Page 1 of 1

Kat Spoor . . . ?

Posted: Fri Dec 07, 2012 7:49 pm
by JJBotes
Goeie naand

Kan iemand my dalk sê aan wie die spore dalk mag behoort ??

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Fri Dec 07, 2012 8:31 pm
by mafufunyana
Jj waar was dit geneem?

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Fri Dec 07, 2012 9:12 pm
by CasKru
Ek kan met sekerheid se dit is nie myne nie :twisted:

Tapatalk

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Fri Dec 07, 2012 9:48 pm
by JJBotes
@ mafufunyana

Net buite Ogies, so 20km vanaf Witbank.

@ CasKru

Dankie :lol: :lol:

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Sat Dec 08, 2012 1:48 am
by Mud Dog
Daai sagte modder laat die spore grooter voorkom as wat hulle eintlik is, maar ja, dit lyk asof dit miskien 'n luiperd kon wees. :think:

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Sat Dec 08, 2012 4:21 am
by WiJoSt
As ek reg kyk is daar nael merke in die spoor. Dan kan dit nie 'n kat wees nie. Eerder jakkals dan.

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Sat Dec 08, 2012 8:08 am
by Mud Dog
Ook daarna gekyk, maar sover ek kan sien is dit net op die middel toon van die een spoor waar die pen lê, kan wees dat daar 'n bietjie modder op daardie toon was gesit het toe dit ontrek was. :think: Dis nie so duidelik op my skerm en ook die 'close-up' is bietjie donker in die skaduwee, maar stem beslis saam dat as daar nael merke is dan is dit nie 'n kat nie. ;-)

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Sat Dec 08, 2012 8:52 am
by mafufunyana
Lyk nie soos 'n luiperd spoor nie. Sukkel bietjie om te sien met die skaduwee. Hoe ver van 'n water bron is dit. Sien dit bietjie modderig

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Sat Dec 08, 2012 9:55 am
by TOYODA
Die fotos is nie mooi duidelik nie. Kat spore het nie nael-merke nie en die agterkant van die spoor het 3 lobbe (lyk soos 'n 3 wat sy rug lê).

Jakkals spoortjies is heelwat kleiner as luiperd spore en Hyena spore is weer bietjie grooter, maar dir kan altyd n' jong luiperd, jong hyena of 'n groot hond wees...

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Sat Dec 08, 2012 10:08 am
by Hoppy
As ek kyk hoe naby die spore aanmekaar is, die form van die spoor, en hoe diep dit gepenetreer het, is dit nie n Luiperd nie, eerder n Luikat.

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Sat Dec 08, 2012 10:08 am
by CasKru
Is dit nie net 'n leeu se spoor wat 3 lobbe agter het nie?

Tapatalk

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Sat Dec 08, 2012 12:16 pm
by TOYODA
Hi Cassie,

Veldgids 101: Alle katte het die 3 lobbe aan die agterkant...

Ek was stupid genoeg om vir veldgids te swot... :silent:
Niks teen veldgidse nie, maar die geld is maar skaars om 'n Hilux mee te koop.

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Sat Dec 08, 2012 12:49 pm
by TOYODA
Skies,

Het vergeet...

Dit kon selfs 'n Rooikat gewees het.
Nie heeltemal seker hoe groot 'n Tierboskat se spoor is nie en of hul daar voorkom nie, maar dit kan ook 'n moontlikheid wees.

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Sat Dec 08, 2012 2:26 pm
by JJBotes
Dankie julle. As ek weer die spoor raak loop sal ek probeer om `n beter Pic te neem.
Ek weet daar is so 2 keer per jaar gevalle waar iets die boere se skaape vang. Maar die naaste geval was ongeveer 30km van die plek af. Aan die anderkant van Witbank in Loskop Dam se rigting het `n vriend van my al `n paar keer `n luiperd raak geloop.

My probleem is net dat ek deesdae baie aleen op voet in daai area beweeg, dag en nag. Ek ken nie die diere nie, so ek weet nie of hulle gevaarlik is en wat om te doen sou ek hulle raakloop nie.
Ek is maar net so bietjie "bangbroek".

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Sat Dec 08, 2012 3:11 pm
by TOYODA
JJ,

99.99% van die tyd sal Luiperds en Rooikatte weghardloop as hul weet jy is in die omtrek, hulle is banger vir jou as jy vir hulle is. As hul gekwes of beseer is, is dit 'n ander storie. :shock:

Rooikatte en Luiperds sal albei skape vang. Hul sien dit as maklike prooi, veral as hul beseer of siek is.

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Sat Dec 08, 2012 4:35 pm
by Mud Dog
JSBNortje wrote:JJ,

99.99% van die tyd sal Luiperds en Rooikatte weghardloop as hul weet jy is in die omtrek, hulle is banger vir jou as jy vir hulle is. As hul gekwes of beseer is, is dit 'n ander storie. :shock:

Rooikatte en Luiperds sal albei skape vang. Hul sien dit as maklike prooi, veral as hul beseer of siek is.
Of as hulle klientjies naby het.

