Page 1 of 1

Boeta se eerste!!!

Posted: Sat Apr 27, 2013 2:39 pm
by antlo69
Die week het Boeta sy eerste visvang kas en stokkies gekry, vanoggend toe skop hy my vroeg uit die bed uit. Ongelukkig vir my het hy die bulletjie van 6kg gevang na 'n helse storie....

So trots op hom.

Re: Boeta se eerste!!!

Posted: Sat Apr 27, 2013 2:48 pm
by Rianc
My maat! hoe sit jy 'n lekker storie op die forum sonder om die storie te vertel en 'n paar fotos van die storie aan te heg? Wag daarvoor! Ek voorsien 'n voortreflike storie

Re: Boeta se eerste!!!

Posted: Sat Apr 27, 2013 3:03 pm
by antlo69
Kom ons probeer weer

Re: Boeta se eerste!!!

Posted: Sat Apr 27, 2013 3:06 pm
by antlo69
Boeta se tweede een net voor afskop tyd....

Re: Boeta se eerste!!!

Posted: Sat Apr 27, 2013 3:08 pm
by antlo69
Sorry Rian, die selfoon is 'n bietjie traag soos die Sharks was vandag. Dink die fotos is nou deur.

Re: Boeta se eerste!!!

Posted: Sat Apr 27, 2013 3:14 pm
by Rianc
Dankie mater, ek het al grotes in die see gevang en die laaste 8 jaar wat ek by binnelandes "Light Tackle Boats' visvang nog nie met so meneer van boete na vore kon kom nie! Waar is dit? Bon Accord, indien wel kort die mannetjie sy eerste skuim drankie!
RianC

Re: Boeta se eerste!!!

Posted: Sat Apr 27, 2013 3:36 pm
by antlo69
Ja Rian, dis Bon Accord, wou nie te ver ry vandag.

Ek wonder net wie was die meeste veras, ek, my laaitjie of die karpie :think:

Re: Boeta se eerste!!!

Posted: Sat Apr 27, 2013 3:53 pm
by Rianc
Mooi Boete, Wat 'n bleddie vangs vir Bon Accord! Seker met bietjie vicks? en wit degie? Wel ou maat dis pappa se geheim! Geluk Antonie net oor die feit dat jy jou laaitie bloodstel hieraan en tyd spandeer met hom.
RianC

Re: Boeta se eerste!!!

Posted: Sat Apr 27, 2013 5:28 pm
by Stef
Antonie,

Ek is self lief vir die visvang en ek sien jy bly lekker naby aan my...ons moet dalk plan sien vir 'n sessie !

Hoe lyk Bon Accord? Is nou al moeg vir Roodeplaat, blerrie visse byt nie...
Was nog nooit by Bon Accord nie, ry net elke Sondag daar verby as ek gaan vlieg.

Re: Boeta se eerste!!!

Posted: Sat Apr 27, 2013 6:33 pm
by Mud Dog
Well done Boeta!!! :thumbup: :clap: :thumbup: Antonie, jy is regverdig trots op hom! :thumbup:

Re: Boeta se eerste!!!

Posted: Sat Apr 27, 2013 6:51 pm
by antlo69
Stef wrote:Antonie,

Ek is self lief vir die visvang en ek sien jy bly lekker naby aan my...ons moet dalk plan sien vir 'n sessie !

Hoe lyk Bon Accord? Is nou al moeg vir Roodeplaat, blerrie visse byt nie...
Was nog nooit by Bon Accord nie, ry net elke Sondag daar verby as ek gaan vlieg.

Stef, ek hoor veiligheid is 'n probleem daar maar as jy meer s een is los hulle jou uit. Die hiasinte pla 'n bietjie en dis nie die beste bestuurde plek nie (netheid gewys) maar as jy 'n vissie of tien wil van vir 'n dag se uitstappie is dit 'n goeie opsie. Daar is BAIE vis aktiwiteite.

Ja, stuur my 'n PM dan reel ons 'n sessie daar.

Jy praat van Roodeplaat, na ek vroulief en kids afgelaai het by huis het ek dadelik Roodpeplat toe gery. Nog niks sover gevang nie. Maar dit bly 'n mooi dam.

Re: Boeta se eerste!!!

Posted: Sat Apr 27, 2013 8:58 pm
by pietpetoors
Baie geluk Boeta, dis 'n mooie vir 'n eerste.
Antonie, nou gaan hy jou mal maak

Re: Boeta se eerste!!!

Posted: Sat Apr 27, 2013 9:05 pm
by Froll
:thumbup: :thumbup:

Re: Boeta se eerste!!!

Posted: Sat Apr 27, 2013 9:35 pm
by Stef
antlo69 wrote:
Stef wrote:Antonie,

Ek is self lief vir die visvang en ek sien jy bly lekker naby aan my...ons moet dalk plan sien vir 'n sessie !

Hoe lyk Bon Accord? Is nou al moeg vir Roodeplaat, blerrie visse byt nie...
Was nog nooit by Bon Accord nie, ry net elke Sondag daar verby as ek gaan vlieg.

Stef, ek hoor veiligheid is 'n probleem daar maar as jy meer s een is los hulle jou uit. Die hiasinte pla 'n bietjie en dis nie die beste bestuurde plek nie (netheid gewys) maar as jy 'n vissie of tien wil van vir 'n dag se uitstappie is dit 'n goeie opsie. Daar is BAIE vis aktiwiteite.

Ja, stuur my 'n PM dan reel ons 'n sessie daar.

Jy praat van Roodeplaat, na ek vroulief en kids afgelaai het by huis het ek dadelik Roodpeplat toe gery. Nog niks sover gevang nie. Maar dit bly 'n mooi dam.
Ek het ook gehoor van die veiligheids probleem, maar ek wil darem iets vang ook. Het nou al 4/5 kere geblank by Roodeplaat; deur die nag kry mens baie byte maar dis alles 150mm karpies. Wil weer Roodekoppies toe gaan of selfs RDW dam...

Kinnertjie se 1ste een by Roodekoppies, wat ek moes uithaal hehe...toe daai vissie so bokspring uit my hande uit toe is sy skoonveld!
DSC00611R.jpg
DSC00611R.jpg (169.72 KiB) Viewed 5947 times

Re: Boeta se eerste!!!

Posted: Sun Apr 28, 2013 9:19 am
by Donkey
Nice :drool: , now you okes make me not to feel like being here at work :cry:

Re: Boeta se eerste!!!

Posted: Sun Apr 28, 2013 10:06 am
by Rianc
Bring a Quart dam is redelik veilig aan die restuarant se kant deur die dag, bly maar net weg van die dam duikers daar, hulle is baie. Ek dink egter as jy so 5 toyotas by een spot trek gaan niemand jou pla nie.
RianC

Re: Boeta se eerste!!!

Posted: Sun Apr 28, 2013 10:35 am
by antlo69
Ek wou iets noem van die dam duikers vroeer mar het besluit om stil te bly. Maar j, hulle was daar gister, BAIE.