Page 1 of 1

SARS Oudit!

Posted: Tue Feb 09, 2010 3:57 pm
by Hannes.S
SARS OUDIT!
Die ontvanger besluit om 'n oudit op Oupa te doen en dagvaar hom om die belastingkantoor te besoek. Die ouditeur was glad nie verras toe Oupa se prokureur hom vergesel nie.


Die ouditeur sê, Wel meneer, u het 'n uitspattige lewenstyl en geen voltydse betrekking nie, wat u verklaar deur te beweer u wen baie geld met dobbel. Die belastingkantoor vind dit nie geloofwaardig nie


Ek is 'n goeie dobbelaar en ek kan dit bewys sê Oupa. Wat van 'n demonstrasie?


Huiwerig sê die ouditeur, Nou maar goed.

Oupa sê, Ek wed jou n duisend Rand ek kan my eie oog byt.

Die ouditeur dink n oomblik. Dis n weddenskap.

Oupa haal sy glasoog uit en byt dit, tot onsteltenis van die ouditeur.

Nou wed ek jou twee duisend Rand ek kan my ander oog ook byt.

Die ouditeur kan sien Oupa is nie blind nie, so hy neem die weddenskap.

Oupa haal sy valstande uit en byt sy ander oog.

Die verstomde ouditeur besef hy het pas drie duisend Rand verloor met Oupa se prokureur as getuie, en hy raak senuagtig.

Wat van dubbel of niks? vra Oupa. Ek wed jou ses duisend Rand dat ek dié kant van jou lessenaar kan staan en in die snippermandjie aan die anderkant kan piepie sonder om 'n druppel tussenin te mors.

Die ouditeur is nou baie versigtig, maar hy bekyk die ou man en besluit daar is nie 'n manier wat hy so iets gaan regkry nie, en hy stem in.

Oupa gaan staan langs die lessenaar, kreun en steun van inspanning maar hy kan nie die straal oor die lessenaar kry nie en piepie die hele lessenaar papnat.

Die ouditeur spring van blydskap toe hy besef hy het 'n verlies in 'n reuse wins omskep.

Oupa se prokureur laat sak sy kop al kermend in sy hande.

Is alles reg? vra die ouditeur.

Nee sê die prokureur, vanoggend het Oupa vir my gesê hy is gedagvaar vir n oudit, en toe wed hy my vyf en twintig duisend Rand hy sal jou hele lessenaar nat piepie en jy sal verheug wees daaroor!

Re: SARS Oudit!

Posted: Tue Feb 09, 2010 10:03 pm
by LoneRanger
Hannes - Thats one for the books :thumbup: :lol:

Re: SARS Oudit!

Posted: Tue Feb 09, 2010 10:05 pm
by warthog
:clap: :clap: :clap: :clap:

Hy hoef my nie eers gewed het nie, ek sou hom sommer net die geld gegee het

Re: SARS Oudit!

Posted: Tue Feb 09, 2010 10:19 pm
by Mud Dog
LoneRanger wrote:Hannes - Thats one for the books :thumbup: :lol:
Pun intended!?? :D: