Page 1 of 2

ETIOS, of wat ????

Posted: Tue Apr 02, 2013 10:39 pm
by ChrisF
ek hoor hier is n paar manne met Toyotas .... :blushing:

selfs een of twee met Toy platkarre .... :thumbup:


Wat kan julle my sê van die ETIOS ?

is dit maar net dunner sound proofing, of is dit n "swak kar" ??? Hoekom is dit so "goedkoop" ?


Ek het vandag een gaan toetsbestuur - in daai kort stukkie kon ek niks fout vind nie.



Dit sal gebruik word vir n "daily runner". Ek ry rond vir die werk, ruil maar elke 5 tot 6 jaar in. As ons weggaan is dit met die Hilux.

Ek soek net iets sterker as die 1000cc modelle - wil darem kan verby steek ...



na watter ander "brands" moet ek ook kyk ?


Ek is NIE haastig nie, dalk gebeur die deal eers laat vanjaar. maar dan is daar ook iets wat volgende week gebeur wat die hele storie kan opskuif .... skeur in my tenden van regter pols - die Atos se krag stuur is redelik "swaar" en TREK aan die tenden .... sal maar sien wat die spesialis seg ....

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Tue Apr 02, 2013 11:20 pm
by Hoppy
My klein neef het een, hy ry die rook uit hom uit en hy hou sover, ek het hom al gery en ek dink dis goeie waarde vir geld.
Hy hanteer goed en doen 180km/h op die gps

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Tue Apr 02, 2013 11:39 pm
by ChrisF
op die klok slaan hy 95 in 2de voor die rev limiter begin werk ......


teen 50 km/h in 5de rat versnel hy as mens voet neersit, stadig maar tog. teen dieselfde spoed in 3de is hy sommer lekker lewendig as mens voet neersit .....


as mens die dag wil speel sal hy darem nie dood wees nie, en as mens rustig is het darem lekker bene in die ratte.



teen 125k lyk dit na n goeie pakket. kan darem net nie sien hoe mens amper 200k betaal vir n "full spec" 1300cc kar nie .... die pryse is darem "wild" ....

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 03, 2013 9:09 am
by Hoppy
Die klein enjins wat jy so moet opwen om weg te kom doen dit nie vir my nie.
My vrou kort n "upgrade", moeilik om te kies tussen so een en n tweedehandse Jimny.

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 03, 2013 9:27 am
by TOYODA
My niggie ry een, en sy is baie gelukkig met haar Etios. Dit is haar eerste kar.....

My pa het die kar vir 'n draai gevat, maar hy dink weer dis gemors.

As jy dit net vir werk toe en terug gaan gebruik, dink ek dis nie 'n slegte kopie nie. Die 1500cc maak 'n verskil, as jy dit met die 1300cc vergelyk wat die selfde prys is.

Ek is net bietjie afgesit deur die swakker afwerking en verf kwaliteit. SWAMBO het 'n Honda Jazz, maar jy kan seker nie die twee vergelyk nie.

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 03, 2013 11:54 am
by ChrisF
Hoppy wrote:Die klein enjins wat jy so moet opwen om weg te kom doen dit nie vir my nie.
My vrou kort n "upgrade", moeilik om te kies tussen so een en n tweedehandse Jimny.
Allan die Jimny IS n baie unieke en LEKKER voertuig .... maar dis ook maar n VVTi 1300 opwen mashien ..... bo 4 200 rpm loop hy lekker, maar dan is dit ook al weer tyd vir oorsit....

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 03, 2013 12:00 pm
by ChrisF
Tiaan hoekom hou jou pa nie van die Etios nie ? Net die verf, of is daar ander goed wat pla ?? (met so kort toetsrit mis mens mos maar party goed...)

teen omtrent 30% afslag moet mens seker verwag dat die afwerking nie heeltemaal op dieselfde standaard sal wees nie.... solank mens steeds "Toyota reliability" kry ...

