000-100,000 kms, maar is nie duur om te vervang nie: propshaft moet net gemerk word voor hy gesplit is, ander is die UJs uit phase uit en die balanseering sal ook uit wees.

Hoekom kyk die ou nie na 'n Land Rover Discovery 2 of even een van die nuwer Range Rovers? Ek het 'n 4.6HSE Range Rover gesien vir om en by R50k op Autotrader gister: daai wa sal even 'n SFA Lux ore aansit. Die 300 TDi Disco en die 3.9 V8 EFI Disco is ook great waarde vir geld, en teen hierdie tyd is al hulle nukke reggemaak. Bly weg van die TD5: te veel electrickery, en die ECU sit onder die driver seat (net soos die ou Hardbody/Sani: hoe DOM kan 'n design team wees? Op 'n 4x4? Wat in water ry?)

Die Isuzu is maar 'n bloedhond: lank en laag en die pens skuur op spoedhobbels.....alhoewel die 3.2 V6 is sterk.

Die jeep.......kyk, ek sou nie nou 'n GM produk koop nie, mens weet nie waar spares vandaan sal kom nie. Ek dink die ou 4.0L Cherokee met die plat kante en die solid axles is nog 'n opsie, en daar is miljoene upgrades vir die diffs en xfer boks en suspensie.

Colt: ja jong, liewer 'n Nissan. Swak herverkoop waarde. 3L V6 is maar pap, dis hoekom die Pajero met die 3.5 V6 meer gewild is. Liewer die 2.8 TDi: lekker sterk intercooled diesel, baie betroubaar as ek reg hoor. En ek dink GWM of een van daai Chinese brands gebruik die 2.8 enjin nou in van hulle models, so spares hoort spotgoedkoop te wees.

Ander voertui: Hilux (SFA is nou bietjie verouderd, so ek neem aan IFS), Nissan Terrano (BAIE bekwame 4x4, en die 27TDi is sterker as die ou SA-spec 27TD wat ons hier in die Hardbody ingesit het), die ou Patrol wat soos die Safari gelyk het, die FJ80 LC (my droom Toyota: suspension kit, lockers voor en agter, 33" BFG Muds, aaaaaaaahhhhhh!), en natuurlik die D22 Hardbody (2002- ), met 3.3V6 of TDi.

Bly WEG van enige Hondn@@i ek bedoel Hyundai, especially die Terracan't: been there, done that, lost R80,000 to prove it. Voertuie is onbekwaam, spares is onbekombaar en BAIE duur, en tensy die kar nog onder warranty is, los hom uit. Ry baie lekker.....as hy ry.

Kia Sportage ens: baie under-rated voertuig. Sal graag een wil koop vir SWAMBO. Een van die beter Koreaanse brands. Herverkoop baie beter as ander, even Jap brands.

Pajero?
Henk Bakkie
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 51
Joined: Sat Nov 29, 2008 1:33 pm
Town: Benoni
Vehicle: '93Hilux DC 2.2 4x4
Real Name: Henk

Re: Verskillende Voertuie

Post by Henk Bakkie »

Ek het so pas die 4x4 soektog deurgemaak - die feit dat ek diep binne my geweet het ek sal net met 'n SFA Hilux tevrede wees het seker nie gehelp nie :lol: - maar wat ek wel gesien het is dat die handelaars, smaak my, probeer om die Jeeps weg te gee! Ek kon, teen dieselfde prys as my '93 Lux, 'n '99 of selfs 2000 Jeep Cherokee gekoop het. Kollegas van my ry gelukkig - vir my - van die goed en net een koppie koffie saam met een van hulle het my oorreed om nie daardie rigting te gaan nie.

So by the way, ons het verlede jaar (dis nou 2007 :wink: ) 'n amerikaanse konsultant hier by ons gehad. Die man ry 'n Discovery back home. Sy eie woorde was dat "anyone knows that you do not buy an American 4x4"

Die Isuzu is ook BAIE dors - selfde league as my vorige Pajero - beste wat ek uit hom kon kry was 4-4.5 km/l - en dis mooi gery op die oop pad.

As hy nie spesifiek 'n bakkie wil he nie, stem ek dat die Discoveries, en selfs Range Rovers, nou baie goeie waarde vir geld begin bied. Daar in Boksburg staan beide vir R69k elk - die Rangie is 'n laat 1990's en die Dico vroee 2000?

