3 Provinsies 16.12.2011
Posted: Sun Dec 18, 2011 9:53 pm
Afgelope naweek het ons as gesin die bekende (berugte) 3 Provinsies buite Volksrust.
Vanaf Boksburg het ons die N17 gevolg via Secunda en Bethal. Hier het ons afgedraai en deur Morgenzon en Amersfoort aangery Volksrust toe. 13km vanaf Volksrust of die Vrede pad vind jy afdraai aan die linkerkant van 3Provinsies 4x4.
Volg die grondpad vir ‘n verdere 5km en dan is jy by die ou plaashuis wat dien as ontvangs en die kantoor. Die ou huis het ‘n ongelooflike uitsig oor ‘n wye valei waaroor jy nog sal kans kry om baie uit te tuur.
Nadat ons die nodige vorms onderteken het is ons ‘n roetekaart gegee asook ‘n beskrywende lys van die roetes wat mens op jou eie kan gaan ry. Die kaart en die beskrywings is van die beste wat ek nog gesien het, indien dit dalk nie die heel beste is nie.
Ons het besluit om dadelik ‘n roete te gaan ry en het uitgewyk om die “Ou Wildkamp” te gaan ry, dit staan nou bekend as die Tierkloof roete. Hierdie roete het ons navigasie tot die uiterste beproef. Duidelik word hy nie gereeld gery nie, en daar is nie regtig spore om te volg nie. Dit was werklik soek die roete tussen die GPS coordinate. Ek sal erken teen hierdie tyd het ek erg begin twyfel in my keuse om 3 Provinsies te gaan ry. Ek het groot dele van die roete “gestap/gesoek” terwyl Nadine bestuur het. Die uitsig het wel loshande opgemaak vir die tekortkoming van hierdie ervaring. Dit was ‘n baie uitdagende roete en daar was dele wat my nogal laat snak het na my asem (die gedagtes van ‘n stukkende diff nog vars in die geheue). Ons het wel gekies om die moeiliker dele te doen, en ek dink die gewone roete sal niks meer as ‘n 3/5 wees nie. Die uitsig gedurende hierdie roete was konstant asemrowend gewees.
Nadat ons hierdie roete voltooi het, het ons na die kampterrein toe gery. ‘n Baie aangename kampterrein met netjies fasiliteite het ons ingewag. Dit bly steeds ‘n “boskamp”. Jy is tussen bome en daar is nie mooi grasperke nie. Dit is meer private ruimtes tussen die inheemse bos. Ons het kamp nommer1 gevind en sommer daar uitgespan. Daar is nie elektrisiteit nie, maar daar is goeie wasfasiliteite en daar is skoonwater wat jy kan drink.
Ongelukkig was die kamp baie vol, en daar was een of ander LandRover klub gewees wat gedink het dis hulle taak om almal te vermaak.
Saterdagoggend het ons die hoofroete aangedurf. Die roete is uit en uit ‘n natuurlike roete, al die uitdagings en hindernisse is wat die natuur daar gesit het. Daar is geen plaveisels nie, en gaan sement nie. Als is klip, turf en grond.
Die hoofroete is ‘n ander perd. Hy word duidelik, gereeld gery, en daar is niks wat geraai hoef te word nie. Weereens is die roete gelee in asemrowende omgewing, en die vistas en die uitsig laat mens verstom.
Die 1ste deel van die roete het ons baie stadig gedoen saammet ‘n groepie vanuit Pretoria en Kempton Park. Daar was ‘n Defender, Ranger, Cherokee en 2 Willy’s Jeeps in die groep. By die braaiarea het ons agter ‘n Fortuner en ‘n Prado ingeval. Hierdie manne was vanuit Newcastle en r y die roete gereeld, en ek het Helshoogte en Die Tonnel saammet hulle gery, daarna het ek hulle maar gelaat om aan te gaan want hulle het dinge met bietjie te veel spoed aangevat.
Hierdie roete verdien sy reputasie verseker. Dit is nie ‘n speletjie nie, en mens moet maar katvoet te werk gaan met heelwat van die hindernisse omdat baie van dit gery word teen moeilike hoeke. Min gebeur op platgrond. Daar is baie los klip, en baie seepgladde turf.
Ek sal verseker weer gaan kuier, en sien uit na my volgende ry by 3 Provinsies.