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 03, 2013 12:31 pm
by Andre du preez
Polo Vivo 1.4 Sedan 2012

Km9342

Extras , ABS,Radio Bluetooth/usb/sd/mp3,Airbags2,Aircon,Powersteering,Centrollocking and Alarm,Smash and Grab tint.
Balance of warranty 12ooookm/3Yr.

R119900.00 On the Road.

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 03, 2013 12:42 pm
by CasKru
My probleem met daai Polotjies is dat jou versekering amper duurder as jou premie is agv target vir hijacking

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 03, 2013 12:55 pm
by Andre du preez
Cassie By Julle in JHB verstaan ek so, maar man met maar rond shop vir versekering.Die Vivo is verseker dit werk.

Op dienste en ander koste bande ens , is Volkswagen nie te sleg nie. Naverkoop diens en waarde is ook nie te sleg.

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 03, 2013 1:04 pm
by TOYODA
ChrisF wrote:Tiaan hoekom hou jou pa nie van die Etios nie ? Net die verf, of is daar ander goed wat pla ?? (met so kort toetsrit mis mens mos maar party goed...)

teen omtrent 30% afslag moet mens seker verwag dat die afwerking nie heeltemaal op dieselfde standaard sal wees nie.... solank mens steeds "Toyota reliability" kry ...
Dit kan ek jou nie se nie, miskien oordat my pa 'n nissan man is... :silent:

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 03, 2013 2:19 pm
by Hoppy
JSBNortje wrote:Dit kan ek jou nie se nie, miskien oordat my pa 'n nissan man is...
Daar het nie plastic goed afgeval nie, hy was teleurgesteld.

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 03, 2013 2:19 pm
by Hoppy
JSBNortje wrote:Dit kan ek jou nie se nie, miskien oordat my pa 'n nissan man is...
Daar het nie plastic goed afgeval nie, hy was teleurgesteld.

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 03, 2013 2:45 pm
by JohanM
Ek sal maklik self vir my n Etios koop as ek nou iets in daai klas moet koop. Dink dit is van die beste waarde vir geld wat mens kry.

Blykbaar is die nuwe facelift oppad en binnekort hierso met n beter binnekant en dashboard.
ChrisF wrote:Allan die Jimny IS n baie unieke en LEKKER voertuig .... maar dis ook maar n VVTi 1300 opwen mashien ..... bo 4 200 rpm loop hy lekker, maar dan is dit ook al weer tyd vir oorsit....
Chris nee man hoe ry jy dan?? Daai enjin loop goed tot by die limiter in die stad, op die ooppad ruil jy nie voor 5500 op daai enjin nie......Maar dan gee hy nie meer as so 8 km/l nie. :twisted:

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 03, 2013 5:50 pm
by Haboob
I understand that the Etios leeks water & dust on gravel roads. This has allegedly been reported to Toyota & they are looking into the problem

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 03, 2013 6:46 pm
by ChrisF
Andre du preez wrote:Polo Vivo 1.4 Sedan 2012

Km9342

Extras , ABS,Radio Bluetooth/usb/sd/mp3,Airbags2,Aircon,Powersteering,Centrollocking and Alarm,Smash and Grab tint.
Balance of warranty 12ooookm/3Yr.

R119900.00 On the Road.
uhm ja ....

deur die jare het ek al n paar keer VW's getoets bestuur .... nog net EEN keer n VW gekoop - 2008 1,6 Polo ..... enigste keer wat ek n kar SO gou weer verkoop het !! 6 maande as ek reg onthou, net 12 000 km gedoen .....


okay, dit was n slegte ervaring (PATETIESE diens), maar darem nie SO sleg nie - het dit ingeruil op n 4x4 :) :)


ondanks my ervaring het ek laas week ingestap by Barons Bellville .... toe daai "nuwe mannetjie" aanhou Ingels praat met my krul my gat hare mos ..... toe ek begin uitstap het hy GOU n Afrikaanse verkoopsman nader geroep.


