Page 2 of 3

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Wed Nov 13, 2013 7:21 pm
by Complete4x4
Thanks for the offer..sounds good to me :D: !

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Mon Feb 24, 2014 11:31 pm
by subok
Riaan, ek en my swaer is in. Sien baie uit daarna. Sterkte met die reelings!

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Tue Feb 25, 2014 6:57 am
by JEEPIE
well im still waiting to hear if my bakkie will be ready
hopefully in a week

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Tue Feb 25, 2014 12:51 pm
by Complete4x4
subok wrote:Riaan, ek en my swaer is in. Sien baie uit daarna. Sterkte met die reelings!
Kobus, great om te hoor! Ons is seker julle sal nie teleurgestel wees nie..die woord "Ekspedisie gereed" sal nuwe betekenis kry vir julle :silent:
Groete,
Riaan

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Tue Feb 25, 2014 12:56 pm
by Complete4x4
JEEPIE wrote:well im still waiting to hear if my bakkie will be ready
hopefully in a week
Keep us posted please.. :thumbup: !

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Tue Feb 25, 2014 5:02 pm
by Complete4x4
Hi to all THE Hilux aficionados,
Just a quick follow up on HiluxTrophy 2014..Entry Fee reduced to R2500.00 with the involvement of EFS Africa and CCiC.
Also the new dates are as follows that ties in with all involved sponsors,
• 16 - 18 May 2014
• 6 - 8 June 2014
• 13 - 15 June 2014
• 20 - 22 June 2014
• Final 15 - 18 Augustus 2014
Our Website will also be "Back" this week..enough said on that one :silent:
Kindly contact us directly on info@hiluxtrophy.co.za or 0714284910 for ANY info or entries,
The HiluxTrophy Team

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu Feb 27, 2014 4:49 pm
by Complete4x4
Attention..Attention...Attention :shh:
HiluxTrophy wants to welcome our latest new Sponsor aboard..
Cross Country Insurance :clap:
CCiC will sponsor the actual floating Trophy, as well as a NICE cash cheque to the eventual winner.. :yahoo:
This is in addition to the BIG prize from EFS Africa
The elimination rounds will also boast very nice prizes.
More sponsors are already lined up..in final stages.

The HiluxTrophy team

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu Apr 24, 2014 7:06 pm
by subok
Any updates? Is the event still happening?

Sent from my GT-I9300 using Tapatalk

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Wed May 07, 2014 2:34 pm
by janvg
Ek en my neef het ingeskryf. Veronderstel om hierdie naweek deel te neem (9 - 11 Mei 2014)
Geen teken van n email. Mnr Riaan Jooste antwoord nie sy foon nie. Hy wys online op whatsapp as jy hom kontak maar antwoord glad nie........
Lyk my ons inskrywingsgeld is weg.

Enige ander persone ondervind dieselfde?

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Wed May 07, 2014 6:40 pm
by subok
Nee, ook niks hier nie. Hoop maar vir die beste.

Sent from my GT-I9300 using Tapatalk

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Wed May 07, 2014 10:00 pm
by Thabogrobler
En skielik is dit website ook 'Under Construction'......

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu May 08, 2014 7:52 am
by janvg
Wat gaan ons maak? 80 inskrywings teen R2500 = R200000

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu May 08, 2014 8:28 am
by Thabogrobler
Jy moet iemand kry om die man op te spoor.

Wat se die borge?

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu May 08, 2014 8:29 am
by ThysdJ
Kontak die borge, EFS en CCiC en hoor of hulle bewus is van die ding...

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu May 08, 2014 9:12 am
by janvg
Hoeveel ouens het ingeskryf hier?

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu May 08, 2014 9:49 am
by janvg
Op hierdie stadium weet efs niks nie. Ek wag vir CCiC se bemarkings afdeling om na my terug te kom

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu May 08, 2014 10:41 am
by Thabogrobler
Weet EFS nie dat hulle 'n borg is nie of wat met die event aangaan nie?

