![Thinking :think:](./images/smilies/icon_think.gif)
Okay, ekt einde verlede jaar besef dat my wipers nie wil "reset" nie, bv as hulle aan is, en eksit die wiper switch op "off" dan stop die wiper eenvoudig in die posisie op die ruit waar hulle was. Volgende het ek besef dat daar geen verskil in spoed is nie, "int-slow-fast" is almal dieselfde, selfde ritme.
Volgende dag gagaan na n Auto-sparky, en hyt sy voltmetertjie by die wiper motoertjie gehou, en eenvoudig gese dit is die wiper switch meganisme het gegaan. Oraait, n nuwe is buite die kwessie, en ek uiendelik een opgespoor in Upington( die enigste ene in die Noord Kaap), R450 vir die kompleet "indicator-wiper switch" wat oor die steeringcollum pas. N vinnige toets gedoen, en net die plug van die switch in geprop, voor ek als los bout, en NEE, bly dieselfde.
![Crying or Ve :cry:](./images/smilies/icon_crynew.gif)
Okay, tweede opinie by n sparky op die dorp, en die ou oom vryf so met sy hand oor die hele dash en sê, "Hier erens is n relay, daar lê jou fout". Nou vandag was mos n vakansiedag, ekt besluit nou skroef ek als los, en na 2ure se losmaak, en inflits, sien ek geen relay nie, ekt alle fuses 5-keer deur gegaan en niks nie, slefde blerrie ritme op alle verstellings.
Nou ASB, as daar iemand is wat so n probleem gehad het, is daar n wiper-relay? en indien wel war sit hy? As daar nie n relay is nie, waar soek ek volgende, asb.....
Winter kom ek ek moet Kaap toe, gaan n morsery wees as ek daar moet sukkel..... :problem: