Page 1 of 1

OPPAS!!!!!!!!!!!!!!! Woestyn Paaie

Posted: Wed Feb 08, 2012 2:00 pm
by Tokkie
Ek het nou net verneem dat n Overland Trok(Toer bus) buite swakop gerol het. Sover ek weet is 2 mense dood.
As iemand oppad woestyn toe is ry asb versigtig. Die tyd van die jaar is reen seisoen daar bo so oppas vir riviere wat afkom en grond paaie wat weggespoel is.

Re: OPPAS!!!!!!!!!!!!!!! Woestyn Paaie

Posted: Wed Feb 08, 2012 4:03 pm
by Polarbear2008
Thanks Tokkie!

Ons gaan Juniemaand NAM toe, so ek hou maar ore op die grond vir enige inligting.

Re: OPPAS!!!!!!!!!!!!!!! Woestyn Paaie

Posted: Wed Feb 08, 2012 4:57 pm
by ChrisF
Die paaie in Namibia verander in n oogwink -veral die water hard val !!

hier is n paar fotos van hoe n pad VINNIG weggespoel het.

die ergste is eintlik die laag water driffies wat so stil-stil diep raak en jou voor sispensie uitmekaar skeur ....

Re: OPPAS!!!!!!!!!!!!!!! Woestyn Paaie

Posted: Wed Feb 08, 2012 8:16 pm
by legend35
Dit lyk woes.Ons moet maar altyd versigtig wees.Mens weet nooit wat voor le nie :thumbup:

Re: OPPAS!!!!!!!!!!!!!!! Woestyn Paaie

Posted: Wed Feb 08, 2012 8:59 pm
by Andre du preez
Sterkte daar.My buurman se vrou werk hier in die drop vir een van die plekke,hoop maar nie dit is een van hulle trokke nie.

Re: OPPAS!!!!!!!!!!!!!!! Woestyn Paaie

Posted: Thu Feb 09, 2012 7:45 am
by Tokkie
Andre du preez wrote:Sterkte daar.My buurman se vrou werk hier in die drop vir een van die plekke,hoop maar nie dit is een van hulle trokke nie.
Dit was een van die maatskappye wat uit Tanzania uit werk.

Re: OPPAS!!!!!!!!!!!!!!! Woestyn Paaie

Posted: Thu Feb 09, 2012 1:19 pm
by Andre du preez
ok ...dankie vir die info Zak.

Re: OPPAS!!!!!!!!!!!!!!! Woestyn Paaie

Posted: Thu Feb 09, 2012 1:56 pm
by Johan Kriel
http://www.republikein.com.na/index.php" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: OPPAS!!!!!!!!!!!!!!! Woestyn Paaie

Posted: Thu Feb 09, 2012 4:56 pm
by arnize2
Hierdie was nou nogal op 'n stuk teerpad wat die wiel uitgeval het. :shock:
Kyk net die mooi Afrikaanse woord vir "overlander". :thumbup: :thumbup:

Re: OPPAS!!!!!!!!!!!!!!! Woestyn Paaie

Posted: Fri Apr 19, 2013 9:54 am
by Warrior
Baie waar ja !
Ons het n baie slegte ondervinding gehad vanaf Terrace baai na Korrixas - die pad is baie kronkelrig met baie water driffies , so jy moet kort kort hard rem.
Ons het amper n ongeluk gehad met een van hierdie 4x4 toerbusse. Die ou het so gejaag - ek het daai arme grootoog toeriste baie jammer gekry toe ons uiteindelik verby die padvark gekom het. :(

Re: OPPAS!!!!!!!!!!!!!!! Woestyn Paaie

Posted: Fri Apr 19, 2013 3:32 pm
by Haboob
Thanks Tokkie/Zak