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu May 08, 2014 10:52 am
by Complete4x4
Goeie more,

Eerstens wil ek net noem dat daar wel n email uitgegaan het na die spanne wat ingeskryf het om die situasie te verduidelik.

Ons sou graag 80 entries wou he, maar die realiteit is dat daar slegs 6 spanne ingeskryf het.

Ons het onderhandel met TSA oor borgskap en bemarking vir die kompetisie om dit behoorlik van die grond af te kry.
Hulle is stil soos die graf, en ongelukkig kan ons nie nou n kompetisie aanbied vir slegs 6 mense nie.

CCIC se aanbod op die tafel is nie aanvaar deur ons nie, en is dus nie meer n borg nie.

EFS is slegs aanboord as die logistiese venoot soos in alle komunikasie genoem.

Die website domain word ongelukkig vasgehou deur n 4x4 groep wat oorspronklik sou optree as hoofborg, maar wat weens finansiele redes in die groep onttrek het op n baie laat staduim.

Ons en EFS sal dus die kompetisie op n latere datum die jaar aanbied met eie fondse as n once off - dit is sodanig ge-kommunikeer met die bestaande inskrywings.

Die regulasies stipuleer baie duidelik dat in die geval van uitstel / afstel het ons die reg om die datums te skuif.

Ten slotte, niemand het "Weggeloop" met die inskrywings geld nie.

groete

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu May 08, 2014 12:08 pm
by janvg
My voorstel is om maar die manne wat reeds betaal het se geld terug te betaal en sodra al die eendjies in n ry is vir die kompetisie sal ons weer inskryf. Hopelik sal daar meer as 80 inskrywings wees.
Groete.

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Fri May 16, 2014 7:54 am
by janvg
Goeie more
Kan die van julle wat ingeskryf het vir die kompetisie my asb kontak. My epos adres is janvangerve@gmail.com en selnommer is 0834639340

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Fri May 16, 2014 8:05 pm
by subok
Epos gestuur....

Sent from my GT-I9300 using Tapatalk

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Mon May 19, 2014 11:32 am
by janvg
Daar moet nog manne wees wat ingeskryf het.......asseblief manne ons kan nie dat Riaan weghol met ons geld nie.

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Tue May 20, 2014 7:44 pm
by subok
Complete4x4 wrote:Goeie more,

Eerstens wil ek net noem dat daar wel n email uitgegaan het na die spanne wat ingeskryf het om die situasie te verduidelik.

Ons sou graag 80 entries wou he, maar die realiteit is dat daar slegs 6 spanne ingeskryf het.

Ons het onderhandel met TSA oor borgskap en bemarking vir die kompetisie om dit behoorlik van die grond af te kry.
Hulle is stil soos die graf, en ongelukkig kan ons nie nou n kompetisie aanbied vir slegs 6 mense nie.

CCIC se aanbod op die tafel is nie aanvaar deur ons nie, en is dus nie meer n borg nie.

EFS is slegs aanboord as die logistiese venoot soos in alle komunikasie genoem.

Die website domain word ongelukkig vasgehou deur n 4x4 groep wat oorspronklik sou optree as hoofborg, maar wat weens finansiele redes in die groep onttrek het op n baie laat staduim.

Ons en EFS sal dus die kompetisie op n latere datum die jaar aanbied met eie fondse as n once off - dit is sodanig ge-kommunikeer met die bestaande inskrywings.

Die regulasies stipuleer baie duidelik dat in die geval van uitstel / afstel het ons die reg om die datums te skuif.

Ten slotte, niemand het "Weggeloop" met die inskrywings geld nie.

groete
Beste Riaan,
Baie dankie vir jou terugvoer. Ek het nie jou individuele epos gekry soos jy hier noem nie. As ek na dié draad kyk, is daar wel 'n persepsie dat jy met ons geld weggeloop het.
Ek sal graag wil hê dat jy as 'n teken van goedgesindheid en vertroue, die deelnemers wat wel ingeskryf het, se geld ten volle terugbetaal.
Dink jy dat, met die persepsie wat nou bestaan, enigeen op hierdie forum, die 4x4community forum, wegsleep, wegry ens jou in die toekoms gaan ondersteun om in te skryf vir so 'n kompetisie?
Die bal is in jou hande om die persepsie te swaai en vertroue in jou onderneming te herstel.

Sent from my GT-I9300 using Tapatalk

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Wed May 21, 2014 5:29 pm
by subok
Bump

Sent from my GT-I9300 using Tapatalk

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Wed May 21, 2014 9:11 pm
by janvg
Dankie vir die bump Kobus. Weet jy nie van nog ouens wat ingedoen is nie?

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Wed May 21, 2014 11:10 pm
by subok
Nee, net ek en my swaer.

Sent from my GT-I9300 using Tapatalk

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu May 22, 2014 11:13 am
by Complete4x4
Goeie more,

Baie dankie vir die geduld, en dankie vir die negatiewe kommentaar ten spyte van die verduideliking gegee en versekering dat NIEMAND wegloop met inskrywings geld nie!

Nietemin, dit is besluit dat ons HT die jaar sal aanbied as n eenmalige event gegewe die feite vroeer genoem.
Natuurlik is dit met die oog op n opvolg event in 2015, en hopelik dan met meer entries en minder hakplekke!

Die event sal plaas vind die naweek van 8-10 Aug.
Dit sal deel uitmaak van die jaarlikse EFS kompetisie met die HiluxTrophy n kompetisie in n kompetisie met eie pryse etc, en agv daarvan sal die kostes ook minder wees.
Ons sal elke deelnemende span vergoed vir die verskil reeds betaal vs die normale EFS kompetisie kostes.

Enige iemand is welkom om my direk te kontak welke verdere info te bekom.

Groete,
RJ

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu May 22, 2014 5:15 pm
by janvg
Riaan dit lyk my jy verstaan nie so mooi nie. Ons soek ons geld terug soos wat in jou reels en stipilasies uit een gesit is deur jou.

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu May 22, 2014 5:16 pm
by janvg
Image

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu May 22, 2014 5:21 pm
by janvg
Complete4x4 wrote:.........
Enige iemand is welkom om my direk te kontak welke verdere info te bekom.

Groete,
RJ
Okay nou verduidelik vir my waarom antwoord jy nie jou foon of emails nie? As mens jou whatsapp lees jy dit maar antwoord nie.

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu May 22, 2014 5:24 pm
by janvg
Gaan vind biki uit hoe lank mens gaan sit vir "valse voorwendsels".........

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu May 22, 2014 5:27 pm
by george
janvg wrote:Gaan vind biki uit hoe lank mens gaan sit vir "valse voorwendsels".........
Hierdie ou moet julle geld terug gee Jan.
Dit staan dan in sy eie kontrak :slap:

Jy moet maar amal saam kry en so bietjie vuur onder hom maak.Class action of so iets

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu May 22, 2014 5:38 pm
by janvg
George die probleem is hy kan nie eens sy foon antwoord nie. Hy kom chirp net so af en toe n paar woordjies. Ek gee hom n week om ons geld bymekaar te kry of ek gaan maak n saak teen hom. Fearie Glen is nie so groot om nie n lasbrief by sy voordeur uit te kry nie........ooops did I mention Fearie Glen?

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Fri May 23, 2014 6:48 am
by oomspuyt
Complete4x4 wrote:Goeie more,

Eerstens wil ek net noem dat daar wel n email uitgegaan het na die spanne wat ingeskryf het om die situasie te verduidelik.

Ons sou graag 80 entries wou he, maar die realiteit is dat daar slegs 6 spanne ingeskryf het.