Moet seker ook byvoeg dat ek by die einste Barons Bellville n Amarok gaan toets bestuur het - wel n rit geboek met die DUIDELIKE verstandhouding dat ek dit op n grondpad wil gaan ry .... so bel hulle ons 2 weke later, JA daar is n 4x4 demo, JA ons kan dit op grondpad gaan ry ..... toe ons daar aankom moet ons hoor ons verkoopsman is nie nou daar nie - dit op n tyd wat HY die afspraak gemaak het ! TOE moet ek hoor maar ons mag net op teer ry met die demo ......


Jy wil nie hoor hoe die verkoopsmanne vir my baas GELIEG het laas jaar nie !! Dit op n R400k model ! Sy besigheid Kaapstad toe gevat - daar het hy nou PUIK diens gekry !!




AS VW nou hul "dinges" in rat kry en daai half ton bakkie inbring ..... DIT sal nou n LEKKER dag-tot-dag karretjie wees ....

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 03, 2013 6:53 pm
by ChrisF
JSBNortje wrote:
ChrisF wrote:Tiaan hoekom hou jou pa nie van die Etios nie ? Net die verf, of is daar ander goed wat pla ?? (met so kort toetsrit mis mens mos maar party goed...)

teen omtrent 30% afslag moet mens seker verwag dat die afwerking nie heeltemaal op dieselfde standaard sal wees nie.... solank mens steeds "Toyota reliability" kry ...
Dit kan ek jou nie se nie, miskien oordat my pa 'n nissan man is... :silent:
hie hie hie ......


en dis sy goeie reg om n Datsun fan te wees.



het nog goeie herinneringe van my 1400 Datsun bakkie by Telkom .... was eintlik goeie waarde vir geld.

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 03, 2013 6:54 pm
by ChrisF
JohanM wrote:Ek sal maklik self vir my n Etios koop as ek nou iets in daai klas moet koop. Dink dit is van die beste waarde vir geld wat mens kry.

Blykbaar is die nuwe facelift oppad en binnekort hierso met n beter binnekant en dashboard.
ChrisF wrote:Allan die Jimny IS n baie unieke en LEKKER voertuig .... maar dis ook maar n VVTi 1300 opwen mashien ..... bo 4 200 rpm loop hy lekker, maar dan is dit ook al weer tyd vir oorsit....
Chris nee man hoe ry jy dan?? Daai enjin loop goed tot by die limiter in die stad, op die ooppad ruil jy nie voor 5500 op daai enjin nie......Maar dan gee hy nie meer as so 8 km/l nie. :twisted:
drive it like you stole it .... :tongue:



JIP, die nuwe een is die 15de April op die vloer. Kom nou standaard met n radio (het eintlik gehou van die idee dat ek my eie radio kan kies - MET blue tooth) Die voorsitplekke is bietjie anders - die head rest gedeelte is verander ..... kan nou wragties nie onthou wat die ander veranderinge is nie, meestal kosmeties. R5k meer .... (ek kry more die brosjure op die nuwe een)



Ons het vanmiddag die R183k 1300cc Yaris en die R125k 1500cc Etios vergelyk:
- die swart strokie op die daklyn is weg
- een stukkie mat agter in die boot is weg
- sitplek vou net in eenstuk plat
- geen steering control vir die radio
- spieltjies stel met n stokkie (nie elektries nie)
- nie maggs nie


is dit 60k werd (vir n daily runner) ??

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 03, 2013 11:04 pm
by Hoppy
Het nog nooit van n Yaris gehou nie, te veel geld vir te min kar

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 04, 2013 8:43 am
by Andre du preez
Chris dis altyd goed om al die goed te hoor . Dalk nie altyd lekker nie as verkoopsman nie. Ek dink in jou geval is dit die persoon wat jou uit die voertuig gehaal het en nie die produk self nie. Daar is baie sulke stories. My Pa ry nou Ford Ranger? hoekom swak diens by Toyota Helderberg.Lang storie.

Toyota mark aandeel op bakkie.......iets soos 38% teen oor Ford 50% plus en die res volg .Ek is selfs groot Toyota motor man ,maar dis net vir my of die motors wat hulle op die mark het vandag. Net nie in vorm is met wat daar op die mark beskikbaar is.

