Page 1 of 3

Klim bietjie uit die kas

Posted: Fri May 21, 2010 4:22 pm
by Hi-Hilux
Ek hou van blokkieraaisels,maak elke aand kos en het 2 pienk hemde :thumbup: :lol:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Fri May 21, 2010 6:20 pm
by 0000DS
Kos maak is mos niks nie. Ek is op duty Maandag, Dinsdag en Donderdae. Die kinders woensdae en die OOOOMS Vraydae, Saterdag en Sondae :thumbup:
Die OOOOM vat die kinders skool toe en ek gaan haal hulle in die middag.
Ek kan nie stryk nie :silent:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Fri May 21, 2010 6:21 pm
by Traveler
Ek het baie pienk hemde, so paar perses ook. Het so 4 pienk dasse. Dalk is dit nie pienk nie, dalk is dit waatlemoen.

Ek genite kos maak, maar om eers by die huis te kom na 6pm elke aand beteken nie altyd dat daar genoeg tyd is om kos te maak nie.

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Fri May 21, 2010 8:36 pm
by Spartan
hi-hilux wrote:Ek hou van blokkieraaisels,maak elke aand kos en het 2 pienk hemde :thumbup: :lol:
Chokka is jy ok, wat drink jy as jy so kos maak, die topic kom nie reg oor nie, :wth: :wth: :wth: :shock: :shock: :shock: :? :? :? :o: :o: :o: :lol: :lol: :lol:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sat May 22, 2010 5:23 am
by chopper
Maak gereeld 'n lekker pot pasta, braai (omdat dit makilik en lekker is met die gasbraai) per geleentheid en staan self soms voor die opwasbak - goeie terapie terwyl ek besig is met die skottelgoed!! :lol:
Weet net nie so mooi van die pienk hempie nie - nog nie heeltemal so "in touch with my feminine side" nie?! :shock: :lol:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sun May 23, 2010 12:49 am
by Rampie
Ek kan nie kook nie, maar kom reg met die weber.

Jag met n .375 oordat ek so sleg skiet, kan korrel waar ek wil en nog die werk met 1 skoot klaar maak.

Ry nou 'n Mitsubhishi (bloos) en hou daarvan (bloos kwaai)! :oops:

Hettie n pienk hemp nie, maar hou van pienk gin op die stoep in die son op n wintersoggend. Stadig net met die Tonic, dis bitter.

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sun May 23, 2010 12:50 am
by Rampie
Lyk my ek kan ook nie my signature regmaak nie.

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sun May 23, 2010 8:17 am
by CasKru
Ek eet elke aand kos, hou van blokkiesraaisels en sudoko en van my vriende het pienk hemde... en ek het 'n Nissan en Land Rover bestuur

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sun May 23, 2010 11:22 am
by Spartan
CasKru wrote:sudoko
:wth: :wth: Help hier, wat is dit :?: :?:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sun May 23, 2010 12:39 pm
by CasKru
Spartan wrote:
CasKru wrote:sudoko
:wth: :wth: Help hier, wat is dit :?: :?:
Dit is die syferspeletjie...
Image

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sun May 23, 2010 12:53 pm
by chopper
Was in my skool-dae glad nie goed met somme nie, sal die speletjie maar 'n mis gee! :lol:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sun May 23, 2010 1:00 pm
by Spartan
CasKru wrote:
Spartan wrote:
CasKru wrote:sudoko
:wth: :wth: Help hier, wat is dit :?: :?:
Dit is die syferspeletjie...
Image
ooooooo so jy het eintlik iets soos vreietyd is wat jy wil se :twisted: :lol:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sun May 23, 2010 4:39 pm
by Numbnut
Ek was nie skottelgoed nie, het dit in my Huweliks Voorwaarde Kontrak gestipuleer! :D

Ek was nie klere nie, het dit ook in my Huweliks Voorwaarde Kontrak gestipuleer! :D

Ek stryk nie klere nie, weereens, is in die Huweliks Voorwaarde Kontrak gestipuleer! :D

Ek het nie n pienk hemp nie, want ek koop my eie klere! :thumbup:

Ek maak kos, want my PO kan nie! :shh:

Ek is te dom vir Soduko, so ek kleur maar prentjies in! :thumbup:

Ek sal nooit n Slaghuis kan besit nie, want ek sal myself bankrot eet! :lol:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sun May 23, 2010 4:57 pm
by Spartan
Numbnut wrote:Ek maak kos, want my PO kan nie!
En wat is n "PO" :wth: :?

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sun May 23, 2010 5:30 pm
by Numbnut
My Parole Officer (vroulief)! :lol: :lol:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sun May 23, 2010 5:31 pm
by Spartan
Numbnut wrote:My Parole Officer (vroulief)! :lol: :lol:
:lol: :lol: :lol: :lol: :lol: :lol: :lol: :lol: :lol: :lol: :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sun May 23, 2010 6:46 pm
by ChrisF
Nie so seker waar die kombuis is nie ....

Maar die derde aand die week wat ek braai..... :)

Tel dit as kos maak ?


Suduko, geniet dit nogal. :)


Pienk hemp - uhm wel, ek draai nie my rug op n ou met n pienk hemp nie ....

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sun May 23, 2010 7:20 pm
by wim
Laaik om kos te maak
Skiet met n 303
Kleur prentjies saam met my dogtertjie in as ons by die Wimpy eet
Verblykte rooi onderbroek is die naaste wat ek aan pienk dra
Is mal oor musiek(enige soort)
Ek ry n ware 4x4
Begin om pantoffels te dra(glo iets te doen met ouer word)

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sun May 23, 2010 10:48 pm
by truckin
Ek kan eiers bak en bakedbeans oop maak, en braai (as ek regtig moet),
My klere kas het niks pienk in nie
ek skiet nie baie nie maar het 1 haalgeweer
1 9mm
1 303 wat ek by my oupa ge erf het
Ek speel graag monopolie en eks altyd die karriekie, en koop altyd die stasies eerste

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sun May 23, 2010 11:27 pm
by Thabogrobler
Ek betaal elke jaar 'n pophuis vol geld aan die Technikon, gee voor ek swot, kry 'n studentekaart en wil dan orals studente afslag he!

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 24, 2010 7:11 am
by Uys
Traveler wrote:Ek het baie pienk hemde, so paar perses ook. Het so 4 pienk dasse.
What are you doing Traveler? Living La Vida Loca? :twisted: :twisted:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 24, 2010 7:52 am
by Bloues
kook nie - was in koshuis.....
Skiet met 30 - 06 en kwes ook....
Ry 'n vuil Hilux want ek haat karwas....
Vergeet om diesel in die kar te gooi en moet baie bel vir hulp.....
Wen nooit 'n argument met suiker pot...
Ondersteun die Sharks....maar wet nooit op hulle...hulle verloor in minuut 82-84
Het ooooms & oooods vir tjomme........eish
en
Wil nog nudiste plaas toe gaan..... 8 )

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 24, 2010 9:59 am
by Mud Dog
Bloues wrote:kook nie - was in koshuis.....
Skiet met 30 - 06 en kwes ook....
Ry 'n vuil Hilux want ek haat karwas....
Vergeet om diesel in die kar te gooi en moet baie bel vir hulp.....
Wen nooit 'n argument met suiker pot...
Ondersteun die Sharks....maar wet nooit op hulle...hulle verloor in minuut 82-84
Het ooooms & oooods vir tjomme........eish
en
Wil nog nudiste plaas toe gaan..... 8 )
:lol:
Ek kan alles bo verstaan en aanvaar maar dit "Het ooooms & oooods vir tjomme........eish" :twisted: :lol: :lol: :lol:




Nee jong, joke maar net. Om eerlik te wees, 'n beter vriend sal jy nie kan kry nie! :wink:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 24, 2010 11:28 am
by ThysdJ
Kook so nou en dan bietjie kos :silent:
Sny nie gras nie en was nie karre nie. Ek glo aan werkskepping. :thumbup:
Was nie skottelgoed nie want as ek klaar is was ma dit weer oor. :shock:
Het al saam met Niel geslaap (in een kamer) :shock: Dit was lekker (in my eie bed). :twisted:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 24, 2010 2:44 pm
by 2.8 d/cab SFA
I wash dishes, do washing and iron, cause i have tooo, spearated from wife :)
I luv to colur in with daughter, but she not like it when i sing with her,
Sharks supporter, and proud of it
Drove and isuzu 2x4 before my lux

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 24, 2010 3:14 pm
by Mud Dog
Listen to any music (incl. heavy metal, rap & kwaito) except jazz.
Will make use of any opportunity to eat / snack but remain a 'bean-pole'.
Don't sleep too much ... 4 to 5 hrs a night.
Will only cook or do dishes when forced ... or feeling guilty!
Get bored easily and don't watch much TV.
My name is Andy and I'm a Hilux forum addict! :D:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 24, 2010 3:23 pm
by Spartan
Mud Dog wrote:My name is Andy and I'm a Hilux forum addict!
Hallo Andy :twisted: :lol: :lol: :lol: :lol:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Tue May 25, 2010 12:21 pm
by Piesang
Al hoevel ek lui is staan my hande vir niks in en om die huis vekeerd nie. Van kook, skottelgoed, was,stryk, huis skoonmaak, herstelwerk aan-in-om die huis.

Is tans besig om my meisiekind se matriekafskeid rok te ontwerp en te maak en trots daarop.

Oja en soos almal al agter gekom het ek kan nie spel nie

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Tue May 25, 2010 12:36 pm
by Traveler
Uys wrote:
Traveler wrote:Ek het baie pienk hemde, so paar perses ook. Het so 4 pienk dasse.
What are you doing Traveler? Living La Vida Loca? :twisted: :twisted:
Uys, you need to roll with the punches. No need being too rigid in life.

Ek het wel gelees, hierdie thread se onderwerp is klim uit die kas. :think:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Tue May 25, 2010 5:20 pm
by Spartan
Piesang wrote:Oja en soos almal al agter gekom het ek kan nie spel nie
Aaaaag oom kom ons sit daai onder baie special hoe is daai :?: :lol: :thumbup:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Wed May 26, 2010 2:28 pm
by Piesang
Spartan wrote:
Piesang wrote:Oja en soos almal al agter gekom het ek kan nie spel nie
Aaaaag oom kom ons sit daai onder baie special hoe is daai :?: :lol: :thumbup:
:thumbup: :lol: :lol:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Wed May 26, 2010 8:50 pm
by ChrisF
Piesang wrote:Al hoevel ek lui is staan my hande vir niks in en om die huis vekeerd nie. Van kook, skottelgoed, was,stryk, huis skoonmaak, herstelwerk aan-in-om die huis.

Is tans besig om my meisiekind se matriekafskeid rok te ontwerp en te maak en trots daarop.

Oja en soos almal al agter gekom het ek kan nie spel nie
Het self die gordyne gemaak vir die Hilux. :)

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Wed May 26, 2010 8:53 pm
by CasKru
Ek kleur my vrou se hare vir haar en pluk ook haar wenkbroue as sy nie 'n afspraak kan kry nie :shh: :shh:

En ek hou van boere musiek ook... lekker langarm sakkie sakkie

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Wed May 26, 2010 10:42 pm
by OOOOMS
Ek hou nie van LR's nie.... :o:
OOOODS kan nie kook nie :silent:
Ek hou nie van pasta nie, maar is mal oor pizza!
Ek het meer skoene as my vrou OOOODS....
Ek doen my eie naaldwerk, OOOODS kan nie!
Have an addiction, auction and pawn shops.
Hello, my ......

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Thu May 27, 2010 8:33 am
by Traveler
Dankie oor die skoene Mark, nou voel ek bietjie beter. :mrgreen:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Thu May 27, 2010 4:33 pm
by hentey
Waar het ek dan die bus gemis? Het ek nou skielik oud geword? Pienk hemde?Nee manne ek is jammer maar dan sal ek eerder koud kry voordat ek n pienk hemp dra.Ek dink julle is dapper...baie dapper.










Ek moet so n klein sakie onder julle aandag bring.Sal so nou en dan n bietjie naskeer middel aansmeer as die vrou my daai kyk gee.....daai kyk wat my hart laat vinniger klop. :thumbup:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Thu May 27, 2010 6:27 pm
by Spartan
hentey wrote:Waar het ek dan die bus gemis? Het ek nou skielik oud geword?
Dit is omdat jy so min op die forum kom :wth: :shock:
hentey wrote:Sal so nou en dan n bietjie naskeer middel aansmeer
:o: :o:
Aaaag ons doen dit ook :lol: :lol: :lol: :lol:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sun May 30, 2010 5:40 pm
by CasKru
Ek hou daarvan om balloon modelling te doen :D: :D:
IMG_0705.JPG

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 31, 2010 9:02 am
by Hi-Hilux
Cassie maak vir ons n Hilux balon model asb!!! Gebruik hom dan sommer as n mascot as julle n gtg het.

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 31, 2010 12:48 pm
by Traveler
hi-hilux wrote:Cassie maak vir ons n Hilux balon model asb!!! Gebruik hom dan sommer as n mascot as julle n gtg het.
Trevor, ek hou sommer baie van jou plan. :clap:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 31, 2010 7:56 pm
by Henk Bakkie
Ek dra 'n pienk hemp, maar net op Donnerdae - moennie vra nie :think:
Het al 'n nudiste oord besoek... :oops:
Ry heeltemal te min met my bakkie - een tenk petrol per maand is nie 'n aanduiding van die tenk grootte nie, maar wel van die min ry... :(
My studente seun ry meer met my bakkie as ek :cry:
Ek ry darem elke dag met my ander Toyota - die Avanza doen glad nie so sleg op 'n grondpad nie...
Kan kos kook, solank dit alles in een pot is, soos 'n lekker lamskerrie :think:
Het al 'n Landy besit, geen rede gehad om te kla nie, maar die kommer oor wanneer die moeilikheid gaan begin, sowel as die min sitplek agter (nadat die meisiekind haar opwagting gemaak het, het ons gelukkig genood om in te ruil
Het nie 'n probleem met die grassny nie, maar erken dat ek enige dag eerder mielies sal plant in daai swembad in die agterplaas :thumbdown:

O, ja, besig om ons volgende vakansie te beplan. Twee weke is egter net nie genoeg nie, so baie om te doen, so min geld :confused:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 31, 2010 8:02 pm
by Vlak vark
Amper geskei oor die kombuis en kos maak. Het Kristy n beurt gegee op Sondae.
Ek is baie lief vir kos maak en braai en almal vir by ons kom eet.
Sal bietjie vra waar my pink hemp is, wil ook een he.
As ek nie in my kombuis is nie, dan is ek in my garage, besig om bollie aan te jaag, of om iets te bou.
OOOh en moet nou nie vergeet van musiek, ek kan lekker sing. :clap:

EN Hierdie is geskryk deur liefie :AKA Kristy !! :clap: :clap: :clap: :roll: :mrgreen: :mrgreen:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 31, 2010 8:07 pm
by OOOOMS
EN Hierdie is geskryk deur liefie :AKA Kristy !!
:lol: :lol: :lol: Nou hoekom glo ek jou nie :roll: :roll: :roll:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 31, 2010 8:38 pm
by Vlak vark
Liewe Mark :thumbup:

Toe ek sien Nico wou antwoord op hierdie blok, toe se ek, "nee liefie, laat ek vir hulle se hoe jy regtig is".
Nico is die groot Kok hier in Phalaborwa. {AKA NICO'S KITCHEN} As ons familie kom kuier dan sit hulle bestellings in. En ek is nou weer die baskster. Wil nog n pink T shirt vir hom kry vir al ons op togte hier in Phalaborwa, vir Verkragting.

Sal nog my eie naam uitsoek vir hierdie forum. Dink nog daaraan. En ja ek moet baklei om Sondae te kook.

AKA KRISTY
Excuse spelling faults I am English, Married to a Boer'

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 31, 2010 8:43 pm
by OOOOMS
Liewe Kristy,

daar's darem een ding wat jy reg gedoen het :thumbup: :thumbup: :thumbup:
Excuse spelling faults I am English, Married to a Boer'
en oh ja hy ry 'n Hilux :clap: :clap: :clap: Dink ons kan vir hom 'n pienk hempie koop vir Georges Valley?

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 31, 2010 9:00 pm
by Vlak vark
Klink goed. Kan nie wag om julle te sien nie. Mis julle baie :cry: :cry: :cry: :cry: :cry: :cry: :cry:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 31, 2010 9:25 pm
by OOOOMS
Sal nog my eie naam uitsoek vir hierdie forum
'Boere Meisie' ?

Nico, ons gaan lekker kuier :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 31, 2010 9:38 pm
by Mud Dog
Vlak vark wrote:Liewe Mark :thumbup:

Toe ek sien Nico wou antwoord op hierdie blok, toe se ek, "nee liefie, laat ek vir hulle se hoe jy regtig is".
Nico is die groot Kok hier in Phalaborwa. {AKA NICO'S KITCHEN} As ons familie kom kuier dan sit hulle bestellings in. En ek is nou weer die baskster. Wil nog n pink T shirt vir hom kry vir al ons op togte hier in Phalaborwa, vir Verkragting.

Sal nog my eie naam uitsoek vir hierdie forum. Dink nog daaraan. En ja ek moet baklei om Sondae te kook.

AKA KRISTY
Excuse spelling faults I am English, Married to a Boer'
:o: :o: Shouldn't that be "teen verkragting"? (Ek's ook 'Engels' .... so ek vra ma' net. :D: :wink: )

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 31, 2010 10:11 pm
by Vlak vark
sorry, sorry people :( :( :(
marches against rape. We have a very high rate of rape for such a small town. Currently we have weekly marches. We wear pink shirts and black pants. Nico joins us, but not in his pink shirt but in his work clothes. khakies.

dankie Mark. Ja dis nou n goeie naam vir my "Boere Meisie". Sal vanaand of more my profiel op sit.
:thumbup: :thumbup: :thumbup: :thumbup: :mrgreen: :mrgreen:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Mon May 31, 2010 10:22 pm
by Mud Dog
I hope the essence of your marches gets through to those who can make a difference and those that are involved, perpetrators and victims alike. :eh: This is one of the most abhorrent crimes of "man's inhumanity to man". :x I wish you every success with your good cause! :thumbup:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Tue Jun 01, 2010 7:59 am
by arnize2
Kook nie kos nie maar sal elke dag braai.Was die potte en panne oorlat ek nie hou van afdroog en wegpak nie.Het al jare gelede al my vuurwapens vir my seun gegee.Jag nou met die kamera en koop biltong.My kleresmaak is boring!!!! :| :wave:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Fri Jun 11, 2010 9:16 pm
by MaPaZa
Ek is nuut hier, wil graag tuis voel, maar julle ouens maak my bekommerd. Of is julle undercover? Kan net dink hoe sal Schuster met julle karakters in 'n fliek baljaar!

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Fri Jun 11, 2010 10:48 pm
by Mud Dog
MaPaZa wrote:Ek is nuut hier, wil graag tuis voel, maar julle ouens maak my bekommerd. Of is julle undercover? Kan net dink hoe sal Schuster met julle karakters in 'n fliek baljaar!
Jan, ons sal graag wil hĂȘ dat jy hier tuis voel, en moenie dat van die ouens hier jou laat afskrik nie. Hulle is maar net verveeld aangesien dat daar te min probleme met Hiluxe is oor te praat nie. Verder is al die verskillende modifikasies en omboudings 'n paar keer hier reeds klaar bespreek. Hulle soek nou enige iets oor te praat en ongelukkig het dit nou neergekom op pienk hemde en skottelgoed was. :shifty: Goel gerus tuis om enige bydrae te lewer indien jy wel het. :lol: :wink:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Fri Jun 11, 2010 11:20 pm
by ThysdJ
Ek ry 'n Ford Ranger 2.5 Diesel... ek het 'n speed-fine met hom gekry... :shock: :shock: In Laingsburg... :silent: :silent: daar's 'n foto om dit te bewys.. :oops: :oops:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Sat Jun 12, 2010 8:07 am
by CasKru
ThysdJ wrote:Ek ry 'n Ford Ranger 2.5 Diesel... ek het 'n speed-fine met hom gekry... :shock: :shock: In Laingsburg... :silent: :silent: daar's 'n foto om dit te bewys.. :oops: :oops:
Jissie... hoe vinnig het daai Hilux jou gesnatch? :shock: :shock: :shock: :twisted:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Wed Jun 16, 2010 9:35 am
by Sharkie1
Ek maak so nou en dan kos, maar dit kom nie naby Esna s'n nie.
Het n dishwasher gekoop want ek hou nie van skottelgoed was nie.
Is mal oor Sudoko
Geniet my houtwerk
Kyk 7de Laan
Gaan seker nooit die einde van hierdie een hoor nie maar sal nooit nee se vir n lekker full body massage of aromatherapy back massage by n spa

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Wed Jun 16, 2010 9:45 am
by OOOOMS
maar sal nooit nee se vir n lekker full body massage of aromatherapy back massage by n spa
:lol: :lol: :lol:

Ek voel ek het een nodig, Danelle het my x5 skote met 'n paintballgun geskiet by Georges Valley....eina :o:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Wed Jun 16, 2010 9:50 am
by Hi-Hilux
Net 5???? sy moet kom dat ek haar leer skiet!

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Wed Jun 16, 2010 12:18 pm
by CasKru
Hi-Hilux wrote:Net 5???? sy moet kom dat ek haar leer skiet!
Ons moet dalk daai paintballs ruil vir ballbearings :twisted: :twisted: :twisted:

Re: Klim bietjie uit die kas

Posted: Wed Jun 16, 2010 12:50 pm
by Hi-Hilux
Daai kan werk Cassie.....solank dit net vir Mark is en nie vir ons nie