Toe gaan koop ek mos 'n petrolfilter vir my Lux (die 2e tenk was lanklaas gebruik :( so was maar lekker vuil!), en besef net weer waarom ek hierdie een wou gehad het. 'n hele R14.99 later en ek sit hom sommer daar in die parkeergrond in.


Net my 2c worth!
____________________________________________________________________________________________
“Om dood te gaan is geen kuns nie; die slegte kry dit reg. Om te lewe is ‘n kuns; die beste kry dit nie goed reg nie.” - CJ Langenhoven
Nico Van Zyl
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 10
Joined: Mon Nov 24, 2008 1:56 pm
Town: Richards Bay
Vehicle: 1990 Hilux D/Cab 2.4 4x4
Real Name: Nico

Re: Verskillende Voertuie

Post by Nico Van Zyl »

Dankie vir al julle raad en kennis so ver :clap: . Ek gaan beslis vir hom al julle voorstelle gee. Die doel van die voertuig sal maar dieselfde wees as wat meeste van ons die SFA gebruik, lekker toer en goeie off-roading. Hy het nie rerig gese of hy spesifiek n D/Cab soek nie so ek is seker hy sal kyk na ander voertuie ook.
Ek sal maar tog nog aan hom werk en sy gedagtes om n SFA kry, die ding is hy wil n voertuig koop wat reg is vir dadelik ry en nie nodig het om eers dinge reg te maak of te vervang nie.
User avatar
bosjakkals
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 457
Joined: Tue Dec 09, 2008 8:14 am
Town: Harrismith
Vehicle: 97 Hilux SFA ,31 BF's, Bullbar,Warn winch, Hunting frame, 2 spare wheels, Long range tank, High lift jack, Gearmax rear locker diff, Suspension unknown but very soft)
Real Name: CJ
Location: Nie weer nie

Re: Verskillende Voertuie

Post by bosjakkals »

Daarshy nou het jy gekry waarvoor jy gesoek het!! en weet seker nou nog nie wat nie ? As dier man wil speel kry n SFA - Dag Jakes, bly om te sien hier is nog manne van Brits :mrgreen:
03 - Cruiser 105 GX
97 - Hilux 2.4 D/C -
05 - Pajero 3.2 DID SWB ( Ma se kar)
01-Prado 3.0 d (Gesien -Geniet - GEROL))
User avatar
2.8 d/cab SFA
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1407
Joined: Sun Oct 05, 2008 10:08 am
Town: Boksburg
Vehicle: Yamaha R1
Real Name: John
Location: Boksburg

Re: Verskillende Voertuie

Post by 2.8 d/cab SFA »

Reason i bought the SFA, standard already better for offraod than most, cheap parts, available everywhere.
Nice one to start off with
John
Real Trucks Don't Have Sparkplugs!
ImageImage
User avatar
Rick
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 20
Joined: Thu Dec 18, 2008 8:48 am
Town: Hermanus
Vehicle: BMW
Real Name: Rick

Re: Verskillende Voertuie

Post by Rick »

If your life depended on a choice, I'd go for the Nissan. Had the 3l V6 4x4 LWB. Rugged structure for offroad but a bit heavy on the fuel. The guys from VOETSPORE will give you :thumbup: for Nissan....they used 3 in the last trip (Gansbaai tot Gaboen).

Also had a Jeep Wrangler 4l. Fun toy, but damn expensive to fix!! as with all Jeeps. First problem is the catalytic converter....4yrs ago, R5000.00. The the exhaust manifold...R15000.00.(not that I paid that money...fixed it myself for R500.00 :thumbup: :thumbup: )

Lastly, if travelling through Africa, it is a known fact that parts and skills are fairly available for Landy and Toyota.....

Also very recently went to look for another 4x4....First chioce was the Lux...and guess what we bought?? A Hilux :twisted:
1998 D/C Ltd Ed (extras on this truck is worth about R35 000) and we paid R71 500.00

So, buy a Hilux! :twisted:
Thunder is good, thunder is impressive, but it is the lightning that does the work. -Mark Twain
Post Reply

Return to “General Hilux Discussions”