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 04, 2013 9:00 am
by CasKru
Andre du preez wrote:Chris dis altyd goed om al die goed te hoor . Dalk nie altyd lekker nie as verkoopsman nie. Ek dink in jou geval is dit die persoon wat jou uit die voertuig gehaal het en nie die produk self nie. Daar is baie sulke stories. My Pa ry nou Ford Ranger? hoekom swak diens by Toyota Helderberg.Lang storie.

Toyota mark aandeel op bakkie.......iets soos 38% teen oor Ford 50% plus en die res volg .Ek is selfs groot Toyota motor man ,maar dis net vir my of die motors wat hulle op die mark het vandag. Net nie in vorm is met wat daar op die mark beskikbaar is.
Ek dink nie daai is waar nie. Die Hilux bly die top verkoper.

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 04, 2013 9:12 am
by ChrisF
Andre du preez wrote:Chris dis altyd goed om al die goed te hoor . Dalk nie altyd lekker nie as verkoopsman nie. Ek dink in jou geval is dit die persoon wat jou uit die voertuig gehaal het en nie die produk self nie. Daar is baie sulke stories. My Pa ry nou Ford Ranger? hoekom swak diens by Toyota Helderberg.Lang storie.

Toyota mark aandeel op bakkie.......iets soos 38% teen oor Ford 50% plus en die res volg .Ek is selfs groot Toyota motor man ,maar dis net vir my of die motors wat hulle op die mark het vandag. Net nie in vorm is met wat daar op die mark beskikbaar is.
WAAR woorde. En juis die wat ek gemeld het van die PUIK diens wat my baas my Culemborg VW gekry het. Net jammer dat ons oor die laaste 5 jaar konstant SWAK diens gekry het van Barons Bellville .....



TOYOTA ..... hier is n hele paar manne hier wat riller stories het van Toyota Barloworld Tygervallei !! Ek het laas by hulle gekoop want hulle is 100m van my kantoor af - NIE lus om te sukkel met vervoer na en van n ander handelaar as die voertuig moet ingaan vir dienste nie. Die verkoopspan is PUIK !!! Regtig top mense. die werkswinkel is n ander storie .... twee van die dienste is oorgedoen terwyl ek bygestaan het.


maar wag, ons gaan darem nou lekker van koers af hier :)


Wat dink JY van die ETIOS ? :)

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 04, 2013 9:59 am
by pietpetoors
Ek hou van die Etios. Daai paar goedjies wat jy lys wat die Yaris meer het, dink ek nie is R60k werd vir daily runner nie.
Die ergste is seker die mags vs staal rims en die sitplek wat net een helfte vou, die res is nou regtig nie iets om oor te huil nie.
Mags gaan jou seker R4,000 kos dan bly net die sitplek oor.

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 04, 2013 10:52 am
by JohanM
Pieter, die goeie nuus is dat die facelift, het n nuwe look en beter sitplekke binne in gekry. Ook is daar gewerk daaraan om die voertuig stiller te maak binne in asook die ventelasie kontroles is verbeter met so paar kosmetiese verbeteringe. EK dink ook hulle gaan nou OE mags kry vir die Etios.

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 04, 2013 12:13 pm
by pietpetoors
Chris ry daar nog kinders saam jou rond of is dit net jy?
Wil jy net in die stad ry of langpad ook?

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 04, 2013 2:04 pm
by ChrisF
Johan die amptelike Toyota skrywe oor die face lift noem nog niks van maggs nie ... sal nice wees, maar vir n daily runner is dit beslis net nice, nie n deal breaker nie.

