Mabuasehube

Planning a trip or you need information about trails in your area.
Post Reply
Bacchus
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 14
Joined: Tue Nov 11, 2008 10:41 am
Town: Stellenbosch
Vehicle: Hilux D/C, 3.0 D-4D, 4x4
Real Name: Peet

Mabuasehube

Post by Bacchus »

Die manne gesels nou so lekker op die Kgalagadi draad oor Mabua en omdat dit een van daai plekke is waarnatoe mens weer en weer wil teruggaan het ek gedink om maar 'n Mabua draad op sy eie te skep.

Ons was Junie vanjaar daar as deel van 'n 18 dae Kalahari trip wat Riemvasmaak ingesluit het. Ons het vanaf Nossob gery en oorgeslaap op Matopi waar daar niks is nie - slegs 'n opening in die bosse met 'n sementblad vir vuur. Toe is ons voort na Mabuasehube waar daar verskeie panne is om te kamp. Ons het by Mabua pan self gekamp - nr 4. Let wel, in die Botswana gedeelte kamp jy nie sommer waar jy wil soos in die SA kant nie - jy kampplek nr word aan jou toegeken. Dit het skynbaar al tot groot onenigheid gelei onder kampeerders :evil:

Image

Uitsig oor die pan.

Image

Son sak oor Mabua

Image

Die diere is nie so volop soos aan die SA kant nie, maar die ervaring daar op jou eie in die bosse sonder omheining is iets anders. Snags het 'n hiëna en wilde kat darem vir ons kom kuier. Die Wilderness Trail oor Mosomani terug na Nossob is 'n eenrigting en jy moet ten minste twee voertuie wees en word verplig om oor te slaap op Mosomani. Andersins kan jy weer met die Motopi roete terugry. Ons het met die 4x4 roete oor Mosomani gery en op pad het hierdie verrassing vir ons gewag toe ons oor 'n duin kom! Die een leeu het met sy stert in die pad gelê en ons moes maar veld langs verbygaan - ek wou oor sy stert ry om te kyk of hy ook so lekker in die lug kan spring soos 'n kat, maar my vrou het gekeer :)

Image
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Mabuasehube

Post by OOOOMS »

Tx Peet, lyk baie mooi daar, wat was die kostes gewees?
Bacchus
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 14
Joined: Tue Nov 11, 2008 10:41 am
Town: Stellenbosch
Vehicle: Hilux D/C, 3.0 D-4D, 4x4
Real Name: Peet

Re: Mabuasehube

Post by Bacchus »

Parkfooi: P20 ppn plus voertuig P4 per voertuig
Kampeer: P30 ppn
Wilderness Trail: P800 vir die twee voertuie en dit sluit ook die kamp op Mosomani in.

Hulle is darem nog goedkoper as die res van Botswana aangesien die oorgrenspark nog onder Botswana Wildlife & National Parks val terwyl die groter Botswana mos nou stelselmatig uitgekontrakteer word wat "duurder" beteken. Die Pula is ook bietjie sterker as die Rand dit is waar ja!!- Junie was dit R1,33. Die vyf nagte met die roete het ons R2 285 gekos vir vier persone.
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Mabuasehube

Post by OOOOMS »

Nie sleg nie, dankie! :thumbup:

On my 2do list...
Post Reply

Return to “Places to go”