Hoe om jou Buurman kwaad te maak

Discuss anything here as long as it is clean. Having a hard time with your Skoonma, tell us about it here, or discuss the Rugby. Whatever you feel like talking about.
Post Reply
wolffie02
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 37
Joined: Tue Jun 23, 2009 6:54 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: Hilux no more
Real Name: leon
Club VHF Licence: HC370
Location: Brackenfell

Hoe om jou Buurman kwaad te maak

Post by wolffie02 »

Wel laat ek voor begin.
het my Lux nou vir so 14maande en het agtergekom hy gebruik so bietjie water.
gooi bottel wonderweld in en siedaar alles goed.

so paar mande later begin daar weer water verdwyn.
Praat met Allen en hy se die 4Y hou van gasket blaas by no4 piston.

Gooi toe maar weer bottel wonder weld in en probleem opgelos :eh:

verlede woensdag ry ek af Paarl toe ne gebruik 3liter water (30km).
kyk nou is ek bekommered want my lux raak nou baie dors, so regte nadors van 'n goeie naweek.
maak radiator vol en kom by die huis.
maak toe maar alles oop en haal top af.
magtag daar is toe net velletjies waar die gasket moet wees.

wel laat die top skim en toets en sit hom saterdag oggend weer terug.
Stuur vroulief om te gaan olie koop terwyl ek en torqwrench bietjie speel.

alles goed vas en terug op motor kom vroulief by die huis met die olie.
So gooi ek toe maar die olie in eers so 3.5l om te sien hoeveel ek nog moet gooi.
kyk op dipstick NADA NIKS fkl olie. HMMMM
gooi toe maar nog by.
5l olie later en dipstick le half.
Wonder waar is al die olie. Kyk onder, nee lek nie daar nie het mos die sump plug nuwe washer en thread tape opgesit.

OK ek will gou net prime het die olie wat ek gehad het voordat vroulief terug gekom het gebruik om die rockers en rocker shaft goed te olie.

Buurman 2de huis van my is besig met lekker braai en gaan net lekker. Kwaai musiek en die Castle's praat.

Wou eers net die motor met die hand draai en seker maak alles draai, maar het 2 hand opperasies gehad 4 weke terug en het net nie krag nie.
het mos die sparkplugs nie ingesit nie dan is daar mos nie kompressie nie.

Wel slimjan besluit swaai hom met die starter en kyk wat gebeur.

O ja eers battery weer koppel.

Klim in en maak seker bakkie is uit rat.
En swaai.
O *^&%*^$&#^# ek het nuwe wapen ontdek.
skielik is musiek stil en word daar ernstig gevloek en geskree van die buurman 2 huise van my.
So sit ek en wonder wat was die SJOEF geluid wat ek gehoor het.

Klim uit en sien die lyn oor my buurman se huis en ook die 2de huis se dak.

HMMM wat sal dit dan nou wees.
Kyk onder die bakkie en die olie stroom uit die exhaust waar ek nog nie die branch vas gemaak het nie.
AG nee BL**&&m ek het nou *&^ aangevang.

Ek hoor nog steeds die buurman vloek en wonder of die rugby game dan so bad aangaan.

Skielik word ek hard aangespreek.
Ek draai om en kyk in 'n baie rooi be-furkte buurman se gesig vas.
Olie loop oor sy gesig en hy lyk amper soos John Travolta in grease wat met brilcreem sy hare geplak het.

Nou moet ek baie vinnig dink en ook seker maak ek lag nie.

MENSE LAAT EK JULLE NET WAARSKU.
MOET, MOET, MOET nie OLIE ingooi as jy nie die spark plugs inhet nie.
Dit loop in by nommer 1 piston. en kom banja vinnig uit as jy swaai. En dit travel baie ver.

Verduidelik wat ek dink gebeur het en sien die man bedaar so bietjie.
Wel 5 minute en bottel KWV10 jaar later is ons darem weer pelle.

Was gister oggend gou by Allen en hy se ek kan baie bly wees ek het nie conrod gebuig nie.

Het kwaai smoke screen gehad agter die bakkie vir so 20km voordat alles droog gebrand het in die exhaust.
wel skool geld is betaal en sal volgende keer seker maak ek het die plugs in voordat ek olie gooi.


JA ek weet ek weet :oops:
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Hoe om jou Buurman kwaad te maak

Post by OOOOMS »

Ai tog...skool fooie :lol: :lol: :lol:
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Hoe om jou Buurman kwaad te maak

Post by CasKru »

:lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao:
To God be the glory
User avatar
swartvark
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2051
Joined: Mon Jan 11, 2010 2:03 pm
Town: Gordons Bay
Vehicle: SFA HiLEX V8; Suzuki GSF1200s Bandit
Real Name: Tiaan
Location: Western Cape

Re: Hoe om jou Buurman kwaad te maak

Post by swartvark »

:lol: :lol: :lol:
Wens ek was daar om dit te sien!!! :lol: :lol: :lol:
Image
MUD........GLORIOUS MUD!!!!!