JA, die dokument praat van die aerodynamika en die ekstra padding om dit stiller te maak ... :)


PIETER - Net ek en die vrou. So as ek die sitplek wil plat slaan maak ek so ...

afstande .... as ons, ek en my vrou, ver ry is dit meestal met die Hilux. Vir werk ... BAIE trips "hier naby", en dan n mooi klompie 50 tot 100 km "return trips". Maar so elke nou en dan ry ek Hermanus of Laaiplek of Worcester toe vir werk. (dan maar normaalweg die Hilux gevat want die Atos is nou maar nie gemaak vir sulke lang trips nie)

o-ja - Toyota het bevestig ek kan aftermarket cruise control laat insit. so net onder die 6k. met al die kameras is dit net makliker om die cruise control aan te sit en te vergeet van die spoed :)



o-ja. wat sou julle manne aanbeveel vir "hands free" ?? Die Parrot system (Toyota se prys) is verdomp duurder as n ordentlike Sony radio met bluetooth in ..... (onthou ek kry gereeld werks oproepe terwyl ek ry)

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 04, 2013 2:27 pm
by pietpetoors
Moet dit nuut wees?
Vir die prys van nuwe Etios kan jy 'n 2 handse Corolla koop met minder as 140,000 op die klok en 2 tot 3 jaar oud.
Dit is mos 'n baie geriefliker voertuig en sulke kilos is nog redelik nuut.
Amper so iets:
http://www.autotrader.co.za/used-cars/t ... 9l-to-2-0l

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 04, 2013 2:29 pm
by pietpetoors
Of vir die prys van 'n Yaris die een
http://www.autotrader.co.za/used-cars/t ... 9l-to-2-0l

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 04, 2013 2:59 pm
by 4x4 Junkie
Ek het nog nie self die Etios bestuur nie, maar nou die dag na een gaan kyk. Ek het opgemerk dat die spasie tussen die body en die voor fenders vol polystyrene gepomp is. Ek's jammer maar ek ry nie a plastic kar nie :evil:

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 04, 2013 6:03 pm
by kfxnando
not too long ago, self looked at replacing the Aygo and hence looked at the Etios!!
my Aygo is the 3door, so I move my seal all the way back, so I have more space then in the Etios
being a 3door, the door is bigger, opening wider, and making it easier to get in and out

on the etios, looked at the engine, the alternator cover, looked used!! presume its not however just very poorly finished!!
the engine bay finish looked bad, made the Aygo look in a different class!!

understand that the 1000cc might be a little week!! however at the coast it is better!!

on the Etios, it basically does not have an exhaust manifold, one exhaust hole/port coming out the head for all four cylinders
its not the only motor on the road with this type of exhaust system, however the other one I know of has some issues

we are big people, you will see us at bass lake, and we traveled comfortably in the Aygo to Durban, yes power is a little issue, however one soon gets used to it!!
your hilux isent much faster!!! :lmao: :surrender:

oh yes Etios, made in India!!

solution??
self would look at the Honda, also full speck, similar price range
http://www.honda.co.za/en/products/cars ... /exterior/" onclick="window.open(this.href);return false;
Image

then there is the Daihatsu Sirion, witch is basically toyota!!
very spacious
sadly they dont make the Daihatsu Materia, however maybe a low millage second hand one
they are huge inside, and again still toyota
its like the Mazda/Ford deal
that 1.5 motor is the same motor as the Avanza, and about 12kw more then the Etios

hope this helps, good luck!! :cooldude:

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 04, 2013 6:13 pm
by kfxnando
self moved away from Nissan, due to pathetic support
most Nissans, have dual mass flywheels, and the time comes for a clutch job, most times the clutch and flywheel needs to be done, and that is usually a 20k job

then on VW
again had a look at them before buying the Aygo
my Aygo, wild was 105k full house
Polo was 108 bare/empty
not even ABS or an Airbag or radio for that price!! after upgrading to the same specks as the Aygo also with the service plan it came to over 140k

as mentioned, the insurance on the Polo has become an issues
Polo has now replaced the citi golf as the high risk of theft
so that will mean higher insurance and the monthly cost of a tracker!!

hope me remembered every thing now!! :cooldude:

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 04, 2013 7:24 pm
by ChrisF
in 2007 I bought my mom an Atos. She passed away in 2010, and the Atos moved in with us ... paving the way for having a daily runner and a kitted 4x4 (okay thats a different story)

Three years down the line the Atos is still an emotional little vehicle - my moms CD is still in the radio ... just cant take it out .... 2 or 3 others items as well - un touched in 3 years. Never thought I would be so sentimental .....



sentiments aside - the Atos is SMALL ! OFTEN a very good thing. EASY to park on sites etc etc .... Not fun when we are 3 or 4 people going to a work site - okay this only happens 1 or 2 times a year. for some or other reason I often need to have the tires balanced - Johan Tires has indicated that often the "small cars are sensitive for wheel balancing" ... But mostly it would be very nice to have a "bit more power" (main reason why I wont look at any small engined cars !)



Price - paying almost 200k for a 1300cc just seems so wrong......


Sat with a friend today going through the full list of cars in the newspaper. Noted a few things:
- 200k for a small seems to be the norm (but my name aint Norm)
- still 2 or 3 cars out there at 100 to 120k with NO ABS, Airbads, etc ...
- only THREE cars in the 120-130 price range with 1400+ cc engines, and with ABS, airbags etc
* Etios
* Ford Vigo (no electric windows [we go in and out of parking areas a couple of times a day so an electric window IS a functional item], the diesel at 132k is very tempting ... but no stock, so cant even test it)
* Cehy Aveo (very much the same as the Ford...)


Interesting to SIT in each - the Etios has a higher roof line and feels much larger and roomier. The others have large dash boards and makes one feel "confined/trapped". In the Chevy my left knee knocks against the dash/console section.


was surprised with the prices of the new Tata !! The standard Indica (104k) has no ABS etc, you go to 147k to the Indica Vista to get the similar specs to the Etios.

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 04, 2013 7:52 pm
by Oupa Stig
Chris, die Tata en die Etios kom albei uit Indië.
Verskil: Etios fabriek voorman is Japanees met minimum specs.
Tata fabriek voorman is Indiër wat geld moet spaar vir sy base...
Die Top Gear ouens hou niks van die Etios. Maar die Top Gear ouens se budget is baie groter as myne.
Ek het vandag by 'n ronde Joodse dame gewerk wat haar 2012 Prado ingeruil het op 'n Etios. :shock2:
Maar sy's 'n enkel ma met 2 seuns op privaat skool, so die verskil in paaiement is vir haar belangriker as fancy kar (soos sy sê: genoeg vir haar om eenkeer elke maand Mauritius toe te gaan!)
Volgens haar is die Etios heel oraait.

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 04, 2013 9:16 pm
by ChrisF
Thanks Mickey.



lets face it, daar is darem n hele paar karre wat dit nie gemaak het by daai manne van TG nie .... :)

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Fri Apr 05, 2013 5:22 pm
by ChrisF
Andre du preez wrote:Polo Vivo 1.4 Sedan 2012

Km9342

Extras , ABS,Radio Bluetooth/usb/sd/mp3,Airbags2,Aircon,Powersteering,Centrollocking and Alarm,Smash and Grab tint.
Balance of warranty 12ooookm/3Yr.

R119900.00 On the Road.
Het toe vandag weer n draai gemaak by VW ....

Teen die tyd wat hulle elektriese vensters ingesit het in die "base line" 1.4 VIVO draai die prys by die R130.


Die verkoopsman kon nie bevestig of dit moontlik is om cruise control op die VIVO te sit nie - en so laat op die Vrydag kon hy niemand opspoor in hul werkswinkels wat die vraag kon antwoord nie. Maar gee die ou krediet - hy HET probeer.


my hart is duidelik meer op die Etios, maar die VIVO is beslis meer kompetisie vir die Etios as die VIGO of AVEO.


die motor joernaliste is beslis meer ten gunste van die afwerking van die VIVO, ten koste van die beter krag van die Etios .....

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Sat Apr 06, 2013 12:50 pm
by pietpetoors
Het jy al die Aygo gery, jy gaan verbaas wees hoe daai 1000cc perform. Sy 1000cc sit netsoveel uit as ons ou 1300 Tazz

As jy net 2 keer per jaar met 3 of 4 mense na 'n site moet ry kan jy daai 2 keer per jaar maar met die bakkie ry.