Ons het onderhandel met TSA oor borgskap en bemarking vir die kompetisie om dit behoorlik van die grond af te kry.
Hulle is stil soos die graf, en ongelukkig kan ons nie nou n kompetisie aanbied vir slegs 6 mense nie.

CCIC se aanbod op die tafel is nie aanvaar deur ons nie, en is dus nie meer n borg nie.

EFS is slegs aanboord as die logistiese venoot soos in alle komunikasie genoem.

Die website domain word ongelukkig vasgehou deur n 4x4 groep wat oorspronklik sou optree as hoofborg, maar wat weens finansiele redes in die groep onttrek het op n baie laat staduim.

Ons en EFS sal dus die kompetisie op n latere datum die jaar aanbied met eie fondse as n once off - dit is sodanig ge-kommunikeer met die bestaande inskrywings.

Die regulasies stipuleer baie duidelik dat in die geval van uitstel / afstel het ons die reg om die datums te skuif.

Ten slotte, niemand het "Weggeloop" met die inskrywings geld nie.

groete
Riaan,

Eerstens is die feit dat jy beweer jy n email aan die gerigistreerde deelnemers gestuur het nie waar nie. Ek en Subok is dan deel van "te min inskrywings" so die kanse dat ons nie die email gekry het nie baie skraal.

Ek het jou al gebel en emails gestuur, geen reaksie. Die idee om nou die kompetisie op n ander tyd binne n ander kompetisie te hou is totale snert, dis NIE waarvoor ek ingeskryf het nie. Ek is baie bly jy het nie "weggeloop met die inskrywings geld" soos hier bo aangedui, dus kan jy maar net die geld so spoedig moontlik aan ons terugbetaal voor dit nodig sal wees om verdere stappe te neem!

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Fri May 23, 2014 9:54 am
by Scorpion
Riaan, 'n bietjie raad van 'n gesoute besigheids man en prokureur... Jy het heelwaarskynlik met hierdie idee opgekom en gedink jy gaan verskriklike aanvraag daarvoor he, gesien die passie wat ons almal hier vir ons Hiluxe het. Jy was vol vuur en vlam en het vas geglo hierdie is nie net 'n wonderlike idee om Hiluxe bymekaar te kry nie, maar jy kan 'n volwaardige besigheid hieruit maak. Ongelukkig het dit nie so uitgewerk nie en jy het net 6 inskrywings gekry. Ek is seker jy het ook op hierdie stadium nog steeds geglo daar gaan nog baie kom, jy moet net die reelings mooi agtermekaar kry, en jy het die geld gebruik om dinge te doen wat jy moes om die besigheid van die grond af te kry...

Riaan, die probleem is dat jou passie, jou ongelukkig ingedoen het hier. Jy het ongelukkig gefaal en dis nie lekker of maklik om te erken nie. Die maklikste is om weg te kruip en jou rug regop te ruk as iemand beweer jy het iets gedoen wat jou eer krenk. Riaan, net 6 mense het ingeskryf en 2 van hulle het nog geen eposse van jou af ontvang nie. Dis seker moontlik dat jy hulle adresse verkeerd het, maar ek en jy weet dis nooit gestuur nie... Elke liewe mens in jou posissie (en ek sien duisende van hulle) het presies dieselfde stories... Dis 'n bose sirkel: jy kruip weg en al wanneer jy reageer is as iemand jou "beledig' of jou eer aanvat. Dit gaan net al hoe erger word, maar op die ou einde is jy die enigste verloorder. Almal gaan dink jy het 'n "scam" gehardloop en jou naam gaan die wereld vol le as 'n bedrieer...

