Page 1 of 1

JAG 2011 - Wanneer? Waar? Wat?

Posted: Sun Mar 06, 2011 9:22 pm
by Modder
Ek sien hier is 'n paar manne wat ook hou van jag!
Ek is fanaties oor jag en jag met geweer en boog.

My eerste trip is klaar geboek vir die langnaweek nou in Maart saam 12 pelle! :o: :twisted:

18-21 Maart
Veekraal, Buite Brits.
Ek het 'n trofee BWB geboek en hoop om hom met die boog te kry.
Sal ook graag 'n bosbok wil skiet daai naweek.

Laat ons bietjie hoor wanneer, waar en wat jul beplan vir jag in 2011.

JAG 2011 - Wanneer? Waar? Wat?

Posted: Sun Mar 06, 2011 9:47 pm
by BlumTRD
Ek Jag al Saam my outoppie van 6 jaar oud
Die beste Pa en seun naweke ooit
Brits . Vaalwater . Sutherland . Cradok . Alldays . Swartwater . Potgiersrus . Ens

1.15-22 April vaalwater

2. family jag naweek Paasnaweek

3.eerste naweek Mei - boeremagjag
Naweek club

4.Total jag naweek erens in junie julie

Ons het n Taksidermie . Al ons Velle en koppe ens doen ons so 6 jaar al

Baie besig elke jaar .

En moet se ons het die sagste Velle by vere

Re: JAG 2011 - Wanneer? Waar? Wat?

Posted: Thu Mar 24, 2011 9:24 pm
by Modder
Wat 'n suksesvolle jag die naweek!!! 8 Rooibokke, 3 Koedoes, 2 Blowildebeeste en 1 Volstruis!!! Wat 'n lekker naweek!!!!!!!!!!!!

Re: JAG 2011 - Wanneer? Waar? Wat?

Posted: Fri Mar 25, 2011 12:38 am
by Tjokkie
Pa & seun jag (dit sal sy tweede bok wees): Tans besig om dit vir April te organiseer...soek nog na springbokke vir die trippie . Wil nie ver ry Boshof/Kimberley toe nie maar prys is reg (R400 ea)

'Moeilikheid jag': 16 Junie buite Thabazimbi...3 Junie is mammie se verjaardag wat sy weier om te skuif na buite die jag seisoen.

'*Tupper- jag' in Julie/Aug...so genoem omdat party van die ouens soms f***'tupper' as ander raak...need I say more? Hirdie is die 7e jaar dieselfde groep; party ouens al pelle vir langer as 35 jaar en, almal met mekaar al sowat 12jaar.

'Afsluitings familie jag': einde Aug

Ek ondervind dat wildpryse heelwat duurder is as laasjaar. BWB R2500-R3500, Koedoebulle R3500-R10000, Rooibok ramme R1200-1750, ooie R800-950, Elande R7000 gemiddeld...

Re: JAG 2011 - Wanneer? Waar? Wat?

Posted: Fri Mar 25, 2011 5:47 am
by Mud Dog
I don't think that I'll be doing much hunting again this year due to the prevalence of rift valley fever amongst the game throughout areas of the E/Cape, OFS and Karoo. :(

Rift Valley Fever is mostly fatal in humans, and if not detected / diagnosed and treated early can result in death within 3 days. It can be contracted by exposure to the virus, mosquito bite (carrier) and ingestion of tainted / affected meat.

Posted: Fri Mar 25, 2011 11:21 am
by Van
Ja sien super baie uit na hierdie jag seisoen...

11-16 Mei - Pongola saam di pelle
20-26 Junie.-Ellisras Gaan jag vir my verjaarsdag saam my groot pel en ons swambo's to be :)
7-10 Julie familie jag - Thabazimbi.

Gaan die eerste seisoen wees met my custom 375. Yes please!!!!

Hoofsaaklik bwb,rooibok en baie varke!

Lekker naweek verder.... Ek ry somr nou skietbaan toe!

Re: JAG 2011 - Wanneer? Waar? Wat?

Posted: Sat Mar 26, 2011 8:35 pm
by Paul Grobler
Kyk of ons vanaand n varkie of bosbokkie kry vleis en biltong vooraad loop laag hier by die Groblers

Re: JAG 2011 - Wanneer? Waar? Wat?

Posted: Fri Apr 01, 2011 10:05 pm
by Modder
Het vandag my eerste Kalahari jag trip geboek!

15-19 Junie!

Gaan vir gemsbokke en springbokke...

Re: JAG 2011 - Wanneer? Waar? Wat?

Posted: Sat Apr 02, 2011 2:47 pm
by Tiger7
Ek wag vir my .338 win mag se lekisns.

Re: JAG 2011 - Wanneer? Waar? Wat?

Posted: Sun Apr 03, 2011 10:18 am
by frik
Julle manne maak my erg jaloers . EK sit nog en wag vir daardie lisensie vir die 308 dan is dit my beurt met n bietjie geluk kry ek hom voor die jagseisien verby is . :x

Re: JAG 2011 - Wanneer? Waar? Wat?

Posted: Sun Apr 03, 2011 9:37 pm
by Modder
Manne, in terme van die Firearms Control Act 60 of 2000, kan jy aansoek doen vir 'n tydelike lisensie vir 'n vuurwapen wat jy voor aansoek gedoen het. Daar is wel 'n paar vereistes, maar ek het dit reg gekry...

Re: JAG 2011 - Wanneer? Waar? Wat?

Posted: Sun Apr 03, 2011 9:50 pm
by yotaman
Trippie geboek vir n paar rooies and blesse 9 April naby Brits. later in Junie vir BWB en Koedoe verder noord. Sal baie bly wees as iemand u bietjie kan "show" met sy biltong maker. Beplan nou om my eie te bou.
Min tyd, ag maar wat!