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Sat Apr 06, 2013 11:26 pm
by kfxnando
pietpetoors wrote:Het jy al die Aygo gery, jy gaan verbaas wees hoe daai 1000cc perform. Sy 1000cc sit netsoveel uit as ons ou 1300 Tazz

As jy net 2 keer per jaar met 3 of 4 mense na 'n site moet ry kan jy daai 2 keer per jaar maar met die bakkie ry.
agree!!

the Aygo wild comes with (my one is a 3 door)
4 airbags
power steering
Air-con (makes ice cold)
abs
electric windows
rear tinted windows
14" mags
radio, with Aux input and built in clock
full size spare that I had to use this week
service plan up to 60000km or 3 years
with the aircon on all the time, and diving it 18km/L
drive it gently with no aircon 20km/l

out on the road the comfort rivals my jeep Grand Cherokee

viewtopic.php?f=14&t=24210" onclick="window.open(this.href);return false;

:cooldude:

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Sun Apr 07, 2013 8:50 am
by pietpetoors
En altwee sitplekke kan platslaan en as jy in hom sit voel hy nie soos n klein karretjie nie, soos wat meeste karre van sy grote voel

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Sun Apr 07, 2013 12:02 pm
by ChrisF
as ek nou nie beter geweet het nie, sou ek sweer julle probeer my inpraat in n ... uhm ... "klein karretjie" ..... :shock2: :tongue:


Pieter onthou ek het die enkel kajuit bakkie .... so drie mense werk NIE in die bakkie nie. :surrender:




Gister by n paar handelaars gestop en gekyk na die Etios ..... Die een dui toe aan dat hulle die Etios nou afmerk om die ou stock te skuif voor die nuwes inkom ...... R 114 500 "op die pad".



daai rooi is darem mooi .... :drool: :drool: :drool:

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Sun Apr 07, 2013 3:54 pm
by pietpetoors
O ja, het vergeet jy het enkelkajuit
Ja, die Aygo is goed vir 2, maar vir 3 werk hy nie so lekker nie, behalwe as nommer 3 dalk onder 10 is.

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Mon Apr 08, 2013 6:41 am
by ChrisF
Pieter so probeer jy nou seg ek moet n Aygo EN n DOUBLE CAB koop ..... :drool: :mocking: :tease:

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Mon Apr 08, 2013 6:42 am
by ChrisF
is hier enige manne wat n Etios het ???????

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Mon Apr 08, 2013 7:05 am
by pietpetoors
Lyk my jy sal maar n tazz moet koop. Hier is baie van ons op die forum wat die Hilux/Tazz kombinasie besit. Ten minste gaan jy dan terugvoer kry.

Vriend van my se vrou het Etios, maar ek dink mamma wat kinjers skool toe karwy kyk anders na n motor as dit wat jy graag wil weet.

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Mon Apr 08, 2013 7:54 pm
by kfxnando
for two people only, the Aygo has more space then the Etios
more space front and back for my long legs
space between legs and steering wheel, aygo still tops
getting is and out, my 3door Aygo is easier as the door hole is huge

however for more then two people, Etios wins!! as for the from people to be comfortable in the Aygo, the front seats get moved back all the way and there is no room for anyone in the back!!

know this, couz me though changing to An Etios for the extra ponies!!
however, have decided to use the revs of the Aygo, as its a Toyota it better the take the punch!!

:cooldude:

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Mon Apr 08, 2013 8:04 pm
by ChrisF
Het toe vandag, in die REEN, weer die Etios gaan toets bestuur.

een van daai stukke teer waar die trokke hom SINKPLAAT getrap het - die suspensie absorbeer dit perfek.

Toe op "normale" teer teen 60, 80, 120 km/h en die pad/wind geraas is minimaal, maar teen die Hilux met AT's op is als mos maar stil ... :)

teen 1500 rpm is hy gewillig as jy voet neersit, en as jy teen 80 terug druk 3de toe ROER hy !!