So hier is my voorstel: erken liewer dat jy gefaal het en vra omverskoning - mense respekteer dit baie meer as leuens en verskonings. Vertel mense waarvoor jy hulle geld gebruik het en maak 'n reeling om dit so gou moontlik terug te betaal. Om hulle in die EFS competitie in te skryf is nie wat jy hulle belowe het nie en hulle hoef dit nie te aanvaar nie. Terugbetaling is die enigste manier wat jy jou eer gaan behou. Die samelewing respekteer nog mense wat hulle woord hou, al het hulle gefaal, maar die samelewing het ook 'n neiging om leuenaars en bedriegers te kruisig. Jy staan nou op 'n kruispad en jy moet self kies of jy die pad van die Bedrieers kies... of die pad van die wat gefaal het, maar eerlik is en hulle respek en eer behou...

Ons verstaan jou ego het bietjie seergekry hier, maar jy kan nie verwag dat mense wat in jou geglo het moet betaal vir jou foute nie.

Manne, hierdie is snert en in terme van die reg moet hy julle ten volle terug betaal, maar gee hom die gap om die eerbare ding te doen. Die kompetisie is nie wat hy voorgegee het nie en julle hoef nie sy aanbod van die EFS kompetisie te aanvaar nie. Plaas hom op terme en gee hom 'n week om na julle terug te kom met antwoorde en voorstelle.

As hy egter kies om verder weg te kruip en nie vorendag te kom nie, het hy die pad van Bedrieer gekies en hy verdien alles wat na sy kant toe gegooi word. Gaan maak dan 'n saak van Bedrog teen hom oop by die Polisie stasie. Terselfdertyd, le ook 'n klaag teen hom by die National Consumer Commission in terme van die Consumer Protection Act. Hulle tel nommer in Pretoria is (012) 761 3400.

Riaan, hierdie is jou kans: doen die eerbare ding en behou jou naam, jou menswees en jou eer!

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Fri May 23, 2014 12:31 pm
by janvg
Jou week het sopas begin........tik tok tik tok

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Sun May 25, 2014 7:57 am
by SnakesV6
Jan.

Ek het ook ingeskryf. Ek sal persoonlik vir Riaan 'n epos stuur om hom te versoek om my geld terug te betaal. Indien hy dit nie doen nie is ek saam julle as julle 'n saak teen hom maak.

Ek sal my besonderhede vir jou sms.

Groete,
Morne' Snyman

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Sun May 25, 2014 11:51 am
by janvg
Dankie Morne. Ek is bly dat ek en Albert gister gesels het. Nou net die ander 3 spanne op te spoor.

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Mon May 26, 2014 2:06 pm
by Hangover
Smaak my die perd het biejtie poef nou...

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Mon May 26, 2014 3:55 pm
by Thunder02
This is a sad state of affairs, hope you guys come right and your money is returned.

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Tue May 27, 2014 8:25 am
by Complete4x4
Good morning,

All the relevant people that have actually paid money to enter, will be contacted directly by EFS, that handles the logistics for HLT.

As I have said before, no one has disappeared with the money, nor have we been out to scam anyone.
The simple facts are that we planned HiluxTrophy, got many empty promises from potential sponsors and spend lots of money on the campaign with the media and more.
Only a handful entries were received, and as it stands we are purely trying to salvage the situation.

The entrants that wishes to have their money returned, as some have already indicated, will be paid back.
regards,

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Tue May 27, 2014 8:58 am
by janvg
More Riaan. Dankie vir jou terugvoer.
Wanneer kan ons die terugbetaling verwag?

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Tue May 27, 2014 9:43 am
by Complete4x4
Plesier Jan..
Kallie van EFS sal julle binnekort kontak om die nodige reelings te tref.

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Fri May 30, 2014 2:13 pm
by janvg
So nou wag ons vir Kallie......

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Fri May 30, 2014 2:20 pm
by subok
Riaan, passing the buck? Wat beteken binnekort?

Sent from my GT-I9300 using Tapatalk

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Fri May 30, 2014 4:01 pm
by janvg
Kobus. Ek het darem Kallie van EFS se nr en selfoon nr. Sal hom n lui gee.

