Page 1 of 1

Pryse vir snatchrope

Posted: Thu May 20, 2010 12:53 pm
by Piesang
Hoeveel kos die snatch rope as jy kyk na die volgende twee en watter een is die algemeenste om te gebruik.
24mm break load of +- 12 ton
28mm break load at +- 15 ton

Re: Kontes vir snatchrpoe

Posted: Thu May 20, 2010 1:01 pm
by CasKru
Die 24mm is die meer algemene ene. Jy kyk na so R1050 vir 'n 10m tou dan is hy gesleeve van punt tot punt.

Die 28mm tou het 'n breek krag van 25ton en retail vir R2200.

PS: die 24mm tou het 'n breek krag van so 14ton as ek reg onthou

Re: Kontes vir snatchrpoe

Posted: Thu May 20, 2010 1:08 pm
by Piesang
CasKru wrote:Die 24mm is die meer algemene ene. Jy kyk na so R1050 vir 'n 10m tou dan is hy gesleeve van punt tot punt.

Ek praat onder korreksie maar ek dink die 28mm gaan vir so R1350 tot R1550.
maak dit 'n verskul as hy gesleeve is of nie?

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Thu May 20, 2010 1:19 pm
by CasKru
Pieter... kyk gou weer my vorige post. Ek het gou die inligting ge-update.

Die sleeve help maar net dat as jy die tou dalk oor klippe of sand walle span soos jy recover. Maw dit verleng sy lewensduur

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Thu May 20, 2010 2:46 pm
by Piesang
CasKru wrote:Pieter... kyk gou weer my vorige post. Ek het gou die inligting ge-update.

Die sleeve help maar net dat as jy die tou dalk oor klippe of sand walle span soos jy recover. Maw dit verleng sy lewensduur
Is die tou se gebruik beperk to 'n sekerantal keer se werk?

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Thu May 20, 2010 3:50 pm
by CasKru
Piesang wrote:
CasKru wrote:Pieter... kyk gou weer my vorige post. Ek het gou die inligting ge-update.

Die sleeve help maar net dat as jy die tou dalk oor klippe of sand walle span soos jy recover. Maw dit verleng sy lewensduur
Is die tou se gebruik beperk to 'n sekerantal keer se werk?
Alles het maar hulle lewens duur. Ek weet van snatch straps wat 200 keer plus gewerk het en dan van hulle wat groet na 'n paar. As jy binne die tou se rating snatch sal hy jou lank hou maar as hulle abuse word.... :shock: :shock:

So kom ek stel dit so. As jy gaan snatch met 100% van sy kapasiteit dan gaan hy hou vir probably hier by die 50 keer of so. As jy 50% van sy kapasiteit gebruik gaan hy jou probably oor die 100 snatches toelaat. As jy hom overload kan hy enige tyd breek.

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Thu May 20, 2010 4:43 pm
by ThysdJ
Die eintlike doodsteek vir 'n snatch strap is om hom te gebruik en hom nie genoeg kans te gee om te "herstel" nie. MAW om herhaaldelik ligte plukkies te gee versus een harde pluk. As die strap "gerek" het vat dit tyd om weer terug te krimp. As mens die strap in daardie tyd weer gebruik dan overstress jy hom en dan breek die vesels en verswak hy. :silent:

Modder en sand tussen die vesels veroorsaak ook ongekende skade aan die vesels met elke pluk. Maak die strap mooi skoon met water en 'n borsel en laat dit in die skaduwee droog word, dan hou hy lekker lank. :thumbup:

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Thu May 20, 2010 5:39 pm
by Goos
So gepraat van modder en sand in die vesels......
Wat is volgens julle die beste manier om die goed skoon te kry na n modderige ervaring???

Ek vind OMO en water werk heel goed, maar weet nie of dit tou se leeftyd/quality kan beinvloed nie?

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Thu May 20, 2010 5:53 pm
by ThysdJ
Ek dink nie gewone seep en water sal skade doen nie, moet net nie sterker goed soos Handy Andy/Jeyes Fluid/Jik gebruik nie... Ek gooi myne op die agtergras oop spuit hom af met 'n tuinslang terwyl ek hom borsel met 'n hand besempie. Ek gebruik net skoon water. :D

Ek het ook al gehoor van ouens wat die goed in die swembad gooi, maar ek dink nie die chloor in swembadwater is goed vir die strap nie... :silent: :silent:

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Thu May 20, 2010 6:23 pm
by Mud Dog
Almost any synthetic fibre will suffer a little deterioration if chlorine is present .... it ages and hardens the fibres. IMO the stretchable ones are more susceptible to chlorine damage.

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Thu May 20, 2010 9:15 pm
by OOOOMS
I stick mine in the washing machine, for years now after most of the mud etc has been hosed off :thumbup:

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Fri May 21, 2010 4:59 am
by Danman
:shock: :shock: :o: :o:
Ek sal graag die miessies se gesig wil sien as sy jou vang!!!!
Maar ja ek reken as jy R2000 plus betaal vir 'n snatch rope kan jy seker
nog R300 invest in 'n 2nd hand twintub om hom skoon te hou.
Die miessies sal dan ook meer happy wees om minder sand en meer kant op haar delicates te he :silent:

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Fri May 21, 2010 5:54 am
by chopper
Ek sien al hoe hang daai daai tou tusen die "fyn goedjies" aan die wasgoedlyn! :wth: :lol:
Wonder wat die buurvrou sal dink? :shock:

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Fri May 21, 2010 6:59 am
by ThysdJ
Mark, was jy dit saam met die wit wasgoed of die gekleure wasgoed? :twisted: Met waspoeier en sta-soft of net met skoon water?? :twisted:

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Fri May 21, 2010 8:08 am
by chopper
Saam met die "delicate wash" goedjies?

