Page 1 of 1

Swart Pot Voorberyding

Posted: Tue Dec 21, 2010 8:50 pm
by Tiger7
Ek will net weet wat is die regte manier om 'n swart pot voor te bery.

Sal graag ander se insette wil sien.

Ek skuur die pot net verskriklik totdat die pot glat is,
Kook daarna aartappels en uie om die olie op te los.

Wat maak julle? :think:

Re: Swart Pot Voorberyding

Posted: Tue Dec 21, 2010 9:43 pm
by bosjakkals
Ek maak die Mandela microwave so warm as ek kan en gooi asyn (2 Koppies) in en skud die bedryf met die deksel op. Dit haal glo die staal smaak uit en seel die Cast Iron ?? daarna braai ek spek en uie en is reg vir die res. Hoop dit help, het dit al met drie potte gedoen en selfs n pot wat vrot geword het werk dit ook voor. Verwyder net eers die vrot kos en wurms. :twisted:

Re: Swart Pot Voorberyding

Posted: Wed Dec 22, 2010 7:26 am
by Bosfebok
As jy klaar is met die skuur en die asyn om die metaal smaak uit te kry dan maak jy so:
- Smeer die pot met Wholesome vet uit
-Maak die pot baie warm todat hy begin rook
-Vee die binnekant uit met Carlton papier
-Smeer weer en herhaal proses todat jy 'n lekker blink lagie binne die pot het... Ek brand my pot gewoonlik so 6 keer om 'n lekker lagie te kry.
-Vee oortollige vet af
-Bere die pot met 'n stuk koerant papier binne... dan roes hy glad nie.

Moenie kook-olie gebruik om jou pot in te brand nie. Die pot raak galsterig na 'n rukkie...

Hoop dit help...

...annersins, kom kuier, dan brand ons daai outjie lekker in :thumbup:

Re: Swart Pot Voorberyding

Posted: Wed Dec 22, 2010 7:29 am
by Traveler
'n Brass borsel voor aan jou boor help nogal met die skuur deel.