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Sun Dec 09, 2012 7:49 pm
by wim
Mud Dog wrote:
JSBNortje wrote:JJ,

99.99% van die tyd sal Luiperds en Rooikatte weghardloop as hul weet jy is in die omtrek, hulle is banger vir jou as jy vir hulle is. As hul gekwes of beseer is, is dit 'n ander storie. :shock:

Rooikatte en Luiperds sal albei skape vang. Hul sien dit as maklike prooi, veral as hul beseer of siek is.
Of as hulle klientjies naby het.
Of as jy onverwags op hom afkom.

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Sun Dec 09, 2012 9:12 pm
by HennieJ2
JJBotes wrote: Ek weet daar is so 2 keer per jaar gevalle waar iets die boere se skaape vang.
JJ, ons kyk na die ou Rietspruit myn. Onlangs het die boer wat die gerehabilteerde areas huur, op 'n tierboskat af gekom. 2 jaar terug, is daar 'n luiperd op Matla myn se gronde gesien. Ons het ook al bosvarke wat hulle self kom vestig het. Die rede is dat die ou myn gebiede oor honderde, selfs 1000de hektare strek en daar is niemand wat hulle pla nie.


HJ

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Sun Dec 09, 2012 9:30 pm
by HennieJ2
Bruin hienna
Brown Hienna (Medium).jpg

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Tue Dec 11, 2012 8:50 pm
by Haboob
Bruin hienna x 2

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Tue Dec 11, 2012 9:06 pm
by JJBotes
Ek sal maar kyk of ek weer die spoor sien en beter pics neem. Dalk is ek gelukkig en sien ek die eienaar ook.

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Tue Dec 11, 2012 9:10 pm
by JJBotes
@ Hennie

Ja die is ook ou myn gronde. Die klein stukkie van "Tweefontein" lê nou al onversteurd vanaf 1924, al was daar reg rondom gemyn.

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Tue Dec 11, 2012 9:35 pm
by Hoppy
Ons het serious kenners op die forum, ek sal ook eendag wil leer hoe om n Hilux se kleur aan sy spoor uit te ken.

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Wed Dec 12, 2012 8:13 am
by HennieO
Hoppy wrote:Ons het serious kenners op die forum, ek sal ook eendag wil leer hoe om n Hilux se kleur aan sy spoor uit te ken.

HY'S WIT ALLAN, HY'S WIT!! :twisted: :twisted:

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Wed Dec 12, 2012 9:02 am
by MOFASA
It could be a cheetah as their claws DONT retract......

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Tue Dec 18, 2012 6:29 pm
by HannoK
Die fotos is nie baie duidelik nie, maar ek is redelik seker dat dit nie 'n kat spoor is nie. En dit is heeltemal te klein vir n luiperd.
Vir my lyk dit redelik duidelik dat daar naels is, maar die spore is ook te klein vir n jagluiperd.
En as ek moet skat aan die grootte van die spoor in vegelyking met die grootte van die pen is dit nie 'n bruin hiena nie, die spore is te klein daarvoor. n Bruin hiena het ook kenmerkende verskillende grootte spore vir die voor en agter voet.
Die spore lyk vir my dalk n bietjie groter as die van n jakkals, so iets tussen 'n jakkals en n bruin hiena. As ek geld daarop moes sit sou ek se dit is n gemiddelde grootte rondloper hond.

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Tue Dec 18, 2012 6:35 pm
by Hoppy
Jy vat die woorde uit my mond, n Bull Terrier, n wit een!

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Wed Dec 19, 2012 2:00 am
by Riaan99
:reading:

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Wed Dec 19, 2012 2:07 am
by Riaan99
:writing:

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Wed Dec 19, 2012 2:12 am
by Riaan99
:reading: ...my geld is op die rooikat, elkeen se eie besluit..... :bye:

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Wed Dec 19, 2012 2:15 am
by Riaan99
:whistle:

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Wed Dec 19, 2012 8:56 pm
by JJBotes
:thumbup: :thumbup:
Ek het hom gesien vandag.(as dit hy was) Maar ek het `n kat gesien , laer as my knieg en dieselfde kleur as droë gras. Ek dink dit kan `n Rooikat wees soos in die pic hier bo, maar ligter. Ek kan ook nie onthou dat ek daai hare op die pinte van die ore gesien het nie, maar het hom ook net vir `n 3 of 4 sekondes gesien.

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Wed Dec 19, 2012 9:03 pm
by JJBotes
Sien die pic is nou op "page 1" . . . . .

Re: Kat Spoor . . . ?

Posted: Tue Dec 25, 2012 9:44 am
by 4x4Maniac
Lyk vir my soos Theunis se spore, ysbeer! :lol: Bwhahaha!

Ek sien n Kudu spoor, en kiewiet en lyk soos n Klein jakkels spoor!