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Fri May 21, 2010 8:28 am
by Piesang
Nee ek dink Mark wag tot daar 'n groot bondel was goed is, dan span hy sommer die tou vir nog 'n was lyn :lol: :lol: :lol:

Kyk ek verstaan dat alles iewers moet breek of ingee. Ek het iewers gehoor dat die snatch net 'n paarkeer kan gebruik word en dan moet hy vervang word en dit was vir my bietjie kwaai om so duur vir toerusting te betaal en dan hou dit nie lank nie, maar as ek hoor wat julle sê skets dit 'n ander prentjie, dankie

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Fri May 21, 2010 8:42 am
by george
julle moet pryse by die ouens ook kry.
http://www.southernropes.co.za/products ... -tow-ropes
Laas was dit nie sleg nie.

Ander ding om aan te dink dat as jy 'n erenstige recovery doen en jy is meskien naby water is om die tou nat te hou.
Die tou bou hitte op en daar is ook wrywing as jy hom gebruik en dit beskadig die vesels.So koel en smeer hom maar met water af as jy kan

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Fri May 21, 2010 9:26 am
by CasKru
Iets wat ook in gedagte gehou moet word. Die Nylon vesels self rek nie regtig nie. Dit gaan meer oor die manier wat die tou gevleg / strap geweave is. So bietjie useless info.

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Fri May 21, 2010 9:30 am
by george
Iets wat ook in gedagte gehou moet word. Die Nylon vesels self rek nie regtig nie. Dit gaan meer oor die manier wat die tou gevleg / strap geweave is. So bietjie useless info.
Jy is reg Cassie.Dis hoekom 'n bietjie lube help as hulle teenmekaar skuur

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Fri May 21, 2010 9:32 am
by CasKru
Daai manne van Southern Ropes lyk my gebruik die selfde suppliers waar ons ons tou vandaan kry.

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Sun May 23, 2010 6:47 pm
by Zantus
Die sleeve om die tou dien ook as ekstra veiligheid sou die tou breek, dis nou as jy dit saam met safety straps gebruik. As die safety strap om die tou en sleeve is, sal die tou heel waarskynlik binne in die sleeve bly en nie terug skiet en iets beskadig wanneer hy breek. Dis is teoreties en mens sal maar sien wat werklik gebeur die dag wanneer iemand 'n tou met 'n sleeve breek.

Soos genoem is die strek van die tou wat Cassie van praat in die manier wat die tou gevleg is en nie die vesels wat rek nie. Dit beteken, jy kan die tou maklik "reset". Jy doen dit deur die tou met jou 2 hande so 200mm uitmekaar vas te hou. Jy beweeg dan jou hande na mekaar en dis maak weer die vesels los van mekaar. Doen dit in die lengte van die tou af en hy sal weer sag pluk soos na die tou 'n ruk gelê het. Dit klink soos baie werk, maar dit is eintlik baie vinnig, vat so minuut om 'n 9 meter tou te "reset".

I.V.M. die skoonmaak van die tou....ek sit myne ook in die wasmasjien, maar ek hou hom heeltyd dop dat hy nie erens hak or beskadig word nie.

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Sun May 23, 2010 10:27 pm
by TJV
Ek sien nou eers die thread. Dit laat my leeker lag as ek sien wat die manne met hulle toue doen, maar eintlik laat dit my terugdink aan die 90's toe ons nog toetse op weermag tanks gedoen het. Op so 'n dag het ek twee nuwe toue aanmekaar gemaak om 'n toets te doen. Die idee is om die drawbar van die tank te bepaal. Nou word die een punt aan ander anker voertuie gekoppel en die ander punt aan 'n lassel en dan aan die voertuig wat getoets word. Na alle reelings en veiligheids praatjies trek ek weg en versnel, ek wag vir die pluk en niks gebeur nie en stop toe maar. Die een tou het gebreek die lassel is tussen die tank tracks en romp vermorsel en gelukkig niemand beseer nie. Nou hierdie was nuwe toue wat ons eers getoets het by 'n staatsinstelling waarna hulle breekkrag op 60 ton vasgestel was. Wys maar net hoe versigtig mens hulle moet hanteer en dalk maar gereeld vervang sodat iemand nie seerkry nie.
Groete
Theunis

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Mon May 24, 2010 6:10 am
by CasKru
Kyk ... die weermag het ernstige toue nodig vir daai voertuie van hulle. Wat mense nie regtig besef nie is hoe "swaar" 'n voertuig is wanneer hy gebelly het in modder, revier sand etc etc. Die regte ding om te doen is eintlik om eers die wiele en diwwe oop te grawe en dan te begin recover.

Re: Pryse vir snatchrope

Posted: Mon May 24, 2010 8:11 pm
by Goos
Wat ek gevind het, is net oordat jy n "snatch rope" het...dat jy dit altyd hoef te snatch nie. Soos meeste mense,glo ek, dar ek netr een herwinings tou saam. Dus probeer altyd maar eers om die vasgevalde voeretuig stadig uit die probleem te kry en nie somme van die begin af te "snatch" nie. Dit behoort jou ook extra lewensduur op jou tou te gee!?!?!