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Fri May 30, 2014 6:51 pm
by subok
Dankie. Sal graag wil weet of Kallie bewus is van sy nuwe 'skuld'. Ek sien Kallie het 'n Facebook bladsy, waar ons hom kan herinner...en dalk 'n antwoord kry. Maar ek dink nog steeds dat 'passing the buck' nie ons geld gaan terugkry nie. Btw, 'passing the buck' kom van geldruiling in die wilde weste toe die indies 'n dollar gekry het vir elke moosevel wat hulle aan die negosieryers verskaf het.

Sent from my GT-I9300 using Tapatalk

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Mon Jun 02, 2014 12:00 pm
by Complete4x4
Glad nie "passing the bucket" nie!
EFS was van die begin af die logistiese partner wat die kompetisie sou aanbied.
Kallie neem die reelings en inskrywings oor soos besluit deur die eienaars van die kompetisie.
Kontak Kallie gerus met enige vrae op 071 609 9019 of kallie@efsafrica.com

dankie

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu Jun 05, 2014 7:02 am
by janvg
En so hoor ons niks van Kallie nie........

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Mon Jun 09, 2014 6:35 am
by subok
Ook niks hier nie.

Sent from my GT-I9300 using Tapatalk

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Mon Jun 30, 2014 1:27 pm
by subok
Het iemand al iets gehoor van Kallie af?

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Mon Jun 30, 2014 1:47 pm
by Complete4x4
Goeie middag,

Kallie is besig hiermee, en daar is reeds begin met "refunds" aan betrokke partye.
Ons sit vroeg die week met Kallie, en finaliseer die terugbetalings.

Dankie,

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Mon Jun 30, 2014 6:21 pm
by Thabogrobler
Sjoe, dit vat nogal lank om 6 mense terug te betaal?

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Mon Jun 30, 2014 7:01 pm
by subok
Sien is glo!

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Tue Jul 01, 2014 7:57 am
by janvg
Ek wag ook maar. Dink ons klomp moet volgende week en vrydag maar bymekaar kom dan gaan maak ons n saak by polisie oop. Nog een teen jou naampie sal seker nie skade maak nie ne Riaan? Ek sien ook jy het n hele paar besighede op jou naam.....so geld is nie n probleem nie.

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Tue Jul 01, 2014 10:39 am
by Cleaner
Hierdie hele thread het 'n ongelooflike *a* smaak in my mond gelos.

Ek is seriously teleurgesteld in die hele situasie. So teleurgesteld, ek dink nie ek gaan selfs die EFS event die jaar ondersteun nie. As Kallie hom met mense soos Riaan en sy "besighede" wil assosieer, dan wys dit nie baie goeie oordeel van hom af nie.

Ek is bevrees een individie het nou die hele industrie weereens gaan staan en bevark en befoeter. Regtig hartseer waneer mens iemand probeer ondersteun in dit wat hulle wil doen, net om na die tyd uit te vind hulle is amper so erg soos 'n nigerier met hulle empty promises en scamming capabilities.

Regtig jammer vir julle manne wat inskrywings geld betaal het en nou daar onder ly en ek wonder hoeveel skade dit toekomstige Hilux kompetisies berokken het. Ek vir een sal twee keer dink voor ek weer vir enige soortgelyke storie inskryf.

Maar ja, die vis het reg van die begin af al vrot geruik met sy R5000 'n kompetisie inskruiwings geld en geen pryse nie. Dink die man wat Riaan is moet maar aangaan en mense in sy ander besighede gaan bevark en die mense in die Hilux community uitlos. Iewers gaan hy sy rieme styfloop en op sy mo3r kry. Iemand gaan ook so gatvol vir hom raak en nie so geduldig bly nie.

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Tue Jul 01, 2014 11:03 am
by Thunder02
Cleaner wrote:Hierdie hele thread het 'n ongelooflike *a* smaak in my mond gelos.

