Page 1 of 1

Lekker naweekbestemming rondom Rusternburg?

Posted: Thu Sep 01, 2011 10:00 am
by Gerrie
Of Brits, Swartruggens, Koster, Lichtenburg....
Watse voorstelle het julle?

Re: Lekker naweekbestemming rondom Rusternburg?

Posted: Thu Sep 01, 2011 10:41 am
by Popmar
Kgaswane Mountain Reserve (previously Rustenberg nature reserve) is naby Rustenburg.

Dit is `n provinsiale reservaat. Puik ablusie.

Meer inligting op die web.

Re: Lekker naweekbestemming rondom Rusternburg?

Posted: Thu Sep 01, 2011 10:58 am
by Blaps
Kgaswane is great as jy wil wegkom en stilte om jou wil hê, dis in die berg maar die veld is nog vaal. Die waterval loop nog sterk.
Swartruggens Dam is klein maar het n mooi oewer met wilger bome, bote en visvang, n klein Pub en Ablusie nie te sleg nie.
Koster dam het ruimte en die ablusie geriewe nie te sleg nie, visvang, swembad, klein winkeltjie met YS.
Rondom Brits is daar verskeie plekke, google dit maar.
As jy kinders het wat laaik van jol, OMARAMBA by Buffelspoort is great, warm water swembad, mooi kampplekke, uitstekende Pub en entertainment, Restaurant, speletjies en jol jol jol.
Onder OMARAMBA is Buffelspoortdam, Bote wat jaag, visvang as jy kan, Ablusie kan ek nie onthou nie, was lanklaas daar.
:thumbup: Hoop Dit Help :thumbup:

Re: Lekker naweekbestemming rondom Rusternburg?

Posted: Thu Sep 01, 2011 11:14 am
by Gerrie
Oraait, en plekke wat 'n lekker 4x4 wegbreek is? ek dink iets soos rust de Winter. Waar jy kan kamp en 4x4....

Re: Lekker naweekbestemming rondom Rusternburg?

Posted: Thu Sep 01, 2011 12:20 pm
by Bulletjie-3
Karee Krans 0731581545 en jy kan lekker stap ook, interessante plek.

Re: Lekker naweekbestemming rondom Rusternburg?

Posted: Thu Sep 01, 2011 2:37 pm
by Barrie
As jy bereid is om so bietjie verder te ry, is Doornrivier ook 'n oulike plek. dit is naby Zeerust. gaan kyk gerus op http://www.doornrivier.co.za" onclick="window.open(this.href);return false; en op google sien jy Doornrivier ecotrail.

Re: Lekker naweekbestemming rondom Rusternburg?

Posted: Thu Sep 01, 2011 6:59 pm
by Family_Dog
Barrie, gooi 'n groter pic van jou Jilux asb... so paar jare terug op Doornrivier het ek die enn gesien...
Green SFA_R.jpg

-F_D

Re: Lekker naweekbestemming rondom Rusternburg?

Posted: Thu Sep 01, 2011 7:05 pm
by OOOOMS
Stem saam, Doornrivier is baie lekker en die 'host en hostess' Andre en sy vrou, is regtig uit die boonste rakke :thumbup: Lekker trails, van 'mild to wild', lekker kamp area tussen die bome en lapa vir kuier :thumbup:

Re: Lekker naweekbestemming rondom Rusternburg?

Posted: Thu Sep 01, 2011 8:01 pm
by Barrie
Hi Eric, ek sal ene soek en plaas, maar dit was nie ek nie. ek is nou maar 9 maande hier. voorheen Musina en voor dit Namibia.
Gerrie, as jy dit oorweeg om Doornrivier te kom try, laat weet. dan kan ons darm ontmoet.

Re: Lekker naweekbestemming rondom Rusternburg?

Posted: Mon Sep 05, 2011 9:27 am
by Gerrie
Barrie wrote:Hi Eric, ek sal ene soek en plaas, maar dit was nie ek nie. ek is nou maar 9 maande hier. voorheen Musina en voor dit Namibia.
Gerrie, as jy dit oorweeg om Doornrivier te kom try, laat weet. dan kan ons darm ontmoet.
Barrie, sal jy in die week beskikbaar wees om dalk die roete saam met my te ry?

Re: Lekker naweekbestemming rondom Rusternburg?

Posted: Mon Sep 05, 2011 1:24 pm
by Barrie
sê wanneer dan maak ek 'n plan. doen dit graag.

Re: Lekker naweekbestemming rondom Rusternburg?

Posted: Tue Sep 13, 2011 6:11 pm
by Barrie
Gerrie was toe op Doornrivier met sy splinternuwe 1981 Nissan Patrol EFI.
Lekker lorrie.
'n Paar fotos van die trotse eienaar en sy mount is seker in orde? Al is dit nie 'n Lux nie.
Gerrie en sy vuurwa
Gerrie en sy vuurwa
Gerrie2.jpg (34.88 KiB) Viewed 2318 times

Re: Lekker naweekbestemming rondom Rusternburg?

Posted: Tue Sep 13, 2011 9:01 pm
by Bulletjie-3
Barrie was jy die naweek daar met die pypkar byeenkoms ?

Re: Lekker naweekbestemming rondom Rusternburg?

Posted: Tue Sep 13, 2011 9:11 pm
by Barrie
Ja ek was daar. :cooldude:
Ek het aan die Standaard klas deelgeneem. :thumbup:
Was jy daar? :think:

Re: Lekker naweekbestemming rondom Rusternburg?

Posted: Tue Sep 13, 2011 9:43 pm
by Bulletjie-3
Ja hoe het jou pypkar gelyk ? Jy het dan seker nie daar gekamp nie ?

Re: Lekker naweekbestemming rondom Rusternburg?

Posted: Tue Sep 13, 2011 9:46 pm
by Barrie
Ekt met my Hilux deelgeneem, nie die Xtreme klas nie. ekt nie gekamp nie. bly in Zeerust.
Sit biki foto van jou pypkar op.

Re: Lekker naweekbestemming rondom Rusternburg?

Posted: Tue Sep 13, 2011 9:58 pm
by Bulletjie-3
Ek was nie daar met die pypkar nie, wou eintlik net gaan kyk het hoe lyk die plek toe ek hoor dat die klub gaan daar wees. Naby ons het n ou met so kleur bakkie soos joune gekamp. Maar dan moes ek jou gesien het daar met die golfstok storie, lepel ens. Moet se julle mense weet hoe om lekker makietie te hou. Soos wat die tubes op linkerhand was was my rooi bakkie op regterhand langs die eerste houthuisie