Page 1 of 1

Goerapan - 4x4 Kompetisie 7 Julie 2012

Posted: Thu May 24, 2012 9:47 am
by Kaspaas
Website: http://www.kalaharigoerapan.co.za" onclick="window.open(this.href);return false;
Email: info@kalaharigoerapan.co.za
Tel: Riana 073 303 1317
Hennie 083 592 7041
Faks: 086 239 7751

4x4 Kompetisie 7 Julie 2012
Groot Pryse te Wen

• 4x4 Roetes Kategorieë: Dieselvoertuie
Petrolvoertuie: Omgeboude voertuie
Standaard Voertuie
• Duinklim kompetisie Kategorieë: Dieselvoertuie
Petrolvoertuie: Omgeboude voertuie
Standaard voertuie
• ¼ Myl Kategorieë: Motorfietse en quads Kategorieë:
Dieselvoertuie
Petrolvoertuie: Omgeboude voertuie
Standaard voertuie
• Bike Resies Kategorieë: Onder 300cc
300cc en bo

R100 inskrywingsfooi per item waarin u wil deelneem

Hekgelde: Toeskouers R30/volw, kinders onder 12, R15
Slegs deelnemers en persone wat van akkommodasie op die Lodge gebruik gaan maak,
hoef nie hekgelde te betaal nie. U moet egter die bewys (Faktuur)by die hek toon.

Stalletjies word gratis aangebied, reël asb net vooraf met Riana watter tipe stalletjie u wil opslaan. U voorsien alles wat u nodig het vir u stalletjie. Indien u stalletjie krag benodig moet u asb u eie kragopwekker voorsien. Slegs hek en akkommodasie gelde is op u van toepassing.
Springkasteel en talle aktiwiteite vir kinders
Prysuitdeling, Spitbraai en dans Saterdag Aand. R150/persoon, bespreek asb, asook as u die ontbyt Sondagoggend teen R70/persoon wil bywoon.

Kampering R60/volw/nag, kinders 6-12 jaar R30/nag
Chalets R450 vir die eerste 2 persone en R100 daarna per kind/volw in dieselfde chalet slegs 13 chalets beskikbaar, so bespreek asb betyds


Bespreek asb vroegtydig om teleurstelling te voorkom

Vriendelike Groete
Hennie and Riana Blaauw
Goerapan
073 303 1317

Re: Goerapan - 4x4 Kompetisie 7 Julie 2012

Posted: Thu May 24, 2012 10:24 am
by OOOOMS
Dit lyk na nogals 'n naais plek :thumbup:

Re: Goerapan - 4x4 Kompetisie 7 Julie 2012

Posted: Thu May 24, 2012 10:41 am
by GI Jane
Wow.. Cobus that looks really awesome place. The photographs on the site are fantastic...

Re: Goerapan - 4x4 Kompetisie 7 Julie 2012

Posted: Thu May 24, 2012 10:48 am
by Johannes van die See
En waar sit ek daai tyd....... Liberia! Flipit!

Re: Goerapan - 4x4 Kompetisie 7 Julie 2012

Posted: Thu May 24, 2012 11:02 am
by Kaspaas
Autie Val, moet eerlik sê dat ek self nog nie daar was nie.
Ekt hierdie email deur Lehan (K-Seun) ontvang.

Maar Ja, dit is awesome mooi. Die Noord Kaap is 'n spesiale plek! :wink2: :mrgreen:

Lehan wil hê ek moet inskryf vir daai "duin drag" en 1/4 myl! :think:
Soek iemand om my te join?

Ander kant is die uitdaging so naby aan RTH, dat ek nie n kans wil waag met Kassie nie.
Die kêrel lyk nou so mooi, als is 100%! :shh:

Re: Goerapan - 4x4 Kompetisie 7 Julie 2012

Posted: Thu May 24, 2012 6:02 pm
by Family_Dog
Johannes van die See wrote:En waar sit ek daai tyd....... Liberia! Flipit!

Ek het gedink jy't gese jy sit op die emmer... :cooldude:

Emmer nou vol, nou sit jy op Liberia?? :lmao: :lmao:


PS: Waar op hierdie mooi wereld is "Liberia"??


-F_D

Re: Goerapan - 4x4 Kompetisie 7 Julie 2012

Posted: Thu May 24, 2012 6:28 pm
by Johannes van die See
:lol: :lol: :lol:
Die emmer is gebere, die potte werk weer, dankie tog!

Re: Goerapan - 4x4 Kompetisie 7 Julie 2012

Posted: Thu May 24, 2012 6:31 pm
by Johannes van die See
Kaspaas wrote:Autie Val, moet eerlik sê dat ek self nog nie daar was nie.
Ekt hierdie email deur Lehan (K-Seun) ontvang.

Maar Ja, dit is awesome mooi. Die Noord Kaap is 'n spesiale plek! :wink2: :mrgreen:

Lehan wil hê ek moet inskryf vir daai "duin drag" en 1/4 myl! :think:
Soek iemand om my te join?

Ander kant is die uitdaging so naby aan RTH, dat ek nie n kans wil waag met Kassie nie.
Die kêrel lyk nou so mooi, als is 100%! :shh:
Cobus
So uitlokkend as wat dit is, spaar eerder jou lorie vir RTH, ons wil tog nie die roete doen sonder ons organiseerder nie!

Re: Goerapan - 4x4 Kompetisie 7 Julie 2012

Posted: Fri May 25, 2012 7:56 am
by ThysdJ
Kaspaas wrote:Ander kant is die uitdaging so naby aan RTH, dat ek nie n kans wil waag met Kassie nie.
Die kêrel lyk nou so mooi, als is 100%! :shh:
Ons sien maar min prenkies?? :twisted: :twisted: :twisted:

Re: Goerapan - 4x4 Kompetisie 7 Julie 2012

Posted: Fri May 25, 2012 8:49 am
by Kaspaas
ThysdJ wrote:
Kaspaas wrote:Ander kant is die uitdaging so naby aan RTH, dat ek nie n kans wil waag met Kassie nie.
Die kêrel lyk nou so mooi, als is 100%! :shh:
Ons sien maar min prenkies?? :twisted: :twisted: :twisted:

:twisted:

Julle kom seker agter ek vra nie meer vra nie.
Julle "ou meubels" is te slim.... :D:

Ekt besluit ek doen dit net!! :lol:

Gee nog so 4 weke, dan gaan ek julle laat kwyl..... ;-)

Johannes, ek stem. MAAR as die pryse dit die moeite werd maak sal ek miskien gaan kyk. :problem:

Re: Goerapan - 4x4 Kompetisie 7 Julie 2012

Posted: Fri May 25, 2012 5:27 pm
by KALAHARI SEUN
Ha Ha Cobus, jyt my nou een voor gespring, was opad om dit advert op te sit.

Ek was al by die dag, dis vreeslike lekker duine, nie iets waar op jy jou voertuig kan seer maak nie. En die gees is ook baie lekker.

Vir die van julle wat ook nog sal belangstel, daar word elke jaar 'n Pan Aand gehou, waar daar 'n groot verhoog op gesit word in die middel die pan en dan kry hulle sangers om op te tree, maar nie locals nie, bv Kevin Leo, Mathys Roets is die jaar. Jy kry 'n 3gang maaltyd wat bedien word. Dis baie lekker. Sal later meer op sit.

Re: Goerapan - 4x4 Kompetisie 7 Julie 2012

Posted: Mon May 28, 2012 10:52 am
by Kaspaas
Ja sorry man Lehan.! :mocking:

OWK is reeds n groot borg van Die Pan aand.
Lyk my ek sal elkgeval moet gaan, daar moet glo wynproe aangebied word. :eh:

Re: Goerapan - 4x4 Kompetisie 7 Julie 2012

Posted: Mon Jul 09, 2012 8:27 am
by Kaspaas
Manne en dames, was hiedie nie besonderse event gewees nie.

Ek moes ongelukkig heeldag werk, want dit was bibberend koud en almal het kom soetwyn proe/down!
Dit het ongelukkig baie gereen en die uitdaging van die roete is toe daarmee heen, maar die kwart myl was sports gewees. (Die pan self was soos snot gewees - julle kan nou net indink hoe het die manne daar gemors het ;-) )

So tussen ons, net n paar feite:

- die EFI Cruiser is by vere vinniger as n V6 Cruiser.
- 'n 2.5TD Ford ry kringe om die nuwe 3.2 Ranger.
- 3.0 D4D is die vinnigste diesel oor n kwartmyl.
- Isuzu se ou 3.2V6 moet nooit onderskat word nie. (Baie Toy V6 en 4.0 Fords se naam was alie gemaak.)


Volgende jaar gaan ek meer moeite doen hiermee, ons kan dit weer misloop nie!

Ongelukkig geen fotos nie! :thumbdown:

Re: Goerapan - 4x4 Kompetisie 7 Julie 2012

Posted: Mon Jul 09, 2012 9:23 am
by Hoppy
Iemand moes geneem het????