Ek is seriously teleurgesteld in die hele situasie. So teleurgesteld, ek dink nie ek gaan selfs die EFS event die jaar ondersteun nie. As Kallie hom met mense soos Riaan en sy "besighede" wil assosieer, dan wys dit nie baie goeie oordeel van hom af nie.

Ek is bevrees een individie het nou die hele industrie weereens gaan staan en bevark en befoeter. Regtig hartseer waneer mens iemand probeer ondersteun in dit wat hulle wil doen, net om na die tyd uit te vind hulle is amper so erg soos 'n nigerier met hulle empty promises en scamming capabilities.

Regtig jammer vir julle manne wat inskrywings geld betaal het en nou daar onder ly en ek wonder hoeveel skade dit toekomstige Hilux kompetisies berokken het. Ek vir een sal twee keer dink voor ek weer vir enige soortgelyke storie inskryf.

Maar ja, die vis het reg van die begin af al vrot geruik met sy R5000 'n kompetisie inskruiwings geld en geen pryse nie. Dink die man wat Riaan is moet maar aangaan en mense in sy ander besighede gaan bevark en die mense in die Hilux community uitlos. Iewers gaan hy sy rieme styfloop en op sy mo3r kry. Iemand gaan ook so gatvol vir hom raak en nie so geduldig bly nie.
This is a close nit family, and he must be really stupid if he thinks he is going to get away with it.
As Cleaner has put it, left a very sour taste in my mouth and I'm not even involved.

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu Jul 03, 2014 11:44 am
by Complete4x4
Goeie more,

Soos ek Maandag gese het, ons handel dit die week af.
Alle gelde sal teen einde van besigheid vandag terugbetaal wees - vandag Donderdag 3 Julie 2014,

Dankie,
Riaan

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu Jul 03, 2014 12:13 pm
by Complete4x4
Weer ek..

Kallie stuur emails na almal wat moet geld terugkry om rekening details te versoek,
Ek het uit die aard van die saak nie sulke inligting by my nie - nie aangedui op enige dokumentasie.

Stuur asb so spoedig moontlik aan Kallie, dat ons vandag alle gelde kan afhandel.

dankie,
Riaan

Re: Hilux Trophy 2014

Posted: Thu Jul 03, 2014 2:19 pm
by Cleaner
So het Riaan dan ook aan my 'n PM gestuur met verduidelikings, na my vorige post oor die *a* smaak in my mond.

Ek sal wag om te hoor van die mense wat ingeskryf het en of hulle, hulle geld terug gekry het. Ek hoop nie dit vat nog te lank nie.

Wat ek wel kan sê is - Riaan - Deur meer te komunikeer en kanale oop te hou, kon jy jouself baie dinge gespaar het. Dis bitter moeilik om twee kante van 'n storie te sien (of lees) waneer een kant niks sê nadat hulle alreeds beloftes gebreek het. Nadat jou naam reeds gat gemaak is en jou woord reeds niks beteken nie, hoe kan jy indink dat enige iemand jou nog enigiets gaan glo? Ek is jammer man, regtig jammer. Maar soos ek sê, ek dink nie jy gaan in die toekoms op die forum weer regkom met kompitisies reel nie. Dat dinge nie vir jou uitgewerk het nie, is nie 'n verskoning om nie meer sigbaar die probleem te probeer oplos nie. Twee kante van 'n storie kan net twee kante hê waneer die ander party ook met geloofwaardige inligting vorendag kom.

Hoop maar die manne kry hulle geld terug, dan sal ek miskien 'n goeie woord oor jou te sê hê. En vir die manne, veral die een spesifike baie groot man, wat my by die Isuzu event oor die fiasko ge-corner het, asb, laat ons weet of daar nog enigiets in Riaan se lee beloftes is wat dalk miskien net geglo kan word. As julle geld terug betaal is, post dit maar hier - In die oop forum, waar die bespreking deur almal gesien kan word. Ek kan maar net hoop dis nie nog leë woorde nie!