Your friendly VW salesperson......(with a passion for SFA Hiluxes)

NEED A CAR?
talk2tiaan@gmail.com
0829294028
Mr_B
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 7249
Joined: Fri Oct 12, 2007 2:38 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Honda Jazz
Real Name: Bretton
Location: Brackenfell

Re: Hoe om jou Buurman kwaad te maak

Post by Mr_B »

:lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao:

This has happened to me too... not nice!

Can be disasterous if a conrod is bent or bearing is damaged!
User avatar
Jaco Versfeld
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 803
Joined: Tue Oct 14, 2008 2:56 pm
Town: Western Cape
Vehicle: Moms Taxi, 2001 Prado (The Barbie Cruiser)) Sold - Mufasa: '86 Hilux DC 4Y EFI
Real Name: Jaco
Club VHF Licence: X69
Location: Fairland
Contact:

Re: Hoe om jou Buurman kwaad te maak

Post by Jaco Versfeld »

Sorry for my ignorance,

Is this only when the cylinder block is taken off, or can this happen during a normal service when I replace plugs?
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29857
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: Hoe om jou Buurman kwaad te maak

Post by Mud Dog »

:lmao: :lmao: :lmao:
Very funny story Leon ... well told! :laugh2:
Jaco, once you remove the plug and alu sleeve there is no longer a barrier between the plug hole and the tappet area above the head (the sleeve serves this purpose). If you then fill oil, it will run into the cylinders where there are no plugs / sleeves. :winkx:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: Hoe om jou Buurman kwaad te maak

Post by Stef »

:lmao: :lmao: Hillarious!!

Het nou kliphard in die kantoor gelag!! Gelukkig moes jy nie paving skoon maak nie...
User avatar
jan30
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 425
Joined: Tue Jul 07, 2009 1:49 pm
Town: brackenfell
Vehicle: HILUX 2.8 D DC
Real Name: JAN

Re: Hoe om jou Buurman kwaad te maak

Post by jan30 »

:lol: :lol: :lol: :lol: :lol: :lol: :lol: :lol: :lol: :lol: :lol:
Jy het sopas 'n crappy Woensdag soveel beter gemaak.
Uitstekend uitgebeeld jy moet 'n skrywer word.
Thanks :thumbup: :lmao:
IF YOU EVER FEEL TO TIRED TO CONTINUE, JUST DO IT ON YOU KNEES
User avatar
Rooies
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 378
Joined: Wed Apr 07, 2010 12:05 pm
Town: Strand
Vehicle: 1994 2.4i (22RE) D/C Raider 4X4
Real Name: Rudi

Re: Hoe om jou Buurman kwaad te maak

Post by Rooies »

Ek dink ons moet vra dat hierdie storie na die HUMOR seksie geskuif word. UITSTEKEND!!! :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao:
ROOIES: 1994 2.4i (22RE) Raider D/C - 200 000kms - Brospeed Branch & Powerflow Exhaust
MIKEM Suspension & Gabriel Safari Shocks - "31 BF Goodrich AT - GOMAD Aluminium Canopy
Melvill & Moon Seat Covers - Safari Snorkel - Bushwakka Weekender Offroad Trailer

Image
User avatar
arnize2
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 743
Joined: Tue Mar 30, 2010 12:47 pm
Town: Wellington
Vehicle: 2008 Toyota Hilux 3.0 D4D D/C 4X4
Real Name: Arno
Location: Malmesbury

Re: Hoe om jou Buurman kwaad te maak

Post by arnize2 »

:lmao: :lmao: :lmao: Dit is nou flippen snaaks.Klink na iets wat met my ook kan gebeur. :lmao: :lmao: :lmao:
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: Hoe om jou Buurman kwaad te maak

Post by Piesang »

Nee magtig Leon jy kan nie dit aan 'n ou met 'n asma bors doen nie ek net nie meer asem oor van die lag en kan behoorlik nie uit my oë sien so traan hulle.
:lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao:
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
legend35
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2075
Joined: Sat Jan 19, 2008 4:23 pm
Town: Springs
Vehicle: Hilux 2700i
Real Name: Johan
Club VHF Licence: HC262
Location: Selection Park

Re: Hoe om jou Buurman kwaad te maak

Post by legend35 »

:lol: :lol: :lol: Leon,stuur daai storie aan wegry.Ek is seker hulle sal dit insit :lol: :lol:
2004 Hilux 2700i 4x4 Legend 35
ImageImageImageImage
Cowley branch and freeflow,long range tank,dual battery system,home made front and rear bumpers.
User avatar
JohanM
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4047
Joined: Tue Aug 14, 2007 8:33 pm
Town: Meyerton
Vehicle: Prado 120 4.0 V6
Real Name: Johan
Club VHF Licence: HC126
Location: Gauteng
Contact:

Re: Hoe om jou Buurman kwaad te maak

Post by JohanM »

Dit is baie snaaks!!! Darem is die klein Saterdag nou mooi opgehelder!!!! :lmao: :lmao: :lmao: :lmao:
Johan Marais
Post Reply

Return to “Open Discussion”