GEEN vibrasies op die stuur nie, loop REGUIT as jy die wiel los.


Hoor Dinsdag aand of n vriend my Atos koop, Woensdag teken ek vir die Etios :) :)


as ek nou kyk na vandag - 8:30 in die Strand vir n terrein inspeksie, van Bellville af. Nog besig daar toe bel my baas en sê ek moet sommer ook by n nuwe klient stop ..... 13:00 terug op kantoor in Bellville, eposse terwyl ek iets sluk, toe is dit weer Stellenbosch toe ... Etios is perfek vir so n run-about !!

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 10, 2013 6:10 pm
by ChrisF
did the deed ...... money paid over ......


now the wait while the extras are fitted.

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 10, 2013 7:50 pm
by pietpetoors
Cool. Very nice. Congrats. What colour?

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 10, 2013 8:05 pm
by Oupa Stig
Geluk Chris! :thumbup:
Laat ek raai, 'n mooi rooie...

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 10, 2013 8:42 pm
by ChrisF
Oupa Stig wrote:Geluk Chris! :thumbup:
Laat ek raai, 'n mooi rooie...
met die helmet gebore ?? :shock2:

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Wed Apr 10, 2013 8:43 pm
by ChrisF
nooit gedink ek sal n rooi kar koop nie, maar die ou is darem net MOOI ! :)

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 11, 2013 8:33 am
by kfxnando
Congrats
Many happy miles or is that km??
:cooldude:

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 11, 2013 4:57 pm
by george
Baie geluk.Hy lyk bakgat

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Thu Apr 11, 2013 8:22 pm
by ChrisF
sal die naweek n paar fotos neem.

48km op die klok. :) (sal dit gou gou reg stel ....)

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Fri Apr 12, 2013 9:08 am
by HennieO
Baie geluk :thumbup: :thumbup:

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Fri Apr 12, 2013 12:49 pm
by ChrisF
Dankie Hennie


Vanoggend n Pioneer radio met blou tand laat insit. Klaar my eerste werksoproep gekry terwyl ek ry. :) :)

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Fri Apr 12, 2013 12:56 pm
by HennieO
ChrisF wrote:Dankie Hennie


Vanoggend n Pioneer radio met blou tand laat insit. Klaar my eerste werksoproep gekry terwyl ek ry. :) :)

Pasop vir al daai ekstras.............

Op die ou end kon jy amper 'n Corolla gekoop het :twisted: :twisted: :surrender: :surrender:

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Fri Apr 12, 2013 1:24 pm
by ChrisF
nou wie wil dan so groot kar ry ..... :)



eintlik hartseer dat n behoorlike Parrot blou tand stelsel omtrent netsoveel kos soos n goeie radio met blou tand ......

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Fri Apr 12, 2013 1:27 pm
by george
ChrisF wrote:nou wie wil dan so groot kar ry ..... :)



eintlik hartseer dat n behoorlike Parrot blou tand stelsel omtrent netsoveel kos soos n goeie radio met blou tand ......
Watter een het jy gekry.Ek moet self a radio in my Conquest sit.Hyt nog 'n tape deck

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Fri Apr 12, 2013 1:53 pm
by Hoppy
Kry so een dan kan jy jou tape deck hou;
Hands free.png
Hands free.png (16.27 KiB) Viewed 4303 times

Re: ETIOS, of wat ????

Posted: Mon Apr 15, 2013 11:36 pm
by ChrisF
george wrote:
ChrisF wrote:nou wie wil dan so groot kar ry ..... :)



eintlik hartseer dat n behoorlike Parrot blou tand stelsel omtrent netsoveel kos soos n goeie radio met blou tand ......
Watter een het jy gekry.Ek moet self a radio in my Conquest sit.Hyt nog 'n tape deck
Pioneer het n lekker radio met blue tooth. Die Sony model is n paar rand goedkoper, en die JVC is weer n paar rand meer ....

Rondom 2k het jy n verskeidenheid van opsies, installasie ingesluit. Kan die aansienlik goedkoper kry op die Makro specials.