Page 1 of 1

Botswana - Tuli Block - ***** Cancelled ****

Posted: Thu Oct 14, 2010 9:21 pm
by HennieJ2
Manne,

As jy jou 4x4 wil leer ken en ook ondervinding wil opdoen oor hoe om te recover, winch, sleep, etc. - laat weet my. Dan reel ons 'n naweek in April 2011 en gaan ry onder 'n geregistreerde toer leier van Botswana wettiglik in die Motloutsi rivier bedding in die Tuli blok - geen enviro issues...

HJ

Die reaksie was te min.....

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Thu Oct 14, 2010 9:26 pm
by OOOOMS
Haai Hennie...hoekom soek jy ouens van die Hilux Forum om jou Cruiser uit te sleep.... :lol: :lol: :lol:

Grap net :wink2: Wat is die kostes, het jy al 'n datum, is dit ''n famielie ding of 'n manne only?

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Thu Oct 14, 2010 9:55 pm
by ToyX4
Laat ons weet oom Hennie. Dit klink lekker. Hoeveel voertuie soek oom?

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Fri Oct 15, 2010 7:07 am
by Pype
Hennie hou ons op hogte ek stel beslus belang :thumbup:

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Fri Oct 15, 2010 7:11 am
by Traveler
Stel steeds belang.

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Fri Oct 15, 2010 7:29 am
by HennieJ2
Daar is nie 'n spesifieke trip op die oomblik nie - dus ons sit ons eie ding aanmekaar en ons bepaal wat dit gaan wees - familie, manne only, abseiling, of net plain mud and tears met manne wat hulle voertuie leer ken en hulle skills hone met recovery en winching. Elke ou gee sy eie pas aan en wanneer hy voel hy wil rowwer goed doen, dan is dit sy eie besluit. Dit is 'n seriuos playing session.

As daar baie manne is - se 20 en meer, dan druk ek my pel vir 'n beter prys, maar hy average so R2500 'n kop. Wat kry jy daarvoor? 2 etes 'n dag in die bos en dan mag jy wettiglik ry in die Motloutse river bed - hy is een van die min Botswana geregistreerde toer operateurs wat daar mag operate. Ook hy ken die mense en praat hulle taal, so mens is meer gemaklik in die geselskap van 'n Botswana burger. Hy gaan ook altyd soontoe met 2 Cruiser bakkies - een vir kos en een om te recover. Jy kry ook dan informele opleiding en tegniese kennis wat hy met die groep deel.

Dit is bslis nie 'n game drive nie, daar is min wilde diere daar en die naweek kan dalk baie werk wees. Die vorige keer het ek my as af gewerk met al die recoveries. As die belangstelling goed genoeg is, dan kan ek hoor watter naweke hy oop het, want hy vat ook toergroepe op Moremi en Chobe toe.

Hennie

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Fri Oct 15, 2010 7:39 am
by andrevt
asb ons wil ook gaan kan dit dalkies net later wees, ons kom trug einde maart van angols as dit moontlik is

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Fri Oct 15, 2010 8:09 am
by Traveler
SERIAAS belangstelling van die kant af.
My voorstel is natuurlik dat mens familie moet kan saambring.

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Fri Oct 15, 2010 9:05 am
by Pype
Nou net met die Bull gepraat hy stel ook belang.

Hy het gevrae ek moet post want hy kanie.

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Fri Oct 15, 2010 9:46 am
by SKRIK NIKS
hy manne dit klink lekker :thumbup:
hoe ver is dit min of meer??

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Fri Oct 15, 2010 2:46 pm
by HennieJ2
So 500km soontoe en dan so 50 - 100km se rondry.

HJ

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Fri Oct 15, 2010 4:22 pm
by Animul
Ek is ook in ... laat weet net waar en wanneer ....
:beach:

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Thu Dec 02, 2010 7:08 pm
by ToyX4
Oom Hennie, ek weet dis nou desember, maar oom moenie van die trippie vergeet nie.

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Thu Dec 02, 2010 10:24 pm
by Thabogrobler
Hey, dit klink of ek sal moet aanmeld vir die trippie?

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Fri Dec 03, 2010 10:09 am
by Tjokkie
Wanneer ry ons? Wat is die finale reelings? Is daar al 'n naamlys?

En hoekom NIE???

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Fri Dec 03, 2010 7:10 pm
by HennieJ2
Ek dink ek moet dalk net een ding reg stel - alhoewel jy betaal, is dit NIE vakansie nie - dis werk en harde werk ook. Jy leer om nie vas te sit nie en as dan wel vassit, dan leer jy om hom weer uit te haal en glo my - jy werk. Hier is 'n foto van 'n Cruiza met diff locks voor en agter - en hy was VAS!

Image

... en moenie dink dat jou proud en joy niks gaan oorkom nie!!
Image

Ander het sommer hul tou permanent op gelos

Image

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Fri Dec 03, 2010 10:21 pm
by HennieJ2
.... en dan moet jy ook darem so biki brass tussen di bene het....

Image

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Fri Dec 03, 2010 11:14 pm
by Thabogrobler
Jip, lyk na my tipe trip!

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Mon Dec 06, 2010 8:43 am
by Pype
Lekker :D: :thumbup:

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Sat Jan 08, 2011 10:43 pm
by Thabogrobler
Enige nuus Hennie?

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Sat Jan 08, 2011 10:50 pm
by HennieJ2
Wat van 27, 28, 29 en 30 April?

HJ

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Sat Jan 08, 2011 11:00 pm
by Thabogrobler
Kan werk vir my.

Manne of familie trip?

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Sat Jan 08, 2011 11:04 pm
by HennieJ2
As die vrouens nie mind om te werk met die recoveries nie, no problem. Ons soek 20+ koppe om 'n goeie prys te kry. Sal more probeer bel en hoor hoe loop Louwrens se beeste.....

HJ
PS: Daar was al 'n paar vrouens op die trippies en van hulle het hul gate uit geniet

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Sat Jan 08, 2011 11:08 pm
by Thabogrobler
Klink goed!

Dink nie my Swambo sal nou so extreme trippie kan doen nie en ek is op die oomblik 4x4loos; sal kyk hoe loop my dinge ander sal julle my langs die pad kry duimgooi...

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Sun Jan 09, 2011 10:28 am
by ToyX4
oom Hennie, jy sal dalk die uitnodiging op ander forums ook moet sit...... Hier sal oom nie maklik 20 voertuie kry nie.

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Sun Jan 09, 2011 10:45 am
by HennieJ2
20 koppe = 10 voertuie. Ons betaal per kop, dus die navi moet ook vol betaal.

Hennie

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Sun Jan 09, 2011 8:43 pm
by Thabogrobler
Ek het reeds 3 koppe wat belangstel

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Mon Jan 10, 2011 11:58 am
by Animul
Ek stel ook nogsteeds belang.

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Mon Jan 10, 2011 12:02 pm
by FUDGES
Ek stel ook belang groot asb ek wil net kyk hoe lyk die datums sal voor die einde van die week confirm.

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Mon Jan 10, 2011 12:49 pm
by Okkie Van Wyk
Ek stel ook belang sal darm lekker wees, so kort wegbreek

Okkie

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Mon Jan 10, 2011 6:35 pm
by HennieJ2
Onthou, een van die voor vereistes is 'n minimum van 2 mense per voertuig - anners moet 'n ander ou se co-pilot jou kom help winch operate en die recovery jobs doen.

Die main objective is juis om te gaan vassit - sodat jy jou self kan help wanneer innie moeilikheid is. Ook om jou "grend" recovery equipment te toets/gebruik en te sien waarvoor hulle da is. Ek weet baie van julle weet, maar hierdie is juis vir ouens wat wil gaan practise en hulle equipment en voertuig se vermoeens wil leer ken. (sonder dat die greenies hier oor jou skouer hang en vit jou preek)

Ek gaan niks reel, voordat ek commitment het nie - post asb. julle name hier en dan kyk ek aan die einde van Januarie, waar ons staan.

Hennie

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Tue Jan 11, 2011 7:09 am
by Pype
Pype + 1 :thumbup:

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Sun Jan 16, 2011 8:54 pm
by Swart Baard
Sal ook belangstel, maar sal eers nader aan die tyd weet of ek daai dae af kan kry by die werk. Maar sal dop hou en op hoogte hou.

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Sun Jan 16, 2011 9:47 pm
by Thabogrobler
Great, ek het sover 'n Disco 3 V8 wat commited is! = 2 mense

Ek wag vir die ander makker(met 'n Pajero) om terug te kom van Israel af. = 2 mense

Dalk kan ek nog 'n Prado ook lus maak... = onbekende getal

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Mon Jan 17, 2011 12:26 am
by Thabogrobler
Kan ek 'n lys begin??

1. HennieJ2
2. Pype +1
3. Animul??
4. Thabogrobler +1(moontlik nog 2-4)
5.
6.
7.
8.
9.
10.

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Sun Jan 23, 2011 4:03 pm
by HennieJ2
Hi Manne,

Wie kan vooruit betaal en wie nie? As ek nie manne vasmaak met vooruit betaling nie, gaan ek eerder oor daai tyd Trans Kalahari Park toe. Daai besprekings moet ook vooruit gedoen word, so kom ons wag nie tot op nommer 99 voor ons 'n besluit neem nie
Hi Hennie

Hoop jy en jou gesin het n wonderlike geseende 2011. Ons is tans besig met die jaarbeplanning vir 2011 kan jy vir my n aanduiding gee na watter datum die Hilux klub kyk vir n Tuli Toer

Groete

Amelia.

PJL Rich (Pty) Ltd - http://www.pjlich.com" onclick="window.open(this.href);return false;

Rich Water

Mafuta 4x4 Adventures

RS Botswana Prosthetics

Cell: +27 799669235 / +267 72503118

Fax: +27 865150688
Groete

Hennie

Re: Botswana - Tuli Block - wie het genoeg geld?

Posted: Thu Feb 03, 2011 9:16 pm
by HennieJ2
Thabogrobler wrote:Kan ek 'n lys begin??

1. HennieJ2
2. Pype +1
3. Animul??
4. Thabogrobler +1(moontlik nog 2-4)
5.
6.
7.
8.
9.
10.
Time has come and time has gone - ongelukkig lyk dit my dis biki te duur na almal se smaak en dankie vir die paar manne wat wou - ongelukkig maak 20 swaeltjies die somer en dus gaan ons nie warm kry nie - ek sal maar kanselleer.

Ek het nou maar besluit om vir die fandamilie innie Kaap te gaan kuier, so miskien kan julle Atlantis Dunes pro's my biki uitvat.

Cheers

Hennie

Re: Botswana - Tuli Block - ***** Cancelled ****

Posted: Thu Feb 03, 2011 9:41 pm
by Thabogrobler
Ag neeeeeeeeeeeeeeeee!!!!!!!!!!!!11111

Re: Botswana - Tuli Block - ***** Cancelled ****

Posted: Fri Feb 04, 2011 7:18 am
by Pype
:( :( Dankie vir all die moeite Hennie jammer dit gebuir nie.

Re: Botswana - Tuli Block - ***** Cancelled ****

Posted: Fri Feb 04, 2011 10:14 pm
by HennieJ2
Thabo / Pype,
Dis nou nie dat ons dit nooit gaan doen nie - iewers gaan daar 'n tyd en plek wees en dan gaan ons speel . Glo my, dit is amazing!!!!! Maar tot tyd en wyl ons ni genoeg manne het nie, moet dit dan oorstaan.

Hennie